ROMERIGE SPINASIE EN SPEK SOP

spinasie en spek sop

ROMERIGE SPINASIE EN SPEK SOP
600 g spinasie, skoon gemaak
15 ml olie
250 g spek, gekap
1 ui, fyn gekap
45 ml koekmeel
500 ml Water
1 pakkie hoender sop
300 ml suur room
2 ml fyn nutmeg
2 ml gemengde kruie
sout en peper na smaak

Dompel spinasie in kookwater vir 1-2 min tot sag.
Spoel af onder koue water en drug al die orige water goed uit.
Verhit olie en braai spek en uie tot sag.
Voeg meel by en meng tot pasta.
Roer soppoeier en water by, meng goed en verhit tot kookpunt.
Voeg die spinasie by die sopmengsel en prut vir 20 min.
Meng in ‘n voedselverwerker tot glad.
Sit mengsel terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele by.
Verhit en bedien saam met brood stokkies of soos in my geval heerlike vetkoekies.
BEDIEN SAAM MET:
Vinnige skep vetkoekies:
Meng 2 koppies bruismeel en 1 teelepel sout met 300 ml louwarm melk tot sagte deeg wat van lepel val. Verhit plat pan met vlak olie tot medium warm. Skep lepels vol in olie en bak op medium hitte tot goudbruin alkant en gaar. Dreineer olie op kombuispapier.
Resep en foto: Zelda Fouche




HOENDERSOP

CHICKEN SOUP

HOENDERSOP
1 klein hoender
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde droë kruie


1 ui, fyn gekap
1 eetlepel botter vir smoor
1 eetlepel olie vir smoor
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 wortel, fyn gesny
2 koppies grof gekapte seldery, stingels en blare
1 koppie botterskorsie, klein blokkies
vars pietersielie
roosmaryn, tiemie en lourierblare (min nie baie nie) omtrent 2 van elk in ‘n bondeltjie gebind
2 liter hoender aftreksel
250 ml wit wyn
knippie swart peper
Trek die vel van die hoender af, strooi sout en gemengde kruie oor (gebruik vel vir aftreksel).
Braai die hoender in die oond vir 40 minute by 180°C.
Sny die vleis van die karkas af (gebruik die karkas vir aftreksel). Gee omtrent 2 ½ – 3 koppies vleis.
Smoor die ui en knoffel in die botter en olie. Voeg wortel en skorsie by en roerbraai.
In ‘n groot kastrol:
2 liter warm hoenderaftreksel
hoendervleis blokkies/stukkies
groentemengsel en bossie vars kruie, swart peper
Bring tot kook punt, verlaag hitte en gooi wit wyn by.
Laat prut vir ongeveer 1 uur.
Gooi bossie kruie weg voor opdiening.
Vir hoenderroomsop voeg ‘n koppie room aan die einde by.
KORTPAD:
Braai ontvelde hoenderborsies stukkies tot gaar saam met gemengde kruie (soos vir roerbraai).
Gebruik blokkies hoenderaftreksel bv. Knorr, maak 2 liter soos aanwysings, as jy verkies om nie eie aftreksel te kook nie.
Aartappel kan ook bygevoeg word, sny in klein blokkies en kook saam in kastrol.
Oorspronklike resep uit My Vriendin se Keur Resepte: (was te koop by ‘n markstalletjie)
RENE TRUTER WESSELS



VINNIGE MOSSELSOP

mosselsoptested

VINNIGE MOSSELSOP
1 pak hoenderroomsop
2 koppies melk
1 koppie water
1 blikkie mossels fyn gemaak.
Het myne met ‘n vurk in die blikkie fyn gemaak.

Plaas al die bestanddele in kastrol roer goed en kook deur.
Bedien soos verkies.
Resep: Sylvia Carstens
Foto: Charmaine Amery Kirsten




BROKKOLI / BLOMKOOL / BUTTERNUT / SPINASIESOP

tested
BROKKOLI / BLOMKOOL / BUTTERNUT / SPINASIESOP

Dit is amper weer winter en tyd vir sop voor die kaggelvuur. Probeer hierdie basiese resep en gebruik dit om 4 verskillende soppe te maak.
(4 porsies)

