LORRAINE SE MELKTERT

maklike melkterttested

LORRAINE SE MELKTERT
Hierdie resep is al vir bykans 30 jr in ons familie.
Bring die volgende tot kookpunt.
1 liter melk
2 teelepels vanilla geursel
1 eetlepels margarien
1 koppie suiker
Knypie sout
Meng die volgende en voeg by gekookte melk.
3 eetlepes maizena
3 eetlepels koekmeel
3 eiergele (hou eierwitte eenkant)


Roer vinnig tot dit dik is, draai plaat stadig.
Klits 3 eierwitte styf en voeg by mengsel. Baie belangrik, dit maak dit vulsel “lig en romerig”.
Skep in voorafgebakte tertdeeg, ek pak sommer tennisbeskuitjies in bak of maak dit fyn, eie keuse en voeg melktertmengsel stadig daarop.
Strooi bietjie kaneel bo-oor.
Sit in yskas om te stol.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

 

 




STRAWBERRY MILKTART WITH VARIATIONS

2014-03-08-strawberrymilktart
STRAWBERRY MILKTART WITH VARIATIONS
Photo and recipe posted by Adelle Yvette Potgieter
Is just one variation on a traditional milktart. I’m a busy woman so I favour quick and easy, no mess/no fuss foolproof kinda recipes.
Basic recipe: Dough:
500 ml Golden Cloud self-raising flour
2 heaped tablespoons soft butter
pinch of salt
1 large egg
½ (125 ml) cup water

Rub the butter into the flour with your palms. Mix egg and water and mix into flour. Kneed to form soft dough. Roll out to 3-4 mm thickness according to your preference and line prepared (butter/flour or spray & cook) round 26cm oven dish.

Filling:
1 litre milk
2 large eggs
1 cup plain cake flour
1 cup sugar
1 teaspoon/small cap essence*

Please note: use plain flour for the filling otherwise it will boil over during baking.
*Variations:
For Traditional Milktart, use vanilla essence.
For Almond Milktart, use Almond essence.
For Dutch (Hollandse) milktart, use vanilla essence and ½ cup desiccated coconut.
For Strawberry Milktart, use small cap strawberry essence and small cap red food colouring. And I usually leave out the egg for this variation as the egg is used for colour in the other variations more than setting the tart.

Mix all the ingredients for the filling. Bring to boil while whisking. (use electric beater to remove lumps before you cook it, if necessary). It has to simmer for about 2-3 minutes once thickened, but do not let it burn. Pour into dough shell. Sprinkle with mixed spice and coconut. Bake at 180ºC for 30 min. Allow to cool and refrigerate.
When I serve it as pudding, I serve with either ice cream or wild berry or strawberry yoghurt as sauce.
The dough recipe is my basic scone recipe. I use the leftovers from the tart to make a scone or two as snack (reward for the work and the family wait for the tart to cool).

 




OUMA ELLA SE VLASKYWE

2014-03-08-oumaellasevlaskywetested
OUMA ELLA SE VLASKYWE
1 pak cream crackers
1 liter melk
250 ml wit suiker
50 g botter of margarine
125 ml koekmeel
100 ml mielieblom
10 ml vla
2 ml sout
100 ml water
3 eiers, geskei
5 ml vanielje
500 ml versiersuiker
40 ml kookwater

Spuit vlak bak, pak koekies 5 x 3 op die bodem met nate na een rigting. Verhit die melk tot kookpunt, voeg die suiker en margarine by, roer tot opgelos .Haal van stoof af. Meng saam koekmeel, mielieblom, vla en die sout. Maak aan met water, voeg die eiers by en klits baie goed, meng dit nou saam met die melk. As ek kan raad gee, gooi eers so 2 koppies van die warm melk by die beslag en gooi dan terug in die pot. Kook dit vir so 5 min laag tot dit lekker dik is en voeg dan vanielje by, roer goed, klits die eierwit styf en dis nou vinnig werk, meng dit saam met die beslag. Gooi uit oor die koekies en maak glad.
Pak dan nog 15 koekies op met nate selfde rigting as die onderstes. Sit in die yskas tot gestol en koud. Maak aan die versiersuiker en die kookwater en smeer oor. Die vlaskywe smaak meer na melktert as na vla. Geniet dit.
Resep en foto deur Anita Groenewald Olderwagen




VINNIGE RUM EN RAISIN TERT

rum and raisintested
VINNIGE RUM EN RAISIN TERT

1 bottel (250ml) Orley whip/room
1 blik “caramel”
3 teelepels gelatien
5 ml vanilla- en 7,5 ml rumgeursel
½ koppie rosyne geweek in kookwater
Tennisbeskuitjies

Klits die Orley whip/room styf.
Klits die “caramel” daarby in.
Los die gelatien op in kookwater en klits ook by roommengsel in.
Dreineer die rosyne.
Meng 5 ml vanilla- en 7,5 ml rumgeursel en die rosyne by roommengsel in.
Pak tennisbeskuitjies in ‘n glasbak, skep die roommengsel bo-op en krummel nog tennisbeskuitjies bo-oor.
Plaas in die yskas om te stol.

