SJOKOLADE MELKTERT

sjokolade melktert hettietested
SJOKOLADE MELKTERT
Die sjokolade melktert in lae gepak.
1 liter melk
180 ml vlapoeier
30 ml kakao
1 blik kondensmelk
5 ml vanilje geursel
1 eier geklits
2 pakke tennisbeskuitjies

Verhit 750 ml melk. Meng kakao en vla met res van die melk en kondensmelk tot glad.Voeg by warm melk in kastrol roer,prit en roer tot glad en dik. Haal van stoof af, laat effens afkoel. Voeg by vanilje en geklitse eier. Begin met beskuitjies onder in die bak en smeer vlamengsel oor, herhaal lae tot vulsel opgebruik is
Sit bietjie gekrummelde beskuitjies bo-op, sit oornag in yskas heerlik!
Groot wenner nie soet nie.
Bron: Rina Gerber
Foto: Hettie Pringle




GRANADILLA KAASKOEK

2014-05-19-grinadellakaaskoektested

GRANADILLA KAASKOEK
1 bakkie gladde roomkaas (nie maaskaas nie) – by kamertemperatuur
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
2 blikkie granadillapulp
1 pakkie pynappeljellie
Tertkors van jou keuse. Myne was sommer Tennisbeskuitjies
Bring granadillapulp tot kookpunt – los die jellie nou daarin op en plaas in yskas om koud te word. Nie stol nie.
Meng nou die kondensmelk en suurlemoensap.
Voeg nou die roomkaas by en roer goed deur.
Laastens roer die granadillapulp en jellie by en gooi in tert kors.
Laat afkoel in yskas.
Resep en foto: Amanda Vallero




ONGEBAKTE MELKTERT

ongebakte melkterttested
ONGEBAKTE MELKTERT
1 blik kondensmelk
3 blikkies melk
75 ml mielieblom
2 eiers
30 ml botter
1 ml sout
5 ml vanilla

Verhit kondensmelk en 2 ½ blikkies melk in mikro tot kookpunt.
In ‘n ander bak klits ander ½ blikkie melk, eiers en mielieblom saam.
Voeg bietjie van die warm by die koud en voeg dan eiermengsel by melkmengsel.
Mikro vir ongeveer 8 minute en roer elke minuut baie goed.
Voeg nou botter en vanilla by.
Pak koekies in reghoekige tertbak en gooi die mengsel oor. Strooi kaneel oor en verkoel vir ongeveer 3-4 ure.
Myne het binne ‘n halfuur buite die yskas geset en ‘n uur later het ons al geëet!!!
Foto: Liana Barnard Claassen




MARIE SE ECLAIR-TERT

2014-05-11-img-20140511-01918tested
MARIE SE ECLAIR-TERT
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 pakkies kits vanilla poeding
3 ½ koppie melk
250 ml orley whip (hier het ek room gebruik)

VIR SJOKOLADE VERSIERSEL:
3 eetlepels kakao
1 ½ koppie versiersuiker
3 eetlepels warm melk

Meng poeding en melk in mengbak.
Klits so 2 min. Klits orley whip in aparte bak. Vou in by poeding mengsel.
Smeer vierkantige bak en pak laag tennis beskuitjies. sit van die vulsel op en maak gelyk.
Bedek met nog laag beskuitjies. Maak lae tot vulsel op is. Laaste laag beskuitjies. Vir die versiersel meng bestandele tot glad. Sprei eweredig oor koek.
Verkoel vir paar uur of verkieslik oornag. Ek het net die hefte aangemaak. Die resep se Graham koekies en cool whip ek het tennis en vars room gebruik.
Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




SUURLEMOENMERINGUE-KAASKOEK

11947_757483480976640_92668735892879540_ntested
SUURLEMOENMERINGUE-KAASKOEK

Die bekende suurlemoenmeringuetert word net lekkerder as dit roomkaas bykry en as kaaskoek voorgesit word.
KORS
250 g Tennisbeskuitjies,
gekrummel
110 g botter, gesmelt

VULSEL
1 houer (230 g of 250 g) roomkaas
1 blik (380 g) kondensmelk
2 eiers, geskei
15 ml (1e) gerasperde suurlemoenskil
60 ml (¼ k) suurlemoensap
125 ml (½ k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n 20 cmveerklamppan se boom en kant met bakpapier uit.

KORS Meng die koekiekrummels en die gesmelte botter deeglik. Druk ’n derde van die mengsel op die boom van die pan en die res sowat driekwart teen die rand van die pan vas.
VULSEL Klits die roomkaas tot glad. Klits die kondensmelk, eiergele en suurlemoenskil en -sap by die
roomkaas en giet die mengsel in die kors.
Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en klits dan die strooisuiker geleidelik by tot die mengsel styf, glad en blink is.
Skep dit bo-op die vulsel en bak 10-15 minute of tot die meringue effens bruin is. Laat heeltemal in die pan afkoel voor dit uitgekeur word…

Foto: Wynand Chantelle Van Huyssteen‎

 




WARM APPELTERT

2014-05-04-appelterttested
WARM APPELTERT
So noem my ma hierdie ‘n warm appel koek. Maar ons het as kinders met hom groot geword as ‘n appel tert. Weet nie waar moeder die resep gekry het nie, maar hier is hy…
3 eetlepels margarien
1 koppie suiker
3 eiers
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
Knippie sout
1/4 koppie melk
1 blik tert appels
(Ek het sommer vars appels in bruinsuiker en water met klein bietjie suurlemoen sap tot sag gekook – jammer maar hier was die hoeveelhede volgens smaak en gevoel )

SOUS
125 gr botter
1 blikkie ideal melk (my ma het 1 1/2 koppie melk gebruik as plaasvervanger – ek verkies ideal melk).
3/4 koppie suiker

Room suiker en botter. Gooi eiers een vir een by. Voeg droë betanddele by. Meng met melk. Skep in gesmeerde bak en pak appels bo-oor. Bak by 180º vir ongeveer 35 min.

