KERRIE SOSATIES


KERRIE SOSATIES
Een van my beste kos-herinneringe toe ek nog in die huis was is die kerrie-sosaties wat ek en my ma van skaapboud gemaak het. Met vandag se vleispryse is dit ongelukkig nou ‘n luukse. Maar wat ‘n heerlike bederf is hierdie sosaties nie!

Ek gebruik Pork Belly saam met die skaapboud, vir ekstra smaak, en natuurlik vir die vetjie. Dit rek ook die duurder skaapvleis bietjie. Ek marineer die skaapvleisblokkies en pork belly blokkies in twee aparte marinades. Dit gee ‘n lekker smaak-kombinasie.

Skaapboud Sosaties
Marinade
500 g uie, in kwarte gesny (of gebruik heel klein uitjies, nog beter)
30 ml (2 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) gemmerpoeier
60 ml (4 e) borrie
5 ml (1 t) komyn (jeera)
30 ml (2 e) vinkel of steranys
125 ml (½ k) bruinsuiker
30 ml (2 e) mielieblom
750 ml bruin druiweasyn (nie balsamiese asyn nie)
250 ml (1 k) water
450 g (1 blik) appelkooskonfyt
8 gekneusde suurlemoenblare

Vleis
sout en peper
1,5 kg vleis: beesfilet en skaapboud
1 kg varkboud

Voeg al die marinade-bestanddele in ‘n groot kastrol en kook vir sowat 5 minute of tot dit begin verdik. (Moenie die uie pap kook nie.)
Proe aan die sous. Voeg nog kerriepoeier en bruinsuiker by indien nodig en kook deur.
Laat koel eenkant af.
Sny die vleis in netjiese 3 cm-blokkies – dit word makliker gedoen as die vleis effens bevrore is.
Sny van die spek wat aan die varkvleis is ook in 3 X 3 cm blokkies.

Marineer die vleis en uie in die kerriesous vir ‘n dag of twee. Roer kort-kort om seker te maak die sous bedek alles.
Ryg die vleis en uie op sosatiestokkies en sorg dat al die stokkies ewe veel van elke soort vleis op het, anders kry een ou al die filet en ‘n ander al die skaap. Dit lyk ook netjieser.

(Dra kombuishandskoene, anders vlek jou hande en veral jou naels geel!)
Braai op ‘n rooster hoog bokant die kole en oppas dat dit nie brand nie. Strooi sout oor terwyl dit gebraai word.
Kook intussen weer die sosatiesous en sit dit warm saam met die sosaties voor op pap of kapokaartappels of rys.

Wenke:

Vleispryse raak rof, rowwer, rofste. Die varkvleis maak dit so ‘n bietjie goedkoper.
Op elke stokkie kan ‘n stukkie suurlemoenblaar of lourierblaar geryg word.
Droëvrugte kan saam geryg word. (Droëvrugte saam met vleis is reeds sedert die jare toet deur die Perse gedoen en dit het via Europa na Holland gereis en toe met die see Kaap toe gekom.)
Mens kan ook aparte stokkies van soetrissies en vars vrugte soos pynappel en appel ryg om te braai as ‘n bykos – dit is kebabs en nie sosaties nie.
Resep: Louise Groenewald

Pork Belly Sosaties
1 kg pork belly, bone and skin removed but with some fat left MARINADE:
150 ml reduced salt or light soy sauce
100 ml water
3 cloves garlic, mashed
3 tablespoons honey
2 tablespoons sesame oil
1 thumb fresh ginger, peeled and finely grated
1 fresh chili, chopped (optional)
1 lemon grass stem, bruised
chopped spring onions and toasted sesame seeds for garnish 8 – 10 kebab sticks

Slice the pork belly in 1cm thick and 5cm long slices. (or 3x3cm cubes)
Make the marinade by whisking all the ingredients except the lemon grass stem.
Pour the marinade over the pork belly, add the lemon grass stem and let it marinate in the fridge for at least 6 hours or overnight.
Remove the pork from the marinade and thread the strips on the kebab sticks.
Grill on a griddle pan or on the barbecue turning on each side until cooked through.