Puree:
1 kg brokkolie, blomkool, butternut of spinasie(gekap)
4 aartappels,geskil en grof gekap
2 medium uie, geskil en grof gekap
1.2 liter hoenderaftreksel(gebruik 3 blokkies aftreksel)
Witsous:
200 ml margarien of botter
250 ml meel
750 ml melk
500 ml hoenderekstrak (2-3 blokkies aftreksel)

neutmuskaat
sout
grofgemaalde peper na smaak (‘n moet)
gemengde kruie
knoffel (werk by butternut)
250 ml room (of melk)
Kook groente in aftreksel tot sag en gaar. Maak seker dat die water(ekstrak) nie wegkook nie. Moet souserig wees.(sit deksel op-anders verdamp vloeistof)
Verpulp tot baie glad saam met vloeistof waarin dit gekook het.
Smelt botter in skoon kastrol en voeg meel by.Voeg melk en hoenderekstrak bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend. ‘n Whisk werk goed.Kook tot gaar en verdik.
Voeg groentepuree by en geur. Die smaak van neutmuskaat werk goed saam met al hierdie soppe.
Voeg room by.
WENKE/IDEES:
Soms proe dit nog nie geurig genoeg nie en daar is daar heel moontlik te min sout in. Sout laat al die geure in ‘n gereg bymekaar kom. Moet egter nie sout byvoeg voor jy nie geproe het nie, want die hoenderekstrak is alreeds sout.
Bedien die brokkolie en blomkoolsop met bietjie gekrummelde feta/bloukaas en geroosterde amandelvlokkies as jy gaste wil beïndruk.
Vir ‘n bietjie van ‘n byt by die butternutsop, kan jy ‘n knippie kerriepoeier/cayenne peper byvoeg.
Pulp kan gevries word, maar die witsous vries nie goed nie.
As jou mense op ‘n dieet is of as jy dit goedkoper wil maak vir bv. jou selgroep, kan die room verminder word.
Die neutmuskaat gee ‘n heerlike geur aan die sop.
Jy kan klaar butternutblokkies by die meeste plekke koop,as jy tyd wil spaar.
Gebruik bulgaarse joghurt as jy individuele porsies wil garneer-dit werk beter as room bo-op sop,want dit is dikker.
Resep: Hannalie Kitshoff
Foto:  Martie Fourie Moolman




LOUISE SE BOONTJIESOP

boontjie sop wanda
LOUISE SE BOONTJIESOP
Ek moes net… dit reën kliphard en die windjie is soos ys… sneeu op die berge.
Groot soppot
1 pakkie suikerboontjies (laslappie)
1 pakkie klein wit boontjies
sopvleis (shin, stewing beef met vet verwyder, ens.)
2 uie of 1 bossie leeks
1 – 2 bossies wortels, gerasper (of die soort wat in repies gesny is, kap dit net fyner)
1 blikkie tamatiepasta
1 pakkie soppoeier (enige vleis geur)
Aromat
wit peper

Plaas die boontjies in twee aparte bakke en bedek met water. Doen dit reeds die vorige aand. Vervang die water voor jy gaan slaap, week die boontjies oornag. Spoel die boontjies die volgende dag af en plaas die boontjies, vleis en uie of leeks in die drukkoker.
Bedek met 1,7 liter kookwater.
Laat stoom opkom en kook vir 20 minute.
Verwyder van plaat en laat stoom afloop.

Voeg die drukkoker se inhoud in ‘n groot soppot. Voeg res van bestanddele by plus 1 Liter kookwater. Bring tot kookpunt en prut dan baie stadig vir 1 – 2 ure. Roer gereeld.

Resep:  Louise Groenwald
Proe en voeg nog sout by. Sop van hierdie hoeveelheid sal ten minste 10 – 15 ml sout nodig hê. Die rou groente absorbeer heelwat sout.

Foto:  Wanda Botha




LINDIE SE BOONTJIESOP

lindie se boontjiesop

LINDIE SE BOONTJIESOP
Lindie se resep, sy sallie omgee as ek dit met jou deel nie. Dis smaak tog te lekke;

1 pak boontjies
Geskikte skaapvleis vir sop
1 blokkie beef geurmiddel
Kook in slowcooker vir 6 ure op hoog.
Verbruin pak spek stukkies en 1 ui.
Voeg by die boontjies en vleis.
Voeg 4 gerasperde wortels en blik tamaties en origanum by.
Kook vir nog 1 tot 2 ure
Resep en foto: Claudette Solomons Opperman



ERTJIESOP MET KLUITJIES

ERTJIESOP MET KLUITJIES
Kyk ek maar nie ‘n sop mens nie maar, die verkoue het my en moes toe sop maak. So dis hoe ek my sop maak.
Ek vat 1 pakkie splitpeas en kook dit tot naby sag is, dan rasper ek ‘n pakkie wortels, 3 medium aartapels, 2 medium uie, 3 tamaties en 3 knoffelhuisies saam en voeg by pot soma nog baie water ook. Kyk ek spoel nie nog daai splitpeas af nie want die krag is in daai water.

