WILMA SE VINNIGE ERTJIESOP

wilma se ertjiesoptested
WILMA SE VINNIGE ERTJIESOP
Resep en foto:  Wilma Batt
FOOD LOVERS RECIPES
Sommer self uitgedink en dis heerlik
1 groot ui opgekap
2 gerookte varknek steaks in klein blokkies
2 knoffelhuisies
1 knorr hoender stock pot
1 knorr groente stock pot
1 pak split peas wat geweek is
1.7 liter kookwater
Peper
Ina Paarman se garlic and herb….ongeveer 1 teelepel

Braai uie knoffel en vleisies in bietjie olie in stoompot. Sit aftreksel(stock pot) in net so sonder water. Voeg nou kruie by. Roer lekker deur en voeg water en ertjies by. Kook onder druk in stoompot vir 20 minute.
Geniet🍲

 




MAKLIKE BILTONG- OF MOSSELSOP

maklike mosselsoptested
MAKLIKE BILTONG- OF MOSSELSOP
Hier is n maklike mosselsopresep waar jy die mossels net met biltong vervang.

Ek maak sommer uit my kop.
500 ml dun gesnyde biltong of 2 blikke mossels, olie afgegooi,
1 pakkie sampioensoppoeier
500 ml room
bietjie knoffel
1 liter melk
Meng sop, room en melk en bring tot kookpunt.
Sit biltong of mossels en knoffel by.
Voeg nog melk by as te dik lyk.
Kan bietjie swartpeper ook by voeg.
Eet saam met Franse brood.
Foto is die mosselsop. En pannekoek vir nagereg.

Resep en foto: Cornelia Marais Myburgh




ADA SE BROCCOLI, BLOMKOOL EN BLOUKAAS SOP

broccoli en bloikaas soptested
ADA SE BROCCOLI, BLOMKOOL EN BLOUKAAS SOP
Vandag se voorgereg was Broccoli, blomkool en bloukaas sop. Dit is tannie Ada Scheenloop se resep wat ek gemaak het. Sy het dit vir ons een Sondag gemaak en toe maak ek dit vandag. Is ongelooflik lekker en maklik om te maak. Julle moet dit probeer😆
Bestanddele:
1 groot kop blomkool
1 groot kop broccoli
1 groot ui, fyn gekap
1 teelepel fyn knoffel
1 400ml blikkie klappermelk
1 blokkie hoender aftreksel opgelos in n koppie kookwater
1/2 teelepel neutmuskaat
1 teelepel fyngemaalde gemengde peper of swartpeper
‘n knippie sout na smaak
2 100g sterk of medium bloukaas
Metode:
Sny die blomkool en broccoli in kleinerige stukke op en gooi in ‘n pot. Voeg die opgesnyde ui daarby asook die opgelosde hoenderaftreksel. Voeg die knoffel, neutmukaat en peper by. Voeg dan die hele blikkie klappermelk by en roer deur. Kook als op ‘n medium hitte tot die blomkool en broccoli heeltemal sag is. Stamp die broccoli en blomkool fyn met ‘n stamper en breek een van die 100g bloukase in die mengsel en roer deur tot ingesmelt. Voeg dan nog sout en peper by na smaak.
Plaas die sop in ‘n bak en sit dit in die yskas. As dit vir ‘n dag staan, ontwikkel dis geure nog beter.
Met opdiening kan die sop in ‘n voedsel verwerker fyn gemaak word om ‘n meer gladde sop te verkry en dan op ‘n lae hitte verhit word. (Indien die sop te dik is, kan dit verdun word met nog klappermelk.) Verkrummel die ander 100g bloukaas en sprinkel dit en bietjie peper oor die sop net voor dat dit geeet gaan word.

GEPLAAS DEUR EN FOTO VAN : Reon Conradie




BOONTJIESOP MET ‘N VERSKIL

boontjiesop leonoretested

BOONTJIESOP MET ‘N VERSKIL
Resep was gekry aanlyn. Mariette Crafford het hom geplaas
6 x 1.5cm skywe gerookte varkvleis of kassler chops in 2 cm blokke gesny
1 bossie baba-uie, gekap
6 knoffelhuisies, fyngedruk
Sonneblom olie
250 g baba wortels og 6 middelslag geelwortels in brokke opgesny
1 x 400g blik gekapte tamaties, of 3 groot vars tamaties gekap
3 verskillende soorte geblikte boontjies (of 250ml elk botter bone en nierbone oornag geweek en gekook tot gaar maar ferm)
1 blik boontjies in tamatiesous
375ml vrugtige wotwyn soos chenin blanc
50ml vars orego
Gemaalde sout en peper
Verbruin vleis oor matige hitte, sny af van die been en sny in 2cm blokke
Soteer ui vir n paar minute
Voeg res vd bestanddele by en laat prut tot die sop lekker dik is en geure goed gemeng het.
Ek het myne gemaak in die slowcooker.

GEPLAAS  EN FOTO DEUR: Leonore Bosman
BRON:  Mariette Crafford




LAM EN KORINGSOP

lamsop

LAM EN KORINGSOP
1 lam rib
2 koppies koring
1 liter water en nog water later
sout en swart peper
3 bakkies chicken stock pot gel blokkies
3 eetlepels nando’s garlic peri peri sous
Vars koljander blare om mee op te dien

Ek het die koring goed gespoel en toe in my slowcooker gesit met die vleis, sout en kookwater.
Kook tot jou vleis sag is en van die been af val.
Haal die vleis uit in ‘n bord, haal al die bene uit en sny die vleis fyn en sit dan terug saam met die koring wat nou lekker dik geswel is.
Voeg nog water by tot jou pot so 3/4 vol is en sit die Chicken stock pot gel blokkies in. Meng alles goed deur en laat kook tot ‘n lekker dik sop.
Gooi laaste jou Nando’s Garlic Peri Peri sous en swartpeper by
Geen verdikkings middel nodig nie – die koring maak dit ‘n heerlike dik sop. Jy kan water bysit tot die sop die dikte is wat jy verlang. Dit totale tydsduur van die sop was ongeveer 3 ure.
Ek het vars koljander blare fyngekap en saam met die sop bedien. Heerlik!
Geniet saam met ‘n vars melkbrood
Bron: Petra Nel




MARYKE SE BOTTERSKORSIESOP

maryke se botterskorsie soptested

MARYKE SE BOTTERSKORSIESOP
Lekker vinnige en maklike butternut sop met franse broodjie en lekker dik plaas botter. 🙂
Resep:
800g gaar botterskorsies fyn gemaak (butternut)
1x Pakkie Oxtail with vegetables sop
125ml Room
Maak die sop poeier aan met 500ml water.
Voeg saam met die butternut in ‘n pot en laat deur kook tot die sop gaar is. Roer room by. Gebruik stok menger om die sop lekker fyn te kry.

RESEP EN FOTO:  Maryke Jonck




JOHANNA SE ERTJIESOP

johan se ertjiesopertjiesop johan 2tested
JOHANNA SE ERTJIESOP
500 g gesplete ertjies
1 kg beessopvleis
3 liter water
1 medium gekerfde ui
1 gerasperde aartappel
sout en peper

Laat week die gesplete ertjies vir ‘n halfdag in water.
Kook die beessopvleis in die 3 liter water tot sag.
Voeg die ertjies by die vleis.
Voeg daarna die ui en gerasperde aartappel by.
Sout en peper na smaak en kook tot sop room tekstuur het.
Voeg nog water by indien nodig.
En dit is nou regte ertjie sop.
Resep en foto:  Johan Coetzee




NELLA SE BUTTERNUT SOP-SOUP

NELLA SE BUTTERNUT SOP-SOUPtested
NELLA SE BUTTERNUT SOP-SOUP
1,5k butternut
1/5 k room
1 ui
1t veggie mix
2 hoender blokkies
Water
Sout en pepper

Voeg als in pot en kook vir so 30 min tot sag
Gooi in jou blitser met die halwe koppie room
Rasper bietjie neut by en geniet
Dis hoe ek dit maak hoop julle geniet dit net so baie

BRON – Sonelle Muller




MARLENE SE GROENTESOP

13344511_10208629949242362_6950196279786866779_ntested
MARLENE SE GROENTESOP
8 stukke bees shin
2 uie
1 bos sellery
3 groot rape
3 groot aartappels
2 tamaties
5 groot wortels
1 koppie pietersielie
2 leeks
Spagetti
1 blokkie beef stock
1 pakkie thick veg soup

Braai shin bietjie bruin en sit sout en peper by.
Voeg 1 beef stock blokkie opgelos is water en voeg by.
Sodra dit kook vul pot met 1 lt water en kook vleis sag.
Intussen berei groente: rasper wortels rape,uie sny leeks en sellery in stukkies.
Kap pietersielie fyn en laaste die aartappels.
Die tamaties se skil moet af wees, so lê dit in warm water.
As vleis sag is, voeg al die bewerkte groente by en kook weer tot sag.
Laastens die spagetti voeg net nog kook water by.
Sit jou speserye in na smaak en dan die pakkie thick veg soup, sit op lae hitte.
Roer goed jy kan water byvoeg as jy voel dit te dik.
En siedaar as pasta sag is is sop reg.
Ons was drie wat vanaand geëet het en ek het in groot stoompot gemaak.
Het weer ‘n ketel water gekook en bygevoeg, vir nog so 5 min gekook, afgesit en môre skep ek in sakkies en vries.

Bron: Marlene Minderon




TAMATIE EN PESTO SOP

tested

TAMATIE EN PESTO SOP
Ek het geblikte tamaties (catering size) gebruik. As jy in seison baie vars tamaties het, gebruik dit.
3 kg blik geskilde tamaties
4 groot uie – fyn gesny
4 groot wortels – geskil en gerasper
1 hele seldery – sonder blare, sny in skyfies
Garlic – na jou smaak
Lourierblare – 5 vars of 2 gedroog
250 ml tamatie puree
125 ml bruin suiker (na smaak, toets en voeg meer by indien nodig)
Sout + peper
1 – 1.5 liter hoender stock (ek het tuisgemaakte stock gebruik)
250 ml gekapte vars pietersielie
125 ml pesto (of meer na smaak)
Roerbraai uie, wortels en seldery vir so 10 minute, voeg gekapte garlic by, moenie toelaat dat dit verbruin nie.
Voeg tamaties, stock, lourierblare en ander kruie, tamatie puree en suiker by. Prut 15 min. Verwyder lourierblare, verwerk met stick blender tot glad, of druk met aartappel drukker fyn. Voeg pesto by en balanseer smaak met sout en suiker soos verlang.
Dien op met blerts room en skeppie pesto.
Bron: (verwerking van Tamasin Day-Lewis se resep in Tamasin’s Kitchen Bible)

PESTO
100 G basil blare
100 g gerasperde Parmesan of Grande Padano kaas (NIE die gepoeierde saagsels wat veronderstel is om Parmesan te wees nie)
1 garlic huisie, geskil
50 – 100 ml macadamia neute (of pine nuts as jy ryk is – selfde resultate)
50 ml olyf/grapeseed olie
Ekstra olie

Gooi alles saam in voedsel verwerker en blits tot verlangde tekstuur.
Gooi in klein plastiek houertjies en gooi genoeg olie oor om te seël (anders word dit swart). Vries. Ek gebruik 100 ml houertjies – dis hoeveel ek normaalweg op ‘n slag gebruik. Hou 1 week in yskas.

Die resep is net ‘n aanduiding. Proe en pas die bestandele aan na jou smaak. Dit is ook baie lekker om te meng met pasta (meng met bietjie van die water waarin die pasta gekook is voor dit met pasta gemeng word) of in slaaisous.

Ek maak pesto wanneer ek baie basil het. Anders koop jy Ina Paarman s’n en kry klaar
Foto: Petro Borchard