Resep en foto: RuaanEmmarentia Bolton




MARSHMALLOW YSKASTERT – DROOMTERT

2014-03-07-marshmallowyskasterttested
MARSHMALLOW YSKASTERT – DROOMTERT
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
100 g pakkie glanskersies opgesny
1 pak malvalekkers opgesny
250 g gladde maaskaas
blikkie fyn pynappel crush
250 ml room
1 pakkie tennisbekuitjies
Ekstra room

Meng die kondensmelk en die suurlemoensap.
Voeg die glanskersies(hou ‘n paar eenkant vir versiering), malvalekkers, maaskaas en pynappel by.
Klits die room styf en vou by die mengsel in.
Pak die beskuitjies in ‘n glasbak en giet die mengsel bo-oor.
Versier met die orige glanskersies en ekstra geklitste room, indien verkies.
Verkoel ‘n paar uur voor gebruik
Foto: Steph Kirchner – Roni Van Der Walt




AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK

2014-03-04-amarettokoffiepeppermintcaramelkaaskoek
AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie Lotus koffie koekies of enige koekie wat lekker lyk
200 g roomkaas
150 g wit sjokolade
½ peppermint crisp sjokolade
½ blik carameltreat
250 g versiersuiker
1 koppie sterk koffie met ‘n goeie skoot Amaretto liqueur

Pak ‘n laag koekies in ‘n broodpannetjie uitgevoer is met foelie.
Maak koffie aan en voeg Amaretto by, smeer met voedsel kwas ‘n goeie laag oor die koekies.
Klits die roomkaas en versiersuiker saam tot glad, smelt die sjokolade in mikrogolf en meng gou saam voor dit weer stol.
Meng in aparte bak die caramel en rasper die peppermint crisp daar in.
Smeer ‘n laag van die roomkaasmengsel oor koekies en pak weer ‘n laag koekies en smeer met Amaretto koffie, herhaal laag roomkaas en koekies die derde laag sit die caramel in die middel van die roomkaas en pak weer koekies gesmeer met koffie en herhaal weer die laag roomkaas.
Strooi bietjie gekrummelde koekies of flake sjokolade as laaste bo-oor en sprinkel die laaste bietjie koffie oor as daar oor is.
Sit in vrieskas oornag of vir 6 ure om goed te stol.
Sny stukkie af en laat effens ontdooi voor jy dit voorsit, maar jy moet dit sny as dit gevries is anders is dit te sag!

***Amaretto kan vervang word met Kahlua of Amaroela




PYNAPPEL CREMORATERT

tested
PYNAPPEL CREMORATERT
500 g Cremora melkpoeier
250 ml kookwater
2 blikkies (397 g elk) kondensmelk (verkoel)
250 ml suurlemoensap
12 Tennisbeskuitjies
410 g fyngemaakte pynappels

Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas. Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur. Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor. Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies. Lewer 1 groot tert.

Sonja Young : Goeie advies vir die tert: sorg dat die aangemaakte Cremora baie baie koud is en nie net afgekoel nie. Sit dit ‘n rukkie in die vrieskas, maar hou dop dat dit nie vries nie
Foto: Twynette Blignaut




POST TOASTIE TERT


POST TOASTIE TERT
Resep:  Rita Pretorius
Geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
200 g margarien
250 ml stroop
200 g melk sjokolade
4-5 koppies post toasties
1 blik gekookte kondensmelk of caramel
250 ml room styf geklits

Smelt die margarine, stroop en sjokolade saam en voeg die post toasties by. Druk vas in pan met los bodem en sit in die yskas vir ongeveer 1 uur.
Haal die tert uit die pan, smeer gekookte kondensmelk bo-oor en dan die styfgeklopte room. Sprinkel bietjie vermicilie bo-oor vir versiering. Heerlik

 




VINNIGE AARBEITERTJIES


VINNIGE AARBEITERTJIES

Voer ‘n tertbord uit met tennisbeskuitjies of ‘n krummelkors
Meng die volgende bestandele goed en versprei oor die kors.
500ml Ultra Mel room
2 Pakkies Vanilla kitspoeding
300ml melk

Metode:
Dreineer ‘n blik aarbeie. Hou die stroop eenkant.
Voeg 75ml suiker en
50ml mielieblom by die stroop en verdik in die mikrogolfoond.
Pak die aarbeie op die vulsel in die kors en gooi die stroop bo-oor.
Laat baie goed afkoel voordat bedien word

Resep geplaas – Rina Kleinhans




SHARON’S LEMON MERINGUE

Lemon Meringuetested
SHARON’S LEMON MERINGUE
LEMON MERINGUE
Tennis biscuit Crumbs
Butter

Filling
2 egg yolks
4 egg whites
1 Tin Condensed Milk
1 Lemon (squeeze all juice out)
60 ml Caster Sugar

Method
Make your base with Tennis biscuits crumbs mix with butter.
Press into your pie dish.
Mix together your condense milk, egg yolks and lemon juice. 
Put on top of your Tennis biscuit base.
Add caster sugar to egg whites.
Beat until stiff.
Put big spoon fulls of egg white on top of lemon , it will form peaks.
Place in oven till peaks are nice and brown (oven 180)
Enjoy.

Photo & Recipe: Sharon Naude