CHRISTELLE SE LEKKER BOERESOP

CHRISTELLE SE LEKKER BOERESOP

Mens leer mos maar sop maak by jou ma of ouma en dan pas jy dit aan- hier volg hy- sommer boeresop-
1 pak winkel groente vir sop-
kerf seldery, uie en pietersielie fyn-
rasper wortels en rape-
braai uie in bietjie olie,
seel die vleis daarna in die olie-
voeg nou 3lt water daarby asook die res van die groente met een koppie 4 in 1 gedroogte sopmengsel- (die met gort in)
krummel 2 beesekstrak blokkies in sop, asook vars gemaalde peper.
Laat prut in stoompot vir n uur – maak pot oop, haal vleis uit en vurk dit mooi fyn sodat almal n happie kry.
Voeg nou klein blikkie tamatiepuree by asook een pakkie wit/bruin uiesoppoeier aangemaak met klein bietjie water. Plaas terug op stoof en laat kook vir nog n halfuur- heerlik saam met vetkoek of n broodjie. Geniet!

Hierdie sop vries baie goed en is heerlik wanneer mens dit weer gebruik

Bron en Foto: Christelle Grobler




HOENDERNOEDELSOP

HOENDERNOEDELSOP
Hoendernoedelsop soos my kinders daarvan hou:
2 hoenderborsies (sonder vel of been) in blokkies gesny
1 ui gekap in klein blokkies
4 wortels geskil en in dun ringe gesny
3 middelslag aartappels geskil en in blokkies gesny
150g pasta (van jou keuse, ek het elbow macaroni gebruik)
250 g bevrore pitmielies
2 eetlepels botter
4 hoender stock blokkies of 2 knorrox chicken stockpot en 1 chicken stock blokkie
Om en by 3L kookwater
Smelt botter in pot en en roer ui, hoender, wortel en aartappels deur tot die hoender geseël is.
Voèg stock blokkies by en roer.
Voeg water by en kook tot amper gaar, so 15-20min.
Voeg noedels by en mielies ook. Kook vir 7min of tot noedels gaar is.
Ek voeg knoffel ook by as ek die hoender braai, so ñ opgehoopte lepel omdat ons van knoffel hou.
Ek skep dan op en strooi sout en peper na smaak by en ook Ina Paarman se chilli & garli spice na smaak by my sop. Ek het vanaand vars rissies en knoffel ook in my sop in gesny en dit was heerlik.
Die lekkerte van die sop is dit is baie vinnig om te maak en baie aanpasbaar na smaak. Ek het al bacon ook gesny en gebraai saam met die ui voor ek die hoender byvoeg. Mens kan letterlik enigiets byvoeg of uitlaat.
Dit was my vriendin Johanna se resep wat ek aangepas het soos my gesin daarvan hou.
FOTO EN RESEP: Elizabeth Frylinck Claassens




HILDA SE TUNA SOP

HILDA SE TUNA SOP
1 blik tamatiesop
1 blik ertjiesop
1 blik melk
1 blik tuna (ek verkies tuna in olie, gooi olie af)
Meng, kook deur,  alles kom sommer bymekaar as jy dit goed deurroer voor jy kook. Jy kan smaak middel by gooi as wil maar dit is nie eers nodig want die soppe is mos gegeur. As jy dit vir voorgereg voorsit sal ek bietjie room en pietersielie oorsit. Ek het die resep al honderde keer gedeel, maklik en gou. Ek hou nie van die water tuna nie, asof dit vir my ‘n bliksmaak aan sop gee, maar almal se smaak is mos maar verskillend.  Dit is heerlik!

