

VERSKEIE SPUR SE PIENK SOUS
Die trick van Spur se pienk sous, is Sparletta se oranje koeldrank! Ek gebruik Cross & Blackwell se Tangy Mayonniase en voeg die koeldrank so proe-proe by tot ek happy is en die mayonnaise nie te dun is nie, dan maak ek dit
soeter met kondensmelk en vir `n dieper rooi of oranje kleur, sit ek `n skootjie tamatiesous by. Ek het nie hoeveelhede om te gee nie, sorry! ~ dis soos ek sê, ek gaan maar proe-proe! Lemoen Oros, onverdun by die mayo werk ook!
Resep en foto: Moira Kemp
1 bottel Mayonnaise
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie fanta lemoen
Meng goed saam.
Daleen Stephens
Ek het 500 ml sous gekry uit 250 ml mayonnaise, 100 ml kondensmelk en 100 ml Fanta. Jy kan seker bietjie tamatiesous byvoeg vir kleur, maar dit smaak nogal lekker.

SPUR PIENK SOUS (baie baie lekker)
Ek gaan nou ‘n groot secret met jul deel smile emoticon
1 groot bottel so 450g whole egg mayo (soos Hellman’s)
¼ teaspoon paprika
¼ garlic powder
1 teaspoon tomato paste ( nie tamatie sous nie)
½ koppie kondensmelk
¼ koppie water (bietjie meer indien jy die sous meer loop wil he)
1 eetlepel gesmelte botter
Meng goed, plaas in yskas oornag sodat al die flavours fuse smile emoticon
Geniet – Annelize Loots
Grootmaat – Petré Van Jaarsveld
Spur se Pienk sous:
1 bottel mayonnaise
1 blik kondensmelk
1 blikkie Fanta Orange
100 ml tamatiesous
Meng alles goed saam.
Spur pink sauce:Large quantity
1 bottle mayonnaise
1 tin condense milk
1 can Fanta orange
1 teaspoon tomatoe sauce
Mix al together and keep in fridge.
Enjoy it is so nice.
Small amount
1 cup mayonnaise
100 ml Fanta orange
100 ml condense milk
2 top tomatoe sauce
Lizelle Botha Keel
Hier is ‘n sousie se resep wat ons altyd by die werk gebruik:
Kook die volgende saam:
200 ml uie wat jy eers braai
200 ml fyn gekerfde blaarslaai
125 ml mayonnaise
125 ml blatjang
125 ml tamatiesous
30 ml aangemaakte mosterd
15 ml Worcestorsous
Laat dit afkoel. Baie lekker!