VRUGTE MAASKAASTERT

2014-03-01-vrugtemaaskaasterttested
VRUGTE MAASKAASTERT
(Vir gemiddelde grootte tertbak)
1 pakkie Tennisbeskuitjies
± 125ml gesmelte botter
2 blikkies kondensmelk
2 houertjies gladde maaskaas
¾ koppie suurlemoensap
1 pakkie rooi jellie of ander geur (opsioneel) en vrugte wat daarby pas vir bo-op
Rol tennisbeskuitjies fyn met koekroller op papier.
Meng beskuitjies met gesmelte botter en druk as kors vas in tertbak en plaas in yskas.
Meng kondensmelk met ¾ koppie suurlemoensap en klop met vurk tot dik. Meng maaskaas daarby en gooi in tertkors.
Sit tert in oond en stel oond op 170ºC.
NB: Hou oond se liggie dop – sodra liggie afgaan en die oondtemperatuur bereik is, skakel oond af, maak die oonddeur oop en laat die tert binne in oond afkoel.
Vir versiering:
Maak jellie aan met ¾ koppie kookwater en halwe koppie koue water en laat afkoel. Giet bo-oor afgekoelde tert en versprei die vrugte bo-op.
Resep en foto: Elsa du Plessis




TAMARA SE SUURLEMOEN MERINGUE TERT

suurlemoen meringue tert tamaratested
TAMARA SE SUURLEMOEN MERINGUE TERT

KORS:
60ml (4Etl) botter/ margarine.
30ml (2Etl) strooisuiker.
1eier geklits.
75ml (5Etl) mieliblom (mazina).
187ml(3/4k) koekmeel.
2.5ml(1/2t) bakpoeier.
Knypie sout.

VULSEL: 379g (2Etl) mielieblom. 125ml (1/2k) suurlemoensap. 3 eiergele geklits. Knypie sout.

MERINGUE: 3 eierwitte 90ml (6Etl) strooisuiker:

STEL OOND OP 180 C:

KORS: Room botter en suiker tot romerig en liggeel. Klits eier by. Sif mieliblom. Meel. B.P en sout saam. Roer by botter mengsel tot beeg vorm. Druk deeg met vingers in gesmeerde tertbord vas. Prik bodem van kors met vurk en bak vir 10min. STEL OOND AF NA 150C.

VULSEL: Giet kondensmelk in mengbak. Meng mielieblom en suurlemoensap saam voeg by kondensmelk en klits saam. Voeg eiergele en sout by. Skep in gebakte tertkors. MERINGUE: Klits eierwitte tot stywe punte vorm en voeg strooisuiker bietjies gewys daarby tot baie styf. Skep meringue bo-op vulsel bak vir 20-25 min of tot goudbruin punte vorm. Sit tert louwarm of koud voor.

Resep en Foto: Tamara Bosch




MARLENE SE LEKKER GRIEKSE KLAPPERTERT

GRIEKSE KLAPPERTERT
MARLENE SE LEKKER GRIEKSE KLAPPERTERT

125 g botter of margarien
250 ml wit suiker
250 ml lou water
3 eiers
250 ml ongesifte koekmeel
15 ml bakpoeier
knypie sout
500 ml(160 g) klapper

Klits smeer,suiker,water en eiers sam. sif die meel,bakpoeier en sout saam.
Voeg die klapper by en meng. meng die smeer en meelmengsel.
Giet dit in die bak. bak die tert ongeveer 30 min tot goudbruin (180 C)

Stroop:

250ml witsuiker
250ml water

Kook, suiker en water vir 5 min saam tot suiker opgelos het.
Giet oor warm tert.
Heerlik en geniet.

Bron: Marlene Minderon

 




KNUPPELDIK SE APPELTERT

Appeltert
KNUPPELDIK SE APPELTERT
4 en half eetlepels botter
1 en half koppies bruismeel
half koppie melk
half koppie klapper
sout
kwart koppie korente
3 groot eiers
1 en half koppie suiker
1 groot blik tert appels ( Ek het 4 groot Granny Smith appels geskil, ontpit in skywe en met bietjie water gestowe vir ‘n paar min.)