Recipe posted by: Louise Groenewald
Photo:  Petro Borchard – Ek het dubbeld die suiker gebruik en het die uie nou uit geskep sodat dit nie verder sag kook in die sous wat afkoel nie.  Ek het die sous gemaak en gaan dit apart vries, ek het nie op hierdie stadium die regte vleis beskikbaar om klaar sosaties te maak nie.
Ek het vanoggend die suurlemoen blare uitgehaal en die uie en sous weer bymekaar gegooi om te vries




STEPHANIE SE WENNER SOSATIES


STEPHANIE SE WENNER SOSATIES
Ek gebruik lambsboud, varkboud en ‘n lekker stuk topside. Asook spek. Sny vleis in lekker eetbare blokkies.
12 uie, gekerf
2½ koppies bruinsuiker
4 teelepels kerrie
4 teelepels borrie (tumeric)
½ koppie maizena
1 bottel (1 liter) melk
750 ml asyn
1½ bottel blatjang

Braai uie in ‘n groot pot.
Meng die borrie, kerrie, asyn, blatjang en maizena in ‘n groot beker.
Meng die bruinsuiker en melk daarby in en voeg by die uie in die pot.
Kook  goed deur en laat afkoel.
Gooi die marinade oor die vleisblokkies en roer deur.
Los vir 3 dae, en roer gereeld.
Moet nooit buite yskas los nie.
Ryg op sosatie stokkies, eers stukkie skaap, dan vark, dan bees, dan spek opgerol.
Steek tot stokkie mooi vol is. Sit terug in die sous.
Kan dit vries so, of braai.
Moet net nooit vleis buite sous laat lê nie.
Is baie lekker. Ek vries my sous as ek klaar is. As ek weer wil braai sit ek tjops daarin.
Resep:  Stephanie Kriel




PORTUGUESE ESPETADA – BEEF SKEWERS


PORTUGUESE ESPETADA – BEEF SKEWERS
400 grams beef tenderloin
2 tablespoons olive oil
2 tablespoons red wine vinegar
1 whole onion, finely diced peel onion first
1 handful fresh parsley
4 cloves garlic cloves
1 teaspoon salt
1 teaspoon fresh ground black pepper
8 leaves fresh bay leaves

Cut meat into 2 inch cubes.
Combine oil, vinegar, parsley, garlic, salt, pepper and bay leaves.
Add the beef and toss thoroughly to coat. Marinate in the fridge for 4 to 6 hours.
Remove the beef and bay leaves from marinade and thread onto skewers.
Grill on a high heat for 2 to 3 minutes.
Baste the Espetada’s with any remaining marinade during cooking.

Portuguese Chimichurri Sauce Molho Cru:
1 whole onion small, finely diced
3 whole garlic cloves, finely diced
3 tablespoons olive oil
2 tablespoons red wine vinegar
1 pinch salt
1 pinch pepper
0.5 pinch paprika
1 whole red chilli, fresh deseeded and finely chopped
0.5 bunch fresh parsley, finely diced

Mix all ingredients together, add salt and pepper to taste.
Store in refrigerator for 2 hours or overnight for the flavours to absorb.
Serve with Espetadas.
Recipe posted by: Amanda Conradie
Photo:  Louise Robinson  – onderste foto:  Chillies gekap en garlic en toe net olyf olie oor gegooi. Dis so ‘n ekstra vir die pizza.




