1

SUIKERMIELIE EN SPEKVLEIS SOP


SUIKERMIELIE EN SPEKVLEIS SOP
250 g spekvleis repe, in blokkies
1 blikkie geroomde suikermielies
450 ml melk
1 ui, gekerf
1 pakkie wituiesoppoeier
30 ml pietersielie, gekap

Braai spek en ui tot bros en hou eenkant.
Meng die soppoeier met die melk en klits dat alle klonte uit is en plaas in die kastrol waarin jy die spek gebraai het, voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt.
Voeg spekmengsel by. Kook net tot deur warm, toets vir sout en peper en pas aan indien nodig. Bedien met gebraaide broodblokkies.
Geur met sout en peper.

Foto: Benhet Nieuwenhuis




WORS, BOONTJIES EN PASTA SOP


WORS, BOONTJIES EN PASTA SOP
2 eetlepels olie
500 g varkwors met die omhulsels verwyder (of wors van jou keuse)
100 g ontbytspek (bacon) stukkies
1 ½ koppies gekapte uie
1 koppie wortels in stukkies gesny
1 eetlepel fyngemaakte knoffel
1 teelepel gedroogde basiliekruid
1 teelepel gedroogde roosmaryn
¼ teelepel rissievlokkies of ‘n teelepel cayenpeper (na smaak)
5 koppies hoenderaftreksel
5 tamaties fyngekap in die voedselverwerker
1 blik Four bean mix, boontjies (400 g)
1 koppie pasta skulpies
sout en peper na smaak

Verhit die olie in ‘n groot kastrol en verbruin die wors daarin vir ongeveer 5 minute. Breek dit met die lepel op in growwe stukke. Voeg die uie, spek, wortels, knoffel, kruie en rissievlokkies by en soteer vir ongeveer 10 minute. Voeg die aftreksel, die tamaties met hul sap en die boontjies by, bring tot kookpunt en prut vir ongeveer 20 minute met die deksel op tot die groente sag is. Voeg die pasta by en prut verder vir ongeveer 15 minute tot die pasta sag is. Geur met sout en peper. Strooi ‘n bietjie gerasperde kaas oor wanneer jy opdien. Parmasankaas is ‘n goeie opsie, maar gewone Cheddar is ook goed.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




RIANCA SE BROCCOLI EN HOENDER SOP


RIANCA SE BROCCOLI EN HOENDER SOP
Ek’t vanaand my eie broccoli en hoender sop gemaak.
2 klein uie gebraai.
2 klein aartappels baie fyn gesny by gevoeg en ook gebraai.
1 hoender borsies klein blokkies gesny, met BBQ gesprinkel en saam met die groente gebraai.
10 ml meel bygevoeg en deur geroer.
1 kop broccoli opgesny en bygevoeg, saam met 1 litter hoenderaftreksel en gekook tot gaar.
Genoeg vir 4 mense.
Foto en Resep: ‎Rianca Kruis‎




MAKLIKE AARTAPPELSOP

MAKLIKE AARTAPPELSOP
5 groot aartappels
1 ui
1 hoenderaftreksel blokkie
1 teelepel sout
knippie peper
250 g spek
room ( opsioneel)

Sny aartappels en ui in blokkies en plaas in kastrol. Voeg genoeg kookwater by tot aartappels bedek is, sit aftreksel blokkie by.
Kook tot aartappels sag is.
Braai intussen die spek tot bros.
Druk aartappels fyn en geur met sout en peper.
Meng van die spekblokkies deur. Hou ‘n bietjie spek om vir bo-oor te bedien as garnering.
Nota:  Indien verkies kan jy die sop verdun deur bietjie room deur te roer
HEERLIK!!!
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Benhet Nieuwenhuis




CHICKEN CORN SOUP WITH CONEY ROLLS


CHICKEN CORN SOUP WITH CONEY ROLLS
Chicken Corn Soup and home baked Coney Rolls are the perfect warm me up winter meal.

