SOET RISSIE BLATJANG


‘Giftige’ SOET RISSIE BLATJANG
Not fot the ‘fainthearted’😂
300 g rissies (chillies)
3 uie
1 blikkie ‘chopped’ tamaties
5 heel tamaties
500 g dadels
3 koppies asyn
200 g vars gemmer en knoffel (koop dit in potjies)
5 koppies suiker
600 g fyn appelkooskonfyt
100 ml balsamiese asyn
10 ml sout
10 ml kerriepoeier
5 ml naeltjies
10 ml tiemie
10 ml mosterdsaad
10 ml kruie (Italian Herb)
10 ml sweet basil
10 ml gemengde kruie
1 groen- en 1 geel pepper
Versap tamaties en chillies alles saam. (Jy kan natuurlik sit en elke chillie se pitte uithaal, maar ek het nie.) Plaas in ‘n kastrol op die stoof en snipper uie en dadels by. Voeg res van bestanddele by en roer deur. Kook oor lae hitte tot uie deurskynend is. Skakel hitte af en snipper groen en geel peppers in. Bottel terwyl warm.
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze







