TAMATIESOUS VIR PASTA

TAMATIESOUS VIR PASTA
Vrydagaand pasta, maar die tamatiesous is die ster van die eenvoudige gereg.
Kan saam met mieliepap ook geniet word.
1 gekapte ui
1-2 vars gerasperde knoffeltoontjies
8 tot 10 songedroogde tamatie helftes, in water gerehidreer oornag
6 klein oorryp Rosa tamaties
1 blik heel Italiaanse kersie tamaties, met skille aan
1 blik gekapte Italiaanse tamaties
115 g houertjie tamatie paste
1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
sout en peper na smaak
3 teelepels bruin (treacle of demerara suiker)
Olyf olie vir braai
Braai die ui in medium hitte olyf olie in kastrol. Rede hoekom ek kastrol gebruik en nie pan is omdat ek die sous fyn gaan maak met handmenger (stick blender) in die kastrol.
Sodra die ui begin deurskynend word gooi die knoffel by en die speserye, sout en peper en suiker. Gooi al die tamaties, blikkies tamatie paste in die pot en prut vir ongeveer ‘n uur. Roer gereeld sodat dit nie vasbrand.
Maak die sous fyn met handmenger en gebruik saam met pasta of by pap met braaivleis.
Foto en resep deur Elsabie Templeton




HEERLIKE ROOIWYNSOUS VIR LAMSBOUD

HEERLIKE ROOIWYN SOUS VIR LAMSBOUD

Die heerlikste Rooiwynsous!

Daar kom net niks by die diep geurige smaak van hierdie wonderlike sous nie. Niks wat uit ‘n pakkie kom sal ooit die wonderlike hoogtes bereik van ‘n sous wat met liefde aan mekaar gesit is nie. Hierdie kan ook ‘n dag voor die tyd gemaak word en is eintlik lekkerder as dit ‘n bietjie gestaan het. As jy nie self die lam aftreksel wil maak nie, is daar, en ons mag nie name noem nie…, die wonderlikste voorbeelde van nat aftreksels in die winkels.
2 bottels rooiwyn
3 liter lams aftreksel
2 takkies roosmaryn
5 peperkorrels
3 stêr anys

Kook die wyn af tot ‘n kwart saam met die kruie en speserye. Voeg die aftreksel by en kook weer af tot lekker sous vorm, dit gaan ongeveer 1 ½ uur neem so wees maar geduldig.
Dreineer deur ‘n sif sodat die kruie agter bly. Bedien oor die vleis. Mmm…




CORA SE SKERP BLATJANG

CORA SE SKERP BLATJANG
Ek hou daarvan om ‘n blatjang te maak wat lekker skerp is: dis wat ek doen:
Skil so ¾ uie en sny dit fyn
2 knoffelhuisies fyn gesny
1 maatbeker vol rissies opkerf
Braai alles saam in ‘n bietjie olyfolie, net vir so 3 minute, voeg die volgende  by:
1 koppie asyn
1 groot blik appelkooskonfyt
1 eetlepel kerriepoeier
2 teelepels mosterd
1 teelepel gemmer
1 eetlepel gemengde kruie
1 teelepel sout
Laat alles vir so ‘n halwe uur prut, roer dit gereeld.
Bottel warm in voorbereide flesse.
Resep: Cora Naude




DHANIA BLATJANG

DHANIA BLATJANG
1 lt mild chutney
80 g vars Dhania fyn gekap
Vars brandrissies of 1 tl rissie vlokkies= 1rissie
Fyn Knoffel (2eetl) of meer
Plaas blatjang in n swaar boom pot. Stainless steel of emalje.
Kap of blits Dhania, knoffel en rissies tot baie fyn( ek sit van blatjang by om die proses makliker te maak).
Voeg by . Ek spoel die houer van blatjang uit met 1/4kp asyn.
Oor stadige hitte verhit terwyl jy aanhoudend roer met houtlepel.
Dit moet nie eens n borreltjie maak nie anders brand dit. Laat net so “simmer” vir ongeveer 20 min. Blits in pot as jy die stukke blatjang fyn wil he.
Bottel warm en laat rus. Soos enige ingemaakte voedsel kom die regte geur eers uit na n week of so.
NOTAS:
Begin met net 1 tl rissie of een vars rissie en voeg by. Ek het 4 gebruik (ons hou van sterk) ek gebruik rooi rissies vir die kleur.
Ek gebruik mild blatjang. Die rissie gee sy eie unieke smaak. Jy kan hot gebruik en rissies uitlos, maar onthou die blatjang is hot gemaak deur rooipeper en nie rissies.
Ek gebruik die tregter wat mens saam skottelgoedwasser kry om die kokende mengsels in bottels te kry. Werk soos n bom vir heel appekoos of ander konfyte. En verminder die gevaar van hande brand.
Resep en foto: Delene Breytenbach