Chicken Corn Soup
500 g of cubed chicken fillet
3 Tablspoons of butter
1/2 teaspoon salt
1 tablespoon crushed garlic
1 packet Knorr White Onion Soup mix
850 ml of water
1 can of creamstyle sweetcorn
250ml of fresh cream

Cook chicken fillet with the butter, salt and garlic until well done.
Add 850 ml water to the White Onion Soup mix and stir until smooth. Therafter add to the chicken and bring to a boil stirring continuously.
Once boiled reduce heat and add creamstyle sweetcorn and fresh cream to the soup and simmer for about 5 minutes.
Garnish with chopped coriander.

Home baked Coney Rolls
1 sachet yeast
2 and 1/4 cups of lukewarm water
1/4 cup of sugar
2 Tablespoons of oil
1 tsp of salt
5 and 1/2 cups of flour

Mix the yeast and water in a large mixing bowl, add a pinch of sugar and let it rest for 5 minutes.
Thereafter add the oil, sugar and 4 cups of the flour.
Knead into a soft dough, add the rest of the flour a little at the time until dough is nice and rollable. (You may not need all the flour)
Leave to rise in an oiled bowl for 2 hours.
Roll into a large pizza shape and cut into 16 slices. Roll up each slice from the large end to the slim middle.
Bake at 180 degrees C for 30 minutes.
Spread melted butter on top as soon as it’s baked.
RECIPE AND PHOTO:  Yasmeen Ibrahim
2 nd photo: Hanlie Sanders

 




BOONTJIESOP MET MURGBENE, RISSIE EN TAMATIE


BOONTJIESOP MET MURGBENE, RISSIE EN TAMATIE
Boontjiesop met beenmurg, rissie vlokkies & tamatie… lekker warm vir koue aand! En natuurlik van daai lekker gerookte varknek vleis stukkies in.

500 g rooi gespikkelde boontjies in drukpot gestoom vir 1 uur in 6 koppies water.
Wanneer klaar, spoel af en gooi die boontjies in prutpot (ek het dit in die gemmerbier water waarin gerookte varknek gaargemaak is gegooi). Ek kon nie daai geurige water weggooi!

Sit die volgende by in prutpot:
1 groot grof gerasperde of gekapte wortel
2 groot grof gerasperde of gekapte aartappels
1 groot grof gerasperde of gekapte ui
Groot knippie gedroogde rissie vlokkies

Sit pot op Hoog vir 3 ure.

Intussen stoom oopgesnyde murgbene in bietjie water in stoompot vir so 20 minute en haal die bene uit en sit murg in die water. Met stick blender maak die murg in die water fyn en gooi dit alles in die prutpot saam met die boontjies en so half koppie tamatie puree of tamatiesous. Moet in die begin nie te veel water bygooi. Jy kan later nadat jy die boontjies stukkend gedruk of fyn gemaak het ekstra vloeistof bygooi in die vorm van vleis ekstrak.

Wanneer die groente sag en gaar is druk stick blender in die prutpot en maak so fyn soos verlang. Sit nou eers sout by (ek het 2 sakkies vloeistof bees ekstrak bygesit en gerookte paprika na smaak). Ek het 1 en half koppies fyn opgesnyde varknek vleis bygesit net voor opdiening.
Bedien met suurroom en krakerige brood.
Foto en resep:  Elsabie Templeton




ANNA’S VEGETABLE SOUP


ANNA’S VEGETABLE SOUP
1 kg carrots
1 kg green beans
half each green, yellow, red pepper
4 each leeks and celery
2 tins of tomato and herbs soup
5 onions
1 packet of white onion soup powder
salt and black pepper to taste 

Grate onions and carrots, put in the slow cooker, cut green beans, peppers, leeks, celery and mix with carrots,  boil until soft. Add enough water, mash the veggies to your liking.
Add the 2 tins of tomato herbs, mix white onion soup with little bit of water and add to the soup.
Salt and black pepper to taste, stir until dissolved.
Cook for about 10 min. until everything is hot and the soup had thickened.
Serve…
Photo and recipe:  Anna Mtshweni




