WINTER HOENDERSOP

wintersoptested
WINTER HOENDERSOP
2 hoenderborsies aan die been, vel en vet verwyder
15 ml (1 eetlepel) olyf- of avokado-olie
2 uie, gekap
2 seldery stingels met die blare, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
2 middelslag-patats, geskil en in blokkies gesny of grof gerasper
15 ml (1 eetlepel) gedroogde origanum
30 ml (2 eetlepels) gedroogde gemengde kruie
1 liter (4 koppies) water
250 ml (1 koppie) lae-vet melk
250 ml (1 koppie) bevrore heel pitmielies, ontdooi
1 x 410 g-blik geroomde mielies
10 ml (2 teelepels) Dijon mosterd
suurlemoensap en swartpeper na smaak
45 ml (3 eetlepels) vars gekapte Italiaanse pietersielie, salie en origanum (’n mengsel, of na smaak)
Sny hoenderborsies in die helfte met ’n skerp skêr.
Verhit olie in ’n groot kastrol en braai hoender tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai uie, seldery en knoffel in dieselfde kastrol tot goudbruin. Voeg patats by en braai vir ’n paar minute. Voeg gedroogde kruie, water en hoender by en verlaag die hitte.
Bedek en prut 30 minute of tot die hoender gaar is. Skep hoender uit.
Verwyder die bene en sny hoender in kleiner stukkies. Druk die patats effens fyner, as jy wil.
Roer hoender, melk, mielies en mosterd by die sop en prut tot deurwarm.
Geur na smaak met suurlemoensap en pepper en roer vars kruie by – ’n heerlike winter-maaltyd.

Wenke
1. Rasper 3 murgpampoentjies en soteer met die patats.
FOTO: Adam Cloete




MURGPOEDING

tested

MURGPOEDING
1 koppie brood krummels
1 koppie melk
250 g murg
125 g rosyntjies of korente of 80 g van elk
suiker en gemaalde neutmuskaat na smaak

Kook die melk, giet die warm melk oor die broodkrummels en laat dit staan vir ½ uur.
Sny die murg in stukkies, klits die eiers en voeg by die krummels.
Voeg die res van die bestanddele by die broodkrummels.
Plaas dit dan in ‘n gebotterde vorm en kook vir 2½ ure of plaas dit in in ‘n tertbak wat uitgevoer is met puff pastry en bak vir 3 – 4 ure.
Voor die tert op die tafel geplaas word, strooi so bietjie strooisuiker en neutmuskaat oor.

MURG POEDING
Bestanddele 1:
1 eier
125 ml suiker
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
1 knippie sout
25 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml asyn
250 ml melk
Bestanddele 2:
250 ml suiker
125 ml kookwater
250 ml idealmelk (of vars melk)
60 ml margarien
5 ml vanilla

Voorverhit oond 180°C.
Bestanddele 1:
Klits eiers en suiker goed saam tot donsig.
Voeg meel, bakpoeier, koeksoda, sout, konfyt en asyn by en meng goed.
Roer melk by klits tot gladde deeg.
Gooi uit in gesmeerde oond bak, bak vir 45 min.
Bestanddele 2:
Verhit die bestanddele van 2 saam en giet oor poeding direk na dit uit die oond uit kom.
Sit voor met room of vla of roomys.
Resepte geplaas deur Linda Venter




SMOKE MUSSEL AND SWEETCORN SOUP WITH FLATBREAD

2014-04-01-smokemusselensweetcornsopmetflatbread

SMOKE MUSSEL AND SWEETCORN SOUP WITH FLATBREAD

I think you could easily swap the rosemary for other herbs, such as thyme or tarragon, or punch it up with black pepper or other spices, but personally, I like it just the way it is here.
1 ¾ cups unbleached all-purpose flour
1 tablespoon chopped rosemary
plus 2 (6-inch) sprigs
1 teaspoon baking powder
¾ teaspoon salt
½ cup water
80 ml olive oil plus more for brushing
Flaky sea salt such as Maldon

