CHINESE BIEF MIAMI SOP


CHINESE BIEF MIAMI SOP
Foto: Maryke Vermeer Clingen
FOOD LOVERS RECIPES
5 liter beesvleis aftreksel
8 lekker groot stukke beef brisket, in stukke gesny
2 bossies groen uie
1 gewone ui
5 knoffelhuisies
4-6 ster anys
5 loerierblare
1 groot gemmer wortel, opgesny
3 – 4 eetlepels vissous
2 pakke egg noodles
sesame olie
5 ml bruin suiker
mielieblom (net genoeg vir sous dik maak)
250 ml soya sous
1 blokkie bees aftreksel
Chinese 5 spice speserye na smaak

Beesvleis aftreksel in lekker groot pot en voeg by die loerierblare, ster anys, 1 pakkie groen uie, gemmer en vis sous by.
Kook alles saam vir 2 ure. As jy sien die aftreksel word minder, gooi water by.
Na 2 ure sit die vleis saam in pot.
Sodra vleis amper sag is, skei die vleis van die aftreksel en skei die groente van die sop, gooi groente weg.
Skep olie bo-op aftreksel af.
Braai die ui, Chinese 5 spice en die knoffel saam met die stukke vleis in ‘n pan. Sodra dit mooi bruin is voeg die soya sous, bruin suiker, bief ekstrakblokkie en peper na smaak by die vleis. Laat prut tot sag genoeg. As dit droog braai, gooi genoeg water by vir vleis om sag te kook. Sodra vleis mooi sag is, gebruik ±10 ml mielieblom in ‘n pasta aangemaak met water om die sous waarin die vleis kook bietjie dik te maak.
In ander pot kook die noodles.
Skep gaar noodles in diep bord, vleis en dik sous bo op die noodles, skep jou sop waarin groente gekook het rondom die vleis en noodles.
Sny res van groen uie op en sit bo-op.
Gooi een teelepel sesame oil bo-oor.




HEERLIKE BOONTJIE EN LENSIE SOP


HEERLIKE BOONTJIE EN LENSIE SOP
Resep geplaas deur Yolande Bekker
Foto: Yolande Bekker
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie droë rooi boontjies
½ pakkie droë swart boontjies
1 blikkie kekerertjies (chick peas)
1 pakkie swart lensies
4 lekker vleis sopbene
2 blikkies gekapte tamatie
2 uie, gekap
4 seldery stingels en blare, gekap
bossie vars koljander, gekap, stingels en al
Steak en Tjop speserye, na smaak
½ teelepel fyn naeltjies
1 teelepel garahm masala, of na smaak
sout en peper na smaak
chillie na smaak, optioneel

Braai uie, seldery en sop bene in groot kastol (gegeur met speserye, sout en peper). Gooi dan half vol met water en prut tot vleis sag is.
Spoel boontjies af, gooi saam met chickpeas in drukkoker. Maak half vol water.
Kook ± 35 minute tot sag (moenie sout ingooi nie, maak die doppies hard). Skep uit, behou die water dis heerlik in die sop.
Spoel lensies af, bedek met water en drukkook vir 15 minute – nie pap nie.
Sny vleis fyn van bene af en meng alles saam in pot. Voeg blikkies tamatie en koljander in en prut vir paar minute.
Hoeveelheid water kan aangepas word afhangende van hoe dik jy van jou sop hou.




OONDGEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP


OONDGEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP
Foto: Louwtjie Beck
Oorspronklike resep deur Karin Klinck Pitout gewysig deur Louwtjie Beck
http://www.foodloversrecipes.com/2016/04/karin-se-butternutsop/
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het bietjie gewysig, aangesien ek die botterskorsie met die skil wou gebruik.
Ek het dit in skywe gesny, rojaal met olyfolie gedrapeer, kaneel, bietjie gemmer, paprika, asook peper gestrooi.
Bak in die oond vir 45 min op 160°C tot heerlik sag.
3 klein aartappels met skil en al sommer in mikrogolf vir 5 min gesit, lekker sag.
gerasperde klein ui
500 ml melk
700 ml water
sout
kerrie so sterk soos jy verkies
45 ml meel

Sit alles bymekaar en kook stadig  vir 15 min.
Blitzzz goed tot heerlik fyn met skil en al.
Verhit net weer en bedien.
Nota:  Daardie braai smaak, is ongelooflik lekker.
Dus beveel ek dit aan.