GEROLDE SPEK SOSATIES


GEROLDE SPEK SOSATIES
Ek het die sosaties gemaak vir saam met vanaand se braai. Ek vrek mos oor bacon.
Ek het stukkies bacon in klein rolletjies gedraai en op ‘n stokkie geryg saam met stukkies sampioene en stukkies geel en groen soetrissie (die kleintjies).
Ek het dit gesmeer met olyfolie en besprinkel met ‘n bietjie aromat en knoffelflokkies.
Idee en foto: Gideon Louw




SOSATIES


SOSATIES
500 g uie, in kwarte gesny of heel klein uitjies
2 eetlepeles kerrie
2 teelepels gemmer, fyn
4 eetlepels borrie
1 teelepels komyn (jeera)
2 eetlepels vinkel of steranys
5 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels mielieblom (maizena)
750 ml bruin druiweseyn (nie balsamiese asyn nie)
1 koppie water
1 koppie appelkooskonfyt
8 gekneusde suurlemoenblare

Kook al die marinade bestanddele in ‘n groot kastrol vir 5 minute of tot dit begin verdik. (Moenie dat uie pap kook nie). Laat afkoel.

Vleis
1.5 kg beesfillet en skaapboud (50/50)
500 g varkfilet of varkboud
250 g skaapstertvet of varkspek

Sny vleis in netjiese 3 cm blokkies – dit hanteer beter as dit effens gevries is. Sny vet in 3 x 1 cm stukkies. Marineer die vleis en uie in afgekoelde kerriesous vir 2 dae. Roer kort-kort om seker te maak die sous bedek alles.
Ryg vleis, ui en spek op geweekte sosatiestokkies. Maak seker dat die vleise van beide soorte eweveel geryg word.
Kook oorblywende sous en sit saam met sosaties voor.
Foto: Elma Venter-Brittz




HOENDER SOSATIE MARINADE


HOENDER SOSATIE MARINADE
Ek het die hoendersosaties gemaak vir vanaand se braai.
Ek het eers genoeg hoenderdytjies en boudjies ontbeen.
Ek het toe twee marinades aangemaak en die vleis in twee gedeel en vir elk ‘n marinade gemaak.
Die gemarineerde vleis het ek oornag in die koelkas geplaas en vanoggend oppie stokkies geryg saam met groen en rooi soetrisise en stukkies ui.
Verskoon tog maar my tupperware bakke maar hulle werk tog te lekker. 😂😂
Marinade 1:
4 eetlepels hoogvol mayonnaise
1 eetlepels Italian herbs
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
1 teelepel gemaalde swartpeper
300 ml plain jogurt
30 ml olyfolie

Meng alles saam en meng met die vleis en laat oornag in koelkas.

Marinade 2:
½ koppie heuning
½ koppie olyfolie
½ koppie dijonmosterd
1 teelepels chillieflakes
1 teelepel swartpeper gemaal
1 teelepel Italian herbs
½ teelepel sout

Meng alles saam en meng goed met die vleis en laat oornag in koelkas.
Resepte en foto:  Gideon Louw




PORK BELLY KEBABS


PORK BELLY KEBABS
Lyk my dit is regtig my week vir vark vleis… hierdie was heerlik!!
En ja, vanaand eet ons weer vark.
Marinade:
2 tablespoons of wholegrain mustard
2 tablespoons of honey
1 tablespoon cider vinegar
1 teaspoon brown sugar
1 tablespoon soy sauce
1 tablespoon of vegetable oil
500 g pork belly, cubed and thread onto skewers

Preheat the oven to 180°C/gas mark 4.
Season meat with freshly ground salt and pepper.
Whisk together the ingredients for the marinade and spoon over the kebabs.
Cover ovenproof dish with tin foil, add kebabs and seal with foil.
Bake in the oven for 1 hour, basting after 30 minutes.
Open foil after 1 hour, and bake uncovered for another 30 minutes.
Keep basting and turning kebabs until browned on all sides.
Recipe and photo: Elize de Kock




