ANDRE SE LEKKER SOSATIES

ANDRE SE LEKKER SOSATIES

(Ons maak dit al jare lank, kan nie onthou wie se resep dit oorspronklik was nie)
(12 lang stokkies of ± 18 kort stokkies)
2 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
200 g varkspek (of ontbeende varkrib)
gedroogde appelkose

Marinade 1:
500 ml ongegeurde jogurt
2 fyngedrukte knoffelhuisies
sap van 1 suurlemoen
Meng bogenoemde en gooi oor vleis en marineer oornag.

Maak nou marinade 2.
Marinade 2:
2 -3 groot uie, in ringe gesny
75 ml kookolie
45 ml kerriepoeier
20 ml borrie
10 ml fyn gemmer
5 heel naeltjies
20 ml fyn koljander, gestamp
3 lourierblare, gebreek
10 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
500 ml bruin asyn
250 ml blatjang
250 ml rooibostee
sap en skil van 1 suurlemeoen

Braai uie tot deurskynend, nie bruin.
Voeg spesery en res van die bestanddele by.
Prut vir ± 15 minute en laat dan afkoel.
Meng oor vleis en marinade 1.
Meng oor vleis en marinade 1.
Marineer vir 2 tot 3 dae in Tupperbak en draai bak gereeld om.
Ryg vleis en appelkose op stokkies wat oornag in water geweek is.
Braai oor kole. Heerlik!!

Resep en foto:  Louise Venter




VARKVLEISBLOKKIES IN BESLAG MET PIKANTE DOOPSOUS


VARKVLEISBLOKKIES IN BESLAG MET PIKANTE DOOPSOUS
500 g maer varkvleis
sout en swartpeper
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
1 groot eier
180 ml melk
tandestokkies
olie om in te braai

DOOPSOUS
10 ml komynsaad
10 ml koljandersaad
10 ml geel mosterDsaadjies
5 ml gedroogte rissies
125 ml heuning
30  ml witwynasyn
30 ml olyfolie

Sny die varkvleis in happie groottes. Geur met sout en swartpeper.
Maak die beslag:
Sif droë bestandele saam. Meng die eier en melk en gooi by droë bestanddele. Meng tot ‘n gladde deeg. As die beslag te styf is, voeg nog bietjie melk by.
Ryg die vark in die tandestokkies en doop dit in die beslag.
Verhit olie in ‘n braaipan. Wanneer die olie warm is, braai net ‘n paar sosaties op ‘n slag. Skep sosaties uit wanneer bruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
Maak doopsous:
Braai al die speserye droog in ‘n pan. Haal die pan van die stoof af wanneer sade warm en geurig is.
Meng die heuning, asyn en olyflie in ‘n klein bakkie. Voeg die speserye by en sit dit saam met die sosaties voor.