SMAAKLIKE SOSATIES

lewer sosatiestested
SMAAKLIKE SOSATIES

800 g skaapvleis blokkies,
200 g ontpitte pruimedante,
24 droë perskes,
2 groen soetrissies, ontpit en blokkies gesny.

MARINADE
250 ml vleisaftreksel,
90 ml sojasous,
90 ml suurlemoensap,
60 ml heuning,
15 ml druiweasyn,
2 t fyn gemmer,
2 t fyn komyn (jeera)
Meng alles Goed,
Pak stokkies Op oondbak ,
Giet marinade Oor en Laat ±2-3 ure staan. Braai sosaties en bedruip Met sous

Foto en resep:  Frieda Greyling




MANGO EN LEMOEN KERRIE SOSATIES

hoender en mango sosaties francotested

MANGO EN LEMOEN KERRIE SOSATIES

Sosaties.
500g bees/hoender/vark/skaap vleis in blokkie gesny. Ek het bees gebruik.
1 groot ui in kwarte gesny en uit mekaar gehaal
1 Rooi soet rissie in groot blokkies gesny
Steek die vleis op sosatie stokkies met n stuk ui tussen elk en rissie na elke tweede stukkie vleis.

Vir sosatie sous.

1x 7g pakkie Rajah all in one kerrie poeier.
1 eetlepel wit asyn
600ml Mango en lemoen 100% sap

In n glas bak meng die kerrie poeier en asyn tot n pasta
Voeg n kwart van die sap by en meng deeglik.
Herhaal die sap proses tot die sap op is en die kerrie goed in gemeng is.
Marineer die sosatie stokkies of net die vleis vir minstens 6-12 uur in die sous.
Braai op matige kole tot gaar. Gebruik orige marinade om die vleis te verf terwyl daar gebraai word.

Resep en foto:  Franco Dippenaar




MOROCCAN CHICKEN SKEWER

morrocan chicken skewertested

MOROCCAN CHICKEN SKEWER
½ teaspoon ground ginger
2 teaspoon paprika
½ teaspoon turmeric
A few strands saffron
2 garlic gloves, crushed
3 tablespoons chopped fresh coriander
1 ½ tablespoons lemon juice
1 ½ tablespoons olive oil
salt and pepper to taste
700 g Chicken breast cut in 2cm cubes
6-8 lemons cut into chunks
Combine the ginger, paprika, turmaric, saffron, garlic, coriander, lemon juice and olive oil in a bowl
Season with salt and pepper
Add the chicken and mix well
Cover and leave to marinate
Preheat the grill / heat griddle pan over medium heat
Thread the chicken and lemons onto skewers and grill until cooked.
Nota:
Ek het nie die suurlemoene op die stokkie gesit nie, net die sap uitgedruk as deel van my marinade, wat ek oornag laat staan het.
Ek het dit opgedien saam met Moroccan gegeurde cous cous en Tzatziki.
Foto:  Lourensia Rademeyer




COULD-DO KEBAB – KOEDOE

Kudu Kebabtested

COULD-DO KEBAB – KOEDOE

1 kg Koedoe rugstring in blokkies gesny
2 groot uie in stukkies gesny
15 ml botter
250ml water
1 teelepel komyn
1 teelepel swart peper
1½ teelepel rooipepper (of na smaak)
1 teelepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel paprika
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel bruinsuiker
2 koppies bruin druiweasyn
sout en peper
1 eetlepel mielieblom

Braai komyn, swart peper en kerriepoeier in droë pan vir 1 minuut. Voeg ui en botter by en braai tot ligbruin voeg 250 ml water by en kook ongeveer 5 minute. Voeg rooipeper, borrie, paprika, appelkooskonfyt, suiker en asyn by en kook nog 5 minute. Meng 1 eetlepel mielieblom met ‘n bietjie water tot pasta en verdik sous daarmee. Laat afkoel. Marineer vleis in sous vir 3 dae in yskas.

Ryg op stokkies met rooi, groen en geel soetrissies tussen in, rooster oor warm kole. Sout op die rooster en bedruip met marinade tot gaar.

Resep en foto: Martin Grobbelaar.

