CHILLI -SOUS

CHILLI -SOUS
– baie warm –
2 eetlepels olie
2 eetlepels koekmeel
1 ¼ koppies water
¼ teelepel sout
1 knoffel fyngekap
1 koppie groen chilli’s fyngekap, of helfte rooi en groen
2 eetlepels olie
2 eetlepels uie, fyngekap
2 eetlepels Sweet Chilli sous
½ teelepel suiker
klein bietjie fyn swartpeper

Braai uie, knoffel en chilli’s so ‘n bietjie tot amper gaar.
Voeg jou meel by en roer deur en braai ‘n bietjie.
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5 – 8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel.
Plaas in yskas.
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in ‘n aparte bakkie of as ‘n pasta vir ‘n gereg!!!
Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!

Resep:  H Kruger




CHILLIE SOUS

downloadtested

CHILLIE SOUS
Liquidise chillies (groen en rooi), ‘n klein uitjie, bietjie knoffel, chicken spice en gelyke hoeveelhede gewone olie (nie olyfolie nie) en wit asyn saam.

Gooi maar olie en asyn op gevoel, sodat sous loperig, maar nie te dun is nie.

Resep: Adriana Bowles van Zyl




LEKKER BRAAI SOUSIE

 braaivleistested
LEKKER BRAAI SOUSIE
Ek het iets nuuts begin. Nog altyd net so paar goed bymekaar gegooi vir ‘n basting vir hoender en ander vleise. Maar toe kry ek die gedagte. Gooi enige olie( van jou keuse) in ‘n klein pan. Maak die olie net warm genoeg om uie te braai. Bedek die bodem van die pan so 80%. Gooi dan so eetlepel Mr. Spice se hoender of steak Portuguese spice in die pan en braai dit so bietjie.
Voeg dan so eetlepel Worcester sous by en so eetlepel dik soya sous of chutney, na smaak. Braai dit tot dit begin dik word. Haal nou die pan van die hitte af en gooi so 100ml koue water of genoeg om ‘n slap sous te maak. As dit te dun is moenie bekommer nie die sous dek ongelooflik goed. Roer nou tot die klonte almal opgelos is. Voeg nou die sous by die hoender of steak. Laat so ruk staan en braai. Verf die sous op na elke draai tot dit op is. Dit gee ook baie mooi kleur aan die vleis. Geniet. En voel vry om jou eie variasie te maak. Hierdie een nie ‘n direkte wetenskap nie.
Bron:  Andrew du Toit



KOOS WYE VOETE RIBS MET SOUS (KWV)

koos wye voete ribstested

KOOS WYE VOETE RIBS MET SOUS (KWV)
Foto en resep: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
1 ½ kg Vark ribs
Maak ‘n mengsel van:
5 ml  mosterd poeier
5 ml paprika
5 ml rissiepoeier
5 ml komyn
5 ml origanum
15 ml sout
15 ml  bruinsuiker

Vryf ribs met die mengsel voeg dan 1 fyngekapte ui en 1 fyn huisie knoffel by en meng goed met ribs, laat vir 3 ure marineer in yskas

Vryf nou met olie en braai beide kante tot bruin oor warm kole, ongeveer 4 min aan ‘n kant.

Plaas in bak met styfpassende deksel,  Bring die volgende tot kook in ‘n klein potjie en giet oor die vleis, sit nou bak in oond teen 180 ºCelsius met deksel en bak tot so sag as wat jy daarvan hou ( 1 uur). Haal dan deksel af en “grill” ‘n rukkie.

Koos se Wye Voet sous
½ koppie brandewyn
1 koppie bruinsuiker
1 koppie bruinasyn
1 ui in klein stukkies
1 tamatie geskil en fyn gesny
30 ml tamatiesous
10 ml dijon mosterd
5 ml komyn
5 ml rissiepoeier
2 ml kaneel
5 ml paprika
5ml mosterdpoeier
2 bay leaves
5 ml sout
zest van ‘n lemoen
1 jalapeno saad en al of sonder saad vir milder fyn gesny

Laat kook en giet oor gebraaide ribs.
Drup bietie lime sap daaroor.

