NICO SE SUURLEMOEN OF PYNAPPEL YSKASTERT


NICO SE SUURLEMOEN OF PYNAPPEL YSKASTERT
Nie te soet nie en ook nie te suur nie. Bevat geen botter nie. Korsloos. Vervang suurlemoen met pynappel geur na eie keuse.
2 pakkies Marie koekies
1 blikkie kondensmelk
2 suurlemoene se sap (150 ml)
2 koppies dik vla
250 ml gewone jogurt
1 pakkie suurlemoen jellie
1 koppie kookwater

Maak drie mengsels aan:
Dik vla – 2 opgehoopte eetlepels vlapoeier in 2 koppies melk, kook tot dik.  ( kan suiker byvoeg indien verkies.)
Klits suurlemoensap en kondensmelk saam.
Los jellie op in kookwater en laat afkoel.

Klits jogurt en aangemaakte jellie saam.
Neem 5 koekies, verkrummel en hou eenkant.
In jou tertbak, pak die lae min of meer as volg:
Pak Marie koekies as onderste laag.
Bedek met derde van die vla.
Bedek met helfde van kondensmelk mengsel.
Bedek met ‘n derde van jogurt mengsel.
Pak weer met lae van Marie koekies, derde van vla, res van kondensmelk mengsel, en derde van jogurt mengsel.
Maak klaar met laag Marie koekies, res van yoghurt mengsel en res van vla.
Strooi krummels bo-oor en verkoel.
Resep geplaas deur Nico Conradie
Foto: Nico Conradie




PEPPERMINT CRISP TERT MET MOUSSE


PEPPERMINT CRISP TERT MET MOUSSE
Foto en resep deur Anel Nel Vd Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is die Peppermint Crisp Tert met die mousse. Dit lyk of dit gewerk het.
2 blikkies Caramel kondensmelk
1 liter sjokolade mousse (sien foto)
1 groot slab peppermint sjokolade, gerasper
10 g sakkie gelatien, aangemaak met bietjie warm water

Haal kondensmelk uit blikkies en roer tot glad en sag.
Maak gelatien aan met so ‘n bietjie warm water en gooi by mousse en meng.
Klits kondensmelk en mousse saam en gooi ‘n deel van die gerasperde sjokolade by mousse mengsel en meng.
Gooi in bak wat uitgelê is met tennisbeskuitjies.
Strooi res van gerasperde sjokolade bo-oor.
Sit in die yskas om te stol – oornag is beter.




YSKAS KOEK


YSKAS KOEK
Ek het hierdie gemaak. Alhoewel ek baie lief is vir Tennisbeskuitjies, is hierdie net vir my effe té veel. Het omtrent 2½ pakkies gebruik. Ek gaan dit weer maak, want die vulsel smaak heerlik (al is daar rou eier in tot my dogter se misnoë). So volgende keer gaan ek die beslag net in 2 deel en nie 3 nie, sodat die vulsel bietjie dikker is en die beskuitjies nie die smaak so oorneem dat jy nie die vulsel proe nie. Mens kan dalk bietjie suurlemoensap in die vulsel ook probeer.
250 g margarien
250 ml suiker
2 eiers
500 g maaskaas (2 bakkies van 250 g)
20 ml vanilla
3 pakkies tennis beskuit
± 10 kersies, kleiner gesny

Meng margarien en suiker tot romerig, voeg geklitste eiers by en klop goed met ‘n houtlepel. Voeg maaskaas en vanillia by en kersies, meng baie goed tot romerig. Neem nou ‘n vierkantige glasbak, voer uit met foelie van onder tot teen die kante en laat ‘n redelike stuk oorsteek om die tert makliker uit te kry na dit gevries is. Pak ’n laag beskuitjies heel onder, maak seker die hele bodem is bedek.
Vat ‘n derde van die mengsel, skep oor beskuitjies, bedek dit heeltemal. Dan vulsel, dan weer beskuitjies. Maak drie lae en eindig bo met beskuitjies. (Ek gaan volgende keer net 2 lae maak) Sit in vrieskas om hard te stol, haal uit, sny in skywe en eet koud. Die res moet in die vrieskas bly.
Resep geplaas deur Stien Rust
Foto: Stien Rust




