APPELTERT OF 24 TERTJIES

tested

APPELTERT OF 24 TERTJIES
Resep en foto: Riana Le Roux
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my appeltert resep, ek bak dit nou al 12 jaar en was ‘n goeie verkoper in die tuisbedryf wat ek gehad het.
220 ml margarien
500 ml suiker
6 eiers
100 ml melk
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 groot blik appels

Sous:
200 ml Cremora melkpoeier
400 ml kookwater
250 ml suiker
10 ml karamelgeursel

Klits magarien, suiker, eiers en melk goed saam en voeg die gesifte droë bestanddele by en klits tot goed gemeng.
Skep beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
Plaas appelstukkies op elke tertbeslag.
Bak in verhitte oond van 180°C vir 20 min vir klein tertjies of 45 min vir groot tert.
Terwyl tert bak, maak sous aan:
Kook alles saam tot melkpoeier goed opgelos is en skep warm oor tertjies as dit uitkom.
Laat bietjie afkoel en haal uit pannetjies.

 




MARIE SE VLATERT

vlaterttested
MARIE SE VLATERT
750 ml melk
125 ml vlapoeier
1 pak tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
45 ml suurlemoensap
Maak vla van die melk en vlapoeier. Laat effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat goed afkoel.
Resep: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Charne de Jager




VLA TERT

suurlemoen vlaterttested2016-01-09-kondensmelksuurlemoenvlatert

VLA TERT
750 ml melk
125 ml vlapoeier
75 ml suiker (of na smaak maar nie te soet nie)
1 pak tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
45 ml suurlemoensap

Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Laat effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n reghoekige bak. Giet die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en giet die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat goed afkoel.
Fotos: Marie Rheeder Troskie en Madelyn Heyns




SMEERKORS-MELKTERT

smeerkors melkterttested

SMEERKORS-MELKTERT
Resep en foto:Magda Helberg
Dit het toe baie lekker uitgekom. Hier is die resep wat ek bietjie verander het. Die wat in hakkies is die wat verander is.
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
100 ml botter
175 ml koekmeel
100 ml suiker
5 ml bakpoeier
2 eiers
knippie sout

Klop botter en suiker tot romerig.
Roer eiers een vir een by.
Sif meel, bakpoeier en sout by, meng deeglik.
Skep en smeer in 2 tertpanne.

Vulsel:
3 koppie melk plus 1 blik caramel treat
300 ml suiker (ek het net 150 ml suiker gebruik)
50 ml koekmeel
125 g botter
50 ml maizena
4 eiers, geskei
Knippie sout
2 ml vanilla
fyn kaneel

Hou bietjie van melk eenkant en verhit die res tot kookpunt. (Ek het die melk en caramel treat eers stadig laat opwarm en dit eers goed geklits)
Meng meel, maizena, sout en suiker met melk wat uitgehou is.
Roer in kookmelk. Wanneer prut, voeg botter en eiergele by.
Klits eierwitte styf en vou saam met geursel in pap.
Skep in korse, strooi kaneel oor en bak by 190°C vir 20 minute.
Nota – Die smeerkors word nie vooraf gebak nie. Dit word saam met die vulsel gebak




CREMORATERT MET BAIE VARIASIES

CREMORA KOFFIE YSKASTERTtested

CREMORATERT MET BAIE VARIASIES
Hierdie resep kom uit die Wenresepte 500. Dit is die basiese resep. Aangesien ons gewoonlik vir 40 of meer mense kook elke dag, het ek dit bietjie aangepas.
So ek gee dit nou soos ek dit maak.