Preheat oven to 230ºC with a heavy baking sheet on rack in middle.Stir together flour, chopped rosemary, baking powder, and salt in a medium bowl. Make a well in center, then add water and oil and gradually stir into flour with a wooden spoon until a dough forms. Knead dough gently on a work surface 4 or 5 times.Divide dough into 3 pieces and roll out 1 piece (keep remaining pieces covered with plastic wrap) on a sheet of parchment paper into a 10-inch round (shape can be rustic; dough should be thin).Lightly brush top with additional oil and scatter small clusters of rosemary leaves on top, pressing in slightly. Sprinkle with sea salt. Slide round (still on parchment) onto preheated baking sheet and bake until pale golden and browned in spots, 8 to 10 minutes. Transfer flatbread (discard parchment) to a rack to cool, then make 2 more rounds (1 at a time) on fresh parchment (do not oil or salt until just before baking). Break into pieces

BRON- Marian van Deventer




AARTAPPEL SOP

 

aartappel sop benhettested

AARTAPPEL SOP

* 8 Aartappels in blokkies gesny
* 2 Uie fyngekap
* 500g spek (Bits o’ Bacon)
* 1liter melk
* 250ml Room
* 1 Eetlepel botter / margarien
* 2 Eetlepels knoffel
* Sout, Peper en Aromat
* Pietersielie

Kook Aartappels en Uie saam met sout en Peper in groot sop pot tot sag. Druk fyn (sonder om water af te gooi). Draai hitte van stoof af na n lae hitte. Voeg melk by tot die regte dikte van die sop (eie keuse). Voeg Aromat by na smaak. Braai die bacon in 1 eetlepel botter en 2 eetlepels knoffel. Voeg by die sop. Laat die sop weer begin prut en roer kort-kort. Bedien met n titseltjie room en vars pietersielie.

Resep:  Michelle Joubert
Foto:  Benhet Niewenhuis




WILMA SE SOUSBONE SOP

Boontjiesoptested
WILMA SE SOUSBONE SOP
2kg sousbone stokkies en ander gagas verwyder en oornag geweek
1kg shin beesvleis in blokkies gesny hou vleisies aan die bene
2groot uie opgekap
2groot aartappels in blokkies gesny
1 wortel gerasper
10ml rissiepitte
20ml braaispeserye
20ml sout
10 peperkorrels
15ml pietersielie
20ml Maizena
30ml Kookolie
Maak so…
Braai die vleis in die olie. Voeg die speserye, behalwe die Maizena, by en braai saam totdat die vleis lekker bruin is en die vleissappe met die speserye gemeng is…voeg nou die uie by en braai saammet die vleis tot deurskynend.. voeg die aartappels en gerasperde wortels by en vul die pot met 4lit water (ekt my stoompot gebruik opi stoofplaat).
Kook tot die vleis sag is en van die bene afval en die bone begin opbreek het.. so 3ure…verwyder nou die bene en haal die murg uit, skep die murg terug ini pot.
Maak die sop fyner met ‘n blitzer en indien nodig verdik met Maizena aangemaak in bietjie water…laat kook vinnig vir so 5min totdat die sop verdik het….
Bedien met lekker vas brood of rolletjies
Bron: Wilma Josey Venter



Aartappel en preie (leeks) sop

1012277_655699917829409_85423992_ntested

AARTAPPEL EN PREIE SOP
50 g of ‘n ¼ koppie botter
450 g preie (leeks), net die wit gedeeltes, dun skyfies gesny
3 groot uie, gekap
250 g aartappels, geskil en in stukke gesny
300 ml of 1 ¼ koppie dik room
‘n bietjie yswater en suurlemoensap, opsioneel
vars gesnipperde grasuie (chives) of pietersielie, om mee te garneer
Jy het ook nodig:
1 liter of 4 koppies ligte hoender ekstrak, ek gebruik sommer 2 blokkies hoender ekstrak
sout en peper na smaak