KOTIE SE GROENTESOP


KOTIE SE GROENTESOP
Resep en foto: Flipkotie Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
Ek vandag groente sop gekook.
12 wortels
12 aartappels
3 uie
3 rape
1 pakkie gras uie
1 pakkie seldery
1 patat
1.5 pakkie spinasie
1 houertjie Ina Paarman groente stok poeier
2 blokkies Knorr oxtail
peper
1.5 kg chuck kook vleis

Sny alle groente en vleis op in blokkies, behalwe 2 wortels en aartapels.
Braai vleis in stoompot liggies, meng dan helfte van Ina Paarman houer met water en gooi dit by vleis.
Maak 1 blokkie Knorr aan met 500 ml water en gooi ook by vleis. Kook vleis in stoompot tot amper sag.
Sit die groente by vleis behalwe 2 heel aartappels, wortel en spinasie.
Kook tot jou keuse van hoe sag groente moet wees.
Dan as groente sag is, rasper die aartappels en wortels in en gooi die spinasie saam in.
Meng nou res van Ina Paarman poeier wat oor is met bietjie water saam met laaste blokkie Knorr en gooi dit ook nou in die pot.
Stoom dit vir 5 min.




HEERLIK GESONDE HOENDER EN GROENTESOP


HEERLIK GESONDE HOENDER EN GROENTESOP
Resep geplaas deur Francis Schoeman
Foto: Francis Schoeman
FOOD LOVERS RECIPES
6 hoenderborsies of een heel hoender en
2 hoenderekstrakblokkies, sag gestoom in stoompot
1 kg wortels
1 kg tamaties
1 bos seldery
500 g sampioene
1 pakkie murgpampoentjies (baby marrows)
1 ½ koppie hawermout
1 pakkie sampioen roomsoppoeier
1 pakkie tamatieroom soppoeier (ander sop kan ook gebruik word, ek hou daarvan om 2 pakkies sampioensoppoeier te gebruik)
Worcestersous
sout en witpeper

Skep hoendervleis uit vloeistof en hou eenkant.
Was groente goed en sny slegte plekke af. Sny nou in hompe en gooi in stoompot by hoender vloeistof. Stoom tot sag. Sny hoenderborsies in fyn stukkies. Indien ‘n heel hoender gebruik is ontbeen en sny in stukkies. As groente sag is, maak dit effens fyner in voedselverwerker (maak maar fyn na smaak).
Gooi nou hoender en groente terug in kastrol met vloeistof. Gooi nog water by en laat saam kook.
Sodra dit kook voeg die hawermout en soppoeier by en roer goed sodat dit nie klonte maak nie. Laat deurkook op matige hitte en roer gereeld dat dit nie aanbrand nie totdat hawermout gaar is.
Gooi sout en peper en Worcestersous na smaak by. Onthou dat die hoenderekstrak en soppoeier alreeds sout in het.
Laat goed deurkook totdat dit goed gemeng is.
Heerlik. Gewoonlik as daar ‘n sop en broodjie geleentheid.
is die pot sop eerste leeg.
Ek het ‘n 10 liter stoompot. Die sop maak ‘n groot kastrol sop. Hou dit in gedagte, vleis kan ook gebruik word, maar dan moet die hoenderekstrak met beesvleisekstrak vervang word.
Ek het al maalvleis gebruik wat ek bygegooi het nadat die groente fyner gemaak is.




ELIZE SE HOENDER ROOMSOP


ELIZE SE HOENDER ROOMSOP
Resep en foto: Elize Viljoen
FOOD LOVERS RECIPES
3 groterige hoenderfilette, in stukkies gesny
1 pakkie gesnipperde sampioene
1 groot gekapte ui
(Ek koop sommer McCain se gevriesde gesnipperde ui en gebruik ‘n koppie vol)
gemengde groente (McCain se ertjies, wortels en mielies – Dit het geen groenbone in – ek hou nie van groenbone in sop)
3 medium aartappels, geskil en in dun skywe gesny
1 pakkie cream of chicken soppoeier
1 blokkie hoender bouillon
sowat 15 ml Worcestersous
sowat 15 ml olyfolie
vars room
sout en swartpeper na smaak

Braai uie, sampioene en hoender in bietjie olyfolie net tot ligbruin. Voeg bietjie sout en gemaalde swartpeper by. Pasop vir te veel sout. Die soppoeier en hoender bouillon bevat ook sout.
Meng soppoeier, hoender bouillon, worcestersous in sowat 300 ml kookwater. Die soppoeier en
hoender bouillon moet heeltemal opgelos wees.
Voeg dit in die pan by die hoender, uie en sampioene. Laat prut vir sowat 5 minute. Gooi in ‘n kastrol met gemengde groente (soveel jy verkies) en bedek met water. Voeg aartappel by. Proe maar of nog sout en peper kort
Kook tot alles sag is en die sop redelik dik is. Mash alles fyn en voeg room by.
Ek het sowat 150 ml room gebruik. Meng en voila.




SWARTMOSSELSOP


SWARTMOSSELSOP
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
50 vars swart mossels gewas, baard verwyder en laat ‘n rukkie in suurlemoen water lê
1 groot ui, gekerf en gebraai
‘n paar grasuie stingels, opgesny
1 teelepel knoffel, fyn gekap
in 1 eetlepel botter en 1 eetlepel olyf olie, net deurskynend nie bruin nie
Voeg by:
1 koppie wit wyn en 2 koppies water, kook goed deur dat alkohol verminder
Voeg by ¼ neutmuskaat en ‘n knippe fyn naeltjies
Voeg mossels by kook dit vir paar min.
Voeg 1 koppie room by en kook deur, voeg nou handvol gekapte pietersielie by.
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak by.

Bedien met vars brood en lekker botter, of bruggeta broodtjie.
As jy dit bietjie dikker wil hê om op rys te bedien, maak ‘n dikker wit sous, en roer by jou mossels.




RIETTE SE GROENTE SOP


RIETTE SE GROENTE SOP
Resep:  Riette Perold
FOOD LOVERS RECIPES
Ek ook nou sop opgesit.
3 aartappels, opgesny
2 rape, gesny
3 wortels, opgesny
500 g pakkie pampoenblokkies
1 groot patat, opgesny
1 groot “beef chuck”
2 blokkies beef ekstrak
1 ui, gekap
1 pakkie soppoeier van jou keuse
1 blikkie tamatiepuree
1 pakkie gesplete erte (split peas)
100 ml Worcestersous
2 teelepels sout
3 seldery en seldery takkies en blare pietersielie

Kom uit Spar se sopppakkie.
Kook 3 en half ure saam, ek het ‘n vogue amper waterless pot wat minder water vat, kook op die stoof.
Dan vries ek dik sop en gooi water by soos ek gebruik en opwarm.
Jy kan bietjie macaroni ook bygooi.




SLOW COOKER BEAN SOUP


SLOW COOKER BEAN SOUP
Photo: Tracy Vohra
FOOD LOVERS RECIPES
2 cups of beans, soaked overnight
soup meat, to taste
1 carrot, grated
1 potato, grated
1 onion, grated
1 pottle beef stock

Added all the ingredients in the slow cooker.
Cover with water.
Cook on high for 8 hours.




SLAKKEPOT ERTJIESOP


SLAKKEPOT ERTJIESOP
Resep en foto: Chantélle En Ben Saayman
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gesplete ertjies (split peas)
2,5 liter water
sopvleis (shin), 2 stukkies
3 teelepels sout
2 ml swart peper
1 teelepel gedroogte pietersielie
3 wortels
2 aartappels
2 uie
4-in-1 sopmengsel

Kook tot gaar. Gooi water by tot verlangde dikte, dit is baie dik, sout en peper na smaak.
Nota: As ek dit in die stoompot sit is dit binne 1 uur reg sonder dat ertjies geweek was. Ek het dit in die slakkepot gesit gisteraand, ertjies ook nie geweek nie, seker so 2 ure op hoog en toe op laag tot net na 5 vanoggend. Toe was alles sag.