POLISIEKANTIENTERT

2013-11-24-polisiekantientert
POLISIEKANTIENTERT

Die resep bestaan uit 2 dele

Karamelsous
100g Botter
1 koppie sagte bruin suiker
125ml Room
teelepel Vanilla essence
Kook tot borrelend en draai temperatuur af en kook stadig vir so 4 minute. Hou eenkant.

Bestandele vir sjokoladevulsel.
1 Blikkie Gekondenseerde Melk
1 Koppie Karamelsous
2 eetlepels Kakao Poeier
2 eetlepels Mielieblom
3 eiers geskei
1 Koppie kookwater
30ml Botter

1 Pakkie tennis beskuitjies

Metode:
In n swaarboomkastrol, gekondenseerde melk, karamelsous, bring stadig tot kookpunt. Los kakaopoeier op in kookwater en voeg by. Los mielieblom in biedjie koue melk op tot gladde pasta en voeg by. Voeg dan geklitste eiergele by. Laat rus n biedjie. Gooi die klont botter bo-op en hou die pot skuins dat die botter n lagie vorm. Klits eierwitte styf en vou in by sjokolademengsel. Moenie te lank prut en whisk gedurig.

Sit n lagie tennis beskuitjies in Pirex bak, skep die helfte van vulsel, bo op, gevolg met nog n lagie beskuitjies en weer vulsel. Laat rus in yskas vir 2 ure.
Klop 250ml room styf met 2 eetlepels versiersuiker en biedjie vanilla essence en skep bo-oor.
Sny in blokke en bedien met res van Karamelsous bo-oor.

RESEP EN FOTO: Pieter Kotzé




LAGIE TERT

2013-11-17-lagieterttested
LAGIE TERT
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie karamel kondensmelk
500 ml room
½ koppie suurlemoensap

Meng helfte van room met kondensmelk en ander heflte room met karamel kondensmelk en helfte van suurlemoensap by beide. Pak tennesibeskuitjies en smeer laag een van elke mengsel, pak weer en so bou jy tot die beslag klaar is! Ek weet net hul noem dit lagie tert en het die dubbel aangemaak en net gewone kondensmelk vervang met die karamel en sjokolade oor gerasper!

O ja as ek net gewone kondesmelk gebruik, maak ek die suurlemoen so bietjie meer en vat blikkie ingelegte perskes en sny dun skyfies en graneer daarmee, en ek het ookal “crushed pynappel” by die mengsel gevoeg net vir afwisseling! Mens kan baie eksperimenteer met dit

BRON- Gigi Robinson




BEREMENGSEL VIR MELKTERT


BEREMENGSEL VIR MELKTERT
1 kg bruismeel
1 pak (500 g) mielieblom
800 g volroommelkpoeier
1 kg suiker
15 ml sout
250 g magarien gerasper

Meng al die droë bestanddele goed saam in n groot mengbak. Voeg die magarien by en vryf met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Skep in lugdigte houers en bewaar in die yskas. (Lewer 20 x 250 ml beremengel).

Melktert:
375 ml beremengsel
750 ml warm water
3 ekstra groot eiers, geskei
paar druppels amandelgeursel
3 stukke pypkaneel
Kaneelsuiker om bo-op te strooi

Voorverhit die oond 190ºC.
Spuit ‘n oondvaste 24 cm tertbord met kleefwerende middel. Voeg die warm water by die beremengsel en meng tot klontvry. Voeg eiergele, n paar druppels amanderlgeursel en die pypkaneel by. Verhit oor matige hitte tot kookpunt en tot wanneer die mengsel verdik. Roer gedurig. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en verwyder die pypkaneel. Klits eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide tertbord en bak sowat 25 minute of tot die tert gaar en effens bruin van bo is. (Die tert is gaar wanneer die mengsel gestol het. Dit word egter nog stywer wanneer dit afkoel en sal ook ‘n bietjie terugsak in die tertbord.) Sprinkel kaneelsuiker oor. ( Lewer ‘n middelslagtert).

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Carol Visser




TOFFIE MERINGUE

1012725_607096742680773_329357937_ntested
TOFFIE MERINGUE

Kors:
Fyngemaakte tennisbeskuitjies en gesmelte botter in tertbord vasgedruk
OF
1 ½ koppie koekmeel
2 eetlepel strooisuiker
2 eetlepels margarien
1 eier geklits

Plaas meel en suiker in mengbak en vryf marg in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg eier en genoeg water by en meng tot sagte deeg. Verkoel 30min. Verhit oond tot 180 ºC. Rol deeg uit en voer tertbord uit. Prik so 6 keer met vurk, bak 15-18 min tot ligbruin. Verkoel.

