FRANCIS SE LEKKER GROENTESOP


FRANCIS SE LEKKER GROENTESOP
VLEIS: As jy hoender gebruik: 1 heel hoender of ± 4 – 6 hoenderborsies. OF 1 kg stowevleis of 500 tot 600 maalvleis.
Stowe vleis sag en ontbeen, sny in kleiner stukkies en hou eenkant. As jy maalvleis gebruik is dit nie nodig nie.
GROENTE:
1 kg wortels
1½ kg tamaties
250 g sampioene
1 pakkie (ongeveer 250g) babymarrows (murgpampoentjies)
1 groot pak seldery
Was alles baie goed en sny in stukke. Plaas in stoompot saam met 2 blokke “stock” (as jy hoender gebruik dan voeg jy hoender “stock” by) in 2 k kookwater opgelos by en laat dit sag kook in stoompot.
As sag skep uit in voedselverwerker. Doen dit in sarsies en gooi elke keer koue water by en maak fyn, maar nie heeltemaal te fyn nie.

Gooi nou allles terug in stoompot (My stoompot is 10l) en laat opkook. Gooi nou 1 – 1½ koppie hawermout by. (meer hawermout kan bygevoeg word indien jy dit dikker wil hê. Die hawermout bind die sop en maak dit dikker dit sorg ook vir so lekker ekstra smaak aan die groente.
Laat stadig prut.
Neem nou 2 pakkies soppoeier . Dit kan verskillende soorte wees. Hoender saam met hoender. Ek hou daarvan om `n sampioenroomsop en 1 hoenderropsoppoeier te gebruik. Maak `n pasta met koue water en voeg dit by en laat verder prut.
Voeg nou sout en peper na smaak by. Voeg eers 1teelepel sout en 1 teelepel peper by totdat daar genoeg by is. ‘n Mens kan jou soms misgis met die hoeveelheid.
Voeg nou ook Worcestersous by. Ek gooi omtrent ‘n ¼ koppie by, maar meer of minder kan ook bygevoeg word.
Onthou om die sop gereeld te roer sodat dit nie aanbrand nie en voeg nog kookwater by sodat dit nie heeltemal te dik is nie. (Nog hawermout kan bygevoeg word indien jy dit dikker wil hê.
Bedien die sop warm. Dit lewer omtrent 30 kOppie sop.
Hierdie sop is hoog aan vesel en is geskik vir diabete ook
Ek sal ‘n foto neem as ek weer maak. Hierdie sop vries ook baie goed aangesien daar nie aartappels in is nie.
Resep: Francis Schoeman




HOENDER EN BROCCOLI SOP

HOENDER EN BROCCOLI SOP
30 ml olyfolie
600 g hoenderborsies sonder vel, in blokkies gesny
1 groot uie, gekap
15 ml knoffel
2 pakkies Ina Paarman Roasted chicken gravy
6 aartappels in blokkies gesny
1 kg broccoli
60 ml Ina Paarman Basil pasto
60 ml Ina Paarman Gedroogte tamatie pasto
30 ml droë pietersielie
125 ml room
1,75 liter kookwater
sout en peper na smaak

Verbruin die hoenderblokkies, voeg gekapte uie by en braai vir 5 – 7 minute, voeg knoffel by en braai vir 3 minute.
Voeg die 2 pakkies roasted chicken gravy, aartappelblokkies, broccoli, basil paste, gedroogte tamatie paste, pietersielie, water, sout en peper by.
Ek het die sop vir 20 minute in ‘n stoompot gekook.
Skep hoender en groente in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n puree. Plaas terug in die pot, meng dit met die water waarin dit gekook het.
Voeg die 125 ml room by en bedien met brood van eie keuse.
Foto en resep: Elna Erasmus




