ADAM SE KORSLOSE MELKTERT

10347546_773669309365802_6935523232275916343_ntested
ADAM SE KORSLOSE MELKTERT

Vir 2 terte:
4 eiers
1 koppie suiker
4 koppies melk
1 teelepel bakpoeier
kaneellpoeier
2 eetlepels margarine
1 koppie meelblom
1 een telepel vanielje geursel
knippie sout
Room die botter en suiker met ‘n vurk. Skei die eiers. Meng die eiergele een vir een by die botter en suiker in en voeg die sout by. Voeg die meelblom by en meng goed. Giet die melk stadig by terwyl geroer / geklits word en daarna die geursel en bakpoeier. Klits die eierwitte styf, voeg by die mengsel en vou in. Giet die mengsel in ‘n gesmeerde bak wat liggies met meel besprinkel is en strooi bietjie kaneel bo-oor. Bak vir 50 – 60 minute by 180ºC. In die gasoond het ek dit vir dieselfde tydperk op die 200º merk gebak en toe nog vir so ‘n 5 minute in die oond gehou na dit afgesit is.

Bron en Foto: Adam Cloete




PEKANNEUTTERT

Pekanneutterttested

 PEKANNEUTTERT
Foto: Marika Tegmann
2de FOTO – Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
Kors
190 g botter
325 g koekmeel
35 g strooisuiker
2 eiergele geklits met 75 ml koue water

Plaas botter, meel en suiker in voedselverwerker. Verwerk tot gemeng en soos broodkrummels lyk. Terwyl verwerker aan is voeg eiermengsel by. Meng tot deeg vorm. Haal uit en maak toe in kleefplastiek. Laat in yskas rus vir 30 minute. Rol uit op meelbestrooide oppervlak. Spuit 24cm tertbak en voer uit met deeg. Bak blind vir 15 minute by 180ºC. Laat afkoel.

Vulsel
300 g pekanneute
4 eiers
200 g sagte bruin suiker
190 ml goue stroop
Knippie sout
60 ml gesmelte botter
5 ml vanilla  geursel

Kap 200 g pekanneute grof in voedselverwerker. Gooi gekapte neute in afgekoelde tertdop.
Klits eiers, bruin suiker, stroop, sout, botter en vanilla geursel saam. Giet oor gekapte neute in die tertbak. Rangskik 100 g heel neute bo-op. Bak 40 minute teen 180º C. Sit warm of by kamertemperatuur voor.




KONDENSMELK JOGURT-TERT

kondensmelk jogurt terttested
KONDENSMELK JOGURT-TERT

1 Blik Kondensmelk
500ml Jogurt

Meng saam sit in mikrogolf oond vir 2 min roer weer 2 min roer. Gooi in tert bord. Laat koud word. Ek het n kors gemaak met tennis beskuitjies, en met room versier.
Resep:  Jolandi Greyling

Foto:  Bernadene Daniell Prinsloo – Ek het net n lekker stywe jellie bolaag gemaak vir afronding. maak 1pk jellie aan met 125ml warm water en 125ml koue water, nie soos op die pakkie nie.
Die arbei ene het ek Boudoir Koekies net in die bak gepak en die vulsel bo oor. Dit lyk baie mooi as mens dit sny. Die pynappel ene het ek gemmerkoekies gebruik. Die smaak werk lekker saam.




GEBAKTE AMARULA-TERT

Amarula terttestedamarula tert reonamarula tert 2 reon
GEBAKTE AMARULA-TERT
Resep wat ek by vriendin gekry het – lekkerste tert wat ek ooit geëet het.
60 ml kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula
1 blikkie karamel kondensmelk
Styf geklopte room en Flake

Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel. Klits suiker, olie en eiers een vir een saam. Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur. Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel, meng goed deur. Gooi in glasbak 22 cm/30 cm vooraf gespuit met cook n bake. Bak by 180°C vir 25-30 min.
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is. Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur. Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor. Laat heeltemal afkoel.
Versiering:
Karamel kondensmelk en room strooi Flake fyn bo-oor.
Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn Flake oor.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto:  Reon Conradie




FRANGIPANI-TERT MET APPEL

Frangipannetaart met appeltested
FRANGIPANI-TERT MET APPEL

Eén vel kruimeldeeg (kruimeldeeg)
2 appels (één om in schijfjes op de bodem te leggen , één om in grove
blokjes onder het deeg te mengen)
120gr zachte boter
150gr amandelpoeder
150gr bloemsuiker
50gr (vloei)bloem
3 eieren
1el amandelschijfjes
1el vanillesuiker (beiden om op de top te strooien)
Enkele sliertjes honing om over de top de dresseren (geeft een mooi effect
bij het bakken)

De oven voorverwarmen tot 180°
Doe de drie eieren in een kom en klop deze op tot ze wit zien. (ik gebruik de Kitchen Aid)
Meng lepel per lepel het amandelpoeder, de bloemsuiker en de bloem er onder tot een smeuïg deeg.
Voeg de zachte boter in blokjes bij het deeg tot deze er volledig zijn in opgenomen.
Meng de appelblokjes onder het deeg.
Plaats het kruimeldeeg met opstaande randen in een ronde (spring)bakvorm (25cm diameter) en leg de schijfjes appel op de bodem.
Bestrooi met ½ van de lepel vanillesuiker.
Giet het deeg in de vorm en strijk met een vork aan tot de wanden.
Plooi deze naar binnen en druk licht aan.
Bestrooi met de amandelschilfers en de ½ el vanillesuiker.
Dresseer zigzagsliertjes honing over de top.
Plaats de bakvorm voor 40 minuten in de oven.
Smakelijk.

