PORTUGESE PERI-PERI SOUS

PORTUGESE PERI-PERI SOUS
½ koppie wit druiwe asyn
½ koppie suurlemoen of lemmetjie sap
½ koppie olyf of sonneblom olie
1 of meer teelepel paprika. ( proe maar hoe dit smaak en gooi nog by totdat jy daarvan hou
1 teelepel sout. Proe ook maar en gooi meer by
2 groot knoffelhuisies fyngekap
20 African bird’s eye rissies (peri peri rissies)

Ek het die rissies klein opgesny en daarna alles in n blender gemeng. Ek het ook baie meer rissies bygevoeg. Verder kan jy so n kwart teelepel xanthan gum by die mengsel gooi vir ‘n mooier tekstuur en dit verbeter die kleefvermoë van die sous. (Pasop vir te veel xanthan want dit maak vinnig dik) As jy van ‘n effens soeter sous hou kan jy ‘n bietjie suiker byvoeg.

nota:  Xanthan gum is n verdikkingsmiddel. Dit werk baie beter as Maizena omdat dit nie later dun word nie. Dit kan ook by enige tempratuur by die sous gevoeg word. Dit moet net in geklits word. Gebruik omtrent ‘n kwart teelepel op ‘n koppie sous. As dit te dun lyk kan daar altyd meer bygevoeg word. Die xanthan gum is nie noodsaaklik nie maar ‘n eienskap daarvan is dat dit ook die kleefvermoë van die sous verbeter. Dit word in slaaisouse gebruik om die sous aan die slaai te laat vassit. As jy dit skud word dit dunner maar word weer dik wanneer dit staan. Dit is ideaal as jy ‘n sous uit n bottel wil laat vloei. Kry by Dischem of waarskynlik by apteke wat gesondheidsprodukteverkoop.
Resep geplaas deur Stoney Steenbergen
Foto: Stoney Steenbergen




BASTINGSOUS


BASTINGSOUS
750 ml rooiwyn
750 ml All Gold tamatiesous
250 ml sojasous
500 g bruinsuiker

Meng alles saam. Verhit tot al die suiker opgelos het en kook vir 5 minute. Bottel warm.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld




CABANOSSI SOUS

CABANOSSI SOUS
½ ui, redelik fyn gekap
½ groen soetrissie, redelik fyn gesny
2 cabanossi stokkies, in ringe gesny
1 pakkie 4-kaassous poeier
1 koppie room
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap, opsioneel
½ teelepel gedroogde rissie, opsioneel
‘n goeie skeut swartpeper
‘n goeie paar skeute gerookte paprika

Braai die uie tot dit begin verkleur. Voeg die knoffel by en braai vir nog so ‘n minuut.
Sit die soetrissie by en braai vir so 2 minute.
Voeg die cabanossi by en braai vir nog so ‘n minuut of 2 terwyl jy dit aanhoudend roer, maar moenie dat die cabanossi verkleur nie.
Sprinkel die souspoeier oor en roer deur. Gooi die room by en roer deur.
Voeg die swartpeper en paprika by en roer deur. Sodra die mengsel begin borrel skakel jy die stoof af.
Bedien saam met jou gunstelling pasta, gekookte aartappel, rys, pita broodjie of geroosterde bagette.
Nota:
Ek het my amper al dente penne pasta by die warm room ingesit sodat dit verder in die room gaar word en die sous die holtes vul.
As jou sous te dik lyk kan jy dit verdun met ‘n bietjie melk.
Genoeg vir so 2 mense, of 1 stewige porsie.
Foto: Wayne Dugmore




SOUS VIR HOTDOGS

SOUS VIR HOTDOGS
750 ml tamatiesous (glasbottel)
460 g blatjang
1 pakkie tamatieroomsop
1 pakkie bruin of wit uiesop
2 pakkies beesstertsop
7 koppies water om sop aan te maak
250 margarien
½ koppie suiker

Smelt die margarien in ‘n lekker groot pot.
Voeg die tamatiesous, blatjang en suiker by en laat lekker deur kook.
Roer aanhoudend, dit brand maklik aan.
Voeg die sop by en laat op stadige hitte kook totdat die uie deurskynend is, doen dit stadig en roer gereeld, moenie haastig wees nie.
Dit maak bietjie meer as 2 liter sous.
Dis ook heerlik op hamburgers.
As jy meer sous wil maak, moet jy dit liewer in aparte potte maak.
Resep: Linda Mei Jansen




MADELEINE SE APPELKOOS OF GEELPERSKE BLATJANG

MADELEINE SE APPELKOOS OF GEELPERSKE BLATJANG
2 kg appelkose of geelperskes
375 ml asyn
6 koppies suiker
4 groot uie
1 teelepel peper
1 eetlepel sout
1 eetlepel hoogvol kerrie
1 teelepel mosterd