MA SE BOONTJIESOP IN DIE DRUKPOT


MA SE BOONTJIESOP IN DIE DRUKPOT
1 pakkie red speckled beans, oornag geweek in kook water
1 houertjie tamatie puree
sop bene
stowe vleis
vark spek
3 wortels
3 stingels seldery
2 uie
3 huisies knoffel
pietersielie
2 blokkies bees aftreksel
1 eetlepel elk van die volgende; koljander, tiemie, origanum, basil
1 teelepel elk van die volgende; komyn, sout, peper
3 naeltjies
3 lourierblare
Worcestersous en blatjang, na smaak
500 ml tuisgemaakte bone broth
pakkie tamatie bredie pakkie sous

Pak jou drukpot met uie, wortels, knoffel en seldery.
Pak dan jou bene, vleis en spek. Gooi jou speserye oor.
Plaas bone bo-op.
Gooi jou bone broth bo-oor.
Sit drukpot op hoog tot hele storie begin kook, sit dan op auto vir so 6 ure en daarna op low oornag.
Ek sit dit lank op, my keuse.
Haal bene uit, murg moet uit wees al.
Voeg dan jou pakkie tamatie bredie poeier by.
Bedien met tuisgemaakte vetkoek en kaas.

BONE BROTH RESEP:
sop bene
skenkels
stowevleis bene
sout en peper, na smaak
tiemie en pietersielie 1 teelepel van elk
3 lourierblare
3/4 koppie asyn
3 stingels seldery
3 wortels
3 knoffel huisies
2 uie

Week bene behalwe vleis bene in 1 liter water saam met asyn vir ‘n uur.
Braai jou gekerfde ui, seldery, knoffel en wortels in bietjie olyf olie in stoompot.
Gooi jou vleis bene by en geweekte bene saam met asyn water en res van die bestanddele in pot.
Kook vir 20 tot 22 uur op laag.
Resep: Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt




LENTIL SOUP WITH CHORIZO


LENTIL SOUP WITH CHORIZO
15 ml butter
250 g Chorizo, sliced
1 onion, chopped
2 carrots, chopped
1 stick celery, sliced
1 clove garlic, chopped
15 ml smoked paprika
1 bay leaf
500 g red lentils
1 Litre vegetable stock

Heat the butter in a pot and fry the chorizo until crispy. Remove and set aside.
Fry the onion, carrots, celery, garlic, smoked paprika and bay leaf together for 3 minutes.
Add the lentils and stock. Cover and simmer for 20 – 30 minutes or until lentils are tender. Pulse with a stick blender until smooth.
Season to taste.
Stir Chorizo through.
Serve with Parmesan crisps and basil leaves.
Parmesan Crisps:
Grate 100 g Parmesan cheese and place smooth mounds onto a lined baking tray. Bake until golden. Remove from oven to leave to crisp up.
Photo: Melissa Ann Vermeulen
Recipe posted by Melissa Ann Vermeulen




WORTELROOMSOP

WORTELROOMSOP
1 kg geelwortels, geskil en in skyfies gesny
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 groot ui, geskil en gekap
100 g botter / margarien
1 teelepel gedroogde tiemie
knippie rooipeper
1,5 L hoenderaftreksel (6 koppies)
sout
250 ml vars room

Braai ui in botter / margarien tot sag.
Voeg wortels, aartappels, tiemie en rooipeper by en braai 5 – 10 minute saam.
Voeg hoenderaftreksel by en pryt 25 minute met deksel op tot groente sag is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker.
Voeg sout na smaak by.
Roer die room by en bedien warm.
-Lewer 3 Liter (10 – 12 porsies)
Resep geplaas deur Trynie Pretorius
Foto:  Sarie Van Vuuren …ek love om maalvleis saam my sop te eet, Manlief hou niks daarvan, ek het myself so bietjie bederf, maalvleis apart gaar gemaak en saam my sop geëet.
Ek het nie deur blender gesit nie, het net masher gebruik, wortels en aartappels was lekker grof gewees.