Ek het my KWV ribs bedien met my eie aartappelslaai, die blog se beet blatjang en Duitse Komkommerslaai

Balsamiese asyn aartappels
Amanda Conradie
Kook 3 new potatoes (baba aartappels) per persoon, net tot sag in bietjie soutwater.
Moet nie TE sag kook nie, sny in dikkerige skywe, strooi balsamiese asyn bo-oor terwyl nog warm is. As jy wil, kan jy bietjie olyfolie oorgooi voor die asyn.




FRUITY ROOIBOS RELISH

 fruity rooibos relish 2
FRUITY ROOIBOS RELISH
Makes 2 small jars
100 ml prepared strong rooibos tea
1 pineapple, peeled, cored and chopped
100 ml white wine vinegar
200 g granulated sugar
1 cinnamon stick
¼ teaspoon chilli flakes
1 x 400 g tin cherry tomatoes (available from Woolworths)
1 red onion, finely chopped
6 curry leaves
30 g coriander leaves, chopped
¼ cup strong rooibos tea, extra

In a large pot, over a low heat, add the 100ml rooibos tea, vinegar, sugar, cinnamon and chilli. Stir until the sugar has dissolved, then bring to the boil.
Add the tinned tomatoes, onion, pineapple, curry leaves and coriander. Reduce the heat and cook for half an hour or until the fruit has softened.
Remove from heat and stir in the remaining rooibos tea. If the chutney is still a little jammy, you may need to add a little more tea. Allow to cool.
Transfer to sterilised jars and place in the fridge. Keeps for up to 1 month.

Note:  Taste the pineapple before hand and if very sweet, use less sugar- Marianne Jacoby
Photo: Marianne Jacoby




Basil Pesto

 

basil pesto marianne

50 g Basil
1 large clove garlic
1 tablespoon pine nuts
6 tablespoons Olive Oil
25g parmesan cheese
Pinch of Salt
Process in Food Processor and add the olive oil slowly . Very nice and tasty

Marieta van Bladeren told me to roast the garlic in the oven and also to roast the pine nuts and what a difference!!

Foto:  Marianne Jacoby

Resep van Lindi Claasens en tips van Marieta van Bladeren en dit is heerlik




Tamatiesous

578178_10201664713994342_1112307657_n
3kg tamatie opgesny of 3kg blik puree
3 E sout
1 E Rooipeper
2kg suiker (bruinsuiker)
16 uie fyn gekap
Half E gemmer
4 knoffelhuisies
2 bottels (2 x 750ml) bruin asyn

Meng alles en as jy heel tamaties gebruik gaan jy langer kook as wat jy die puree gebruik.

Roer kort kort. Kook ongeveer 30 min.

Spoel bottels uit met asyn. As klaar gekoop en reg is laat afkoel en bottel koud.
Resep en Foto;  Natasjha Hartslief Blom




TARTAARSOUS

tested
TARTAARSOUS

180 ml goeie mayonnaise
125 ml suurroom
3 gekapte agurkies
half fyngekapte rooi ui
30 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
1 hardgekookte gekapte eier
15 ml gekapte kappertjiesaad
2 gekapte olywe
bietjie suiker indien te suur
Meng alles saam en proe, pas aan indien nodig.

Resep en foto – Elize de Kock




PEANUT BUTTER SAUCE

peanut butter sauce

PEANUT BUTTER SAUCE

Serves 4
250ml double cream
100g crunchy peanut butter
3 tbsp muscovado sugar
100g Snickers or Black Cat Peanut butter bars
1 tbsp golden syrup

To serve

vanilla ice cream
Chuckles or Whispers, roughly crushed

1 Melt all the ingredients in a medium saucepan and simmer gently for 3 minutes, stirring constantly to avoid sticking.

2 Serve warm over vanilla ice cream and sprinkled with the Chuckles or Whispers.

Toffee sauce:
If you suffer from nut allergies, make a toffee sauce instead: simmer 250ml double cream, 50g muscovado sugar and 2 tbsp golden syrup for 2–3 minutes.
Daily Fix Recipes




MAKLIKE GRANAATSTROOP

 

pomo syryp
MAKLIKE GRANAATSTROOP
Bron: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies granaat pitte
1 koppie suiker
½ koppie water

Verhit en kook saam vir so 10 minute.
Vryf deur sif.
Ek bêre in die yskas en verdun met sodawater of gebruik dit in Midde- Oosterse geregte.
Gebruik ook die stroop saam sterk gegeurde kaas en beskuitjies, die pitte lyk ook mooi saam met enige gereg.
Baie ryk aan anti-oksiodante!!