ALTA SE BOONTJIESOP


ALTA SE BOONTJIESOP
Ek maak groot hoeveelheid vir vrieskas.
4 pakkies boontjies, oornag geweek in water
Volgende dag, spoel goed af.
Kook boontjies saam met beesskenkel en stukkie varkskenkel,  jou water moet jou vleis en boontjies toe maak, kook tot amper sag.
Rasper 6 wortels en  6 aartappels, gebruik 4 pakkie mutton en veggie Knorr soppoeier en daarmee meng jy ‘n kwart koppie Worchestersous en 2 koppies water, voeg by sop.
Voeg sout, peper en aromat by volgens smaak.
Nota:
Wat ek ook doen, ek skep so helfte van boontjies uit kastrol en druk dit fyn, gooi weer terug in kastrol, dit verdik ook jou sop.
Resep: Alta Gunter Van Dyk
Foto:  Ellie Diederiks Botha




FRANCIS SE LEKKER GROENTESOP


FRANCIS SE LEKKER GROENTESOP
VLEIS: As jy hoender gebruik: 1 heel hoender of ± 4 – 6 hoenderborsies. OF 1 kg stowevleis of 500 tot 600 maalvleis.
Stowe vleis sag en ontbeen, sny in kleiner stukkies en hou eenkant. As jy maalvleis gebruik is dit nie nodig nie.
GROENTE:
1 kg wortels
1½ kg tamaties
250 g sampioene
1 pakkie (ongeveer 250g) babymarrows (murgpampoentjies)
1 groot pak seldery
Was alles baie goed en sny in stukke. Plaas in stoompot saam met 2 blokke “stock” (as jy hoender gebruik dan voeg jy hoender “stock” by) in 2 k kookwater opgelos by en laat dit sag kook in stoompot.
As sag skep uit in voedselverwerker. Doen dit in sarsies en gooi elke keer koue water by en maak fyn, maar nie heeltemaal te fyn nie.

Gooi nou allles terug in stoompot (My stoompot is 10l) en laat opkook. Gooi nou 1 – 1½ koppie hawermout by. (meer hawermout kan bygevoeg word indien jy dit dikker wil hê. Die hawermout bind die sop en maak dit dikker dit sorg ook vir so lekker ekstra smaak aan die groente.
Laat stadig prut.
Neem nou 2 pakkies soppoeier . Dit kan verskillende soorte wees. Hoender saam met hoender. Ek hou daarvan om `n sampioenroomsop en 1 hoenderropsoppoeier te gebruik. Maak `n pasta met koue water en voeg dit by en laat verder prut.
Voeg nou sout en peper na smaak by. Voeg eers 1teelepel sout en 1 teelepel peper by totdat daar genoeg by is. ‘n Mens kan jou soms misgis met die hoeveelheid.
Voeg nou ook Worcestersous by. Ek gooi omtrent ‘n ¼ koppie by, maar meer of minder kan ook bygevoeg word.
Onthou om die sop gereeld te roer sodat dit nie aanbrand nie en voeg nog kookwater by sodat dit nie heeltemal te dik is nie. (Nog hawermout kan bygevoeg word indien jy dit dikker wil hê.
Bedien die sop warm. Dit lewer omtrent 30 kOppie sop.
Hierdie sop is hoog aan vesel en is geskik vir diabete ook
Ek sal ‘n foto neem as ek weer maak. Hierdie sop vries ook baie goed aangesien daar nie aartappels in is nie.
Resep: Francis Schoeman




HOENDER EN BROCCOLI SOP

HOENDER EN BROCCOLI SOP
30 ml olyfolie
600 g hoenderborsies sonder vel, in blokkies gesny
1 groot uie, gekap
15 ml knoffel
2 pakkies Ina Paarman Roasted chicken gravy
6 aartappels in blokkies gesny
1 kg broccoli
60 ml Ina Paarman Basil pasto
60 ml Ina Paarman Gedroogte tamatie pasto
30 ml droë pietersielie
125 ml room
1,75 liter kookwater
sout en peper na smaak

Verbruin die hoenderblokkies, voeg gekapte uie by en braai vir 5 – 7 minute, voeg knoffel by en braai vir 3 minute.
Voeg die 2 pakkies roasted chicken gravy, aartappelblokkies, broccoli, basil paste, gedroogte tamatie paste, pietersielie, water, sout en peper by.
Ek het die sop vir 20 minute in ‘n stoompot gekook.
Skep hoender en groente in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n puree. Plaas terug in die pot, meng dit met die water waarin dit gekook het.
Voeg die 125 ml room by en bedien met brood van eie keuse.
Foto en resep: Elna Erasmus