LEKKER KORSLOSE MELKTERT

melktert Jorinatested
LEKKER KORSLOSE MELKTERT
45 ml (3 eetlepels) gesmelte botter
3 eiers, geskei
250 ml (1 koppie) suiker
250 ml (1 koppie) koekmeelblom
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
1 ml (¼ teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
1 liter (4 koppies) melk
kaneelsuiker
Voorverhit die oond tot 190ºC (375F)
Klits botter, eiergele en suiker goed saam.
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by.
Roer geursel en melk by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Skep in ‘n diep, gesmeerde tertbord en strooi kaneelsuiker oor.
Steek dadelik in die oond en bak 40 minute of tot gestol. Verminder hitte na eerste 25 minute tot 160ºC (325F). Sit warm voor.
Foto: Jorina Claassen




BAR ONE TERT


120g roomkaas
3 tot 4 groot Bar Ones (in stukkies gesny)
250ml room, geklop
700ml melk
2 pakkies sjokolade geur kitspoeding
1 pakkie Romany Creams, grof gebreek
50g gerasperde sjokolade
Meng die roomkaas en Bars Ones. Vou die geklopte room in. Klits die melk en kitspoeding saam. Laat 5 minute in die yskas stol. Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak. Sprinkel die helfte van die stukkies beskuitjies daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel. Skep die roomkaasmengsel oor me die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op. Sprinkel die res van die stukkies Bar One en gerasperde sjokolade oor en dit 4-5 uur in die yskas tot dit gestol het.
Foto:




DIABETIESE APPELTERT

appeltert wilmatested

Ek het die HEERLIKSTE Diabetiese Appeltert gebak vandag van vars appels
500 ml Bruismeel
125 ml Selati versoetter
2 ml sout
250 gr margarien by kamertemperatuur

Vulsel
10 klein Golden Delicious Appels – pitte en kerns verwyder
en opgesny in wiggies
100 ml Selati versoetter
125 ml koekmengsel-droëvrugte
2 ml kaneel
knypie sout
Maak so:
Sif die meel, versoetter en sout saam…vryf die margerien met die vingerpunte by die meelmengsel in totdat dit soos krummels lyk.. Hou eenkant om te rus..
Sit die vulsel bestanddele in kastrol en kook tot die versoetter gesmelt en die water van die vrugte verdamp het.. PASOP vir brand.
Smeer 2 tertborde met ‘n deursnee van 27 cm goed en bespuit met kossproei..
Deel die deeg in twee… druk helfte van die een helfte in ‘n tertbord
vas.. vul met helfte van die vulsel strooi die res van die deeg bo-oor en druk dit bietjie vasser…
Doen so met die oorblywende deeg en vulsel ook in die tweede tertbord…
Bak in ‘n warm oond 180ºC vir 20min of tot goud bruin en gaar
.

Ek het die resep so bietjie aangepas want manlief hou van ‘n souserige vulsel… ek het die appels en vrugtemengsel gekook in bietjie water met selati versoetter en kaneel... die vrugte na 10minute uitgeskep en die sousie gemeng met ‘n bietjie maizena en toe oor die appels gegooi, die korsie opgesit en lekker gebak… ek moet eerlik waar se, dit is baie lekker…
Foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




LONKIE SE YSKASTERT BANANA ECLAIR

2014-03-28-yskastert
LONKIE SE YSKASTERT BANANA ECLAIR

10 piesangs, in ringe gesny
2 pakke Marie- of Tennisbeskuitjies
1 blikkie karamel
1 groot boksie (instant) vla, aangemaak
1 boksie Orly Whip
250g pepermentsjokolade
6 kersies, vir versiering

Pak die beskuitjies onder in ‘n groot vierkantige glasbak en dan ‘n laag piesangs.
Gooi die karamel oor (verdun bietjie met water of melk) en dan ‘n laag vla.
Herhaal die lae. en smeer die opgeklopte room bo-oor.
Rasper sjokolade bo-oor, of strooi neute oor.
Plaas die kersies bo-op vir versiering.
Plaas oornag in yskas en bedien die volgende dag.
Pak die beskuitjies onder in ‘n groot vierkantige glasbak en dan ‘n laag piesangs.
Gooi die karamel oor (verdun bietjie
Rasper sjokolade bo-oor, of strooi neute oor.
Plaas die kersies bo-op vir versiering.
Plaas oornag in yskas en bedien die volgende dag.




MOCK “CUSTARD” SLICE!

 
Theresa Eloise Prince Partridge's photo.
Time: 10 minutesIngredients:-
1 Packet Cream Crackers (may need just more than 1 packet – 16 crackers for bottom, and another 16 crackers on top when using a 25x25cm dish)
250ml (1 tub) cream
600ml milk
2 packets vanilla instant pudding
2 Cups (500g) Icing sugar
5ml (1 tsp) Vanilla Essence

Method:-
Spray dish with Spray and Cook (not necessary, but my preference)
Cover the base of a 23cm slab tin with half of the biscuits, plain side down.
Place cream, milk and pudding powder in a bowl and beat for one minute until thick and smooth.
Pour the pudding mixture over the biscuit base and spread evenly.
Top the pudding with the remaining biscuits plain side down.
Sift the icing sugar, then add vanilla essence. Place a splash of boiling water in the bowl (roughly 1 tablespoon) and mix until a “runny” consistency is achieved – not too thin – must be able to pour, but be thick enough to set.
Spread icing over the top layer of biscuits then pop it all in the fridge.
Store in the fridge until needed. ~
Recipe modified from “10 Minute Vanilla Slice” from Fairy Feet

  • One slight “change” I would make to the posted recipe, is to whip the cream first, then beat together the instant pudding powder and milk till thick, and then fold in the cream mixture and pour over the crackers.