Intussen kook die sous bestanddele saam vir 10 min.
Wanneer die tert uit die oond kom. Gooi sous oor.
Tert kan warm of koud bedien word met room.
BRON- Joey Kemp

Ronel Muller Thoma:  En ek het dit sommer in muffinpannetjies gemaak.

appeltertjies Ronel




MELKTERT IN ‘N KOPPIE

2014-05-02-koppiemelkterttested
MELKTERT IN ‘N KOPPIE
4 koppies melk
3 eetlepels maizena
3 eetlepels koekmeel
Knypie sout
3 eiers
3 eetlepels botter (45 g)
1 teelepel vanilla
1 koppie suiker
Klits eiers. Voeg melk by maar los 1 koppie uit om meel mengsel aan te maak. Meng maizena, meel en sout met koppie melk en voeg by eiermengsel. Bring tot kookpunt maar roer heeltyd. Kook tot dik en romerig. Haal van hitte af en voeg botter, vanilla en suiker by. Meng en bring weer tot kookpunt. Gooi in koppies en sprinkel kaneel hoor. Verkoel in yskas. Hang af van die grootte van die koppies. Maak omtrent 6 koppies.
GENIET DIT!!!!!

BRON: Jacques Gericke




DANIE SE LEKKER TERT

 lekker terttested
DANIE SE LEKKER TERT

1 pakkie sjokolade kitspoeding
1 pakkie vanielje kitspoeding
1 pakkie aarbei kitspoeding
Maak elke pakkie aan soos op die aanwysings op die pakkies.
Maak 1 pakkie aarbeijellie met 1 koppie kookwater aan. Dit moenie stol nie.
Vat nou ‘n redelik diep glasbak.

Pak nou ‘n laag Tennisbiscuits om die beurt met die kitspoedings.
Gebruik ‘n omgekeerde lepel en gooi die aarbeijellie bo-oor.
Klop 1 pakkie Orley Whip-room styf en vou bo-oor die jellie.
Laastens Peppermint Crisp wat gekrummel is.
Sit in yskas vir so 2 ure voordat jy begin eet.

BRON: Danie Brits




MA SE MELKTERT

melktert - liztested

MA SE MELKTERT
Ek is lui, ek maak sommer korse van Mariebeskuitjies.
Ma se Melktert – lewer 2 terte of 2 groot tinfoil bakke en 1 kleintjie in hakkies
Kors:
1 koppie koekmeel
¼ koppie suiker
1 eier
1 teelepel bakpoeier
86 g margarine

Meng bogenoemde om deeg te vorm en druk vas in tertbakke.
Steek gaatjies op die bodem anders blaas hulle op, moenie te dik maak nie, bak in oond van 180 °C tot mooi bruin.

VULSEL
1 liter melk (500 ml)
125 g margarine (62.5 g)
Sout
1 koppie suiker (½ koppie)
4 eiers (2)
2 eetlepels koekmeel (1)
2 eetlepels maizena (1)

Kook saam:
Melk, botter, suiker, sout en vanilla.
Klits geel van eiers met 1 koppie melk van liter.
Klits meel en maizena daarin. Voeg melk mengsel by eier mengsel en klits goed.
Klits eierwitte styf en vou in by gekookte vulsel.
Gooi vulsel in die tertkorse, strooi kaneel oor en laat afkoel.
BRON- Chantelle Geldenhuys




LAAT DIE GEES JOU LEI – TERT


LAAT DIE GEES JOU LEI – TERT

Van die dames wat by Theodore werk, het die resep vir hom gegee. Hulle sê die tert het nie ‘n naam nie, maar jy maak hom… SOOS DIE GEES JOU LEI!!! En… moet sê… dis ‘n heerlike tert – en nou eers weer die treffer wat naweke gemaak gaan word!!

2 pakkies Marie beskuitjies
2 pakkies vanilla kitspoeding ( wat met melk aangemaak word)
1 koppie melk
1 blikkie kondensmelk
1 liter amasi – dit staan by die karringmelk op die rak
Meng die vanillakitspoeding en 1 koppie melk goed in mengbak
Klits die liter amasi daarby.
Gooi dan kondensmelk by en meng goed.
Pak beskuitjies onder in bak – en gooi laag vulsel, en weer ‘n laag beskuitjies dan laaste vulsel.
Krummel orige beskuitjies bo –oor en laat staan in yskas – verkieslik oornag dan trek die geur lekker deur.
Dit kan saam met roomys vir ‘n poeding ook bedien word.

Resep en Foto: Mariana Cassie Carosini