RESEP:  Hilda Fischer




FRANCES SE BOTTERSKORSIE SOP IN PRUTPOT

FRANCES SE BOTTERSKORSIE SOP IN PRUTPOT
750 g botterskorsie, in blokkies gesny
1 groot ui, fyn gekerf
300 g wortels, ringe gesny
500 g aartappels, blokkies gesny
25 g selery stingel en blare stukkies
1 hoender sousblokkies
1 pakkie Ina Paarman “vegetable stock” concentrate
1 teelepel kerrie
½ teelepel neutmuskaat
1 teelepel fyn knoffel
½ teelepel komyn
1 teelepel pietersielie
1 eetlepel gedroogte gemengde skil
sout en peper na smaak
± 1 liter water

Braai uie tot deursigtig en sit in prutpot.
Los hoendersousblokkies op in bietjie warm water en voeg sakkie groente sousblokkies by.
Vul water verder op tot 1 liter.
Voeg dan al die ander bestanddele in prutpot asook nog water indien nodig.
Sit prutpot op hoog vir so 6 ure.
Wanneer gaar, maak fyn met versapper.
Dien op met room en pietersielie.
Resep en foto: Frances Smith




SPINACH SOUP

SPINACH SOUP
The dish looks extremely spring-like and decorative. Maybe it sounds trivial, but you should remember to clean the spinach thoroughly and remove the thick, hard stems. Grinding sand and unblended grains effectively ruin the tasty effect of the soup.
Ingredients:
400g of spinach
3 cloves of garlic
half an onion
2 potatoes
1l of vegetable stock
1 tablespoon of butter
100ml of 18% sweet cream
4 eggs
Dice the onion and garlic and lightly fry in the butter. Don’t let it go brown. Add the peeled and cubed potatoes. Fry for a while, stirring from time to time. Pour in the vegetable stock and boil until the potatoes are tender. Wash the spinach and remove the stems. Add it to the stock and boil for 5 minutes. Spice it up with salt and pepper and blend it thoroughly. Turn off the heat and add the sweet cream. Serve with hard-boiled eggs.

Source: “Moje Gotowanie” (My cooking) newspaper
Photo: ‎Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




ANNE-MARIE SE GORTSOP


ANNE-MARIE SE GORTSOP
Resep en foto: Anne-Marie Matthee
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg shin of ghoulash
2 groot uie, blokkies gekap
2 soetrissies, blokkies gekap
1 liter beefstock
1 bos sop seldery, fyn opgekap
1 bos pietersielie, fyn opgekap
1 kg wortel, rasper
5 kg ontvriesde tamaties
3 gerasperde aartappels
1 groot pakkie tamatie paste
1 koppie bruinsuiker

Braai die uie en soetrissie saam met die shin of ghoulash tot bruin.
Voeg hele pak gort by met die beefstock en laat stadig kook vir 45 minute. Voeg water by indien nodig en voeg die seldery, pietersielie en wortel by. Ons het so 5 kg ontvriesde tamaties uit ons tuin bygegooi en die aartappels. Laat kook sag in stoompot tot hy fluit vir 15 – 20 min. Kook verder as gort nie sag is nie. Water indien nodig. Gooi heel laaste die tamatie paste en bruinsuiker by. Laat stadig deurkook… en voila!




EENVOUDIGE GROENTESOP

EENVOUDIGE GROENTESOP
Pakkie klaar bewerkte Country Veg vir groentesop (Checkers)
1/2 pakkie Soup Mix (ertjies, gort ens)
1 pakkie tamatie pasta
Maalvleis
1 groot ui
Sout
Pepper
Bietjie suiker
Italian Herbs
Tiemie
Braai maalvlies ui, Italian herb, tiemie tot lekker bruin. Voeg groente by met so eetlepel botter en braai effens verder. Spoel soup mix af en voeg by maalvleis. Voeg nou tamatie pasta by met genoeg kookwater om alles te bedek asook sout, pepper, suiker na smaak. Kook stadig oor medium hitte, myne het so 3ure gekook.

