BACON AND CELERY CREAM SOUP

2014-05-15-baconandcelerycreamsouptested

BACON AND CELERY CREAM SOUP
Foto:  Sharon Viljoen‎
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie vir ons vandag gemaak. Ek het die resep uit ‘n baie ou tydskrif gekry 1993 Woman’s Value ‘Food Fair’.
250 g rindless back bacon
15 ml butter or margarine
500 ml chopped table celery with leaves
100 ml chopped onion or spring onion
5 ml chicken stock powder
750 ml boiling water
30 ml cornflour
500 ml milk
30 ml chopped parsley
salt and freshly ground black pepper
grated nutmeg

Cut up the bacon finely and fry in butter or margarine until just cooked.
Add the celery and cook gently for 8 – 10 minutes.
Add the onion and cook 2 minutes more.
Add the stock powder and water and simmer gently for 15 minutes or until the celery is tender to taste.
Mix the cornflour with a little of the milk until smooth and sir into the soup with the rest of the milk.
Bring to boil and simmer a few minutes.
Stir in the parsley and season to taste with salt, pepper and nutmeg.
Serve piping hot with buttered toast or wholewheat bread. Serves 6-8.

 




HOENDER EN MIELIE SOP

tested

HOENDER EN MIELIE SOP
(Ek gebruik heel boudjies want my man wil sy vleisie sien)

Kook saam tot gaar:
6 hoender boudjies
1 liter hoender aftreksel
1 koppie gekapte seldery
1 gekapte ui
2 koppies gevriesde mielies
5 ml paprika
2 ml growwe swart peper

Wanneer gereed vir opdiening, roer by:
1 blik sweetcorn
150 ml Ideal Melk of room
1 sprinkel kaneel

Elizabeth Margaret Hendrikz




HOENDER EN ASPERSIE ROOMSOP

chicken asp soup

HOENDER EN ASPERSIE ROOMSOP

Jy benodig:
8-10 Hoender stukke (Borsies/dye/boudjies)
1 Choricco worsie (Opgesny in klein stukkies)
2 blikkies Aspersies
2 blikkies Sampioene (gekap)
1 Blikkie Coconut milk
1 250ml Vars room
2 Medium aartappels gerasper
2 Groot wortels gerasper
1 Groot ui gerasper
1 Bossie sprietuie gekap
1 Koppie “splitpeas”
½ Koppie gekapte Pietersielie
1 Pakkie eier noedels
Sout/pepper/speserye na smaak

So maak jy:
Stoomof kook eers die hoenderstukke gaar sodat dit van die bene afgehaal kan word.
Gebruik dieselfde aftreksel ok jou sop mee te begin en gooi die hoendervleis terug in die aftreksel.
Voeg die gekapte worsie by en prut vir ‘n wyle.
Voeg nou die res van al die bestanddele by behalwe die aspersies. Hou ook eers die room en Coconut milk vir laaste.
Kook die sop lekker deur vir so halfuur en voeg dan jou aspersies by, sommer met die sous waarin hulle is.
Voeg dat die room en melk by – jy kan dit verdik met soppoeier of mezina voor jy dit bygooi vir ‘n dukker tekstuur.
Kook vir nog so 10 minute en bedien met vars Portugese broodrolletjies.

Resep geplaas deur Pieter Scheepers




PIETER SE SNOEKSOP

snoeksop
PIETER SE SNOEKSOP
1 snoekkop
1 klein uitjie, fyngekap
¼ teelepel witpeper
3 liter water
1 koppie droëboontjies
1 koppie lensies
2 aartappels in blokkies gesny
1 porsie vars snoek, in blokkies gesny
1 teelepel vismasala
1 teelepel borrie
¼ teelepel droë rissie
1 eetlepel sout

Sit die snoekkop, ui en witpeper in ‘n kastrol en bedek met water.
Kook vir 1 uur lank, gooi die aftreksel deur ‘n sif en hou dit.
Week die bone vir drie uur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Week die lensies vir ‘n halfuur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Sit nou die boontjies en lensies in die kastrol by die visaftreksel.
Voeg die aartappels en snoek daarby.
Geur dit met die vismasala, borrie, rissie en sout en laat dit prut tot die aartappels en die snoek gaar is.

RESEP EN FOTO: Pieter Vercuiel




OUTYDSE GORTSOP

barley soup

OUTYDSE GORTSOP
Bron onbekend
FOOD LOVERS RECIPES
500 g sopvleis
300 g gort
1 ui, fyn gekap
1 geelwortel, fyn gekap
3 kruienaeltjies
sout en peper na smaak

Kook die vleis 45min lank.
Voeg die gort by en kook stadig sag.
Voeg dan die ui, geelwortel en naetjies by en geur met sout en peper.
Kook stadig verder totdat die groente lekker sag is.
Dien dadelik op.




TUNA SOP

tuna soup

TUNA SO

GROOT Treffer in ons huis – lekker en BAIE vinnig en goedkoop.

