DOREA SE KOFFIETERT

koffieterttested
DOREA SE KOFFIETERT
4 eiers
1 koppie suiker
1 1/2 koppie koekmeel
2 eetlepel botter
1/4 teelepel sout
4 eetlepel melk
1 1/2 teelepel koffiepoeier
2 teelepel bakpoeier
4 eetlepel water
1 teelepel vanilla
1 pak karamel of butterscotch kitspoeding
1 pak botteltjie Orley Whip of ultra mel room
1 koppie melk
1 blik caramel kondensmelk

Klits eiers en suiker tot lig
Voeg sout by
Smelt botter melk water vanilla en koffiepoeier net tot gesmelt saam
Sif droe bestanddele en meng met eiermengsel
Voeg bottermengsel by en meng net liggies tot alles mooi gemeng is.
Gooi in tertbak wat gespuit is en bak by 180 grade vir so 30 min of tot toetspen skoon uit kom.

STROOP
12 eetlepel suiker
1 1/2 koppie water
1 teelepel vanilla
3 eetlepel brandewyn
2 eetlepelkoffiepoeier

Kook alles saam tot gesmelt
Haal tert uit oond en steek gaatjies met n vurk en gooi stroop dadelik oor
Laat afkoel
Smeer dan 1 blik karamel kondensmelk bo-oor

ROOM
1 Pakkie kitspoeding karamel of butterscotch ek het butterscotch gebruik
1 koppie melk
Maak kitspoeding met een koppie melk aan

Klits Orley Whip of room styf en voeg kitspoeding lepel vir lepel by.
Skep bo op tert.
Strooi ietsie op vir mooi lyk.
Sny in blokkies en geniet!
NS: Maak glad nie vet nie, alles is mos afgemeet.
Foto en bron: Dorea Fischer

 




MOCHA FUDGE SJOKOLADE TERTKOEK

sjokoladekoekterttested
MOCHA FUDGE SJOKOLADE TERTKOEK
Die resep het ek by n vriendin, Moira Kemp, gekry.
HEERLIK!

BESTANDDELE
KOEK
6eiers, geskei
1 en 1/2 koppie suiker
3 eetlepels kakao
3/4 koppie warm water
3/4 koppie kookolie
1 teelepel vanilla geursel
3/4 teelepel sout
1 en 1/2 koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
SOUS:
1 en 3/4koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies water
2 hoogvol eetlepels kitskoffie
VERSIERING:
1 blik caramel
250ml room
1 flake of fyngerasperde sjokolade
glanskersies
METODE
KOEK:
Klits eiergele met suiker tot lig en donsig.
Los kakao op in die warm water.
Terwyl eiergele en suiker klits, voeg by die kakaomengsel, kookolie en vanilla.
Sif droë bestanddele saam en vou by mengsel in.
Klits eierwitte styf, nie te droog nie, en vou by mengsel in.
Giet mengsel in goedbespuite, dieperige oondbak en bak vir ongeveer 45 min by 180 grade C.
SOUS:
Meng alles saam in `n kastrol en bring tot kookpunt en kook vir5 min.
Haal koek uit die oond, steek gaatjies in die warm koek en giet die kokende stroop egalig oor die warm koek en laat heeltemal afkoel.
VERSIERING:
Smeer die caramel oor die koek,
klits die room styf en smeer of spuit oor die caramel en sprinkel die fyn sjokolade bo-oor.
Versier verder met die cherries.
En daar`s hy !
NOTA;
Jy kan die koek uit die pan gooi, voor jy die stroop oorgooi.
Myne sit altyd vas in die pan omdat die stroop die koek baie bros maak.
Tensy jy die koek in die oondbak gaan los.
Geniet !, dis heerlik en dis nou al sjokolade koek wat ek bak

Foto:  Heidi Smal Smith




YSKASTERT MET KOEJAWEL

 

koejaweltert mandytested

YSKASTERT MET KOEJAWEL
1 groot rolkoek of ‘n pakkie klein rolkoekies, in skywe van 1 cm gesny
1 groot blik (825 g) ingelegde koejawels
60 ml vlapoeier
60 ml koue water
1 blik volroom-kondensmelk
5 ml gelatien opgelos in 10 ml warm water (gebruik liefs 10 ml gelatien vir veiligheid)
180 ml suurlemoensap
30 ml strooisuiker
1 houer ongegeurde roomkaas

