1

BILTONG SOP

BILTONG SOP
125 ml (1/2 koppie) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 teelepel gemaalde swartpeper
½ teelepel neutmuskaat
½ teelepel koljander
250 ml koekmeelblom
500 ml melk
1,5 liter kookwater
1 koppie gerasperde cheddar kaas
200 g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100 g bloukaas, gerasper of gekummel

Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.
Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!
Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.
Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm. Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor.




KAAS EN UIE SOP

tested

KAAS EN UIE SOP
Braai gesnyde uie soos waarvan jy dit hou (ek is mal oor groot stukke, baie bruin gebraai)
Rasper kaas (hoeveelhede en tipe kaas is jou keuse, ek gebruik ‘n mengsel van cheddar, feta en mozzerella)
Kook melk (vir my gesin, kook ek 2L)

Meng (vir 2 L melk) 1 koppie koekmeel met koue melk tot dit vloeibaar is en voeg dit by die kokende melk (roer vinnig dat dit nie aanbrand nie)
Sodra die meelmengsel gekook en dikkerig is, laat dit deur ‘n sif na n ander pot gaan om die stukkies te verwyder.
Meng 1 Eetlepel poeiermostert en 1 Eetlepel fyn knoffel. (mal oor knoffel, verminder as jy nie is nie) in die mengsel in, dan die gebraaide uie en laaste die gerasperde kaas.
Dien op met tamatie roosterbrood, perfek vir ‘n koue wintersaand.
Bron: Glenda Labuschagne




HEERLIKE BOONTJIESOP

2014-03-25-boontjiesop
HEERLIKE BOONTJIESOP

BESTANDDELE
500 g suikerbone
250 g sopvleis
200 g aartappels
200 g spek
200 g uie
200 g tamaties, ryp gepluk (nie ryp gedruk nie)
10 ml botter
10 ml sout
2 ml swartpeper
½ ml Cayenne peper
10 ml bruinasyn

METODE
Week die bone oornag in 2l water. Bring dit die volgende oggend tot kookpunt en laat vir ongeveer 2 ure kook, totdat die bone maklik fyngedruk kan word.
Indien nodig, kan meer water bygevoeg word.
(Die beste is om die bone in die oond by 120ºC gaar te maak ipv te kook, omdat dit maklik kan aanbrand.)
Sny die vleis en aartappels in blokkies en meng daarby.
Smelt botter in ‘n pan en braai die spekblokkies liggies.
Voeg die uie daarby en braai tot ligbruin. Sny die tamaties in kleiner stukke, voeg by en kook kortliks.
Voeg nou al bogenoemde, saam met die kruie by die sop.
Kook dit goed en voeg nog kruie by indien nodig.
Bedien met vars bruinbrood.
Kan goed vries.
Vir die wat dalk nie weet nie, spek = bacon

Foto:  Ansi Fourie Pypers Fourie




SCOTCH BROTH BARLEY SOUP

HEERLIKE OUTYDSE GORTSOPtested

SCOTCH BROTH BARLEY SOUP
Heerlike outydse gortsop, probeer gerus, dit raak sommer my stapelvoedsel in die winter!
Scotch Broth
(± 4 liters)
25 g butter
25 ml oil
750 g – 1 kg stewing lamb at room temperature (with bones, knuckle and neck also suitable)
3 onions, chopped (300 g)
4 medium carrots, chopped (200 g)
3 large cloves of garlic, crushed
2 potatoes, cubed (300 g)
200 g barley (gort)
130 g split peas
2 large bay leaves
20 ml Ina Paarman seasoned salt
10 ml Aromat
4 x tablespoons Ina Paarman beef stock powder
freshly ground black pepper
2 ml sugar
2 liters cold water (normal tap water)
1 liter boiling water

Melt butter and oil and fry meat until nicely brown on all sides. Remove the meat from the pot. Mix the stock powder with the seasoned salt, Aromat, pepper and sugar. Sprinkle this dry mixture over the meat and toss together.
Add the onions, carrots and garlic to the pot and fry gently (low heat) until soft and glazed (± 20 minutes).
Add the cubed potato to the vegetables and toss around well.
Wash the barley and peas in a sieve and shake out any water. Add to the pot together with the seasoned meat and toss everything together well.
Add the cold water and Bay leaves and bring to the boil. Lower heat and simmer gently, covered, for 1 hour. Stir well every now and then.
Add the liter of boiling water and stir well. Simmer for a further 1 to 1½ hours. Stir well every now and then and watch carefully at this stage that the soup does not burn at the bottom.
When the meat is very tender, remove it from the pot. Remove large bones and cut into smaller pieces, if necessary. Remove visible fat.
Replace the pure meat in the soup pot and reheat until boiling. Serve sprinkled with chopped parsley, fresh bread and butter.
Resep en 2 de foto : Louise Groenwald
Foto: Elna Erasmus
Ek het vanaand hierdie sop gemaak. Ek sal net die geurmiddels volgende keer verminder. Dit was vir my ‘n bietjie te veel souterig. Ek het so 10 murgbene bygevoeg, dit was nou baie lekker om dit so uit die bene te eet.