 

 

 




VARK EN SOETRISSIE SOSATIES MET SOET-SUURSOUS

vark sosaties kompetisietested

VARK EN SOETRISSIE SOSATIES MET SOET-SUURSOUS
En bees  sirloin steaks met botter bedruip saam met biltong boere wors(resep was al gedeel)
Soet-suursous(maak eers as wors amper klaar is.)
4 eetlepel fyn appelkoos konfyt
4 eetlepels bruinasyn
1 teelepel suurlemoensap
1 teelepel maizena
3 eetlepels suiker
Verhit konfyt in pan tot dit begin smelt en meng dan al die ander bestanddele, behalwe die maizena en suurlemoensap by.
Roer deeglik deur passop vir brand.
Meng die maizena en suurlemoen sap to pasta en roer by sous in pan, roer deeglik en kook tot verdik.
Haal dadelik van die hitte af.
Vir vark:
500 g vark sirloin of nek steaks
2 soetrissies, een groen een rooi of geel
8 sosatiestokkies geweek in water
1 koppie soyasous
1 knoffel huisie gekap
2 teelepels sesame saad
10 ml chinese five spice

Sny vark sirloin of nek steaks in twee en half cm blokkies asook die soet rissies en ryg op stokkies een na die ander.
Meng al die speserye, sesame, knoffel en soya saam en laat die vark daarin week vir ten minste 2-3 ure.
Beveel ‘n sy vuurtjie aan vir die een.
Braai die bees steaks eerste op warm kole so 2 minute aan ‘n kant tot net geseël en hou een kant weg van hitte.
Braai die vark sosaties oor matige kole en bedruip af en toe met res van die marinade tot gaar en goud bruin, moet nie te veel sout op sprinkel nie, soyasous is klaar effens sout.
Braai nou wors tot gaar en vra vir vroulief om soet-suur sous te maak of gaan koop dit net.
Braai die steak op die res van die kole van warm vuur en bedruip met gesmelte ongesoute plaas botter. Geur met sout en peper na dit gaar is volgens jou keuse.
Bedien met soet-suur sous en ligte slaai.
Resep en foto:  Franco Dippenaar




CHICKEN SATAYS WITH PEANUT SAUCE

CHICKEN SATAYS WITH PEANUT SAUCE
Dit is ‘n Thai gereg, hulle noem dit “chicken satays met peanut sauce” Daar is honderde respte maar my ma het die resep van Thailand gebring. Is heerlik!
Die hoender marinade:
3 eetlepels lemmetjie sap
3 eetlepels canola olie
2 teelepels soyasous
2 teelepels “fish sauce”
1/2 teelepel fyn gedroogde chillie
750 g hoender borsies

Vir die Peanut Sauce:
2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
2 eetlepels klapper melk
1 eetlepels lemmetjie sap
2 teelepels soyasous
1 teelepel bruin suiker
1/2 teelepel fyn gedroogde chillie

Maak nou so met die hoender:
Whisk die lenmmetjie sap, olie, soyasous, fish sauce en chillie in ‘n vlak mengbak tot dit goed gekombineer is.Voeg die hoender repies by en maak seker die marinade is goed oral ingevryf. Plaas in yskas vir ongeveer 15 minute.
Maak nou die peanut sous:
Whisk al die bestanddele vir die sous tot glad. Ek gebruik sommer my riffel steakpan maar jy kan enige “gril” gebruik. Maak dit baie warm. Ryg elke hoender repie op die sosatie stokkie (ek gebruik nie ‘n te lang stokkie nie) en braai dan op die griddle pan vir so 3 minute aan elke kant totdat die sappe helder uitkom m.a.w. die hoender moet gaar maar nie droog wees nie. Bedien nou met die peanut sous as ‘n dip. HEERLIK!

Recipe posted by Urban Herbs – Martie Fourie Moolman




HEERLIKE SOSATIESOUS

vark sosaties - floraine
HEERLIKE SOSATIESOUS

Ek maak altyd ‘n sosatiesous, dit gee ‘n heerlike smaak aan die tjops.
2 eetlepels kerrie
1 – 2 eetlepels bruinsuiker
peper en sout na smaak
2 koppie asyn (ek gebruik bruin druiwe asyn)
1 koppie water
1 – 2 eetlepels maizena
3 fyngesnyde uie
2 – 3 eetlepels botter
6 fyn gesnyde lemoenblare