Verlaag hitte tot 150 ºC

VULSEL:
100 g botter/margarien
175 g muscovado suiker
300ml melk
3 hoogvol eetl mielieblom
4 eiergele
5 ml karamelgeursel

Smelt botter in pan en roer suiker in tot heeltemal opgelos.
In klein bakkie meng helfte van melk met mielieblom tot gladde pasta.
Voeg oorblywende melk in botter en suikermengel en roer melkpasta daarin. Bring stadig tot kookpunt en kook vir 2-3 min terwyl geroer word.
Verkoel 5 minute.

Klits eiergele met whisk en terwyl jy met whisk klits, voeg helfte van melkmengsel in.
Klits nou eiermengsel by oorblywende melkmengsel en verhit 2-3 min tot dik. Haal van hitte af en roer geursel by.

MERINGUE:
Klits 4 eierwitte tot styf en voeg 200g strooisuiker geleidelik (eetl gewys).
Skep warm toffievulsel op kors.
Skep die meringue bo-op die warm toffie vulsel en bak 30 min tot meringue goudbruin is.
Verkoel heeltemal.

Resep en Foto: Annetjie van Huyssteen




RUM EN ROSYNE POEDING OF TERT

rum & raisin tarttested
RUM EN ROSYNE POEDING OF TERT
2 botteltjies Orley Whip
125 g rosyntjies…..week in warm water, dreineer en droog af
1 blik gekookte kondensmelk
tennisbeskuitjies
5 ml rum geursel
sjokolade om bo-oor te rasper
Klits Orly Whip styf,
Klits gekookte kondensmelk in sodat dit baie goed gemeng is.
Roer afgedroogde, geweekte rosyntjies in.
Pak laag tennisbeskuitjie in bak, volg met laag Orly Whip Mengsel, gaan so aan en eindig met laag Orly Whip Mengsel.
Rasper sjokolade oor ( Of breek Flake in stukkies, krummel effens en strooi oor) Plaas in yskas en geniet dit!Resep jare gelede by ‘n vriendin gekry…ken nie oorsprong daarvan nie.

Resep en foto: Retha-Jane Duvenhage Buys

 

 




GOUE TREFFER PYNAPPELTERT

pynappeltert louisetested

GOUE TREFFER PYNAPPELTERT(dankie Sharon Viljoen vir die leiding en Food Lovers) Goue treffer – heerlik
2 pakkies jellie aangemaak met 2 koppies kookwater, laat heeltemal afkoel
Pynappel-geur of suurlemoen of lemoen of kombinasie
1 blikkie Idealmelk, yskoud, verkoel oornag.
1 blikkie crushed pineapple, yskoud, verkoel oornag.
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 eetlepels suiker

Klits die koue Idealmelk tot styf en romerig met die 2 eetlepels suiker. Vou die pynappel met stroop en al in en dan die afgekoelde jellie. Pak tennisbeskuitjies onder in groot reghoekige bak. Skep ‘n laag van die mengsel oor, weer beskuitjies en nog ‘n laag mengsel. Jy kan ook ‘n kors van die beskuitjies en margarien maak indien verkies. Jy kan dit ook as ‘n poeding eet sonder enige beskuitjies.Ek het ‘n pakkie malvalekkers opgesnipper met ‘n skêr en bygevoeg. En bietjie pekanneute bo-oor gesprinkel.
Lewer ‘n groot yskastert. En dit gaan sommer my Kersfeespoeding wees, heerlik lig en nie so ryk nie.
FOTO: Louise Groenewald




FRIDGE CAKE

644258_684289631583054_1720675222_n

FRIDGE CAKE
250 g butter
250 ml sugar
2 eggs
500 g cream cheese or cottage cheese (2 tubs)
20 ml vanilla essence
3 packets tennis biscuits (don’t use the broken ones)
cherries (I sometimes use a 170 g bottle of Maraschino cherries but the regular ones are also fine)

Beat butter and sugar to a cream. Add beaten eggs. Beat well with a wooden spoon. Add cream cheese or cottage cheese and vanilla essence and mix very well until the whole mixture is a creamy texture. Over-beating might make it too runny.

