LEKKER VINNIGE SOET MOSTERD

LEKKER VINNIGE SOET MOSTERD
2 blikke kondensmelk
4 eetlepels mayonnaise
4 tot 6 teelepels droë mosterd poeier
½ blikkie asyn (kondensmelk blikkie)
knippie sout

Meng alles goed saam in menger tot begin verdik.
Gooi in houer en bêre in yskas.
Heerlik saam koue vleise, vleis pasteitjies, tong ens.
Hoe langer dit staan hoe lekkerder!
Bron: Lettie Bredenkamp
Foto: Lelane Van Der Walt




ELNA SE APPELKOOS BLATJANG

ELNA SE APPELKOOS BLATJANG
5 kg appelkose
8 groot uie
2 teelepels gedroogte rissievlokkies
2 liter bruin asyn
2 kg bruin suiker
15 ml sout
15 ml koljander
1 teelepel naeltjies
250 g gekapte pepadew pepers
25 ml knoffel

Was die appelkose en verwyder pitte, sny in kwarte.
Ek het die uie in ‘n voedselverwerker fyn gekap.
Meng alles in groot kastrol.
Kook vir 1 uur op matige hitte.
Haal van hitte af as kleur ligte bruin is of na smaak.
Bottel terwyl warm.
Laat staan tot koud.
Fotos: Elna Erasmus




CLUB STEAK MET SAMPIOEN EN CHEDDAR SOUS

CLUB STEAK MET SAMPIOEN EN CHEDDAR SOUS
Foto en resep deur Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Club steak en gebakte aartappel met sampioen en cheddar sous vanaand.
Club steak in pan gebraai.
Aartappel in konveksie oond gebak so die skil is krakerig en binnekant sag.
Sampioen en cheddar sous:
400 g portabello sampioene
sonneblom olie en ± 2 eetlepels botter vir pan
1 koppie vars room
2 eetlepels sampioenroomsop poeier
½ koppie verouderde kaas

Vee sampioene af met klam lappie en kap op.
Maak bietjie sonneblom olie in kastrol warm en voeg botter by.
oeg die sampioene by en roerbraai vinnig oor hoë hitte vir ongeveer 5 minute.
Intussen gooi vars room in beker en roer sampioenroomsop poeier by tot glad.
Gooi in die kastrol en roer terwyl die sous prut tot verdik.
Rasper kaas en roer in by die sampioen sous.
Bedien saam met gebakte aartappel en/of enige gebraaide steak.




HOMEMADE HUMMUS


HOMEMADE HUMMUS
2 cans chickpeas (keep liquid of 1 can)
3 fresh garlic cloves
2 heaped teaspoons cumin
lemon juice (to taste – I used ¼ cup)
3 -5 tablespoons of olive oil
salt and pepper to taste

Blitz chickpeas, garlic, cumin in a blender until smooth. Add olive oil and lemon juice until smooth. If it’s too thick, gradually add chickpea liquid until desired consistency is achieved. Season to taste. Refrigerate until needed. (You can add tahini paste to make it an authentic hummus).
Recipe and photo:  Lesdee Gloak Bam




VARS BASIL SPAGHETTI MET ROMERIGE SONGEDROOGDE TAMATIESOUS

VARS BASIL SPAGHETTI MET ROMERIGE SONGEDROOGDE TAMATIESOUS
Dit is so die moeite werd om vars pasta te maak.
Vars basiliekruid pasta: (genoeg vir 4 enkel porsies)
1 koppie koekmeel
1 koppie semolina
2 eiers
2 eetlepels olyf olie
20 g vars basil blare gewas en droog gedruk tussen kombuis papier
2 teelepels growwe sout

Maak die basil blare en sout fyn in ‘n vysel en gooi die olie by en meng goed met die stamper om ‘n smeersel te maak.
Sit meel, eiers, olie en die basil smeersel in mengbak en meng met deeghak aan jou menger tot die deeg nie meer aan die kante van bak vassit. Sit in plastiek sakkie, druk alle lug uit en laat rus vir 30 minute.
Deel die deeg in 4 stukke en rol uit volgens aanwysings vir jou pasta masjien of rol uit met koekroller tot baie dun deeg. Rol op en sny so dun soos verkies of sit die dun velle deeg deur jou pasta masjien op stelling van jou keuse.
Laat die pasta effens uitdroog voordat jy dit in vinnig kokende water dompel vir 3 minute. Of jy kan dit op hierdie stadium rou vries vir gebruik later. Verpak in plastiek sakkie.