Pak die rolkoekskywe op die boom van ‘n groot tertbak. Maak die blik met koejawels (en stroop) in ‘n kastrol leeg en verhit terwyl die koejawels met ‘n vurk of aartappeldrukker fyn gedruk word. Verhit tot kookpunt en prut vir 1-2 minute. Meng intussen die vlapoeier en water saam en voeg by die koejawels. Verhit – terwyl geroer word – tot kookpunt. Prut vir twee minute en verwyder van die hitte. Laat vir 15 minute afkoel. Klits die kondensmelk, gelatienmengsel, suurlemoensap, strooisuiker en roomkaas goed saam. Vou die koejawelmengsel hierby in tot goed gemeng en skep versigtig oor die rolkoek. Verkoel tot stewig.
Sit voor as nagereg of met teetyd met geklopte room en skyfies vars koeljawel, indien verkies. Lewer 1 groot tert.
Resep: Rina Kleinhans
Nota en foto:  Mandy Nel – Ok hier is terugvoer. “Needless to say” die bak is leeg. Tert ‘n klein bietjie pap, ek sal meer gelatien byvoeg. Die suurlemoensap is net reg, minder en die tert gaan net TE soet wees. Rina hy was “devine” hoor.




MARSHMALLOW TERT MET OREO KORS EN SWART KERSIES

10471101_10203282408493295_6094345069120176638_ntested
KORS: 2 Pakkies Oreo fyn gemaak met n halwe koppie gesmelte botter.
Druk in tertbord vas.
VULSEL:
45 Marshmallows
1 k melk
1 t vanilla
2 x bakkies roomkaas
2 x Orley whip
1 blik swart kersie (gedreineer)
Halwe blikkie kondensmelk
METODE:
Melk in kastrol op stoof – smelt marshmellows in melk oor lae hitte
Klop room styf, voeg vanilla by. Klop roomkaas en kondensmelk by. Laat mashmallows afkoel.
Voeg roomkaasmengsel en marshmallows saam. Meng goed. Plaas bo-op
kors. Druk swartkersies orals in. Laat stol in yskas tot geset.

Foto: Rindi Scheepers-Becker




LEKKER MAKLIKE MELKTERT

Annie Moulie Melkterttested
LEKKER MAKLIKE MELKTERT
Vir die kors pak tennisbeskuitjies in die bak
800 ml melk
3 eiers
3 eetlepels koekmeel
3 eetlepels mielieblom
Knypie sout
15 ml botter gesmelt
2 ml vanieljegeursel
3/4 koppie suiker
gemaalde kaneel/suiker

Bring melk tot kookpunt in die mikrogolfoond.
Voeg vanieljegeursel by melk.
Klits eiers goed, voeg suiker , botter by en meng.
Voeg koekmeel, mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed.
voeg eiermengsel by melk en roer goed.
Kook tot dik, roer die heeltyd.
Gooi in bak, strooi kaneel suiker.
Sit in yskas vir 3 ure en geniet.
(Resep geheim sit innie roer)
Bron en Foto: Annie Moule




CHOCOLATE ÉCLAIR CAKE

10419657_669458653135328_276350693_ntested
CHOCOLATE ÉCLAIR CAKE

Ingredients
1 cup water
1/2 cup butter
1 cup all-purpose flour
4 large eggs
1 (8 ounce) package cream cheese, softened
1 large box (5.1 ounces) vanilla instant pudding
3 cups milk
1 8 oz. container cool whip (just enough for a thin layer. I don’t use the whole container) or one batch of homemade whipped cream
chocolate syrup or homemade chocolate sauce

1. Instructions:
2. Preheat oven to 400. Lightly grease a 9″x13″ glass baking pan.

3. For the Eclair Crust: In a medium saucepan, melt butter in water and bring to a boil. Remove from heat. Stir in flour. Mix in one egg at a time, mixing completely before adding another egg. Spread mixture into pan, covering the bottom and sides evenly. Mixture will be very wet. *If the sides of your pan are too greased you won’t be able to get the mixture to stay up the sides so make sure to just lightly grease. No big deal but I like the crust to go up the sides a bit.

4. Bake for 30-40 minutes or until golden brown (Mine only took 25 minutes.) You may want to check it occasionally-you don’t want to overcook the crust, it will ruin the cake! Remove from oven and let cool (don’t touch or push bubbles down).

