CHANTELLE SE SJOKOLADESOUS


tested

CHANTELLE SE SJOKOLADESOUS
¾ koppie kakao (214 ml)
2 koppies suiker
knippie sout
1 ½ koppie kookwater (428 ml)
1 tl vanilla

Sif kakao, suiker en sout saam.
Voeg kookwater en vanilla by.
Roer goed.
Kook vir ‘n paar minute tot sous begin dik word.
Sit in yskas om koud te word.
Bron:  Chantelle Geldenhuys




SJOKOLADESOUS


2015-03-16-chocolate-saucetested
Gelyke mates van die volgende:
Botter (nie margarine nie)
Melk
Cocoa, gesif sommer in potjie anders maak dit klinte
Versiersuiker
Goue stroop enige geur

Smelt botter oor lae hitte
Voeg res van bestanddele by in enige volgorde
Roer voortdurend.
Hou op lae hitte.
Proe jou sjokolade sous tot die cocoa gaar is
Laat afkoel voordat jy deksel opsit.
Kan vooraf gemaak word en in yskas gebêre word. Verhit net weer op lae hitte.
Bron:  Tanya Lee Brink
FOTO GEBRUIK BY ANDER SJOKOLADE SOUS




KLAPPER MAYONNAISE

Klapper mayo stefaanstested
KLAPPER MAYONNAISE
Vleisland se BANTING Mayonnaise…(Klapperolie)
1 en ½ koppie suiwer Klapperolie olie.. (Sommer by DISCHEM gekoop)
1 Jumbo hoender eier
3 eetlepels suurlemoensap, of appel asyn
1 teelepel mostertpoeier
½ teelepel sout (Alle bestanddele MOET teen kamer temperatuur wees)
Plaas die eier, in ‘n mengskottel saam met die sout, peper, mostertpoeier, en suurlemoensap en ‘n ½ koppie van die Klapperolie.
Klits nou met ‘n elektriese klitser op vining, totdat dit begin stol.
Giet nou die res van die olie baie stadig by terwyl aanhou klits, na al die olie ingegooi is, klits vir nog 20 seckondes op vining.
Laat staan oornag in die yskas en geniet ‘n lekker gesonde Klapper Mayonaise.

Resep:  Stefaans Blaauw




KONRAD SE MAKLIKE RISSIEBLATJANG

konrad se blatjangtested

KONRAD SE MAKLIKE RISSIEBLATJANG
16 groterige rissies (7 cm in lengtr)
10 medium grootte uie
1 blik fyn appelkoos konfyt (ongeveer 700gr)
1 koppie suiker
¾ bottel asyn (750 ml)
½ teelepel sout
rosyntjies opsioneel

Maal rissies en uie en kook vir 30 min saam met asyn, suiker en sout.
Laat effens afkoel en roer dan konfyt in. Sodra mengsel koud is, kan dit gebottel word.

Foto en resep geplaas deur Elize en Konrad Breukes




TAMATIESOUS MET BYT

Tamatiesoustested
TAMATIESOUS MET BYT
8 pd ryp tamaties,
1 pd suiker,
4 groot uie,
1tl rooi peper (vir baie warm) of los uit,
1 knoffelhuisie,
750 ml asyn,
1 eetl mostertpoeier,
1 eetl sout,
1/4 teel fyn naeltjies,
750ml All Gold tamatiesous.

Maal tamaties,uie en knoffel en kook tot sag. Druk deur n sif. Voeg res van bestanddele behalwe tamatiesous by. Kook tot dik. Voeg tamatiesous by en kook nog 15 minute. Bottel warm.
Bron: Marinda Hoops .
FOTO – Marietjie van der Merwe




BLUE CHEESE SAUCE

 

2015-02-25-bloukaasdip1

75g (1/4 cup) light sour cream
65g (1/4 cup) mayonnaise
80g Castello blue cheese, coarsely chopped
1 teaspoon fresh lemon juice
1 small garlic clove, crushed

To make the blue cheese sauce, place the sour cream, mayonnaise, blue cheese, lemon juice and garlic in the jug of a blender and blend until smooth.

Source Taste
Post Elize Grobbelaar




SJOKOLADE SOUS

SJOKOLADE SOUStested

SJOKOLADE SOUS
3,5 eetlepels kakao
2 eetlepels margarien
1/2 k water
1/2 k suiker
1 t vanilla

Verhit en kook botter, suiker, kakao en water vir 5min
Voeg geursel by en bedien warm oor roomys

RESEP EN FOTO: Adri Van Zyl




SOET MOSTERD

soet mostert reggemaaktested

SOET MOSTERD
Ja soet mosterd. Jy kan seker sê soet/suur want daar kom suiker en asyn in. Dis heerkik! Word ook genoem wondermosterdsous.
250 ml suiker
3 eiers
100 ml witasyn
25 ml mosterdpoeier of na smaak
Knippie sout
Ek meng eers die mosterd met die asyn om klontjies te voorkom.
Plaas alles in ‘n pot en prut stadig tot dik en die skuim weg is.
Ek roer ook maar aanhoudend om te voorkom dat dit nie aanbrand nie.
Steriliseer botteltjies en dekseltjies en skep mosterdsous in en seël dig.
Ek het die mosterd resep 3 dubbeld aangemaak om die hoeveelheid op die foto te kry.

Foto en resep: Adri Van Zyl




MAKLIKE CHILLI SOUS

2015-02-21-20150221_175401tested
MAKLIKE CHILLI SOUS
Vanmiddag die chillie sous gemaak – is baie hot!

200 g vars chillies
1 teelepel knoffel
1 teelepel gemmer
1 koppie bruin asyn
1 koppie wit suiker

Maak die chillies fyn met ‘n liquidizer.
Voeg die knoffel en gemmer by die chillies en meng goed.
Bring die asyn en wit suiker tot kookpunt.
Voeg die chillies by en laat dit vir 10 minute prut of totdat die mengsel begin stroperig raak.
Gooi in skoon botteltjies, hierdie sousie hou omtrent vir 2 weke in die yskas.
Resep: Christal Ras
Foto: Marie Rheeder Troskie




PASTASOUS

pastasoustested
Ek het tannie Poppie sin so bietjie verander en het sommer die naam verander na Pastasous, dit smaak heerlik. Ek het dit met ‘n “stick blender” fyn gemaak. Die sous is lekker dun en werk goed saam met pasta.
2ml fyn naeltjies,
2ml wonderpeper,
2 ml foeliespeserye,
2 ml fyn koljander,
5 ml fyn gemmer,
5 ml mostertsaad,
2,5 ml rissiepoeier,
5 ml peper,
5 ml sout,
1 knoffelhuisie (fyngekap),
12 groot tamaties (geskil),
1 groot ui,
400ml asyn.

(Hier stop tannie Poppie se resep – maar ek het nog die volgende bygevoeg)
1 kop suiker,
1 blikkie tamatie puree,
15 ml gedroogde basiliekruid.

Stamp die speserye, geurmiddels en knoffel fyn. Sny die tamaties kleiner en kook sonder water tot sag. Voeg nou al die ander bestanddele bymekaar en kook goed deur. (Hier het ek dit fyn gemaak met die blender) En bottel dit warm soos hier bo gesê is. O ja ek het dit met ‘n eetlepel maizena verdik.
BRON – Sandra Du Preez Thirion
N.S. – Foeliespeserye is mace die buitenste dop van nutmeg/ neutmuskaat