HAWAIIAN CHICKEN KEBABS


HAWAIIAN CHICKEN KEBABS
Perfect when served warm on a summer day! One bite of these will leave you craving more, these kebabs are incredibly delicious!
1/3 cup ketchup
1/3 cup packed dark brown sugar
1/3 cup low-sodium soy sauce
1/4 cup canned pineapple juice
4 Tbsp olive oil , divided, plus more for brushing grill
1 1/2 Tbsp rice vinegar
4 garlic cloves, minced (4 tsp)
1 Tbsp minced ginger
1/2 tsp sesame oil
Salt and freshly ground black pepper
1 3/4 lb boneless, skinless chicken breast, chopped into 1 1/4-inch cubes
3 cups (heaping) fresh cubed pineapple (about 3/4 of 3 lb pineapple)
1 1/2 large green peppers, diced into 1 1/4-inch pieces
1 large red onion, diced into 1 1/4-inch pieces

In a mixing bowl whisk together ketchup, brown sugar, soy sauce, pineapple juice, 2 Tbsp olive oil, rice vinegar, garlic, ginger and sesame oil.
Stir in 3/4 tsp pepper and season with salt if desired.

Place chicken in a gallon size resealable bag.
Reserve 1/2 cup of the marinade in refrigerator then pour remaining marinade over chicken.
Seal bag and refrigerate 1 hour (meanwhile soak 10 wooden skewer sticks in water for 1 hour).

Preheat a grill over medium heat to 400°F (200°C). Meanwhile, drizzle remaining 2 Tbsp olive oil over red onion, bell pepper and pineapple and toss.
Season red onion and bell pepper with salt and pepper, then thread red onion, bell pepper, pineapple and chicken onto skewers until all of the chicken has been used.

Brush grill grates with olive oil then place skewers on grill.
Grill 5 minutes then brush along tops with 1/4 cup of remaining marinade.
Rotate to opposite side and brush remaining 1/4 cup of marinade on opposite side.

Allow to grill about 4 minutes longer, or until chicken registers 165°F (75°C) in center on an instant read thermometer.
Serve warm.
Photo: Elize de Kock




ANKIA SE HOENDERSOSATIES

ANKIA SE HOENDERSOSATIES
4 lekker groot hoender fillette
Sny in hap groote blokkies.
Marineer in die volgende.
1 teelepel mostert
1 teelepel mayonnaise
1 teelepel chutney
1 eetlepel worchestersous
1 eetlepel tamatiesous
3 eetlepels olyf olie
suurlemoensap
‘n teelepel geel kerrie
roosmaryn
pietersielie
sout en peper na smaak

Meng alles saam. Giet oor hoender in ‘n diep bak en marineer oornag.
Haal uit en ryg in stokkies met vars peppers en uie.
Braai oor lekker vuurtjie buite saam met die volgende slaai.

rocket blare
kersie tamaties
olywe
feta
komkommer
uie
pitlose druiwe, in helfte gesny (opsioneel)
fyngekapte cashews

Kan dressing van jou keuse vat ek gebruik honey and mustard.
Resep geplaas deur Ankia Palos




JOHAN SE SOSATIE MARINADE


JOHAN SE SOSATIE MARINADE
10 groot uie, in ringe gesny
60 ml kerrie
60 ml borrie
360 ml suiker
60 ml maizena
1.5 liter asyn
5 ml sout
2.5 ml peper
250 ml heuning
een fyngekapte steranys kan ook bygevoeg word

Gooi water op uie en kook vir 1 minuut.
Gooi water af en braai in olie tot glanserig.
Gooi 1 koppie water in en kook tot sag.
Meng alle bestanddele saam, gooi by uie en kook 10 minute.
Haal af en voeg by 2 eetl. appelkooskonfyt en 1 eetl. blatjang.
Marineer vleis blokkies vir 24 uur en ryg op stokkies.
NOTA:  2 kg vleis. Ek sit ook soetrissie, uie en blokkies spek in as ek dit op die stokkie ryg.
Resep en foto:  Johan Du Preez Snr