LOURENS SE CHILLIE CHUTNEY

Lourens se chillie chutneytested
LOURENS SE CHILLIE CHUTNEY
32 chillies (ek gebruik meer vir ekstra sterkte!)
½ teelepel sout
2 groot uie
knoffel na smaak
¾ – 1 kop wit of bruin asyn
900 gr blik gladde applekooskonfyt

Kap chillies, uie en knoffel fynerig (nie puree –moet nog bietjie stukkerig wees) in blender saam met asyn (moenie asyn alles meet een slag byvoeg nie; voeg geleidelik by tot mengsel lekker blend).
Meng dan konfyt by en bottel – hou in yskas.
Bron en foto: Lourens Claassen




ALTA SE PEPERSOUS

Alta se Pepersoustested15171007_10209701791075327_1331076918709954256_n
ALTA SE PEPERSOUS

Lekkerste pepersous wat jy sal proe. Die foto is ongelukkig in die aand geneem maar jy sit sommer hierdie sous op alles. En die volgende oggend sommer op jou broodjie….. Saam met die vleis (vol pepersous) is pap en sous en slaai.
Die slaai is piesangs en appels, gekapte pekanneute en mayo en kondensmelk

Pepersous:
Blikkie Nestle desert cream (geen ander room soos vars room sal werk vir hierdie resep nie), knippie sout, swart peper, wit peper, growwe swart peper (alles na smaak).
Verhit tot kookpunt en laat prut vir 5 – 10 min.
Draai hitte af en laat afkoel.
Hoeveelheid blikkies Nestle desert cream sal afhang van hoeveel sous jy wil maak. Ek gebruik gewoonlik 2 blikkies vir 4 – 8 mense.

RESEP EN FOTO: Alta Lubbe
2de Foto: Sheleen Byrne Vorster




ELSA SE SAMPIOENSOUS

 

elsa se sampioen soustested
ELSA SE SAMPIOENSOUS
My eie mushrooms sous resep. Dit kan gebruik word op enige burger asook op vis en hoender borsies.
Smelt botter en braai kwart tlp garlic daarin. Voeg mushrooms in kwarte gesny by en braai bietjie. Voeg so kwart tlp italian herb en zesty lemon & herb by.
Sprinkel paar druppel suurlemoen sap oor en braai.
As gaar voeg halwe houer suurroom en roer tot dik.

FOTO EN RESEP:  Elsa du Plessis




KOOS SE KERRIE SOUS

 

Koos se kerrie sous.tested

KOOS SE KERRIE SOUS
Genoeg vir 2 kg Vleis

5 uie Fyn gesny
50ml olyf olie
6 Knoffel huisies fyn gesny of gedruk
2 teelepels Gemmer poeier
1 Rooi Pepper
4 Tamaties fyn gesny
2 Eetlepels botter
1 Teelepel turmeric
2 teelepels cumin powder
2 teelepels fyn coriander
2 teelepels Hot English Mustard poeier
1 Teelepel Paprika poeier
2 teeleps growwe chilli’s of poeier
Sout en peper saam met hoof dis.

Aanwysings

1 Gooi die Gemmer en chilli’s saam in n beker met water en meng dit goed. Net so 50 ml water
2 Braai uie, Red pepper en knoffel in n ysterpot met die olyf olie tot uie sag en glaserig is.
3 Gooi die gesnyde tamaties by en Roer die heel tyd vir so 5 minute
4 Gooi nou die Gemmer, Chilli pasta in saam met die ander droe speserye en roer deur. NIE die Turmeric nie. Gooi water by net om alles te bedek en roer goed.
5 Sodra die mengsel begin kook draai die hitte af en laat prit vir 15 minute terwyl jy kort kort roer. Die sous gaan begin dik raak so moenie dit brand nie. Moenie weer water by gooi nie haal liewer af van die plaat af en laat staan
6 Na 15 minute haal die pot van die plaat af sodat die sous kan afkoel
7 Maak alles fyn. Met n blender.
8. Plaas nou die botter in n pan op die plaat tot dit begin kook en gooi die Turmeric by en roer/braai vir 1 minuut tot dit begin bruin raak.
9 Gooi die Botter Turmeric by die ander sous en sit weer in die ysterpot om te prit vir 5 minute.
10 Jy kan die mengsel in die yskas bere vir iets soos 4 dae of vries tot jy dit wil gebruik
11 Ek het hoender en aartappel ge-precook.
12 Die sous is uit die pot gegeskep en die hoender en aartappels is in die pot geplaas.
13 Toe gooi ek die sous oor alles sit die plaat op no1 en los dit nou om te trek
14 Bietjie Parsley oor gegooi net vir iets anders in die kleur
Resep en Foto: Koos van der Merwe




MARTIE SE RISSIESOUS

Rissiesoustested
MARTIE SE RISSIESOUS
12 rissies nie te klein nie
2 uie gekap
5 knoffelhuisies fyn
1 ½ koppie asyn
1 koppie olie
1 blik gekapte tamaties
sout
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel all spice
1 teelepel naeltjies
1 eetlepel seldery sout
¾ koppie suiker
1 koppie water
Kook alles saam vir twintig min. Whizz! en bottel.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman




IDEES VIR N LEKKER SOUS

IDEES VIR N LEKKER SOUStested
IDEES VIR N LEKKER SOUS
Leanne Faddel – Ek wil oondgebraaide hoender en rys maak. Watse sous behalwe chutney en mayo kan ek maak sodat die rys nie so droog is nie

Jenny Nel Robberts – By die restaurant gebruik ons olive oil, garlic, portuguese chicken spice en lemon and herb spice. smeer lekker oor hoender en marineer vir so lank jy kan en dan bak jy dit net in die oond. Moenie bang wees om genoeg spice te gebruik nie dis heerlik
Lisbe Meiring – Gooi pakkie bruinuie soppoeier oor hoender en dan ‘n blikkie ingelegde perskes (sous en al) – bak tot gaar