Hierdie is 1x aangemaak –
1 pakkie tamatie roomsoppoeier/
1 koppie warm water/
1 kop melk
sout en peper na smaak

klits saam in pot op stoof tot begin kook – oppas vir aanbrand. Gooi by 1 kop room (250ml) en 1 blikkie gesnipperde tuna – ek gooi sommer met water / olie in. Voila – lekker eet!!! Ons is ‘n gesin van 6 – ek maak dit 3 maal aan – want ALMAL wil nog he. As jy dit verdubbel – moet nie elke keer die room verdubbel nie – word te ryk – gebruik dan meer melk. Bv 3 x : 3 x sop/3x tuna/3xwater/3x melk/1 x room en nog 2 x melk – gebruik eie diskresie!!!!

Resep geplaas deur: Celia De Villiers Enslin




LEKKER ERTJIESOP

 

10247349_320769928072254_8334754553379321014_ntested

LEKKER ERTJIESOP

Ek gebruik nie vleisies nie, dit kook dan te lank hehehehehe ek maak so: dis 1 pakkie ertjies, 1 ui, 2 wortels gerasper, 1 aartappel, 1 telepel tamatie puree,1 teelepel kerrie, 2 teelepels knoffel, 2 blokkies hoender stock…….. week natuurlik die ertjies oornag…. volgende dag gooi ek als in die pot…..kook kook en sie daar…. dan sit ek bacon by , en koop enige worsie by woolies….sit saam dit……bedien met toast….dis heerlik heerlik heerlik….maar ek verdubbel als of nog meer….want ekt een lekker groot pot….. die soppie is maklik en die smaak is ongelooflik lekker

Marisa Olivier




ERTJIE SOP MET GEROOKTE VARKSKENKELS

ertjiesoptested

ERTJIE SOP MET GEROOKTE VARKSKENKELS
60 ml olyfolie
2 groot uie gekap
5 seldery stingels gekap
3 wortels grof gerasper
1-2 aartappels, grof gerasper
2 knoffelhuisies gekneus
500 g gerookte varkskenkels OF gerookte varknek
500 ml droe ertjies, afgespoel en geweek
3 Liter aftreksel
15 ml gemengde droe kruie
2 lourierblare
Sout en vars gemaalde swart peper
Vars suurlemoensap
Verhit die olyfolie in ‘n groot pot en braai die uie en seldery oor matige hitte tot sag. Voeg die oorblywende bestanddele by, behalwe die sout, peper en suurlemoensap. Bring tot kookpunt, plaas deksel op en laat prut vir 3-4 ure tot ertjies en vleis sag is. Haal vleisbene uit, sny vleis af en vlok. Skep terug en geur met sout, peper en suurlemoensap na smaak

Resep geplaas deur Rina Kleinhans – Bron onbekend




SPICY TAMATIE EN ROOI-LENSIESOP

SPICY TAMATIE EN ROOI-LENSIESOP

Hier is my bydrae vir die tamatieweek! Heerlik!!

1 eetlepel olyfolie
1 ui, baie fyn gekap
2 fyngekapte selderystokkies
1 gerasperde wortel
2 knoffelhuisies, gekap
1 teelepel komyn
1 teelepel koljander
½ teelepel kerriepoeier
½ teelepel borrie
½ teelepel neutmuskaat
1 lourierblaar
1 anys ster
400 gram fyngekapte tamaties
3 eetlepels tamatiepasta
4 koppies groenteaftreksel
1 koppie rooi lensies
½ koppie griekse jogurt
2 eetlepels gekapte koljander
Poppadums

Verhit die olyfolie en braai ui vir omtrent 5 minute.
Voeg knoffel, seldery en wortels by en braai nog 2 minute.
Voeg nou komyn, koljander, borrie, kerrie, neutmuskaat, lourierblaar en anys ster by.
Braai vir nog so 3 minute.
Voeg nou lensies, tamaties, aftreksel en tamatiepasta by roer tot kookpunt.
Roer gereeld en laat prut vir 20 tot 30 minute tot lensies en groente sag is.
Verwyder lourierblaar en anys ster.
Meng nou jogurt en koljander.
Maak poppadums gaar soos instruksies op die pakkie.

Bedien sop met jogurt mengsel en poppadums.
BRON- Louise Venter




VERKILDE TAMATIESOP MET LYNSAAD HAPPIES

 

2014-05-10-verkildetamatiesopmetlynsaadhappiestested

VERKILDE TAMATIESOP MET LYNSAAD HAPPIES

 Tamatiesop:
Verwerk die volgende bestanddele saam in die voedselverwerker vir ten minste 5 minute.
4 groot tamaties
1 medium ui
4 toontjies vars knoffel
3 eetlepels bulgaarse yoghurt
4 agurtjies
100ml van die vloeistof waarin die agurtjies ingele is
4 eetlepels suiker
8 swart peper korrels
15ml seesout
Bedien yskoud – heerlik saam met kouevleis, kaas en broodjies.

Lynsaad Happies
1 blikkie groenboontjies, gedreineer en fyner gedruk
100g lynsaad
100g amandels
100g kokosneutmeel
10ml bakpoeier
2 eiers
10ml sout
Genoeg water om ‘n stywe deeg te maak
Verwerk die lynsaad en amandels in die voedselverwerker tot baie fyn.
Meng die boontjies, lynsaad, amandels en kokosneutmeel
Voeg die eiers by
Voeg genoeg water by om ‘n stywe deeg te maak
BRON- Corne Liebenberg