Pack 9 biscuits on a large piece of buttered tin foil (in a square). Use a square cake tin about the same size and place the tin foil with the arranged biscuits in the tin. If the tin is slightly larger position this into one corner and pack the other two sides with whatever you can find as a support. Pieces of polystyrene work for me. If you don’t do this the mixture will leak out. Spread one third of the mixture over the biscuits. Add another layer of biscuits and another layer of mixture. At this stage place your halved cherries evenly over the mixture and then another layer of biscuits. Repeat with the last layer, finishing with a row of biscuits. Fold the excess tin foil over this and put the whole lot in the freezer. Once it has frozen solid you can remove it from the tin and it will keep its shape.

Cut each square into three slices. This will give you 27 slices.

Keep the cake in the freezer, not the fridge as it will get too soft. You can eat it immediately it comes out of the freezer. It is not necessary to thaw as it will never go completely hard.

If you don’t like the look of the plain biscuits on top you can top it with chocolate butter icing but I prefer it without the added calories!

Makes 27 slices
Photo:  Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

 




SUURLEMOEN BLOKKIES

suurlemoen blokkiestested

SUURLEMOEN BLOKKIES

Porsies: 12 blokkies
Voorbereidingstyd: 10 minute
Verkoelingstyd: 1 uur
1 x 200 g-pak tennisbeskuitjies
1 x 397 g-blik kondensmelk
150 ml suurlemoensap
40 g/125 ml klapper

Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n gesmeerde vierkantige tertbord.
Klits die kondensmelk en suurlemoensap tot dik en smeer die helfte daarvan oor die beskuitjies.
Herhaal die proses en strooi laastens die klapper oor.
Verkoel ongeveer 1 uur en sny in blokkies. Sit koud voor.
Bron: Molly-Ann Underwood Schmidt




LIETSJETERT – LITCHE TART

1379407_536429879777670_670854689_ntested
LIETSJETERT – LITCHE TART
Vir die kors:
1 pakkie Tennisbeskuitjies fyn gemaak ( ek gebruik somme Tennisbeskuitjies wat ek die bak mee uitvoer.)

Vulsel:
1 pakkie suurlemoenjellie
250 ml kookwater
1 blik (565 g) lietsjies gedreineer maar behou die stroop
15 ml gelatien
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
1 houer gladde Maaskaas
25 0ml styfgeklopte room

Los die jellie in die kookwater op en hou eenkant .
Meng bietjie van lietsjiestroop met die gelatien totdat dit opgelos is ( plaas houer in warmwater help met die oplos van gelatien)
Voeg dit by die res van die Lietsjiestroop in die jellie. Voeg blik kondensmelk. maaskaas en suurlemoensap by.
Meng goed. Laat rus in koelkas tot net voor dit stol….
Vou dan styfgeklopte room by en gooi in bak uitgevoer met tennisbeskuitjies.
Kan versier met Roomrosies en Lietsjies.
Resep en foto: Rina Burger




ANNETJIE SE LEMOENTERT

993728_598825760174538_778994405_ntested
ANNETJIE SE LEMOENTERT
Vulsel 1:
1 koppie melk
1 eetlepel mielieblom
1 eetlepel botter
2 eetlepels suiker
1 teelepel vlapoeier
¼ koppie melk

Gooi 1 koppie melk en botter in pot en kook. Meng suiker, mielieblom en vlapoeier in ¼ koppie melk goed en voeg by warm melkmengsel.
Kook tot dik vla. Gooi in gaar tertkors.

Vulsel 2:
1 koppie water
1 koppie vars uitgedrukte lemoensap (gesif)
1 koppie suiker
2 eetlepels vlapoeier
2 eetlepels mielieblom
3 eetlepels botter
ekstra koppie water

Meng water, lemoensap en suiker oor hitte tot suiker opgelos is. Meng vlapoeier en mielieblom met ekstra water en roer by mengsel. Laat paar minute kook, roer aanhoudend sodat dit nie vasbrand nie. Voeg botter by tot gesmelt. Laat effens afkoel en skep op vlavulsel. Versier met room en lemoenskyfies.
Ek weet nie waar die resep vandaan kom nie, maar dis die een tert wat ek van kleintyd onthou. Daar was elke naweek ‘n lemoentert op die tafel.
RESEP EN FOTO: Annetjie