AARTAPPEL SOP (wenner)

 

aartappel sop benhettested

Skil en sny 5 aartappels
1 medium ui gesny
1 pakkie spek
1 hoender blokkies
Room
Olie
Sout en peper na smaak
Braai ui en bacon! Voeg aartappels by en Bedek met water! Gooi hoender blokkie by. Kook tot gaar. Laat bietjie afkoel en maak fyn in voedselverwerker! Verhit tot deur warmer en geur met sout en peper!
Ek het soma veggie stock gebruik van tannie ina en Gebraaide bacon bo oor gesit met n skeppie room!!!

Foto Benhet Niewenhuis
Resep:  Rina Kleinhans




SAMPIOEN ROOMSOP

sampioensop louisetested

BESTANDDELE
2 pakkies vars sampioene – jy kan enige soort sampioene gebruik
1 medium ui, gekap
1 -2 huisies knoffel, fyngemaak
3 eetlepels botter
4 opgehoopte eetlepels Maizena
1 koppie (250ml) hoenderaftreksel
2 koppies (500ml) volroommelk
250ml room OF ingedampte mek (Ideal milk) OF 1 bakkie Creme fraiche
5ml Ina Paarman gegeurde sout (Seasoned Salt, blou doppie)
Knippie suiker
AANWYSINGS
1. Sny die sampioene in skyfies.
2. Smelt botter in ‘n groot genoeg pot. Voeg uie en knoffel by en braai oor medium hoë hitte tot uie sag is. Voeg dan die sampioene by en roerbraai tot net sag.
3. Verwyder van hitte en roer die Maizena by. Stel plaat se hitte af na laag.
4. Voeg die hoenderaftreksel, melk, gegeurde sout en knippie suiker by en roer deur. Plaas terug op plaat en verhit terwyl jy kort-kort roer en dit begin verdik.
5. Roer dan die room by. Indien die sop té dik is na jou smaak, voeg ‘n bietjie melk of hoenderaftreksel by. Indien jy dit dikker verkies, meng nog ‘n eetlepel Maizena met ‘n bietjie melk en voeg by, laat dit oor lae hitte verdik.
Nota:
1) Indien jy gladde sop verkies kan jy dit whiz met ‘n blender, maar doen dit dan voor jy die room byvoeg. Jy kan ook net die helfte whiz vir net ‘n effens chunky sop.
2) Indien jy nie Ina Paarman se gegeurde sout in die huis het nie sal die Polisie jou kom toesluit, want dis ‘n groot sonde en sommer plainweg onwettig om sonder dit kos te maak! Ha ha grappie…. maar regtig, jy mag nooit sonder hierdie wonderspesery wees nie, skaf dit gerus aan en sien hoe dit absoluut alles wat jy maak se geur 100x verbeter. As jy dit nie het nie gebruik sout, varsgemaalde swart peper en ‘n knippie neut in die plek daarvan. ‘n Knippie suiker verbeter altyd die geur van sampioene.
3) Garneer met gekapte pietersielie of vars tiemie, indien verkies.
4) Bedien saam met knoffel-kaas broodjies.
Foto en resep:  Louise Groenewald




ERTJIESOP MET EISBEIN

tested

ERTJIESOP MET EISBEIN
1 gerookte eisbein
1 pakkie gedroogde ertjies
2 medium wortels
1 groot ui
2 medium aartappels, in klein blokkies opgesny
2 vleisblokkies
1 groot knippie gedroogde rissie vlokkies, opsioneel
suurroom en warm ciabatta, vir opdiening

Kook die eisbein in die stoompot vir so 30-45 min (moet net toe wees onder kookwater, geen sout). Haal die eisbein uit, dik vel sal sommer maklik afval en haal been uit.  Sny vleis in klein stukkies en gooi terug in die pot met dieselfde water waarin dit gekook is.
Spoel die ertjies goed af en gooi by die water saam met die wortels, ui en aartappelblokkies.
Prut totdat die ertjies fyn is en gooi dan eers die vleisblokkies met water opgelos by.
Ek gooi altyd ‘n lekker groot knippie gedroogde rissie vlokkies by vir so bietjie zing.
Bedien die sop met suurroom en warm ciabatta skywe.
2 DE FOTO:  Vanaand was dit ‘n vinnige ertjiesop met gerookte kaaswors en creme fraiche. Resep is basies dieselfde afgesien van die eisbein. Snytjies gerookte kaaswors word heel laaste by sop gevoeg en dan word dit vir 15 min geprut.
Resep en foto: Elsabie Templeton




WAATLEMOEN-EN TAMATIE-GAZPACHO

waatlemoen gazpacho helenetested
WAATLEMOEN-EN TAMATIE-GAZPACHO
Hoeveelhede na smaak:
waatlemoen, geskil, in stukke gesny en pitte verwyder
tamaties, geskil en in stukkies gesny
knoffel en speserye
seesout
bietjie growwe swartpeper
25 – 30 ml sushi-asyn of bietjie suurlmoensap en gerasperde skil

