TAMATIE RELISH

TAMATIE RELISH
1 kg ryp tamaties – ontvel en opgekap in twister/verwerker
1 kg uie – geskil en fyn opgekap
1 groot groen soetrissie, opgekap (opsioneel)
1 groot bottel All Gold tamatiesous
2 bottels Mrs Ball’s blatjang (Original)
1 bottel Steers mostertsous
2 koppies suiker
sout en peper na smaak
Braai uie mooi goudbruin in bietjie kookolie. Voeg tamaties by en kook tot gaar. Voeg ander bestanddele by en roer baie goed om te keer dat dit nie aanbrand nie. Bottel dit warm. Hierdie sous kan as pastasous, “hotdog”-sous en hamburgersous gebruik word. NB. Ek gebruik altyd die duurder souse, want die goedkoper en “no-name” weergawes, gee net nie die geurige smaak nie.
Resep: Maritha Steyn