Meng suiker, sout, peper, asyn en water, asook lemoenblare. Braai uie in botter en sprinkel kerrie daaroor.
Voeg die vloeibaremengsel by die gebraaide uie en kerrie.
Verdik met bietjie maizena. Haal af van hitte en laat afkoel.
Meng goed en plaas die tjops daarin.
Laat 24 – 36 uur in hierdie sousmengsel (As jy sosaties wil maak, laat die blokkies lamsboudvleis en blokkies stertvet/spek in die sous lê.)
Ryg dit na die marineertydperk op stokkies wat ‘n dag lank in water gelê het, en braai dit).
Geniet dit!
(Sosaties MOENIE met swak vleis gemaak word nie. Mens moet goeie gehalte vleis gebruik!)
Resep en foto:  Retha-Jane Duvenhage Buys




SOSATIES MARINADE – HOENDER EN VARK

tested

SOSATIES MARINADE – HOENDER EN VARK
Geplaas deur Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Hoendersosaties:
4 – 6 hoenderborsies
Marinade:
250 ml sonneblomolie
200 ml sojasous
125 ml Worcestersous
100 ml suurlemoensap
50 ml aangemaakte Franse mosterd
1 handvol gekapte vars tiemie
6 draaie varsgemaalde swartpeper
5 ml Ina Paarman gegeurde sout

Gebruik ‘n verskeidenheid van bvoorbeeld die volgende om tussen-in die hoender op die stokkies te plaas.
sampioene, heel murgpampoentjies, 1 cm ringetjies gesny, pynappelstukkies, vars of geblik droë perskes, in kwarte gesny of appelkose – vooraf in warm water geweek, uie, halveer ui en sny dan in kwarte en maak uie lae los.

Meng al die bestanddele vir die marinade deeglik. Ontbeen en ontvel hoenderborsies.
Sny hoender in blokkies en sit in glas bak. Giet die marinade oor en marineer 30 minute.
Roer en marineer verdere 30 minute. Braai oor medium kole.
LW: Moenie die hoender langer as ‘n uur in die marinade laat lê nie.
Lewer 10 – 12 sosaties.

Vark sosaties:
Hoender-kebabs kan ook so gemaak word.

Marinade:
125 ml olie
60 ml Dijon-mosterd
60 ml heuning
sout en peper na smaak

Kebabs:
500 g varkboud, in blokkies gesny
6 murgpampoentjies, in dik ringe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
1 kleinerige ui, in stukke gesny
Meng al die bestanddele vir die marinade.

Ryg die vleisblokkies en groente om die beurt aan sosatiestokkies en sit dit in ’n bak.
Giet die marinade oor en verkoel 3 – 6 uur.
Braai oor matige kole tot net gaar, sowat 10 – 12 minute lank.
Draai gedurig om en bedruip met marinade wanneer jy dit doen.
Maak 6 – 8 kebabs.




BUURVROU SE WILDSOSATIES

FLR BB be the first to give us a photo!!

BUURVROU SE WILDSOSATIES

Ek gebruik nou al 5 jaar buurvrou Aletta Nel, se sosatie resep vir my kudu stal by die Biltongfees! Hang maar af hoeveel blokkies jy het, ek verdubbel en verdubbel.

BESTANDELE
2 uie, ringe gesny
1 kop wit asyn
30 ml geel suiker
120ml appelkooskonfyt
60 ml blatjang
45ml matige kerriepoeier
5ml borrie
8ml sout
3ml fyn gemmer

METODE
*Braai uie tot sag
*voeg res van best by en kook net 1 min.
*marineer blokkies 5 dae in houer in die yskas.
*ek ryg 2 kudu blokkies. varkspek, 3 kudu blokkies, varkspek, 2 kudu blokkies

Frieda Greyling




SKAAPBOUD SOSATIES

SKAAPBOUD  SOSATIES
(15 Sosaties)
1 klein skaapboud, blokkies gesny
2 uie, gerasper
4 eetlepels botter, gesmelt
1 eetlepel mielieblom
1 koppie asyn
1 eetlepel suiker
3 eetlepels kerriepoeier
3 eetlepels blatjang
1 koppie melk
2 eetlepels sout
½ teelepel peper

Meng al die bestanddele behalwe die vleis.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Laat 3 minute lank prut.
Laat afkoel, gooi oor die vleis en marineer oornag.
Ryg die vleis op sosatiestokkies. Braai die vleis 10 minute lank en bedruip herhaaldelik. Dien warm op.
Resep: Ilse Breitenbach