Kook saam vir ongeveer 45 min en bottel warm.
Resep: Madeleine de Beer




CORRIE SE UIE EN SAMPIOENSOUS

CORRIE SE UIE EN SAMPIOENSOUS
Resep en foto:  Corrie Van Der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het nou net lekker uie en sampioen “gravy” gemaak om oor my varkworsies te gooi…
1 wit ui, dun skyfies gesny
1 rooi ui, dun skyfies gesny
1 teelepel suiker
1 teelepel balsamiese asyn
6 eetlepels Ina Paarman se Brown Onion Gravy
ongeveer 6 medium groot donker sampioene of na smaak, opgesny

Meng bietjie botter en olyfolie en braai die uie, voeg die sampioene by.
Voeg die suiker en balsamiese asyn by, laat rukkie goed deurkook.
Maak Ina Paarman se brown onion gravy poeier aan met 3 koppies water, voeg by die mengsel in die pan en laat dik kook saam met alles.
Ek het toe nog so skeut Worchestersous bygeroer net om die smaak lekker te kry.
Gaan wortelslaai en piesangslaai bymaak.




VEELSYDIGE TAMATIESOUS – SMOOR

VEELSYDIGE TAMATIESOUS – SMOOR
Die sous is liplekker en kan in baie geregte gebruik word.
Dis ewe lekker met of sonder die groen/rooi pepers.
Kan gebruik word vir:
Pap en sous
Lasagne (Los pepers uit en gooi 15 ml Italian herbs by)
Spagetti en Frikadelle (ek rol sommer balletjies lekker boerewors)
Koud as ‘n salsa
Boerewors rolletjies
Spagetti bolognaise (los die pepers uit en gooi 15 ml Italian Herbs by)
Ek gooi fyngesnyde spinasie in aan die einde van die kookproses en prut nog ‘n paar minute. Meng met Spagetti en sny gebraaide varkworsies in – Kinders LIEF dit en kry so groente in sonder dat hul dit besef 😊

Verhit bietjie olyf olie in ‘n dikboom pot.
Braai een ui – klein gesny – tot sag en gekarameliseerd.
Meng by 1/2 groen en rooi peper klein gesny (optioneel).
Braai bietjie knoffel saam vir ‘n paar sekondes.
Gooi in 2 blikkies tamatie/uie smoor.
Gooi by en meng:
60 ml fyngesnyde pietersielie
250 ml tamatie puree
125 ml All Gold tamatie sous
1 Opgehoopte eetlepel Paprika
Sout en peper (moet nie die peper weglaat nie)
80 ml Worcestershire sous
suiker na smaak (so opgehoopte eetlepel)
250 ml water

Proe, Proe, Proe! Die balans tussen sout/peper/suiker/en suur van die tamaties moet reg wees. Maar dit ontwikkel met tyd soos wat die sous prut.
Bring tot kookpunt en prut dan vir ‘n uur of langer op nr 2 tot sous geurig en dik is.
Roer so nou en dan. Pasop vir aanbrand.
Foto en Resep deur Glenda Diane Emmerson




KAROO VYE EN PRUIME BLATJANG

KAROO VYE EN PRUIME BLATJANG
Ek het Karoo vye en pruime present gekry. Toe kap ek dit saam op en maak blatjang. Lip-lek-lekker.
2.5 kg vye en pruime saam opgekap
8 koppies suiker
4 uie opgekap
10 ml sout
25 ml  fyn gemmer
20 ml mosterd
4 koppies asyn

Gooi alles in kastrol en kook stadig tot suiker opgelos is, nou kan jy bietjie vinniger kook.
Kook hom maar tot jy sien hy raak donkerder en dik. Maar ek sal skat 2 ure geprut.
Ek het dit redelik lank gekook, medium hitte, pasop vir aanbrand.  Wanneer dikte reg is na jou smaak, bottel warm.
Foto en Resep: Elsabe Le Roux




TUISGEBAKTE PIZZA

TUISGEBAKTE PIZZA
Foto: Susan-Katryn Janse van Rensburg
Kors is brooddeeg wat ek baie dun uitrol. Ek maak ook my eie tamatiesous vir die basis, en ek gebruik Mozzarella, Cheddar en Gouda kase. Jy kan gebruik waarvan jou familie hou.

Tamatie sous:
4 baie lekker ryp tamaties, in blokkies gesny (ongeveer 2 koppies)
1 groot ui, fyn gesny
2 – 4 knoffel huisies
10 mg oraganum
10 mg basil
100 g tamatiepasta
1 lourierblaas
1 – 2 teelepel suiker
1 teelepel chilly flakes, opsioneel
2 eetlepel Canola of olyf olie

Braai dan eers die uie tot deurskynend.
Voeg die knoffel by en braai vir so ‘n minuut of 2.
Voeg al die ander bestanddele by en laat alles stadig saam kook totdat die sous effens verdik het.
Maak fyn en gebruik dit as jou tamatie basis vir pizzas.




SPINASIE BLATJANG

SPINASIE BLATJANG
1 kg gekookte spinasie
2 uie, fyn gekap
1 koppie witsuiker
1 tamatie, fyn gekap
1 koppie bruinasyn
2 ml gemmer
10 ml kerrie

Plaas in kastrol bring tot kookpunt en roer tot suiker opgelos is.
Prut tot sag en dik.
Bottel en verseël warm.
Resep: Ben Rautenbach