BOEREWORS EN TUISGEMAAKTE TAMATIE SMOOR

BOEREWORS EN TUISGEMAAKTE TAMATIE SMOOR.
Sny wors in grote wat jy verlang.
Braai net so liggies in eie vet aan albei kante.
TAMATIE SMOOR
Braai 2 gekapte uie nou saam met wors in worsvet.
Sny 6 medium ryp tamaties in skywe en pak bo op wors en uie.
Voeg sout en peper by en kook vir 30 minute tot nie meer waterig nie. Deksel halfpad af.
Indien waterig voeg n eetlepel tamatiesop poeier by anders net suiker na smaak.
(Jy kan tamatiesous en blatjang byvoeg )
Ek het vandag die Geen knie brood gebak op die blog en die wors en smoor bo op snytjies brood gesit vir ete.
BRON en FOTO: Ronell Boshoff




PETRE SE SJOKOLADE SOUS VIR WAFFELS

PETRE SE SJOKOLADE SOUS VIR WAFFELS
3 eetlepels botter/margarien
3 eetlepels kakao
1 eetlepel vlapoeier
3 eetlepels suiker
Knippie sout
1 teelepel vanieljegeursel.
Smelt botter in kastrol. Voeg kakao by en meng goed, Maak vlapoeier met ‘n bietjie melk aan en voeg by kakao. Meng goed, voeg melk by en kook deur tot verlangde dikte. Voeg sout, suiker en vanielje geursel by, kook goed deur en bedien koud of warm..
Resep en Foto: Petré Van Jaarsveld




TUISGEMAAKTE BRUINSOUS


TUISGEMAAKTE BRUINSOUS
4 koppies koekmeel
1 groot pak bisto
2 pakkies elk bruin uiesoppoeier, tamatiesop
1 pakkie elk wit uiesoppoeier, rich oxtail, minestone, country style beef. (Vleiserige sop). Hoendersop en sampioensop. Laasgenoemde 2 hou ek nie van in my poeier nie.
Sif in meel. Harde groente stukkies sit ek in voedselverwerker tot ook poeier. Meng alless goed. Gebruik soos enige ander verdikker. Proe net vir sout.
Ek gebruik vir vinnige pepersous bv 1 teelepel poeier, 1 teelepel botter, 1 eetlepel room en bietjie melk. Meng mikrogolf tot gaar en dan 1 teelepel varsgemaalde swartpeper. Dit rond enige vleisgereg af en vleis souse.
Foto en resep:  Delene Breytenbach




BLOUKAASSOUS

BLOUKAASSOUS
100 g blokkie bloukaas
150 ml room
Verhit room op stoof plaat en krummel bloukaas daarin.
Roer oor matige hitte tot die kaas gesmelt het.
Dit raak dikker soos dit afkoel.
Bron en Foto: Erna Van Der Merwe




VLASOUS


VLASOUS
50 ml vlapoeier
37,5 ml suiker
Knippie sout
500 ml melk
5 ml vanilla
2 druppels amamdel geursel.
Meng vla, suiker en sout met bietjie melk in 1,5 l mikrogolf bak. Voeg res van melk by en roer goed. Mikrogolf vir 6 min. Roer elke 2 min. Voeg vanilla en amamdel geursel by en roer deur. Bedien. My man was lus vir vla toe maak ek die en bedien sommer tennis beskuitjies saam.
Resep geplaas deur Meisie van der Colff
Foto: Meisie van der Colff




BASIL PESTO MET SONNEBLOMSADE

BASIL PESTO MET SONNEBLOMSADE
1 k basiliekruid blare en stingels (styfgepak)
1/4 k sonneblomsade
2 E fyn Parmesan kaas
1/2 k olyf olie
2 knoffeltoontjies gekneus
Sout en varsgemaalde peper na smaak

Maak fyn in blender en roer deur warm pasta.
NS: te danke aan Eskom kon ek nie elektriese menger gebruik so my sonneblomsade nie so fyn soos dit moet wees.
Bron en Foto: Elsabie Templeton