SOSATIES VAN SKAAPVLEIS

tested

SOSATIES VAN SKAAPVLEIS
Hierdie Sosatieresep is my eie ou moeder se resep en ek sou graag eendag terugvoering wou kry, wat julle van dit dink as julle dit gemaak het, want dit is HEERLIK.
1 skaapboud, ontbeen en in blokkies gesny (pasop vir te klein, want vleis krimp as jy dit braai)
blokkies varkspek
3 groot uie, in vierkante gesny sodat dit maklik inryg
3 knoffelhuisies, baie fyn gekap
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel sout
½ teelepel peper
knypie rooipeper
1 eetlepel suiker
10 eetlepels vark, bees of skaapvet
1 eetlepel appelkooskonfyt
4 eetlepels asyn
2 koppies droë rooiwyn
gedroogte appelkose of perskes
sampioene en pynappelstukke, opsioneel

Week die appelkose oornag in die wyn.
Braai die uie en knoffel in ‘n bietjie van die vet.
Roer die kerriepoeier, konfyt en asyn saam en voeg by.
Braai liggies.
Voeg die res van die vet, sout en pepers by, tot al die vet warm en gesmelt is.
Giet oor die vleis, spek, en roer vinnig in want die vet stol gou.
Marineer in yskas vir 3 dae.
Ryg dan om die beurt, vleis, spek, ui,vrug.
Braai oor kole tot gaar.
Ek het al beesvleis ook gebruik, maar skaap bly die lekkerste.
Sy het dit haar vryf sosatie genoem, omrede dit nie in ‘n sousigheid lê nie, en beweer dat enige sousigheid vleis taai maak.

Resep: Louisa Prenzler




SWEET APRICOT CHICKEN SOSATIES

2015-07-23-sweetapricotchickensosatiestested

SWEET APRICOT CHICKEN SOSATIES
Recipe and photo: Jen Jordaan
FOOD LOVRS RECIPES
4 large or 8 medium chicken breasts cut into cubes
3 tablespoon brown sugar
2 tablespoon curry powder
1 tablespoon cumin
1 tablespoon cinnamon
2 teaspoon coriander seeds ( I crushed them up a little )
1 teaspoon coarse salt
1 teaspoon black pepper
1 large red onion, cut into squares big enough for skewer
2 cups dried apricots or ( u can also use canned as I cant always find dried )
½ cup red wine
½ cup red wine vinegar
½ cup canola oil
2 tablespoon chutney
Skewers for cooking

Put the cubed chicken in a bowl. Mix together brown sugar, curry powder, cinnamon, cumin, coriander seeds, ¼ cup oil, salt and pepper. Toss with the chicken pieces and cover with clingfilm.
Cut the onions and add with apricots to a bowl. Add wine, vinegar and oil and cover with clingfilm.
Marinade for 4 hours.
Soak skewers in water for 15 minutes beforehand to prevent them burning. Alternate chicken, apricot and onion onto skewers.
Braai or grill sosaties.

 




KALAHARI SOSATIES

kalahari sosatiestested

KALAHARI SOSATIES
1.5 kg blokkies vleis (skaap of bees)
1 groot ui, gekerf
4 koppies asyn
2 koppies suiker
½ koppie appelkooskonfyt
20 ml kerriepoeier
20 ml borrie
10 ml sout

Kook al die bestanddele saam tot uie sag is en laat afkoel.
Marineer sosaties vir 5 dae.
Marineer skaaprib vir 3 dae. Braai die rib versigtig, dit brand baie maklik (simpatieke hitte).
Ek marineer die sosaties in 75 mikron seël sakkies en vries dit netso tot gebruik.
Resep en Foto:  Johan Coetzee




HEERLIKE SOSATIE KERRIE MARINADE

2014-09-11-lamsosatiestested
HEERLIKE SOSATIE KERRIE MARINADE
1 klein skaapboud, blokkies gesny
2 uie, gerasper
4 eetlepels botter, gesmelt
1 eetlepel mielieblom
1 koppie asyn
1 eetlepel suiker
3 eetlepels kerriepoeier
3 eetlepels blatjang
ı koppie melk
2 eetlepels sout
½ teelepel peper

Meng al die bestanddele behalwe die vleis. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Laat 3 minute lank prut. Laat afkoel, gooi oor die vleis en marineer oornag.

Resep geplaas deur Yolande Erasmus
Foto van Martie Fourie Moolman




SPEK EN MOSSELS SOSATIES

mossel en spek sosaties gideontested
SPEK EN MOSSELS SOSATIES

“Surf & Turf”
’n Repie spek rondom ’n mossel sorg vir net daai ekstra bietjie sout, en dit maak van dié gereg ’n wenner.
(vir 5 mense)
VIR DIE SOSATIES
30 vars swartmossels
’n halwe bottel witwyn
15 repies strepiespek
5 sprietuie (gebruik slegs die groen deel)
VIR DIE SOUS:
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter
’n halwe koppie room
sout en peper
Maak die sous: Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die
grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en
laat dit smelt.
Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.
Maak die sosaties: Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.

Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen
oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop
en spoel hulle onder lopende water af.
Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie.
Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.
Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute. Bedruip die sosaties met die sous

Foto: Gideon Louw




MIELIEPAP EN MAALVLEIS BOLLETJIE SOSATIES

mieliepap sosaties venitatested

MIELIEPAP EN MAALVLEIS BOLLETJIE SOSATIES

Baie dankie vir die goeie idee met die mieliepap. Ek het sommer mieliepap met gerasperde kaas in gemaak, in krummels gerol en vinnig gebraai in olie, en toe op sosatie stokkies geryg met tamaties en mini-maalvleisballetjies. Dit toe in die oond gedruk met sticky spare rib marinade. Heerlik gewees.

Foto en idee:  Venita  Nolte




HEUNING EN SUURLEMOEN SOSATIES

2014-11-06-sosatiestested
HEUNING EN SUURLEMOEN SOSATIES

3 etl. heuning
halwe koppie lemoensap
halwe koppie suurlemoensap
2etl. mostert
3etl. olive olie
sout en pepper
2 carlic cloves
meng als saam en lê jou hoender bors stukkies in oornag en die volgende dag druk in stokkies nadat jy die sosaties gebraai het doop terug in sout
Resep:  PETER HARRY




LAMSOSATIES

2014-09-11-lamsosatiestested
LAMSOSATIES

1 knoffelhuisie ( ek gebruik drie)
1 vet lam og skaapboud
gekneusde lemoen suurlemoen og lourierblare
2 t sout
3-5 ml gemmer
3 ml peper
25 ml fyn koljander
125 ml melk
150 g droe appelkose

METODE
Vryf erde skottel met knoffelhuisies. (Ek sit dit sommer in die mengsel wat volg)
Sny die vleis in blokkies, groot genoeg om op pennetjies te ryg.Meng res van bestanddele en pak in skottel. Laat oornag staan en gooi dan die sosatiesous oor.
Sosatiesous:
4 groot uie in skywe
1 k water
1 rissie ontpit en fyngekap
2 E suiker
2 E matige kerrie poeier
5 ml sout
5 ml borrie
2 E fyn appelkoos konfyt
2 k asyn

Meng die bestanddele behalwe die asyn en kook vir 5 min. Voeg asyn by en laar staan tot dit koud word. Meng die sous met die vleis en laat omtrent vir twee dae in die yskas. Ryg dan die vleis, vet en maer stukkies om die beurt met appelkoos en ui tussenin op pennetjies

FOTO- Martie Fourie Moolman




KERRIE MARINADE LAM OF SOSATIES

2014-06-28-lamkerriefltestedkerrie marinade lam elize

KERRIE MARINADE LAM OF SOSATIES

Kerrie marinade vir sosaties of tjops.
Blokkies skaap of tjops. 2kg
2 groot uie in stukkies gesny
15 ml botter
250ml water
1 teelepel cumin
1 teelepel swart peper
1half teelepel cayenne pepper
2 eetlepel kerrie
1 eetlepel borrie
1 teelepel paprika
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel bruin suiker
2 koppies bruin druiwe asyn
sout en peper
Braai cumin, swart peper en kerrie poeier in droe pan vir 1 minuut. Voeg ui en botter by en braai tot ligbruin voeg 250 ml water by en kook ongeveer 5 minute. Voeg cayenne peper, borrie, paprika, appelkooskonfyt, suiker en asyn by en kook nog 5 minute. Meng 1 eetlepel mielieblom met ‘n bietjie water tot pasta en verdik sous daarmee. Laat afkoel. Marineer vleis in sous vir 3 dae in yskas.
Ryg blokkies op stokkies (met rooi, groen en geel pepper tussen of blokkies pork rashers )en rooster oor warm kole. Sout op die rooster en bedruip met marinade tot gaar.
Vir ‘n hele skaap in tjops gesaag (sonder ribs, nek en skenkels) maak die resep 8 keer aan.

Resep en foto:  Elize de Kock




MAALVLEIS KEBABS

2014-06-01-10385072_10203958492745283_925833224_n
MAALVLEIS KEBABS
500g maalvleis (hoender of kalkoen kan ook gebruik word)
1/2 koppie heel graan broodkrummels
1/2 koppie gerasperde Parmesan Kaas
1 eetlepel droë oreganum
1 eetlepel droë basil
1 eetlepele droë pietersielie of 1/4 koppiie vars (gesnipper)
1/2 teelepel rooipeper vlokkies
2 huisies knoffel (fyngedruk)
puff pastry
1 koppie gesnipperde mozzarella kaas
12 hout sosatiestokkies
Marinara sous vir dip (of jou keuse)

Voorverhit oond 180*
Ek sit foelie op 2 bakplate en hou eenkant
Meng maalvlies, broodkrummels, Parmesan Kaas, Oreganum, Basil,pietersielie, rooipeper vlokkies  en knoffel. Maak 1” klein balletjies
Sny puff pastry in ‘broodstokkies’. Begin met een ‘broodstokkie’ op n slag,
ryg op stokkie – eers deeg, dan maalvleisballetjie, deeg, balletjie en so aan…… Maak so 3 balletjies op ‘n stokkie, met deeg tussenin. Eindig met deeg. Plaas op bakplaat
Maak seker dat die deeg en balletjies +- 1/4” weg van mekaar is sodat diedeeg kan uitsit wanneer dit bak.
Bak vir +-20min tot vleisballetjies gaar is. Verwyder van oond en strooi elke stokkie met gesnipperde mozzarellakaas. Sit terug in oond vir 2-3 min totdat kaas gesmelt is.
Bedien dadelik met warm sousie
Resep geplaas deur Amanda Conradie