Smelt die botter in ‘n groot kastrol, voeg die uie en die preie daarby.
Bedek en kook liggies vir 15 tot 20 minute tot hulle sag maar nie bruin is nie.
Voeg die aartappel by ek kook onbedek verder vir ‘n paar minute.
Voeg die hoender aftreksel by asook die sout en peper na smaak.
Onthou die hoender aftreksel is klaar sout as jy die blokkies gebruik.
Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte.
Laat dit verder prut vir 15 tot 20 minute tot die aartappels sag is.

Laat dit afkoel en verwerk die sop in ‘n versapper (blender).
Giet dit in ‘n bak en roer die room daardeur.
Proe dit en pas die sout en peper aan, indien jy dink dis nodig.
Indien die tekstuur op hierdie stadium te dik, is voeg klein biejie yswater by totdat jy tevrede is met die dikte.
Plaas die sop in die yskas en laat afkoel tot dit lekker koud is.
Nou kan jy weer proe en as jy verkies, kan jy nou bietjie suurlemoensap byvoeg.
Sprinkel die gesnipperde grasuie of pietersielie oor net voor jy dit opdien.
Resep en foto:  Adam Cloete




GROENTESOP

 

2014-03-05-groentesop

GROENTESOP

Dit is groentesop: wortels, ui, broccoli, boontjies, babymarrows, sout, peper kook alles saam tot net gaar sit in versapper en versap gooi terug in die pot voeg n pakkie groente soppoeier by en prut ….en geniet

BRON- Cora Naude




VEGGIE SOUP ALA YOLANDA

tested
VEGGIE SOUP ALA YOLANDA

Onion fried with baby marrow and one whole small Bok Choi.
3 small potatoes diced,
3 large carrots diced,
3 leeks chopped,
2 tablespoons of vegetable salt/stock powder,
about 2 liters bottled water.
1 flat tablespoon of brown sugar.
Salt and black pepper to taste.
Cook for about 1/2 hour or till potatoes are soft.
Lightly blend with hand blender ( not purée): I like a little substance to my soup.
On the side fry a small pack of bacon, but don’t add to the soup.
Line your soup bowl with raw, washed spinach, add a ‘pinch’ of fried bacon and add your boiling soup over. (This will wilt the spinach).
Serve with a spoonful of sour cream.
Delicioso!!!

Recipe and Photo:  Yolanda Cook




GILLIAN SE MOSSELSSOP

 

2014-02-02-images(2)tested

GILLIAN SE MOSSELSOP

1 gekapte ui
1 pakkie wit uiesop
500 ml water
500 ml melk
Halwe pakkie gevriesde swart mossels grofgemaalde swartpeper
Halwe koppie gerasperde kaas
pietersielie
2 ml gerookte paprika

Braai ui in pan met bietjie olyfolie.
Maak sop aan volgens aanwysings op pakkie met melk en water.
Voeg gebraaide ui, mossels en peper by en prut 10 minute stadig.
Roer kaas, paprika en pietersielie by net voor bediening.
Ek maak hierdie resep dubbel aan vir 6-8 mense

Bron: Gillian Logan Bredenhanntested




WARM KOMKOMMER SOP

warm komkommersop peggy
tested

WARM KOMKOMMER SOP

1 groot komkommer
4 medium aartappels
3 draaie swartpepper
1 tot 2 hoender extrak blokkies
1 groot klont botter

Sny komkommer in helfde middeldeur, skraap pitte met teeleppel uit, sny in stukke. Skil aartappels en sny in blokke. Gooi genoeg water by om komkommer en aartappel net-net te bedek, voeg hoender blokkie en swartpepper by. Kook stadig tot sag. Maak fyn met stick blender. Baie lekker as voorgereg.
Resep en foto: Peggy Devine