Foto en Reseo: Jos De Pauw




KOFFIE YSKASKOEK

koffie yskaskoektested
KOFFIE YSKASKOEK
500 ml (2 koppies) versiersuiker
250 ml (1 koppie) botter, by kamertemperatuur
30 -45 ml (2- 3 eetlepels) sterk swart koffie
3 eiers
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
Knippie sout
2 pakkies mariebeskuitjies

Smeer jou tertbord ( in die geval glo ek in my cook and spray).
Meng versiersuiker en botter en klop met n houtlepel of elektriese klitser tot lig.
Voeg koffie-ekstrak by en meng goed.
Klits eiers tot liggeel en voeg by. Klop weer goed en voeg geursel en sout by.
Breek beskuitjies in stukkies, voeg by en meng versigtig. Skep in voorbereide tertbord en laat in yskas styf word.

FOTO- Juanita Vermeulen en Geraldine Marais




HEILA SE MELKTERT

melktert - liztested
HEILA SE MELKTERT
Deeg:
150 g botter (saggemaak) kamertempretuur )
90 ml ( 6 eetlepels) strooisuiker
2 eiers
500 ml (2 koppies) koekmeel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
‘n knippie sout

Vulsel:
50 g koekmeel
50 g mielieblom
‘n Knippie sout
750 ml. (3 koppies) melk
60 g botter
1 blikkie (385 g) kondensmelk
5 ml  vanielje
3 eiers, goed geklits
60 ml (1/4 koppie )strooisuiker
Versiersuiker en fyn kaneel om oor te stuif.

DEEG.
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer twee springveerkoekpanne met ‘n deursnee van 20 cm. Room botter en strooisuiker saam tot lig van kleur en donsig. Voeg eiers een op ‘n slag , by en klits goed na elke byvoeging. Sif  droë bestanddele daarby en roer tot ‘n sagte deeg vorm. Verdeel  deeg in twee stukke. Stuif meel liggies oor ‘n skoon werkoppervlak en rol elk van die stukke deeg daarop uit totdat elkeen groot genoeg is om die boom en kante van een van die bereide koekpanne te voer. Pruk deeg met ‘n vurk en blindbak  dit vir 20 minute. Plaas eenkant. Hou oond aan.

VULSEL.
Meng  koekmeel , mielieblom en sout saam in ‘n mengbak. Voeg 125 ml (1/2 koppie) van melk by en maak ‘n pasta. Verhit  orige melk oor lae hitte totdat dit kook. Voeg meelpasta geleidelikby kokende melk en roer met sterk hale deur tot dit verdik. Haal van die stoofplaat af , voeg die botter by , en meng deur tot dit gesmelt het. Voeg  kondensmelk en vanielje by. Klits  eiers saam met die strooisuiker, voeg die melkmengsel by en roer n minuut lank met sterk hale. Verdeel die vulsel gelykop tussen die tertdoppe. Bak vir 30 – 40 minute , of tot gestol en goudbruin. Laat dit afkoel en plaas dit dan in die yskas tot nodig. Stuif versiersuiker oor en sprinkel daarna die kaneel ruimskoots oor. Sit voor. En Geniet die tert julle.
Resep: Heila De Bruin




VLASKYWE MET MIELIEBLOM

vlaskywe petrovlaskywe liezelvla skywe met mielieblomtested

VLASKYWE MET MIELIEBLOM

Die resep lewer 30 vlaskywe

1 pak (200g) cream cracker-beskuitjies
1 liter melk
200g (250ml) suiker
50g (60 ml) botter of margarine
60g (120ml) koekmeelblom
50g (100 ml) mielieblom
10 ml vlapoeier
2 ml sout
100 ml koue water
3 eiers, geskei
5ml vanieljegeursel
250g (500 ml) versiersuiker, gesif
Sowat 40ml kookwater

