MALVA SJOKOLADE TERT

sjokolade malva poeding liezl regtested
MALVA SJOKOLADE TERT
Maak kors van 1 pakkie Romany Creams, rol fyn en voeg 2-3 eetlepels gesmelte botter by, so klam soos seesand.
Druk vas onder-in tertbak.
Vulsel:
Verhit 1 pak (150 g) malvalekkers saam met 250 ml melk.
Roer oor hitte tot gesmelt.
Roer 200 g donker sjokolade, in blokkies gebreek, by tot gesmelt.
Laat afkoel.
Klits 250 ml vars room styf en vou by sjokolademengsel in.
Skep in tertkors. Rasper sjokolade oor of breek flake in stukkies bo-oor.
Plaas in die yskas om te stol.
Bedien met vars bessies of enige ander vrugte.
Foto:  Liezl van Niekerk




SONJA SE MAASKAASTERT

sonja-se-kaaskoek-300x225tested

SONJA SE MAASKAASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
500 ml room
1 bakkie gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
15 ml gelatine opgelos in klein bietjie kookwater (laat afkoel)
100 ml suurlemoensap
Pak laag Tennisbeskuitjies onder in langwerpige tertbak (of maak beskuitjies fyn en meng met botter vir ‘n kors)
Klits room tot styf.
In aparte bak meng kondensmelk met gelatine, voeg maaskaas en suurlemoensap by. Meng goed.
Vou nou geklopte room liggies in en gooi beslag in bak. Versier met vars vrugte of fyngedrukte beskuitjies of granadilla pulp gemeng met bietjie gelatine – net waarvoor jy lus is.
Ek maak soms sommer bietjie jellie aan en gooi dun lagie bo-oor die vulsel – dit lyk ook mooi!

Vir bietjie kleur gooi ek droe jelliepoeier by die beslag – wanneer dit dan gestol is gee dit sulke mooi donker strepies in die tert

 Foto en resep:  Sonja Young



CREMORA-KOFFIETERT

CREMORA KOFFIETERT. marie

CREMORA-KOFFIETERT
Kors
2 x 200 g pak sjokoladebeskuitjies,
fyn gedruk
200 g botter, gesmelt

Vulsel
500 g Cremora
250 ml (1 koppie) kookwater
2 x 397 g blikke kondensmelk
250 ml (1 koppie) suurlemoensap
45 ml (3 Eetlepels) koffielikeur (soos Kahlua of Tia Maria)

Bolaag
200 ml room
5 ml (1 teelepel) kitskoffiepoeier
200 g donker sjokolade, fyn gekap
Kakao, om oor te sif
Berei ‘n krummelkors van koekiekrummels en gesmelte botter en druk dit teen die boom van twee middelslag-tertborde of 1 groot tertbak (die grootte van ‘n standaard-oondpan) vas. Verkoel tot benodig. Klop Cremora met kookwater tot alle klonte opgelos is. Laat in yskas koud word. Klop tot styf met ‘n elektriese klitser. In ‘n ander bak, klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik en voeg by Cremoramengsel saam met koffielikeur. Klits tot glad.  Giet in sjokoladekoekiekrummelkors en verkoel tot styf. Verhit room en koffiepoeier saam tot net onder kookpunt. Voeg gekapte sjokolade by en roer tot glad en blink. Laat afkoel tot kamertemperatuur en smeer oor ferm tert. Verkoel tot benodig en sif kakao oor net voor opdiening.

Lewer 20 – 24 porsies (twee middelslagterte of een baie groot tert).

Resep geplaas deur Linda Venter

Foto 1: Marie Rheeder Troskie




PIESANGROOM TERT

piesangroom tert
PIESANGROOM TERT
1 pakkie beskuitjies fyngedruk
3 ml kaneel
120 ml gesmelte margarien (120g)
250 g maaskaas
1 groot blik kondensmelk
80 ml suurlemoensap
2 ml vanilla
5 piesangs

Meng beskuitkrummels, kaneel en margarien en druk vas in voorbereide tertbord, plaas in die yskas terwyl vulsels voorberei word.
Plaas die maaskaas, kondensmelk, suurlemoensap en vanilla in ‘n mengbak en klits tot egalig.
Sny 4 piesangs in skywe en plaas in die kors, gooi die maaskaasmengsel bo-op.
Plaas in die yskas vir 1 uur om te stol.
Sny die res van die piesang in skywe, versier tert daarmee net voor opdiening.KRY HIERDIE EEN IN MY OORL, MOEDER SE RESEPTE BOEK, VERSKOON DIE FOTO, SOMMER DIE PRENTJIE AFGENEEM WAT DAARBY GEPLAK IS
BRON: My ou moeder se resepte boek.- Rina Kleinhans.

 




CUSTARD SLICES

CUSTARD SLICEStested
CUSTARD SLICES

200 g cream crackers (1 packet)
1 tin condensed milk
3 tins fresh milk (use empty condensed milk tin to measure)
3 eggs
5 ml vanilla essence
25 ml stork margarine
80 ml custard powder
Icing
500 ml icing sugar
± 40 ml boiling water
Spray container with Spray and Cook
Arrange biscuits with halving lines all in the same direction.
Microwave condensed milk, fresh milk and margarine until boiling, approx 10 minutes on high.
Stir after 5 minutes.
Beat together eggs, custard powder and vanilla.
Add a little hot milk to the egg mixture, stir and add egg mixture to milk.
Microwave for 5 minutes on high. Stir after 3 minutes.
Beat with whisk until smooth. Pour over cream crackers.
Place another layer of biscuits on top, halving lines in same direction as bottom layer.
Leave in fridge to cool completely.
Mix ingredients for icing to a smooth paste. Pour over the custard slices and smooth with the neck of the spoon. Place back in the fridge.
Cut slices into ½ biscuit size.

