SJOKOLADE VERRASSING

2014-08-27-sjokoladeverrassingtested
SJOKOLADE VERRASSING

Het hierdie heerlike sjokolade met neute en gedroogte vrugte vanoggend op TV gesien! Maar ek het nou nie neute gehad nie sommer mixed peel stukkies van Trumps oorgegooi.

En 500gr donkersjokolade gesmelt en Wit sjokolade. Dan smeer jy eers bie donker sjokolade onder in pan met waspapier wat jy gespuit het met cook en spray dan weer wit sjokolade bo oor. Gooi dan vrugte en neute bo oor en plaas in Yskas dat sjokolade hard geword het en sny in blokkies!
Foto: Ronel Muller Thoma




HONEY COMB FRIDGE TART

tested
HONEY COMB FRIDGE TART

250 g Tennis biscuits
150 g butter
4x 50 g Crunchie bars
600 ml thickened cream
395 g condensed milk
15 ml lemon juice
Grease pyrex or pans of your choice.
Mix melted butter with crushed biscuits and press down for base.
With an electric beater, whisk cream till it forms stiff peaks.
Mix lemon juice with condensed milk and add to stiff cream.
Crush 3 Crunchie bars and fold into cream.
Pour over base and sprinkle 4th crushed Crunchie on top.
Place in freezer to set or in fridge overnight. ENJOY!
Source: Estrela Oosthuizen

Foto en variasie deur Colyn Serfontein
ek het die resep gevolg vir die mengsel behalwe ek het die crunchy met peppermint crisp vervang en ek het my kors gemaak met gemmerkoekies, stork en bruinsuiker. O ja … ek het net 500ml Room gebruik … dis so groot my houertjie was

 




AMARULA FRIDGE TART

amarulatested

AMARULA FRIDGE TART
2 packets Tennis Biscuits
1 tin caramel condensed milk
300 ml Amarula
3 cups milk
2 heaped tablespoons corn flour
1 heaped tablespoon flour
4 eggs
¾ cup sugar
METHOD:
Place a layer of biscuits in container, using ¾ of the packet.
Sprinkle 100 ml Amarula over the biscuits.
Open the condensed milk and put large blobs on each biscuit and then flatten with a table spoon.
Put another layer of biscuits on top and sprinkle with 100 ml Amarula.
Heat the milk in a saucepan, take ½ a cup of the milk and mix the sugar, corn flour and flour to a paste.
Bring milk to boil, slowly add the mixture to the milk and take care not to get lumps.
Slowly bring back to boil, lower the heat and let simmer for 5 minutes, make sure it does not burn.
Separate the eggs.
Beat the egg yolks very well, add some of the warm mixture to this as to warm it slightly, then add it slowly to the warm mixture, mix well and set aside.
Beat the egg whites until stiff and fluffy, add 100 ml Amarula and fold into the warm mixture.
Spread this on top of the biscuits.
Crumble the biscuits that are left over and sprinkle on top.
Refrigerate when cool.
Photo:  Lizele Eleanor Markgraaff




VINNIGE MELKTERT

marli se melkterttested

VINNIGE MELKTERT
1 liter melk
4 eeetlepels koekmeel
4 eetlepels maizena
Knippie sout
2 eiers
1 1/2 koppies bruinsuiker
3 eetlepels margarien
1 teelepel vanilje essence
Kaneel
1 Pk tennis beskuitjies vir kors net so uitgepak in tertpan

Kook melk margarien en vanilje essence saam tot kookpunt.

Klits die eiers, meel, suiker, maizena en sout met so 1/2 koppie melk en roer by die kokende melk in Stel die hitte laag en kook oor lae hitte tot mengsel lekker dik is en gooi oor tennisbeskuitjies . Strooi kaneel oor en laat die tert goed afkoel voor jy hom in die yskas bere anders sweet die tert! Geniet!
Resep: Anita Bauman
Foto:   Mareli Ahlschläger

Nota:  Ek vervang 2 lepels maizena met 2 lepels vlapoeier en dit maak hom nog lekkerder.
Rina Kleinhans

 




PEER- EN GEMMERTERT

gemmer en peer terttested
PEER- EN GEMMERTERT
Kors:
250 g koekmeel
125 g botter
klein bietjie koue water om dit te bind
Klein bietjie ekstra meel vir wanneer jy dit uitrol
Vulsel:
100 g botter
125 g strooisuiker (daai fyn een)
200 g bruismeel
2 medium eiers
90 g stem gemmer (daai wat ingelê is in stroop)
1 teelepel gemmerstroop
½ teelepel bakpoeier
6 klein “desert” pere (ek het 2 blikkies ingelegte pere gebruik)
klein bietjie Demerara bruin suiker vir sprinkel

Kors:
Meng meel en botter met vingers tot dit krummelrig is. Voeg koue water bietjies vir bietjies by tot jy ‘n deeg bal het. Laat dit staan vir 15 min.
Rol uit en druk dit vas in ‘n gesmeerde tertbord. Ek het twee foelie borde gebruik wat ek gesmeer het met botter en die kante netjies afgesny het en met ‘n vurk aan die kante vasgedruk. Sny ‘n sirkel waspapier uit en plaas dit bo-op die tert met ‘n paar rou boontjies (enige tipe). Bak teen 220°C vir 15 min (200°C vir waaier oonde).