Smeer ‘n vlak glasbak van 35 x 25 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel.
Pak 15 van die kraakbeskuitjies in rye van 5 x 3 op die boom van die bak en sorg dat die halveringslyne van die beskuitjies almal in dieselfde rigting lê.
Vehit die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die suiker en botter of margarine by en roer tot gesmelt. Haal dit van die stoof af.
Meng die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik.
Voeg die eiergle by en klits goed.
Klits van die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. Gooi dit terug in die kastrol by die res van die melk. Roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 minute tot dik. Haal van die stoof af en roer die vanieljegeursel by. Klits die eierwitte todat sagte punte vorm. Vou die eierwitte liggies met ‘n metaallepel in die vlamengsel in.
Gooi die warm vla oor die beskuitjies in die bak. Bedek die vla met ‘n verdere 15 beskuitjies in rye van 5 x 3 en sorg dat die halveringslyne in dieselfde rigting as die onderste laag s’n lê. Laat die vlavulsel afkoel en plaas dit in die koelkas om heeltemal koud te word.
Meng die versiersuiker en kookwater tot ‘n smeerbare versiersel. Gooi dit stadig oor die kraakbeskuitjies en smeer dit ewe dik. Hou dit in die koelkas toe benodig. Sny die vlaskywe so groot soos halwe kraakbeskuitjies wanneer jy hulle opdien.

Foto: Melanie Elms Volmer en Liezel van der Merwe en Petro van Genderen

Eddie Rocher Custard slices
1 Packet cream crackers
1 liter milk
250 ml sugar
60 ml butter
120 ml flour
100 ml mezina
12.5 ml custard powder
1 teaspoon baking powder
2 ml salt
125 ml cold water
3 eggs seperated
5 ml vanilje
500 ml sifted icing sugar
40 ml boiling water
10 ml lemon juice

Grease a bowl (pirex, tart dish) and place a layer of the cream crackers in the dish. Heat milk till boiling point. Add sugar and butter and stir until melted. Take from stove. Mix flour, mezina, custard powder,salt,baking powder with cold water until a paste. Add egg yolks one for one by the flour paste and beat well. Pour a little bit of milk by the paste mixture so it can beat easily. Add the flour paste bit by bit by the milkmixture and boil on low heat. Stir all the time for 5 min till thick. Remove form stove and stir in vanilje essence. Fold in the beaten egg whites(stiff peaks) lightly in the mixture. Pour the warm custard mixture over the biscuits and place another layer of biscuts on top. Place in the fridge to set and cooled down.

Mix icing sugar and boilingwater and lemonjuice together and pour over the tart. Cut into pieces and serve.


Foto: Elsabie Templeton
Kommentaar
My feestelike vlaskywe 🎉 die resep is dieselfde as die ene in Huisgenoot Wenresepte. Wat ek wel verander het, ipv mielieblom én vlapoeier het ek net vlapoeier gebruik (60 g). Vlapoeier is maar net gekleurde en gegeurde mielieblom.




PYNAPPELTERT

pynappel terttested
PYNAPPELTERT
Ek het die naweek hierdie tert gemaak en dit is heerlik, lekker klam en saam met bietjie styfgeklopte room is dit ‘n heerlike tert of nagereg.
45 ml margarien
250 ml strooisuiker of Zylitol
2 ekstra groot eiers
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2.5 ml sout
60 ml melk
1 blik (432 g) fyn pynappel
1 peer of appel geskil en in half maantjies gesny, kook so rukkie in die mikrogolf in bietjie water net om dit sag te maak, hou eenkant
Stroop:
250 ml suiker of Zylitol
250 ml room
5 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180°C. Berei tertpan of losboom koekpan voor, selfs ‘n vierkantige glasbak sal reg wees. Dit is nie groot belag nie, so as jy dit nie dun wil hê nie gebruik so 20 cm pan.
Room die margarien en strooisuiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een een by en klits goed na elke toevoeging. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en vou in die mengsel in alternatiewelik met die melk. Gooi die pynappel in ‘n sif en druk al die sap uit, meng die pynappel by die mengsel in. Gooi in jou voorbereide pan. Pak nou die peer/appel bo-op die tert in ‘n mooi patroon. Bak vir ongeveer 1 uur tot toetspen skoon uitkom. (Myne het langer gebak.)
Terwyl die tert in die oond is, kook die stroop se bestanddele saam tot suiker lekker opgelos is. Steek die warm tert met ‘n tandestokkie vol gaatjies wanneer hy uit die oond kom. Gooi warm stroop oor warm tert. Help maar so teen die kante dat die stroop lekker kan intrek.
Bedien afgekoel saam met lekker styf geklopte room.
Yummies verby.
Foto: Rina Kleinhans




KORSLOSE LEMOEN-MELKTERT

lemoenmelkterttested
KORSLOSE LEMOEN-MELKTERT
LEWER 2 TERTE VAN 20 CM
15 g botter
40 g suiker
3 groot eiers, geskei
130 g koekmeel, gesif
knippie sout
500 ml (2 koppies) melk
250 ml (1 koppie) vars lemoensap
skil van 1 lemoen
suiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer twee tertpanne van 20 cm elk.
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiergele een vir een by.
Voeg die meel en sout by en meng goed.
Voeg die melk, lemoensap en lemoenskil by en meng goed.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in.
Giet die mengsel in die voorbereide tertpanne en bak 30 minute tot goudkleurig en gestol.
Strooi ’n bietjie suiker oor wanneer dit by die oond uitkom.
FOTO:  Marie Rheeder Troskie