Romerige songedroogde tamatiesous:
240 g pakkie songedroogde tamaties in olyf olie vinaigrette
2 koppies pasata tamatiesous
sout en suiker na smaak om die suur te neutraliseer
1 koppies vars room (of meer na smaak)
Klein ui, fyn opgekap
1 knoffeltoontjie, fyn gerasper
olyf olie vir braai
Sny songedroogde tamaties in stukke en gooi by effens gebraaide ui en knoffel.
Gooi die pasata sous by en prut vir 20 min.
Voeg sout en suiker by na smaak en gooi die room by.
Bedien saam met pasta.
Foto en resep deur Elsabie Templeton




BRANDERIGE MONKEY GLAND-SOUS

BRANDERIGE MONKEY GLAND-SOUS
2 uie
15 ml olyfolie
2 fyngekapte knoffelhuisies
125 ml water
250 ml tamatiesous
125 ml worcestersous
125 ml brandrissiesous
250 ml vrugteblatjang
60 ml witasyn
80 ml suiker
‘n skeut Tabascosous
Kap die uie baie fyn en braai dit in die olyfolie tot sag. Voeg die fyngekapte knoffelhuisies by en braai tot sag. Voeg dan al die ander bestanddele by. Verhit tot kookpunt en prut oor lae hitte tot die sous verdik en geurig is. Sit voor met wors of op ‘n hamburger of worsrolletjie. Lewer ongeveer 1 liter sous.
Resep geplaas deur Tracey van Zyl‎




TAMATIE EN UIE SALSA MET BALSAMIEK REDUKSIE

TAMATIE EN UIE SALSA MET BALSAMIEK REDUKSIE
3 uie, opgesny
10 Rosa tamatietjies, in kwarte gesny
100 ml donker balsamiek asyn
2 teelepels bruin suiker
sout en peper na smaak
olyfolie vir braai

Braai uie tot begin verkleur. Voeg die tamaties by asook die suiker en balsamiek asyn. Roerbraai vinnig tot die balsamiek begin wegkook en die uie mengsel begin karameliseer. Sit sout en peper na smaak by.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton




ANNALIE SE ONGEKOOKTE VLA


ANNALIE SE ONGEKOOKTE VLA
5 opgehoote eetlepels vla poeier.
Meng tot stywe pasta met koue water.
Gooi 1 liter vinnig kokende water by.
Roer goed.
Dit sal so deurskynende jellie kleur kry.
Gooi 1 blikkie konsdenmelk by en roer goed deur.
Geniet.
Hierdie is al vir 30 jaar die enigste custard wat ek in die huis maak.
Resep:  Annalie Jacobs
Foto:  Tanya Smith




ROMERIGE NAPOLETANA SOUS MET PITTIGE CHORIZO


ROMERIGE NAPOLETANA SOUS MET PITTIGE CHORIZO
Ryk en romerige Napoletana sous met pittige chorizo wors en basiliekruid pesto. Heerlik! Die Napoletana sous is beslis die wenner hier.
Napoletana sous
8 stukkies songedroogde tamatie gerehidreer in kookwater
Klein blikkie tamatie pulp
8 Klein Rosa tamaties (hulle kan maar goed ryp ook wees) net in kwarte gesny
1 ui opgekap
Bruin suiker
1 teelepel Italiaanse kruiemengsel
1 knoffeltoontjie gerasper
Olyf olie vir braai
1 teelepel Balsamiese druppeltjies (jy kan 1 teelepel balsamiese asyn gebruik)
Sout
2 teelepels bruin suiker om die suur van tamaties te balanseer.
1/2 koppie vars room
Halwe chorizo worsie dun gesny
Metode:
Braai ui en knoffel liggies tot effe verkleur, voeg die res van bestandele behalwe room en stukkies worsie by en bring tot kookpunt terwyl geroer word. Prut dan ongeveer 15min, as dit lyk of dit gaan vasbrand gooi bietjie water by. Dit moet nie waterig wees nie. Druk blender stick in en maak fyn (dit kap sommer al die skilletjies ook fyn).
Gooi die room by en maak net warm en haal dan van hitte af.
*Chorizo word dun gesny en bygegooi saam met die room indien dit gebruik word in die sous.
Bedien op pasta met basiliekruid pesto en fyn Parmesan kaas.
Foto en resep:  Elsabie Templeton




WITSOUT VIR “MAC AND CHEESE”

WITSOUT VIR “MAC AND CHEESE”
50g Botter
1/4 koppie Uie (fyn gekap)
1/4 koppie Koekmeel
1 blik Idealmelk
125ml Droë Witwyn
225g Cheddarkaas (gerasper)

Braai uie in die botter tot sag. Haal van hitte af.
Strooi meel oor en roer. Sout en peper opsioneel.
Voeg Idealmelk stadig by en roer oor lae hitte totdat botter/meel ‘opgelos’ het.
Voeg die witwyn by en roer oor lae hitte. Die wyn laat die sous dikker word.
Voeg gerasperde kaas by en roer tot gesmelt.
Meng met 250g Macaroni wat vooraf gekook is.
Verhit in die oond 180°C vir so 20 minute tot warm.

Resepie geplaas deur: Kanika Olivier