5. For the Filling:
Whip cream cheese in a medium bowl. In separate bowl make vanilla pudding by beating the pudding mix and the milk for 3 minutes and put in the fridge until set. Make sure pudding is thick before mixing in with cream cheese. Slowly add pudding to cream cheese, mixing until there are no lumps. Let cool in fridge.When the crust is completely cooled, pour filling in. Top with layer of
cool whip however thick you want it. Serve with a drizzle of chocolate syrup. *If you want to make this even better use homemade whipped cream.
BRON- By: Isobel Dunkley – Independent Advanced Director w. The Pampered Chef(R)

FOTO- Wiandra Nel

Wiandra Nel Die bodem is soos room poffertjies sou nooit aan dit gedink het as n base vir n `koek`
Wiandra Nel Die resep se chocolate sauce ek het chocolate gesmelt en op wax papier gegooi en dit toe oor gesit op die `koek`




URSHELA SE PEPPERMINT CRISP TERT

peppermint tert urselatested
URSHELA SE PEPPERMINT CRISP TERT

1x 250 ml “Double cream room”
2 stafies peppermint crisps
1 blik caramel treat
1 pakkie Tennis beskuitjies
10 ml brandewyn (ek het so bietjie ge improvise en die self bygesit en dis vrek lekker)

Klits room tot styf krummel 1 stafie sjokolade en voeg by klits nou die karamel treat en brandewyn by. Pak lagies tennis beskuitjies en dan “beslag” krummel laadte stafie sjokolade bo oor en laat verkieslik oornag in die yskas

Bron en foto: Urshela Faurie




URSHELA SE MELKTERT

2014-06-05-peppermintenmelktert-001tested
URSHELA SE MELKTERT
Kors
1 pak tennisbeskuitjies
125 ml gesmelte botter
5 ml kaneel
2.5 ml nutmeg (neutmuskaat)

Smelt botter en meng met gekrummelde tennisbeskuitjies, gooi kaneel en nutmeg by en meng goed, druk dan die “deeg” in ‘n tertbak uit vir tert kors

Tert beslag
Kook 1 liter melk met 2 tlp botter en ‘n stokkie kaneel
In ‘n voedselverwerker meng:
80 ml koekmeel
80 ml maizena
1 ml sout
125 ml melk
200 ml suiker
3 eiers
5 ml vanilje
(Ek het 5 ml “frangelico” liqeur bygegooi vir n neuterige smaak, die alkohol kook uit so moenie worry nie, dis veilig vir kinders)

Sodra die melk mengsel begin kook voeg die gemengde bestanddele by en roer.
Roer tot dit dik word en soos “slap pap” prut, giet in jou tert dop en strooi kaneel oor…..en dan drink jy die res van die bottel frangelico uit en gee die tert kans om af te koel
Bron en foto:  Urshela Faurie

 




CHOCOLATE CARAMEL FRIDGE TART

2014-06-04-chocolatecaramelfridgetarttested
CHOCOLATE CARAMEL FRIDGE TART
2oo g chocolate biscuits
1 chocolate Flake
500 ml ml Fresh Cream.
1 Tin Caramel Condensmilk.

Arrange bicuits in a greased dish. Whip cream untill stiff and add in caramel. Pour half mixture over biscuits,arrange another layer en pour rest of mixture over, Decorate with crushed flake and allow to set in fridge overnight!!! AND ENJOY!!!
Source: Desi Mc Intyre Jordaan

Sonja de Wit: los die flake en pepermint crisp uit en sit dan bar one en almond neute in dis baie lekker – ek het dit sommer eendag probeer en dis die lekkerste




EBEN SE APPELTERT

2014-05-31-appeltert
EBEN SE APPELTERT
3 rooi appels gerasper
100 g suiker
1 eetlepel kaneel
200 g meel
220 g botter
1 groot eier

Kook die appel in 20 g botter en voeg helfde van die suiker by en die kaneel by, kook vir 5 min

Vir die deeg:
Vryf die botter, meel en oorbluiwende suiker bymekaar totdat die mengsel lyk soos growwe krummels. Meng nou die eier in totdat dit ‘n stuiwe deeg vorm
Laat die deeg in die yskas rus vir 10 min. Nou rol die deeg uit in ‘n tert bak, maak seker om ‘n biedjie te hou as versiering.
Bak nou die deeg vir 10 min of tot dat dit lyk of dit begin kleur verander teen 200°C
Haal dit uit, vul met appel versier met oorblywende deeg en bak ‘n verdere 15 min.
Bedien met koffie en room
Bron: Eben Alexander van Rensburg