DIK GROENTESOP


DIK GROENTESOP
500 ml haricotbone
water
25 ml olie
2 uie of preie, gekap
3 wortels, gekap
3 selderystingels, met blare gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
625 ml kool, gerasper
150 ml groenbone, in stukkies gesny
3 biefekstrak blokkies
500 ml kookwater
4 middelslag tamaties, in blokkies
12.5 ml sout
2 ml peper
2 liter water (ongeveer)
Week die haricotbone oornag in water. Dreineer dit en bedek dit met 1 liter vars water. Kook die boontjies tot sag. Verpulp die bone of druk dit fyn. Verhit die olie en soteer die groente, behalwe die tamaties ongeveer 15 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer dit aanhoudend sodat dit nie aanbrand nie.
Los die biefekstrakblokkies op in die kookwater en voeg dit saam met die tamaties en geurmiddels by die groente. Voeg ook die bone by. Plaas die deksel op en laat prut ongeveer 30 minute lank. Vul die vloeistof aan as dit wegkook. Daar moet ongeveer 2 liter sop wees.
Nota: O – en ek het die 3 beef blokkies met 1 vegetable stock pod vervang. En ook nie ekstra sout bygesit nie..
Foto: Wayne Dugmore
Resep van eposvriende









