

WILMA SE CHILLIE EN DIABETIESE MAKETAAN BLATJANG
1 liter water
250 ml xyitol (of ander versoetter)
250 ml asyn
2.5 kg sagte witvleis van ‘n maketaan (pitte verwyder)
2 groot uie gekap
6 rissies opgekap
20 ml rissiepitte
20 ml tamatiepuree
10 ml sout
10 ml gemaalde swartpeper
20 ml kerriepoeier (lekker sterk poeier is reg)
Kook die water, asyn en xylitol tot dit borrel. Voeg nou die res van die bestanddele van die resep by en kook tot meeste van die watermengsel weggekook het en die maketaanstukke deurskynend is. Kap fyn met ‘n “Blitzer” (Indien nodig, verdik met 15 ml maizena opgelos in water, en laat deurkook vir ‘n paar minute).
Skep in skoon gesteriliseerde flesse en seël. Die blatjang het ‘n skerp smaak en is heerlik saam met ‘n lekker kerrie gereg.
Resep en foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.