Foto: Lizette Taljaard Fulscher
Bron: Lizette Taljaard Fulscher




BOTTERSKORSIE, WORTEL EN SOETPATAT SOP MET LEMOENSAP EN KLAPPERMELK

BOTTERSKORSIE-, WORTEL- EN SOETPATATSOP MET LEMOENSAP EN KLAPPERMELK
Resep en foto:  Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES

2 medium botterskorsies
2 soetpatats
4 groot wortels
1 medium ui
2 teelepels kerriepoeier*
3 teelepels gerasperde vars gemmer
500 ml vars lemoensap
500 ml hoenderaftreksel (2 blokkies saam met die water)
blikkie klappermelk

Braai gekapte uie in bietjie olyf olie.
Meng die kerriepoeier en fyn gerasperde gemmer by en braai liggies vir 3 min (as dit lyk of dit gaan vassit onder, voeg bietjie meer olie by).
Voeg al die groente wat in stukke gesny is by en roer deur die uiemengsel.
Giet lemoensap en hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag of stoom vir 30 min.
Maak dit fyn met ‘n stick blender of plaas in vermenger.
Sit die blikkie klappermelk by en roer goed deur.
As die mengsel te dik lyk, voeg nog bietjie water by.
Bedien terwyl dit warm is. Jy kan dit garneer met stukkies gebraaide spek of gekrummelde feta kaas.
Ek bedien warm naan plat broodjies saam met dit.
Nota – Die kerriepoeier kan uitgelaat word, dit gee net ekstra geur en effens byt aan die sop.

NAAN MET KOMYNSAAD (Eng = cumin)
2.5 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
125 ml lou warm water
125 ml olyf olie
1 teelepel sout
2 teelepels komynsaad (heel)

Sif meel, bakpoeier en sout en gooi komynsaad by, gooi olyf olie en water by en meng goed (ek gebruik sommer my deeghak op menger). Knie liggies vir ‘n minuut en deel deeg in ongeveer 8 gelyke hoeveelhede. Rol elke bolletjie uit in langwerpige vorm ongeveer 5 mm dik. Sit op ‘n gesmeerde bakplaat, sprinkel met olyf olie en growwe sout. Bak by 200°C vir 10 minute. Die naan bly lig van kleur bo maar die onderkante word lig goudbruin. Bedien met die onderkant na bo.
Ander opsie: Ek het dit gemaak presies soos my resep, vanaand net ekstra kerrie bygebraai for ‘n ekstra spicy geur.




CHARLEEN SE BEESSTERTSOP

CHARLEEN SE BEESSTERTSOP
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
1,2 kg beesstert
2 knorr beef stock pots
4 liter water
½ koppie rooiwyn
2 bay leaves
½ teelepel tiemie
4 wortels gerasper
4 aartappels gerasper
2 groot preie(leeks) opgekerf
2 seldery stingels opgekerf
Seldery blare (Ek gebruik baie want ek hou van die geur en smaak) opgekerf
½ koppie rooi lensies
½ koppie soup mix
2 pakkies knorr oxtail and vegetables soppoeier
2 pakkies knorr thick vegetables soppoeier

Week rooi lensies en soup mix in water vir so uur. Braai beesstert tot bruin. Voeg stock pots, wyn, 2 liter water en bay leaves by. Stoom vir ten minste 40 minute.
Ek skep die vleis met vloeistof waarin dit gekook het oor in ‘n groot soppot. Dan voeg ek die die res van die bestandele by. Behalwe die soppoeier. Laat die sop prut op medium hitte vir so uur. Meng die soppoeier met water en voeg by sopmengsel. Laat prut vir verdere half uur. Geur met sout en peper.




SNOEKKOP SOP


SNOEKKOP SOP
My pa se snoekkop sop in wording.
Hy hou daarvan eenvoudig.
1 ui, tamatie, aartappel en wortel gerasper
Half teelepel elk borrie en kerrie.
2-3 lourierblare en peperkorrels.
1 teelepel elk sout en visspeserye .
1 eetlepel asyn.
Kook so 1 uur stadig in genoeg water om koppe te bedek, +/- 2L.
Skep koppe en alle bene uit met gaatjies lepel. Verdik sop met ‘n bietjie mielieblom.
Mens kan ook ‘n houertjie (200ml) room byvoeg om ryker te maak maar is heerlik net so.
Dis ‘n heerlike matige sop, indien sterker verkies kan meer kerrie en dalk bietjie rooipeper bygevoeg word.
Ek bedien dit met ‘n knoffel broodjie, en oupa kry die viskoppe om af te eet.
Soos die foto wys kook die tamatie heeltemal weg.
foto en resep: Susan Carstens Van Staden