Anton Fourie – Ek gooi partykeer net n blikkie sprite oor die hoender en strooi dan n pakkie mushroom sop poeier bo oor. Dan bak jy hom net

Liza Joubert – ek kook my hoender uie en groen rissies so bietjie ek kook dan my rys in die sous,dit smaak heerlik kos ni veel en almal is mal daar oor.maak net seker daar is genoeg sous in pot vir die rys en kook stadig.gooi sout by na smaak en natuurlik word dit nie af gespoel nie

Melanie Kruger – Ek het gisteraand my hoender gaargemaak in ‘n pakkie potato bake en melk. maak lekker sousie en my kinders was baie lief vir my na daardie rys en sous.

Morne Chef Mo – As ek ‘n voorstel mag maak vir die toekomstige hoenders wat julle gaan grill in die oond…twee actually. Een, weet julle hoe lekker is hoender wat met brandewyn en smooth apricot jam gebaste word, genoeg dat dit nie droog bak nie, toe in foil, blink kant onder…yummy! Jy haal jou hoender elke 20 minute uit en doop hom met die sous in die oondpan (doop hom sommer na jou eie naam, as jy dit eers proe, gaan jy se dis JOU hoender!)…hou extra sous on the side indien dit wel droogbak…En 2. Vir die rys op ‘n middel strech van die maand is dit glad nie bad om ‘n eenvoudige pakkie brown onion sop aan te maak en dit ‘n vinnige kook te gee, met ‘n klein skop van chilli of mosterd poeier in nie…delicious verby!

Rensia Esterhuizen – Maak jou rys soos volg dan het jy nie n sous nodig nie. Kook rys totdat jy dit afwas. Braai fyngekapte ui tot bruin en sag in bietjie olie of botter. Gooi by rys meng deur. Los n hoenderstock blokkie op in n koppie kook water en gooi by laat kook tot gaar. Heerlik.

FOTO GELEEN BY – cachnaungon




JOHAN SE MOSTERD

johan se mosterttested
JOHAN SE MOSTERD
1 blik kondensmelk
50 ml wit asyn
20 ml mosterd poeier

Meng mosterd en asyn goed saam tot al die klontjies opgelos het
Voeg mengsel by kondensmelk en meng goed deur
Laat staan ń rukkie om te stol en geniet dit
Bron en foto: Johan Coetzee




KANEELSOUS-CINNAMON SAUCE

KANEELSOUS-CINNAMON SAUCE
Hier is my kaneel sous wat ek saam appeltert bedien … …..
250 ml sugar
75 ml glucose
125 ml water
10 ml cinnamon
1 can Ideal milk

Boil everything together except the ideal milk for 5 min., cool slightly add ideal milk heat through and serve hot.
Recipe:  Malinda Marjee Walker




KANDEEL SAUCE

dessert trio

KANDEEL SAUCE
Dessert trio:
Melt tart, peppermint crisp and tennis biscuit trifle and a Kwartiertertjie (pasta stuffed with apple and fried) served in a kandeel sauce – – PHOTO:  JP catering

KANDEEL SAUCE
Not Caramel but Kandeel!

Although we have decided to focus on caramel-recipes for Christmas, we need to slip in this recipe for Kandeel. It is such a beautiful option for a festive dessert and when served with our earlier recipe for delicious caramel oblietjies, it does in some way tick the caramel criteria as well!

Kandeel (caudle) is a delicacy that Jan van Riebeeck refers to in his Daghregister. In the Netherlands, it was traditionally served to visitors when a baby was born. This custom was continued at the Cape, where it was served with biscuits. Kandeel probably developed from Italian zabayon, as described in the cookbook Opera (1570) by Italian chef Scappi.

A Seventeenth-century recipe for kandeel lists French wine, water, eggs, cinnamon, cloves and sugar as ingredients. The ingredients were skilfully whisked together into a light and frothy sweet drink. It can also be prepared with more eggs so it can be eaten with a spoon, but it takes an experienced cook to prepare the eggs without the mixture curdling.

1 cup (250 ml) sweet wine
2 cinnamon sticks
8 whole cloves
Pinch of grated nutmeg
1 tbsp (15 ml) honey
4 egg yolks

Place the wine, cinnamon, cloves, nutmeg and honey in a saucepan. Bring to the boil, simmer to infuse and then strain through a fine sieve.

Whisk the egg yolks until light and fluffy and doubled in volume. Whisk in a hot wine mixture, then return all of it to the top of a double boiler (or in a heatproof bowl over simmering water) and continue whisking until it has thickened. Do not leave it unattended in a double boiler, as it will curdle.

Serve while still warm in glasses with little spoons on the side, accompanied by spice biscuits or the delicious caramel oblietjies from a previous blog.

If you want to serve it cold, set aside for 15 minutes and then fold in ½ cup (125 ml) whipped cream.

Dust with grated nutmeg and serve alongside a small glass of well-chilled La Motte Straw Wine as an interesting and very grown-up dessert.




GEROOKTE RISSIE BLATJANG

tested

GEROOKTE RISSIE BLATJANG
60 ml wit wyn asyn
1 groot blik appelkoos of perske konfyt (fyn)
8 habenero rissies fyn gekap met pitte en al vir ekstra byt
5 ml gerookte paprika
5ml paprika
2 fyn knoffel huisies
Meng die asyn en konfyt tot ‘n gladde pasta. Voeg res van bestanddele by en meng goed deur. Plaas in gesteriliseerde bottels en laat in donker kas staan vir ‘n week. Gaan goed met enige dis.

Resep:  Franco Dippenaar