Room botter en suiker. Voeg eiers by, klits goed. Voeg sout, meel en melk beurtelings by. Voeg klapper en korente by. Plaas helfte van deeg in gesmeerde bak. Sny appels in kleiner stukkies en versrprei egalig oor deeg. Plaas orige deeg bo-oor. Bak 45min 180ºC.

STROOP:
1 koppie melk
1 en half koppie suiker (Ek het net 1 koppie gebruik)
3 eetlepels botter
1 en half teelepel vanilla

Kook saam en gooi oor warm tert. Laat koud word en bedien met room.
FOTO- Martie Fourie Moolman




HEERLIKE GRANADILLA YSKASTERT

HEERLIKE GRANADILLA YSKASTERTtested
HEERLIKE GRANADILLA YSKASTERT
Dié yskastert is soos “trifle”, die volgende dag nou eers lekker! Jy kan dit ook sommer in blikbekers skep (of glase) vir individuele porsies. Die granadillawrongel kan ook deur ’n bottel gekoopte “lemon curd” vervang word.
4 – 6 porsies
Tertmengsel:
2 x 250 g geroomde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
2 eetlepels suurlemoenskil
1 klein sponskoek (of Tennis-beskuitjies)
4 vars granadillas of 1 blikkie granadillapulp
Granadillawrongel (opsioneel):
4 eiergele
2/3 koppie strooisuiker
1 blikkie granadillapulp (of 6 vars granadillas)
5 eetlepels botter (opsioneel)
gerasperde skil van 1 suurlemoen en sap (opsioneel)

Indien gebruik – maak eers die granadillawrongel aan. Giet die pulp in ’n sif om die sap en pitte te skei. Plaas die pitte eenkant. Meng 2 eetlepels pitte met die sap. Daar moet ongeveer 100 ml sap wees, andersinsvoeg suurlemoensap by om die 100 ml vol te maak.
Klits die eiergele en suiker in ‘n metaal of glasbak tot lig geel en donsig. Plaas die bak met die eiergeel en suiker bo-op ’n kastrol met water, voeg die botter, granadillasap en suurlemoensap en skil by die eiermengsel en roer deur. Verhit die water in die kastrol op die stoof en roer voortdurend die eiergeelmengsel vir 10 minute oor ’n lae hitte (anders kry jy roereier!) totdat dit die agterkant van ’n houtlepel bedek. Verwyder van die hitte en laat die wrongel in die yskas afkoel.
Berei die yskastertmengsel voor. Klits die roomkaas tot glad. Meng die suurlemoensap, -skil en die kondensmelk en voeg dit by die maaskaas en meng deur. Sny die sponskoek in 1 cm-skywe indien gebruik.
Pak ’n laag koek (of Tennis-beskuitjies) onder in ‘n tertbak en sprinkel die granadillasap of -pulp oor die kors. Skep ‘n laag maaskaasmengsel oor die koek. Pak weer ’n laag koek, granadillasap en maaskaasmengsel. Eindig deur die granadillawrongel, indien gebruik, laastens oor te giet. Laat  die tert stol vir 1 uur en val weg.
Wenk:
Vervang die granadillawrongel met ’n boks vla (Ultramel) wat met granadillasap en ’n skeut suurlemoensap gemeng is en skep dit bo-op die tertvulsel.
Resep getoets: Michaela Markgraaff




HANNA SE CREMORA-YSKASTERT

2014-02-17-1596692_580602932030190_1592389313_otested
HANNA SE CREMORA-YSKASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyn gekrummel
25 ml gesmelte margarien (Stork Bake)
Meng saam en voer ‘n 1 liter tertbord daarmee uit.
1 blik kondensmelk – baie koud
125 ml suurlemoensap
125 ml water
250 ml Cremorapoeier
(Hannah het ‘n ½ pakkie suurlemoenjellie poeier saam met die Cremoramengsel gemeng. Dit verseker dat die tert lekker stol…)
Los die Cremorapoeier in kookwater op en laat afkoel (goed koud help baie)
Klits die Cremoramengsel en kondensmelk vir 6 min.
Voeg suurlemoensap by en klits vir nog 2 min saam.
Skep in tertbak op kors, versier soos verkies en verkoel .
(Jy kan ook fyn pynappel, aarbeie, fyngemaakte ingelegde perskes of pere hierby insit…)

Resep en foto: Wilma Josey Venter (HANNAH)