OUTYDSE GORTSOP

outydse gortsoptested
OUTYDSE GORTSOP
1 kg sopbene
500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny
1 groot uie, fyn gekap
2 x prei ringe gesny
5 wortels, gekap
1 groot of 2 medium aardappels blokkies gesny
6 selderystele, gesnipper
2 lourierblare
Handvol vars pietersielie, fyn gekap
4 liter water
Sout en peper na smaak
1 x 410 g blik gekapte tamaties
250 ml (1 koppie) gort
10 ml (2 teelepel) suiker

Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond Verhit die bene, vleis, uie, aardappel blokkies en die helfte prei, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ‘n bietjie sout en peper saam in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Bedek en prut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is.

Haal die bene, vleis en lourier blarre uit en sit dit appart. Vat n staaf blender en maal alles fyn, gooi nou vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ‘n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.)
NOTA: Ek het net n paar veranderingen gemaak….in plaats van so baie uie die helfde vervang met prei en 1 groot aartappel by gesit in die eerste kook fase…daarna het ek die vleis en lourier blarre uit gehaal en alles wat in die pot was met n ‘stick blender’ fyn gemaal toe die vleis en res van die groete in gegooi .
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

 




MARIE SE GROENTESOP

marie se groentesoptested
MARIE SE GROENTESOP
My man het gesê gooi al die vleis in en moenie so klein sny nie.
Ek kook my vleis, uie, peperkorrels, lourierblare en heel naeltjies tot kookpunt vir 30 min, voeg dan by:
3 gerasperde wortels
4 gerasperde aartappels
2 gerasperde rape
sop seldery
pietersielie
‘n pak 4 in 1 sopmengsel

Voeg dan klomp water in met 2 blokkies bees ekstrak en laat dit kook tot vleis en groente sag en gaar is.
Sout en peper voeg ek eers half uur voor klaar gekook is, by.

RESEP EN FOTO: Marie Dumas Jennings




FLORAINE SE AARTAPPELVULKAAN

tested

FLORAINE SE AARTAPPELVULKAAN
30 ml botter
500 ml meelblom
500 ml gerasperde chedderkaas
1 ml mosterd
50 ml meelblom
2 eiers geskei
5 ml sout
peper na smaak
broodkrummels
250 ml gerasperde kaas

Voer die boom en kante van gesmeerde bakskottel van 25 x 25 cm met kapokaartappels uit. Stel oond op 200ºC. Maak witsous van botter, meel en melk. Klits eiergele by witsous in, verwyder van stoof en roer kaas, mosterd, sout en peper by. Klits eierwitte styf en vou liggies in. Gooi oor kapokaartappels. Strooi 125 ml krummels gemeng met kaas bo-oor en bak vir 25 tot 30 min. Skep met ‘n roomysskoppie lepelsvol in warm sop, garneer met dille of pietersielie. Ek gebruik hierdie vulkaanballe al jare in my sop as ek wil beindruk, glo my dit proe en lyk uit die boeke!
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter




ERTJIESOP IN DIE STOOMPOT

tested

ERTJIESOP IN DIE STOOMPOT
Genoeg vir 10 of 12 mense.
1 kg bees kookvleis
1 pakkie split-ertjies
3 uie
6 groterige aartappels
15 ml asyn
biefblokkie of hoederblokkie
Aromat, sout en peper

Stoom die vleis in die stoompot vir 20 min. Voeg genoeg water,sout en die asyn by. Solank die vleis gaar raak,skil die aartappels en uie. Rasper dit met die growwe kant van die rasper.

As die vleis klaar gaar is, verwyder die stoompot van die plaat en laat die stoom afblaas.
Voeg die aartappels en uie by.
Spoel die ertjies af en gooi dit bo-op in die stoompot.
Voeg die geurmiddels by en genoeg water.
Ons stoompot hou 11 liter. As alles in is, moet die stoompot bokant half wees met water.
Stoom vir nog 20 min. Laat die vleis onderin die pot lê sodat die ertjies nie so maklik kan brand as dit onder lê nie.
Verwyder en proe of daar nie dalk bietjie sout kort nie.
Pasop om nie die stoompot te vol te maak nie. Gee die pot kans om self van die stoom ontslae te raak, aangesien sop geneig is om bo te wil uitspuit as die gewiggie afgehaal word terwyl die pot onder druk is. Eet met vars brood en botter. As daar sop oorbly,stol dit as dit koud word en kan daar bietjie water bygevoeg word wanneer dit weer warm gemaak word.
Resep geplaas deur Dawie Vd Heever
Foto: Dawie Vd Heever