Intussen berei die vulsel voor. Skil pere en haal pitte uit. Sny 3 pere in fyn stukke. Sny die ander in skyfies om bo op die tert te pak. Sny die 90 g gemmer in fyn stukkies.
Smelt die botter. Haal dit van die stoof af en meng die suiker, meel, eiers, gemmer, 1 teelepel gemmer stroop, ½ teelepel bakpoeier en die fyn gesnyde pere saam.

Vul die tert dop met die mengsel en plaas die ander peer skyfies bo-op die tert. Sprinkel bietjie bruin suiker en bak teen 180°C tot bruin (160°C vir waaier oonde). Myne het ek ingehad vir 20 min.
Resep aangepas en foto deur Ann Fischadler




FRANSE APPELTERT

franse appelterttested

FRANSE APPELTERT
2 eetlepels botter
1 koppie suiker
10 appels geskil en in kwarte gesny en met suurlemoensap liggies bedek.
Puff pastry

Smelt botter in pan en voeg suiker by en karameliseer.Koel af
Pak appels binne in die pan en bedek met blaardeeg . Vou deeg wat oorhang effe terug om rant te vorm en bak in voorverhitte oond van 200°C vir 30 min. Laat afkoel. Plaas bord bo-op tert en keerom. Bedien met room.

Resep en foto:  Anthony Raymond




AMARULA DRIEHOEK VRIESKASTERT

amarula driehoek terttested

AMARULA DRIEHOEK VRIESKASTERT

100g botter
60ml strooisuiker
250g roomkaas
1 eier
18 Tennisbeskuitjies
rooi & groen kersies
75ml Amarula likeur
200g donkersjokolade
1 Peppermint Crisp

Room botter en strooisuiker, klits eier en voeg by, roer roomkaas en 50ml Amarula by tot goed gemeng. Plaas in vrieskas tot halfpad gevries. Pak Tennisbeskuitjies op foelie in 3 x 6 rye . Sit lepelsvol van roomkaasmengsel op middelste ry , pak rooi & groen kersies bo-op en plaas res van mengsel daarop. Vou buitenste Tennisbeskuitjies boontoe om ‘n driehoek te vorm, vou foelie om en plaas tert in vrieskas tot heeltemal gevries. Smelt

donkersjokolade en roer 25ml Amarula by.
Smeer buite om tert en versier met stukkies
Peppermint Crisp. Sny in snye en bedien as ‘n spesiale bederf.

Foto: Ria Grobler Mc Carthy




POST TOASTIES TERT

2014-08-10-posttoastieterttested
POST TOASTIES TERT
Foto: Marisa Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
Kors
Post toasties fyn gedruk
Gesmelte botter of margarien
Kaneelsuiker

Vulsel
1 Liter melk  en 1 eetlepel botter of margarien
¾ koppie suiker
¾ koppie koekemeel
Knippie sout
2 eetlepels maizena
1 teelepel vlapoeier
5 eier gele
¼ koppie melk
Vanilla na smaak

Bolaag
5 eier witte
5 eetlepels suiker

Bring die melk en botter tot kookpunt. Draai hitte stadiger.
Meng die res van die bogenoemde vulsel saam in mengbak.
Voeg by die kook melk.
Roer deur tot dit dik raak terwyl dit stadig kook.
Haal af van die stoof af.
Voeg vanilla by.
Skep vulsel op die kors.
Klits eierwitte styf skep bo-op  die vulsel.
Bak teen 180ºC vir so 8-10 min.

 




MA RITA SE YSKASTERT

ma rita se yskasterttested
MA RITA SE YSKASTERT
1 Liter Melk
2 Blikkies Kondensmelk
100ml Vla Poeier
Knippie Sout
125ml Suiker
100ml Suurlemoen Sap, soms het mens meer nodig voor kondensmelk dik raak, laat staan mengsel so 5 min en kyk of dit dik word, indien nie voeg nog so bietjie suurlemoen by.

Kook Liter Melk met knippie sout in, voeg suiker en Vlapoeier (met bietjie water gemeng) by. Roer tot dik en gaar. Laat bietjie afkoel.
Meng Suurlemoen en kondensmelk
Spuit ‘n reghoekige bak (2.5L) met Spray n Cook
Pak ‘n laag tennis beskuitjies onder in
Giet helfte van vla oor, maak gelyk en pak weer ‘n laag beskuitjies
Giet kondensmelk mengsel op beskuitjies en maak gelyk, pak weer ‘n laag beskuitjies
Giet res van Vla oor, maak gelyk en krummel laaste paar beskuitjies en sprinkel bo-oor
Plaas in yskas tot koud en gestol.

Resep:  Elizabeth Margaret Hendrikz




TART TATIN

tart tatintested
TART TATIN

1 rol blaardeeg
125 g botter
300 ml suiker
appels, pere, appelkose, pruime, piesangs, pynappelblokkies enige een van die vrugte, genoeg om styf te pak in ‘n pan van omtrent 230 mm wat op ‘n stoof en in ‘n oond kan gaan.

Sit die botter en suiker in die pan en laat toe om stadig te smelt. Haal af van die stoof. Pak die vrugte styf teen mekaar in ‘n sirkel in die pan. Sit terug op die stoof en laat dit stadig kook tot die suiker ‘n ligte karamel kleur kry. Omtrent 15 min. Moet nie dat die karamel donker word nie. Haal van stoof af en sit die blaardeeg bo-oor. Vou die deeg in die kante in. Bak by 180 vir omtrent 35 min. Laat staan vir 10 min en keer om op opdienbord. Bedien met room of roomys.

RESEP: Martie Fourie Moolman