WIAN SE MAASKAASTERT

WIAN SE MAASKAASTERT
Jamroll of Tennisbeskuitjies vir die bodem.
1 bakkie maaskaas
1 blik kondensmelk
1 bottel Orley whip
1 eetlepel gelatine
½ koppie suurlemoensap
1 blik fyn pynappel
1 eetlepel vlapoeier

Kook pynappel en vla saam in mikrogolf vir 5 min.
Roer elke minuut.
Laat koud raak.

Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
Klits orley whip styf in aparte bak.
Roer kondensmelk en suurlemoensap, orley whip en maaskaas saam.
Meng gelatine met 1 – 2 eetlepel lou water (dit moet loperig wees).
Voeg dit in ‘n straaltjie by en roer gedurig (klits stadig met handklitser)
Skep op basis en laat stol.
Skep vla bolaag op en maak met vurk gelyk.

Resep en foto: Wian Swart




RIANA SE APPELTERTJIES

appelmuffinstested
RIANA SE APPELTERTJIES
Resep: Riana Le Roux
Foto: Wynand Chantelle Van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my appeltertresep, ek bak dit nou al 12 jaar en was ‘n goeie verkoper in die tuisbedryf wat ek gehad het.
220 ml margarien
500 ml suiker
6 eiers
100 ml melk
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 groot blik tertappels, opgesny

Sous:
200 ml Cremora melkpoeier
400 ml kookwater
250 ml suiker
10 ml karamelgeursel

Klits die magarien, suiker, eiers en melk goed saam, voeg die gesifte droë bestanddele by en klits tot goed gemeng.
Skep die beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
Plaas die appelstukkies op die tertbeslag.
Bak die tertjies in ‘n verhitte oond by 180ºC vir 20 min vir klein tertjies of 45 min vir ‘n groot tert.
Terwyl die tert bak, maak die sous aan.
Kook al die bestanddele in ‘n potjie saam tot die melkpoeier goed opgelos is.
Giet die warm sous oor die tertjies as dit uit die oond kom.
Laat bietjie afkoel en haal die tertjies uit die pannetjies.




MARSHMALLOW- EN KARAMELTERT

 marshmellow caramel terttested
MARSHMALLOW- EN KARAMELTERT
1 pakkie Vanilla Kitspoeding en
1 pakkie Caramel kitspoeding,
klits dit saam met 750ml melk.
Klits nou 1 blikkie caramel treat by en
250ml houertjie room wat styfegeklits is by.
Sny marshmallows in en gooi oor ‘n tennis beskuitjie kors.
Sit in die yskas om te verkoel.RESEP EN FOTO: Leanne Thurston Coetzer




STRAWBERRY YOGURT FRIDGE TART

1902995_289946721160081_734214100_ntested
STRAWBERRY YOGURT FRIDGE TART
Ingredients250 g butter
1 packet Tennis biscuits(or any other biscuit suitable for tart crust)
2 packets of strawberry jelly, dissolved in 125 ml hot water
500 ml strawberry yoghurt (with fruit)
1 can of condensed milkMethodStep 1 Process the biscuits in food processor until resembling bread crumbs.
Step 2 Mix with melted butter, and press in a rectangular dish ( 20×30 cm).Put prepared crust in the fridge.
Step 3 Mix condensed milk, strawberry yoghurt and dissolved jelly together in bowl by hand
Step 4 Pour on top on the crust and refrigerate for about an hour.
Step 5 Cut into pieces and enjoy!

Photo: Annie Moule




DESI SE WAFFER-TERT

 desi se waffer terttested
DESI SE WAFFER-TERT
Vandag bederf ek die twee mans in my lewe nl,my man en my seun met die ongelooflike yummy tert wat ek al so verander het en dit bly my man se keuse en het hom al gedoop na opskrif van tert * Soos belowe resep*
2 pakkies Vanilla Waffers.
1 pakkie Vanilla Instant Pudding.
1 bakkie vars Room.
Kwart kop fyn geroosterde neute. *
1 Flake.
Pak een laag waffers in gespuite glasbak.maak Instant pudding aan met 2 kop melk en smeer oor laag waffers.Klop room styf voeg fyn neut in asook flake,hou n biekie oor vir versiering bo-op room.Pak tweede lahie waffers bo-op pudding,gooi geklitste room bo-oor en versier met res van flake.Plaas in yskas om te verkoel,die volgende dag is hy eers heerlik…Geniet!!!!!
BRON: Desi Mc Intyre Jordaan