MINI MALVALEKKER YSKASTERT

2015-11-03-malvayskasterttested
MINI MALVALEKKER YSKASTERT
500 ml room, styf geklits
1 blik fyn pynappel
2 pakke mini malvalekkers (of groot malvalekkers – fyn gesnipper)
125 ml suurlemoen sap
1 blik kondensmelk
1 pak tennisbeskuitjies

Pak heel tennisbeskuitjies onder in ‘n gespuite tertbak om as kors te dien.
Meng suurlemoensap en kondensmelk saam.
Voeg styfgeklitste room by.
Meng pynappel en malvalekkers by.
Meng alles goed en skep op beskuitjies en sit in yskas.
Krummel so 2 na 3 tennisbeskuitjies bo-oor

Foto: Johan Steyn (FLR lid)




KOFFIETERT

1601005_10202856131225736_2045829874_ntested
KOFFIETERT
Smelt 30 ml margarien.
Maak aan 15 ml koffie met 60 ml kookwater, voeg 60 ml melk by.
Room 250 ml suiker en 4 eiers.
Voeg die koffie en margarien by die eier en suiker mengsel.
Voeg by 375 ml koekmeel, en klits deur, voeg 5 ml Vanilla by.
En laaste 1 ml sout,  en 10 ml bakpoeier. Meng net deur.
Bak 30 min op 180º C.
Kook saam vir 5 minute die volgende:
375 ml kookwater
50 ml brandewyn
175 ml suiker
25 ml koffie
5 ml Vanilla

Vruk gaatjies in die hele tert wanneer dit uit die oond kom.
Giet die sous oor  die warm tert.
Laat heeltemal afkoel en smeer ‘n blik karamel kondensmelk oor.
Klop room styf (jy kan karamel kitspoeding by die room voeg) en smeer oor die kondensmelk.
Vorm die punte met jou lepel en strooi flake oor.
Resep en foto:  Joyce Geers-Minnaar




SWARTWOUDPOEDING-TERT

1901253_10203239658341801_1989593236_ntested
SWARTWOUDPOEDING-TERT
1 ½ Sjokolade Swissrol of sjokolade sponskoek
2 houers gladde maaskaas
2 blikke kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
1 blik Swartkersies (black cherries) ontpit
Kersielikeur
Sny koek in lagies en pak en lagie in bak.
Sprinkel met die likeur.
Meng die suurlemoensap met kondensmelk en voeg dan die maaskaas by en meng lekker deur.
Sit helfe van die mengsel op die lagie koek en pak die cherries wat gedreineer is, in helfte stukkies op.
Pak weer ‘n lagie gesnyde koek, sprinkle met likeur, dan die res van die kondensmelk mengsel.
Pak dan die kersies bo-op en strooi flake bo-oor.
Neem dan die stroop van die kersies en bring tot kookpunt en maak dikker met maizena en strooi so tussen deur die kersies.

Resep en Foto: Joyce Geers-Minnaar




BRAAMBESSIE MAASKAASTERT

2014-02-05-braambessiemaaskaasterttested
BRAAMBESSIE MAASKAASTERT
100g margarien
1 pakkie tennisbeskuitjies of Gemmerkoekies
10 ml gelatien
25 ml koue water
50 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
250 ml roomkaas
125 ml suurlemoensap
1 pakkie blackcurrant jellie (aangemaak met 50 ml kookwater)
350 ml braambessies vars,ek pluk af en vries tot ek genoeg het)
250 ml longlife room van woolworths
15 ml mazina

Maak krummels met koekies,smelt margarien en meng met krummels. Sit in losboompan wat met waspapier op die rande het. Druk vas. Sit in yskas tot hard.
Strooi gelatien oor koue water, roer tot sponsig en voeg dan kookwater by en laat afkoel.
Plaas kondensmelk, roomkaas, suurlemoensap, 100 ml brame en jellie in ‘n bak en meng goed deur. Meng dan gelatien by.
Klits room tot styf en roer met draadklitser(wisk) liggies in. Maar goed gemeng.
Plaas oornag in yskas tot gestol.
Topping:
Kook die maizina aangemaak met ‘n bietjie water by die brame in pot tot dik, maar nie fyn nie. Koel heeltemal af en smeer dit die volgende dag bo-op
Ek gebruik net Lancewood se cream cheese.
BRON EN FOTO: Tania Pretorius