Recipe posted by Deleen Loker
Photo:  Gillian Logan Bredenhann




APPELKRUMMELTERT


APPELKRUMMELTERT  (sonder eiers)
2 koppies koekmeel
¼ koppie suiker
¼ koppie botter
1 hoogvol teel bakpoeier

Vryf die botter in die meelblom in tot dit soos krumels lyk, voeg dan die suiker en bakpoeier by, voer ‘n tertbord met die helfte van die krummels uit – sit dan die appelmengsel in en gooi die res van die krummels bo-oor.

APPELVULSEL
6 appels, geskil en gesny
½ koppie suiker
1 hoogvol eetlepel mielieblom
½ koppie korente

Kook die appels, suiker en korente in water tot dit sag is, maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Laat net kook tot dit styf word, skep uit in die tertkors en gooi die res van die krummels bo-oor. Bak in oond van 180 ºC vir ongeveer 30 min of tot gaar.
Foto: Natacha Visagie – Ek het wel kaneel (so teelepel) en 150 g botter by die apples gevoeg terwyl dit kook. Daai stropie is ook in die pie in. Die crumble wat oorgebly het, het ek so halwe koppie klapper bygevoeg en gemeng voor ek dit oor die appels gestrooi het

 




KARAMEL SUURLEMOENTERT

KARAMEL SUURLEMOEN TERT
KARAMEL SUURLEMOENTERT
Deeg:
500 g koekmeel
175 g versiersuiker
250 g botterblokkies, by kamertemperatuur
skil van een suurlemoensap, gerasper
2 klein of 1 groot eier
vanilla geursel
Vulsel:
9 eiers
400 g strooisuiker
5 suurlemoene, skil van twee (gerasper)
250 ml dik room
sap van 5 suurlemoene

Sif meel en versiersuiker. Vryf botter in. Maak dammetjie in meel en voeg suurlemoenskil en vanilla geursel by. Klits eiers en giet in dammetjie. Maak deeg aan met vingers. Draai toe in plastiek en laat rus 30 minute lank in koelkas.
Maak intussen die vulsel.
Klop eiers, suiker, sap en skil tot goed gemeng. Vou room in. Haal deeg uit koelkas, laat staan 10 minute lank en rol uit. Voer losboom-koekpan met deeg uit. Laat 1 cm oor rand hang. Voer uit met foelie en pak goed met bakkersboontjies. Bak 10 minute lank by 100ºC. Verwyder foelie en bak nog 10 minute lank. Skep die koue vulsel in doe warm tertdop en bak 30 minute lank by 120 ºC.
Voor opdiening:
Stel oond op rooster. Sif 50 g versiersuiker bo-oor tert sodra dit uit oond kom. Sit terug onder die rooster vir suiker om te karamelliseer. Sit warm voor met room.

BRON: Trudi Peters Blomsma




SUURLEMOEN VLATERT

suurlemoen vlaterttested
SUURLEMOEN VLATERT
1 pak Tennisbeskuitjies
1 liter medium tot dikkerige vla
1 blik kondensmelk
sowat 125 ml suurlemoensap

Plaas een ry beskuitjies in ‘n reghoekige tert bak.
Giet helfte van die vla oor.
Pak weer ‘n laag beskuitjies.
Giet ander helfte vla oor.
Verdik kondensmelk met suurlemoensap en smeer oor vla laag.
Krummel 1 beskuitjie bo-oor.
Plaas oornag in yskas.
Regtig vinnig en baie lekker.
2de foto:  Ronel Boshoff




CREMORATERT MET ‘N VERSKIL

cremora tert met 'n verskiltested
CREMORATERT MET ‘N VERSKIL
½ koppie kookwater
250 g Cremora
1 blik kondensmelk
½ koppie Suurlemoensap
500 g jogurt (Black Forrest)
1 pak rooi jellie
1 pak Marie beskuitjies fyngemaak en met gesmelte botter  (80 – 100 ml) gemeng

Druk die beskuitjiekrummels vas in ‘n gespuite tertbak vir die kors.
Meng Cremora goed met kookwater en sit in yskas tot heeltemal afgekoel.
Klits tot styf en romerig.
Voeg kondensmelk en suurlemoen sap by en klits goed.
Maak intussen jellie aan en laat afkoel maar nie stol nie. ( 150 ml warm en 150 ml koue water)
Meng jogurt en jellie by kondensmelkmengsel en giet oor koekiekors.
Breek flake bo-oor vir versiering.
(Mense het al gedink dit is kaaskoek so lekker is hierdie en dit is heerlike maklik en goedkoop)

Resep: Isa van Tonder
Foto:  Jenny van der Westhuizen




PEERTERT

peertert
PEERTERT
1 pak Romany Creams (Ek het Peppermint geur gebruik)
1 blik peer halwes
Kersies
1 Peppermint Crisp
Pak Romany Creams in ‘n tertbak. (Rond werk makliker)
Giet die peersap bo-oor die koekies en laat staan vir halfuur.
Pak die peerhalwes bo-op die koekies en versier met kersies.
Bak by 180°C vir 20 – 30 min.
Haal uit en rasper Peppermint Crisp bo-oor terwyl die tert nog warm is.
Vir die tert op die foto het ek 2 pakkies koekies en 2 klein blikkies pere gebruik. Kan warm of koud bedien word en met roomys of vla soos verkies.

Resep en foto: Suzette Minnaar