Basiese resep:
500 g Cremora
250 ml warm water
250 ml suurlemoensap
2 blikkies kondensmelk

Eerstens vat jy 500 g cremora en giet 250 ml warm water by. Vat dan die whisk en klop dit goed tot al die klonte uit is. Sit dan sommer in die vrieskas dat dit gou koud word.
Hierdie is die basiese deel. Cremora is nou in die vrieskas.
Kry solank jou tertbak uit en pak ‘n laag tennisbeskuitjies onderin. Nou kan jy die suurlemoensap en die kondensmelk solank saam klits. Kry die cremora uit die vrieskas en klits saam met die kondensmelk en suurlemoensap! Onthou om die heeltyd te proe… lol. Dit word nou hierdie een romerige spul, nou is jou basiese vulsel reg. Jy kan dit net so gebruik of jy kan met dit speel.

Hier is nou ‘n paar voorbeelde van wat ek al gedoen het.
Cremora Tiramisu:
In plaas van tenninsbeskuitjies vat jy vingerbeskuitjies en pak in die bak. Maak dan lekker sterk, swart soet koffie aan en giet oor die beskuitjies.
Giet bietjie van hierdie koffie in jou basiese mengsel.
Skep nou oor die beskuitjies, pak nog ‘n laag beskuitjies en skep die res van die mengsel oor. Strooi ‘n lekker laag kakao poeier oor. Sit in die yskas en eet bietjie later.

Cremora Pynappel tert:
Voeg twee blikkies gedreineerde crushed pynappel by jou mengesel.
Skep op beskuitjies en sit ‘n laag geklitste room bo-oor.

Peppermint crisp Cremora:
Hier kan jy jou basiese mengsel maak en dit op twee maniere doen. Jy kan die kondensmelk vervang met caramel en die suurlemoensap weglaat, of die basiese resep so hou….hang af hoe soet jy van die tert hou.
Rasper twee groot Mint Crisps en een groot Peppermint Crisp en voeg by die mengsel.
Skep op die tennisbeskuitjies, sit ‘n laag geklitste room by en sprinkel bietjie van die gerasperde peppermint bo-oor.

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde. Het ook al ‘n aarbei een met aarbeie gemaak en ‘n caramel een waar jy net caramel en nie kondensmelk gebruik nie.
Die opsies is baie, so dink bietjie en eksperimenteer.
Geniet dit!
Resepte:  Tanya Rossouw

Jeanette Lombaard –  Ek het 500 g cremora met 1 koppie yswater styfgeklop. Toe 2 sachets cuppicino koffie ingeklits, 2 blikkies kondensmelk ingeklits en toe 250 ml suurlemoensap stadig ingeklits. Die koffie stadig ingesmelt en ‘n ligte koffie geur gegee. Dit is hemels!




GRIEKSE KLAPPERTERT

coconut_cake_170wh
GRIEKSE KLAPPERTERT
125 g botter
250 ml suiker
3 eiers
Room goed saam.

Sif saam:
250 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
Voeg  by:
500 ml klapper
Meng 2 boonste mengsels saam.
Meng alles met 250 ml lou melk, skep in 2 gesmeerde tertpanne, en bak 35 min by 180°C.

STROOP:
300 ml suiker
300 ml water
1 teelepel vanilla geursel

Kook 5 min saam, giet oor warm tert, Bedien met room en groenvye. Die tert is vinnig en regtig spesiaal, dit kan ook vir poeding met rumvla bedien word. GENIET!

Resep en Foto: Floraine Wasserman Venter




GEBAKTE KONDENSMELK TERT

kondenmelk terttested
GEBAKTE KONDENSMELK TERT
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
5 eiers geskei 
6 eetlepels strooisuiker
1 pakkie Tennisbeskuitjies

Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot styf.
Voeg geklitste eiergele by
Pak tennisbeskuitjies in tertbord, en gooi die mengsel bo-oor
Klits eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by
Skep bo-op die vulsel
Bak in matige oond so by 150 ºC, tot eierwitte goudbruin is. ENJOY!!!!
Nota:  Om te voorkom dat die tert waterig raak onder die meringue, strooi bietjie maizina oor die tert voor jy die eierwitte opsit, dit help daarvoor – Rina Kleinhans

Resep  Linda Venter
Foto:  Joey Kruger