Versap gelyke hoeveelhede waatlemoen en tamaties.
Geur na smaak ‘garlic and herb’ geurmiddel en met seesout en growwe swartpeper.
Voeg laastens die sushi-asyn by of bietjie suurlmoensap en gerasperde skil.
Roer en proe maar deurentyd om by jou smaak te pas. Mens moet maar baie proe met die maak van die resep!
Bedien baie koud!
Geniet terwyl die somer nog vir ons ‘n kansie gee.
Resep en foto: Helene Kluge




OUMA LETTIE SE BOONTJIESOP

Ouma Lettie se boontjiesoptested
OUMA LETTIE SE BOONTJIESOP

1kg lion beans, (boontjies)
half kg varkspek,
soveel beesvleis soos wat jy verkies,
1kg sopbene,
2 Groot uie geskil en fyn gesny,
500gr maccaroni,
2 blikke tamatie pasta,
sout en peper,
2 mutton vleis extrakblokkies,
Metode:
oornag boontjies in water. Volgende dag, gooi uie, boontjies, sout en peper saam ‘n blik tamatiepuri in stoompot, en kook boontjies sag, in my stoompot vat dit 40min tot sag, dan gooi ek dit in die grootpot op die stoof en voeg 3liter warmwater by, bring tot prut en draai hitte af na so 2 of 3. dan vat ek die sopbene, varkspek, beesvleis in stoompot en voeg so 2 koppies water en sout en peper by, kook vir 45min in stoompot. Intussen voeg die maccaroni by die boontjies saam met die 2de blik tamatie pasta, en die mutton extrakblokkies, roer kort kort sodat die maccaroni nie vasbrand nie, wanneer die vleis gaar en sag is, voeg als bymekaar, sit die plaat op 1 vir 30min, roer kort kort sodat dit nie vasbrand nie… indien die sop te dik is na jou smaak, kan jy nog water byvoeg om dit te verdun… partykeer druk ek die boontjies ‘n bietjie fyn, maar nie vandag nie.

Foto en resep deur Koos en Wilmien van der Merwe




POTATO LEEK AND BROCCOLI SOUP

potato leek souptested
POTATO LEEK AND BROCCOLI SOUP
1 leek chopped
I small head of broccoli
3 potatoes chopped
1 liter water
150 ml of milk
100 g grated cheese
Put the leek, broccoli, and potato with the water in a pot and boil.
Once the potatoes is cooked that means it is all cooked.
Blend and add the milk and cheese and salt and pepper to taste.
Blend again
Serve with toasted bread yum

Recipe and photo: Di Bo




ERWTENSOEP

erwe souptested

ERWTENSOEP
3 pakken spliterwten
2 winter penen
Knolselderij
2 aardappelen
1 prei
3-4 rookworsten
Knoest
Buikspek
Bouillonblokjes (kip)

Doe de spek en knoest in een grote soepen doe hier voor 5 liter bouillonblokjes bij, laat dit een paar uur pruttelen. Haal het vlees eruit. Was de spliterwten en doe ze in de pan breng aan de kook. Snij alle groenten en doe deze erbij. Goed roeren tegen het aanbranden. Als de erwten gaar zijn snij je het vlees klein. De rookworst ook klein en doe deze bij de soep e laat het nog even op staan. Ik hen kippenbouillon gebruik omdat wij dat lekkerder vinden.

Resep en foto: Annet Geelhoed

 




SOP VETVERBRANDINGS DIEET

SOP VETVERBRANDINGS DIEETtested

SOP VETVERBRANDINGS DIEET
Hierdie dieet is vir mense wat vinnig gewig moet verloor om hartoperasies te ondergaan. Jy kan hiermee aanhou so lank as wat jy wil. Dit is saamgestel om vet vinnig te verbrand en om die liggaam te detoks. Jy kan dalk die eerste twee dae hoofpyn kry.

RESEP
900 g tamaties
1 bossie seldery
1 groen soetrissie (green pepper)
2 blokkies oxo (of enige stock blokkies)
6 groot uie
1 kg wortels
1 pakkie dik wit uiesop
2 blikkies groenbone

METODE (Kook lekker gou in die stoompot)
Sny alles in klein blokkies. Jy kan die wortels grof rasper. Maak vol met genoeg water en kook tot sag. Voeg groenbone nou by, asook die uiesop en stock blokkies. Kook goed deur. Geur met sout, peper en pietersielie. Jy kan dit fyn maak of net so eet.
DAG 1: Eet net sop en enige vrug behalwe piesangs.
DAG 2: Eet net sop en groente. Geen ertjies, mielies of bone. Bederf jouself met ’n gebakte aartappel met botter!
DAG 3: Eet soveel sop, groente en vrugte as jy wil. GEEN AARTAPPELS.
DAG 4: Eet sop en piesangs (ten minste 3) en drink afgeroomde melk.
DAG 5: Eet (…raai wat…) SOP, biefstuk en tamaties. Jy mag 500 g steak en 6 tamaties eet.
DAG 6: Sop, groente en biefstuk/hoender/vis. Eet soveel as wat jy wil daarvan, maar GEEN AARTAPPELS nie.
DAG 7: Sop, bruinrys en groente, soveel as wat jy wil. Jy kan ook onversoete vrugtesap drink.
Jy kan slegs EEN van die biefstuk dae vervang met hoender of vis.