RAFEL HOENDER- EN PASTASOP

RAFEL HOENDER- EN PASTASOP
1 eetlepel botter
½ pakkie sampioene
2 wortels, ringe gesny
4 klein aartappels, in ringe gesny
2 uie, fyngekap
2 seldery stokkies, gekap
1 prei, gekap
3 tamaties, blokkies gesny
1 liter hoenderaftreksel
roosmaryn, sout en pepper na smaak
2 hoenderborsies, gaar en geflok

Verhit botter in groot pot. Plaas uie, seldery en preie in die pot en braai stadig tot goudbruin.
Voeg tamaties, wortels, aartappels  en sampioene by en braai vir 10 minute.
Voeg hoender by en hoender aftreksel saam en voeg pasta by.
Bring tot kookpunt en kook vir 15 minute.
Voeg speserye tydens kook by na smaak.
Bedien met brood aan die kant.
Resep geplaas deur Martin van Vuuren
Foto: Martin van Vuuren




BUTTER CHICKEN SOUP

BUTTER CHICKEN SOUP
3 tablespoons butter
1 onion, diced
1 teaspoon crushed garlic
3 teaspoons garam masala
1 tablespoon fresh grated ginger
1 teaspoon  chilli flakes
1 teaspoon ground cumin
½ teaspoon paprika
1 can tomato purée
1 can coconut cream
2 cups chicken broth
2 chicken fillets – diced
Greek yoghurt and fresh coriander for garnish

In a large stockpot over medium-high heat, melt the butter.
Brown die the diced chicken, add the onion and cook for a minute before adding the garlic, garam masala, ginger, chili, cumin, and Paprika.
Continue to cook, scraping the bottom of the pan constantly.
After 3-4 minutes, add the tomato sauce while vigorously scraping the bottom of the pan to deglaze any stuck spices.
Cook for 3 minutes, then add the coconut cream and broth.
Bring to a simmer and cook for 40 minutes minutes.
Plate with a dollop of yogurt and finely chopped coriander.
Serve with bread of your choice.
Photo and Recipe: Annalize Hattingh




MAALVLEIS EN GROENTESOP MET ROLLETJIES

MAALVLEIS EN GROENTESOP MET ROLLETJIES
1 pak sopgroente, opgekap
400 g bees maalvleis
2 groot uie, opgekap
blikkie gekapte tamaties
klein houertjie tamatie puree
1 koppie sop-3-in-1 mengsel
omtrent 3 liter kookwater

Het begin deur vleis en uie te braai in olie voordat die ander groentes bygegooi en laaste die tamatie en puree. Gestoom tot gort gaar en toe eers sout na smaak bygegooi. Knippie gedroogde rissie vlokkies vir ekstra woema.

Bedien saam met “coney” broodrolletjies wat vertikaal gesny word en met knoffelbotter gesmeer en met gerasperde Cheddar kaas gevul word. Bak oop by 180°C vir 7 minute of tot warm en krakerig buite. Bedien dadelik saam met die sop.
Foto: Elsabie Templeton




ALTA SE BOTTERSKORSIE SOP

ALTA SE BOTTERSKORSIE SOP
1 liter hoender aftreksel
1 kg botterskorsies, geskil en opgesny
500 g patats geskil en opgesny
1 groot ui, opgesny
1 teelepel kerrie poeier

Kook alles saam tot sag en versap tot puree.
Voeg sout en peper na smaak by.
Druk 1 lemoen se sap uit en voeg by.
Room kan bygevoeg word as dit opgedien word
Foto: Alta Gunter Van Dyk
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk




CREAMY BUTTERNUT SOUP


CREAMY BUTTERNUT SOUP
1 kg butternut squash, peeled, seeded and cubed (about 6 cups)
3 medium potatoes (about 1 pound), peeled and cubed
1 large onion, diced
2 chicken bouillon cubes( or two sachets liquid stock)
1 stick celery diced
2 garlic cloves, sliced
3 slices fresh ginger
2 teaspoon curry powder(use a good mix)
5 cups water
cream and minced fresh chives, optional

In pressure cooker, combine first six ingredients; 20 minutes. I use my soup mode on pressure cooker. It’s auto – 25 min.
Puree soup using an stick blender, or blender.
If desired, serve with cream and chives and fresh rolls.
Freezers well, but don’t add cream if freezing.
Add when reheated. I double up makes 5 × 1 L for freezing.
Recipe and photo: Kevin Gordon Du Plessis