As jy sopbene het sit dit in maar ek het so n lekker vleisie opgesny en in gesit. So bietjie vetjies aan ne.
Nou vir die geur sout, swartpeper, allspice, naeltjies, en ook suiker vir smaak en om die suur van tamatie te vervang.Ja bietjie kerrie maar ek verkies om pepercorn fyn te kap en in te sit. Die sop kook so 3 ure onhou om die water aan te vul ok.
My kinders hou van pap aartapels in hul sop, beter bekend as kluitjies.
Ek vat so 2 koppies koekmeel, 1 teelepel suiker, 2 teelepels bakpoeier, sout na smaak en fyn gekapte peperkorrels, meng goed deur en voeg net genoeg water by om ‘n slap deeg te maak.
Terwyl sop prut lig deksel en plaas lepels vol deeg orals in pot. Sit deksel terug en laat dit ‘n halfuur prut voor jy enigsins die deksel lig of die sop roer.
Dit maak ‘n heerlike dik sop, dikte hang af van jou. Ek voeg ook ‘n pakkie Knorr dik groentesoppoeier in my pot net vir extra geur.
Geniet hoop my bydra kon ook help.
Resep: Washielah Adams



LORRAINE SE BOONTJIESOP

sop_ntested
LORRAINE SE BOONTJIESOP

1 pakkie (500 g) suikerboontjies
3 liter kookwater
500 g beesskenkelvleis met bene
500 g skaapskenkels of stowevleis
1 groot ui
1 blokkie bief-ekstrak
1 blikkie tamatiepasta
25 ml Bisto
10 ml Worcestersous
sout en peper

Week bone oornag. Gebruik 2 liter water en kook tot sag. Voeg vleis, bief-ekstrak by en voeg res van water (1 liter) by en kook verder tot vleis en bone baie sag is. Meng tamatiepasta, bruinsouspoeier, Worcestersous, sout en peper by en kook vir 10 minute.

Foto en resep:  Lorraine Weitz Brand




SEEKOS SOP IN ELEKTRIESE STOOMPOT

seekos sop in stoompot

SEEKOS SOP IN ELEKTRIESE STOOMPOT
Ek nie resep gehad nie – ek het net uie gebraai in die pot – greenpepper bygegooi en toe mushrooms – als fyn ge”chop” knoffel – tamatie – toe gooi ek klein blikkie tamatiepasta by en bietjie suiker – braai als lekker saam

– toe gooi ek my prawns by en 2 koppies chicken stock en so 5 crabsticks – bietjie sout – vars gemaalde swartpeper en “rooi peper” toe laat stoom ek dit vir 10 min en toe roer ek bietjie vars room in – die crabsticks het soos spagetti gelyk toe dit klaar is – die tamatie was ook fyngekerf
MARIETJIE NEL



CURRIED BROCCOLI SOUP

CURRIED BROCCOLI SOUP

Jy kan die kerriepoeier uitlaat en bietjie Cheddar of Bloukaas byroer reg aan die einde nadat dit ge-liquidize is.
(serves 4)
30 g butter
1 large onion, chopped (200g)
5 ml mild curry powder
1 large potato, cut into very small dice (200 g)
450 g broccoli, washed
50 0ml water
2 tablespoons Ina Paarman Chicken Stock Powder
5 ml Aromat
375 ml milk OR 250 ml milk and 125 ml cream
freshly ground white pepperMelt the butter and fry the onion very gently until soft and transparent, but totally uncoloured. This should take 10 – 15 minutes.
Add the curry powder and fry over low heat for a few minutes.
Add the potato and toss around for a minute or two.
Add the water, stock and Aromat. Bring to the boil. Add the broccoli, placing the stems in the liquid with the florets on top. Cover and simmer for 8 – 10 minutes.
Test the broccoli. If it is not tender, then simmer for another minute or two. Do not overcook the broccoli or both the taste and colour of the soup would be spoilt.
Remove from heat and liquidise. Add pepper, milk and/or cream. Reheat gently and serve immediately.
Notes:
1) This soup is great to serve as a starter when having a dinner party. Serve with crusty white bread.
2) Garnish with a swirl of cream or yoghurt, sprinkled with bright green chopped parsley or chives.

Geplaas deur Louise Groenewald