SUURLEMOEN MERINGUE TERT


SUURLEMOEN MERINGUE TERT
Ek het onlangs ‘n staanklitser aangeskaf en ek het besluit om dit uit te toets met ‘n suurlemoen meringue tert. Ek het Ina Paarman se resep gebruik en dit het heerlik uitgekom. Hier is die resep:
Ek het twee terte uit die resep gemaak.
Kors:
1 pakkie Tennis beskuitjies
60 ml gesmelte botter

Vulsel:
2 blikkies kondensmelk
125 ml kookwater
125 ml suurlemoensap
4 eiergele
knippie sout
10 ml maizena

Meringue:
4 eierwitte
10 ml suurlemoensap
60 ml strooisuiker
60 ml versiersuiker

Voorverhit die oond tot 170°C.
Spuit twee 22 cm tertpanne (ek het die foelie tipe panne gebruik) met kleefwerende sproei. Krummel die beskuitjies en meng dit met die gesmelte botter.
Deel die beskuitjies tussen die panne en druk dit vas teen die bodem en die kante van die panne met die agterkant van ‘n lepel.
Plaas die panne in die vrieskas tot die vulsel gereed is, sodat die kors kan ferm word.
Klits die kondensmelk (gebruik die kookwater om al die kondensmelk uit die blikkies te kry), suurlemoensap, eiergele en sout baie goed saam.
Haal die panne uit die vrieskas en gooi die vulsel versigtig bo-op die kors, sodat die beskuitjies nie versteur word nie.
Bak die tert (sonder die meringue) vir 20 minute.
Vir die meringue, klits die eierwitte in ‘n skoon glas/metaal bak totdat dit begin skuim.
Gooi dan die suurlemoensap by en klits tot stywe punte vorm.
Gooi die strooisuiker lepel vir lepel by terwyl die mengsel vinng geklits word.
Sif die versiersuiker 3 keer en voeg dit op dieselfde manier by as die strooisuiker.
Die meringue moet styf en glanserig wees.
Dit moet ook in staat wees om vorm te behou.
Sif die Maizena oor die tert as dit uit die oond gekom het, dit word gebruik as gom vir die meringue laag.
Skep groot lepels vol van die meringue op die warm tert en versprei dit tot by die punte van die kors.
Gebruik ‘n lepel om die meringue tekstuur te gee.
Bak die tert vir ‘n verdere 25 minute.
Sit dan die oond af en maak die deur ‘n skrefie oop.
Los die tert in die oond totdat dit heeltemaal afgekoel het.
As die tert afgekoel het, kan dit in die yskas gebêre word om te keer dat die meringue kraak.
Foto van resep: Marné Jacobs




WIT SJOKOLADE CREMORA TERT


WIT SJOKOLADE CREMORA TERT
Kors:
1 pak Mariebeskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
Meng alles in die voedselverwerker tot beskuitjies fyn is.
Smelt 125 g margarien/botter en voeg dit by die beskuitjie krummels. Meng goed en druk die klam krummels in die tertbord vas.
Bak vir 10 minute teen 180ºC.
Vulsel:
1 x 10 g-sakkie gelatien
30 ml water
250 g Cremora125 ml yswater
1 x 385 g blikke kondensmelk
125 ml suurlemoensap
5 ml vanillageursel
50 g witsjokolade, gesmelt
Sprinkel die gelatienpoeier oor die water en laat staan tot sponsagtig. Maak die Cremora aan met yswater en plaas in ‘n elektriese menger se bak. Voeg die kondensmelk by en klits by hoë spoed tot mengsel dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Terwyl die menger klits, giet die suurlemoensap geleidelik by en hou aan klits tot mengsel dik en romerig is. Voeg die geursel en witsjokolade by. Smelt die geweekte gelatien ’n paar sekondes in die mikrogolfoond en voeg dit by die mengsel en meng goed deur. Skep die mengsel bo-op die kors en laat dit stol vir ongeveer 2 – 3 uur in yskas.
Stroop:
4 granadillas se pulp
1 pakkie perske jellie
1 ½ koppie water
Plaas die bestanddele vir die stroop in ‘n kastrol op die stoof en bring tot kookpunt. Kook die stroop goed deur en laat afkoel.
Skep ‘n paar lepels van die stroop bo-op die tert en versier met perske skywe.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld

 




ANGELA’S STRAWBERRY CHEESECAKE


ANGELA’S STRAWBERRY CHEESECAKE
500 g Philadelphia cream cheese
400 g condensmilk
juice of 1 lemon
1 ¼ cup tennis biscuits crushed
70 g melted butter
250 g strawberries chopped
15 ml gelatin dissolved in ¼ cup water
10 ml water
¼ cup strawberry jelly
Sliced fresh strawberries

Combine biscuit crumbs and butter, press into greased cream cheese pans and chill.
Beat the Philadelphia until smooth. Add condensmilk and lemon juice and beat until smooth. Fold through the gelatin mixture and chopped strawberries. Pour into prepared bases chill 3 hours or until set.
Heat the jelly and water in microwave for 30 seconds or until runny. Cool, arrange the sliced strawberries over cheesecake brush with jelly glaze and serve.
Recipe posted by Angela De Roubaix
Photo: Angela De Roubaix




NO BAKE CHOCOLATE ECLAIR TART

NO BAKE CHOCOLATE ECLAIR TART
2 packets tennis biscuits
2 packets vanilla (or banana) instant pudding
3 cups milk
250 ml whipped Orley whip or cream
For the chocolate topping:
3 tablespoon cocoa
1 ½ cups Icing sugar
3 tablespoon butter (room temperature)
3 tablespoon warm milk

Mix above ingredients till smooth.
Add more Icing sugar if you like the frosting a little thicker. If it’s too thick, just add a little more milk.
Mix pudding and milk in a bowl. Blend together for about 2 minutes then fold in the whipped cream or Orley Whip.
Place a layer of whole Tennis Biscuits on the bottom, then top with ½ the pudding. Cover pudding with another layer of Tennis Biscuits, top with remaining pudding and another layer of Tennis Biscuits, then carefully spread the frosting over the biscuits.
Chill overnight in the fridge.
Recipe posted by Tania Smith




PINEAPPLE TART


PINEAPPLE TART
1 tin condensed milk
1 tin of crushed pineapple, drained
½ cup fresh lemon juice
300 ml fresh cream
Tennis biscuits

Line your dish with tennis biscuits.
Mix condensed milk with lemon juice till it thickens. Beat cream till stiff.
Fold into condensed milk and lemon juice, add pineapple and stir through.
Pour over biscuits and place in fridge till set.
Recipe and Photo: Marj Harper




PASSION FRUIT CHEESECAKE


PASSION FRUIT CHEESECAKE
1 pkt of biscuits crushed
2 x 250 g cream cheese
1 x 250 ml fresh cream
passion fruit sauce that you use for toppings
2 x tablespoons of butter melted
I have no amount of sauce as you can taste as you go along.

Crush biscuits and add melted butter and press into a cake pan.
Mix together cream cheese and cream.. no need to whip cream first then add enough of the passion fruit sauce till nice and thick and creamy.. pour onto biscuits and spread evenly.. pour some more of the sauce on the top.
Put in the fridge for couple of hours before slicing or over night is best.
Recipe posted by Tracy Vohra
Photo: Tracy Vohra




TROPIESE TERT


TROPIESE TERT
Resep en foto: Yvonne Little (Naude)
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies bruismeel
1 ½ koppies suiker
2 teelepels koeksoda
2 piesangs, fyn gedruk
1 teelepel sout
2 eiers
1 blik 420 g fruit cocktail met sous en al byvoeg

Meng alles saam in mengbak.
Gooi in gesmeerde tert bak (gebruik cook and spray).
Bak 45 min op 180ºC, toets net of heeltemal deurgebak het (nadat ek die oond afskakel, los ek dit nog so ‘n bietjie in die oond).

Sous:
½ koppie ideal melk
1 koppie suiker
½ koppie klapper
4 eetlepels gesmelte botter of margarien
1 teelepel vanilla essence

Kook saam vir 5 min en gooi oor tert sodra dit uit die oond kom, maar prik die tert met vurk sodat die sous kan intrek.