JY BEHOORT NOU 3-5KG LIGTER TE WEEG AS JY STRENG BY DIE DIEET GEHOU HET.
BAIE BELANGRIK:
Drink 6 – 8 glase water per dag.
Geen brood, alkohol of gaskoeldranke nie.
Hoe meer jy eet, hoe meer gewig sal jy verloor.
As jy honger is, eet sop. Die sop het geen kalorieë nie – hoe meer jy daarvan eet, hoe meer sal jy verloor.
Raadpleeg altyd jou dokter voordat jy met enige dieet of aanvullings begin.

RESEP INGESTUUR DEUR – Denise Frier
FOTO – Elize Venter

Tanya Agenbag- Soos ek die vorige comments gelees het, is hierdie nie die kool sop dieet nie

Denise Frier- Tanya dit lyk beslis soos dit…sommige mense sit nie die kool in omdat dit geneig is om hulle op te blaas….maar wat ek kon aflei en na die linker kantse bord met die bestanddele kyk is is dit beslis dit…as ek verkeerd is jammer

Elize Venter -Denise baie dankie dis die resep nou spaar jy my al die tik op my cel foon thanx hoor. Die kool sop is weighless se resep

Alta Vermooten -Ek het 500g vars boontjies gebruik ipv blikkies!




RENE SE HOENDERSOP

tested

RENE SE HOENDERSOP
1 klein hoender
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde droë kruie
1 ui, fyngekap
1 eetlepel botter vir smoor
1 eetlepel olie vir smoor
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 wortel, fyn gesny
2 koppies grof gekapte seldery stingels en blare
1 koppie botterskorsie klein blokkies
vars pietersielie
roosmaryn
tiemie
lourierblare, net ‘n paar
(omtrent 2 van elk in ‘n bondeltjie gebind)
2 liter hoenderaftreksel
250 ml wit wyn
knippie swartpeper

Trek die vel van die hoender af, strooi sout en gemengde kruie oor (gebruik vel vir aftreksel)
Braai die hoender in die oond vir 40 minute by 180°C. Sny die vleis van die karkas af (gebruik die karkas vir aftreksel). Gee omtrent 2 ½ – 3 koppies vleis. Smoor die ui en knoffel in die botter en olie. Voeg wortel en skorsie by en roerbraai. In ‘n groot kastrol, 2 liter warm hoenderaftreksel, hoendervleis blokkies/stukkies, groentemengsel en bossie vars kruie, swartpeper. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en gooi wit wyn by. Laat prut vir ongeveer 1 uur. Gooi bossie kruie weg voor opdiening. NOTA: Vir hoenderroomsop voeg ‘n koppie room aan die einde by.

KORTPAD
Braai ontvelde hoenderborsies stukkies tot gaar saam met gemengde kruie (soos vir roerbraai). Gebruik blokkies hoenderaftreksel (bv. Knorr), maak 2 liter soos aanwysings, as jy verkies om nie eie aftreksel te kook nie.
Aartappel kan ook bygevoeg word, sny in klein blokkies en kook saam in kastrol.
Resep: Rene Truter Wessels




CREAMY POTATO LEEK SOUP

2014-11-02-creamypotatoleeksoup

CREAMY POTATO LEEK SOUP

This classic combination of leeks, potato, and herbs is flavourful enough to be served warm or chilled. Serve it as a first course for a dinner party with roast chicken or on a picnic with a chicken salad sandwich.

Makes: 8 cups
2 tablespoons unsalted butter (1/4 stick)
2 cups finely chopped leeks (pale green and white parts only)
4 cups peeled, medium-dice russet potatoes (about 1 1/2 pounds)
1 tablespoon salt
1 teaspoon fresh thyme leaves (from 4 medium thyme sprigs)
2 cups low-sodium vegetable broth
3 cups water
1/3 cup heavy cream

Melt butter in a large saucepan over medium heat. When the foaming subsides, add leeks, season with freshly ground black pepper, and cook until leeks are softened, about 5 minutes.
Add potatoes, salt, and thyme and cook until fragrant, about 2 minutes. Increase heat to high, add vegetable broth and water and bring just to a boil. Reduce heat to low and simmer until potatoes are fork tender, about 10 minutes.
Blend soup in a blender in 2 batches until smooth. Return soup to the saucepan over medium heat, stir in cream, season with additional pepper as needed, and cook until heated through, about 3 minutes.

Post by Elize de Kock.