BOTTERSKORSIE SOP ALLA GISELA


BOTTERSKORSIE SOP ALLA GISELA
1 ui, in blokkies gesny
1 kg botterskorsie, in blokkies gesny (so 2 butternuts)
2 koppies hoenderaftreksel (2 blokkies)
Skil van 1 lemoen
Sap van 2 lemoene
3 eetlepels suurroom
Sout en peper na smaak
Braai die uie in ‘n bietjie olyf olie oor ‘n middelmatige hitte tot deurskynend – so 10 minute. Gooi die aftreksel, lemoensap, lemoenskil en butternut by. Bring tot kookpunt, sit die deksel op en stel die hitte af dat dit stadig prut vir 20 minute.
Gebruik ‘n stickblender en verfyn alles in die pot. Sit die suurroom by en roer deur. Voeg sout en peper na smaak by.
Verhit weer to dit net begin borrel en tel af van die stoof.
Ek het feta kaas oorgekrummel en met blokkies panini bedien.
NOTA: Ek het sommer biefblokkies gebruik vir die aftreksel. Ek het ook karrinmelk in plaas van suurroom gebruik.
Foto: en resep: Wayne Dugmore





