AARBEI-MAASKAASTERT

2015-02-21-aarbeikaasterttested
AARBEI-MAASKAASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
l blik aarbeie
250 g maaskaas
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
1 teelepel vanilla geursel
2 teelepels gelatine opgelos in 62 ml water
250 ml room
Dreineer aarbeie en maak sous deur sap te verhit.
Meng 25 ml suiker en 10 ml maizena met ‘n bietjie van die sap.
Voeg by die sap en kook vir 2 min. Laat afkoel.
Meng maaskaas, kondensmelk suurlemoensap en vanilla by goed tot glad
Smelt gelatine oor kookwater en voeg by, meng deur.
Voeg geklitste room by en meng net deur. Skep die maaskaasmengsel in ‘n voorbereide tertbak.
Versier met aarbeie en giet die afgekoelde stroopmengsel oor.
Plaas in die yskas om te stol.

Resep en foto: Annelise Engelbrecht




SUURLEMOEN KARAMELTERT

Suurlemoen karamel terttested
SUURLEMOEN KARAMELTERT
1 pakkie suurlemoenjellie
1 koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk (verkoel)
1 blikkie gekondenseerde melk (stoom blikkie vir 3 ure lank) ( opsioneel)
1 pakkie tennis beskuitjies

1. Los jellie op in die kookwater en laat af koel
2. Klits die ingedampte melk tot styf en voeg jellie by
3. Voeg gekondenseerde melk wat tot karamel gekook is by terwyl aan hou klits
4. Pak laag tennis beskuitjies in tertbord en gooi halfte van mengsel oor
5. Pak weer ‘n laag beskuitjies en gooi res van mengsel oor
6. Versier met geklitste room en kersies
7. Plaas in koelkas
Resep en Foto: Geplaas deur Christine Valentine




KITI SE KORSLOSE MELKTERT

korslose melktert kititested
KITI SE KORSLOSE MELKTERT
4 koppies melk (1 liter )
5 ml bakpoeier
50 ml botter
3 eiers
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
Knippie sout
5 ml vanilla

Skei eiers en klits eierwitte styf met bietjie van die suiker en vanilla
Klits eiergele, botter en res van suiker tot skuim.
Meng droee bestanddele en vou in eiergele in, dan melk en sout.
Vou eierwit in by die eiergeel mengsel.
Gooi in pan of twee kleiner panne en bak vir 30 minute teen 180ºC.
Indien verkies kan jy gesmelte botter oor die klaargebakte tert smeer met ‘n kwassie, kaneelsuiker oorstrooi en dan onder ‘n grill sit tot gesmelt.
Hou dop want dit brand maklik.
Foto en resep:  Kiti de Jager




MA MIEMIE SE MELKTERT

melktertetested
MA MIEMIE SE MELKTERT
Melktertvulsel (1 tert)
2 eetlepels koekmeel – opgehoop
1 eetlepel Maizena – opgehoop
3 eiers – geskei
1/2 koppie suiker
3/4 liter melk
1 teelepel vanilla
Knippie sout

Melktertvulsel (2 terte)
5 eetlepels koekmeel – opgehoop
2 eetlepels maizena – opgehoop
6 eiers – geskei
1 1/4 koppie suiker
1 1/2 liter melk
2 teelepels vanilla
Knippie Sout

Meng (klits) suiker en eiergele baie goed. Gooi klein bietjie melk/water by
Sif meel, maizena en sout by eerste mengsel. Roer goed sodat geen klonte vorm nie
Klits eierwitte styf
Gooi gekookte melk oor droë bestandele en meng tot glad
Laat mengsel kom tot by kookpunt en laat efens prut op warm plaat
Voeg styfgeklopte eierwitte by en vou in
Gooi uit in tertborde (gelykvol) wat reeds met deeg uitgevoer is
Bak + 15 – 20 minute by 200 º C, laag in die oond.
Resep: Carina Oosthuizen (Ma Miemie se resep)




KITSPOEDINGTERT

instant pudding tert 2tested
KITSPOEDINGTERT
Ek het vanoggend hierdie vinnig tert gemaak maar hy kan ook as ‘n nagereg bedien word, regtig heerlik en mens kan dit aanpas net soos jy daarvan hou. My man hou nie van ‘n soet tert nie, so die een was so in sy kraal.. Makliker as dit kry mens seker nie.

1 pak Moir’s melktert-geur kitspoeding (of geur van jou keuse)
250 ml room, oornag in yskas
150 ml melk, koud
10 ml gelatien
Tennisbeskuitjies
sjokolade om oor te rasper, of vars vrugte
Maak die gelatien aan met 50 ml koue water, sit 20 sek in die mikrogolf. Roer goed tot dit bietjie afkoel.
Meng die poeding met die room en melk, klits goed, voeg die gelatien by en meng lekker deur. Pak die tennisbeskuitjies onder in die bak, giet die vulsel oor die koekies, (versigtig dat dit nie skuif nie) rasper nog koekies en sjokolade lekker dik bo-op en plaas in die yskas vir ongeveer 2 ure.
1 pak poeding maak ‘n klein tertjie, so ek stel voor verdubbel die resep vir ‘n groter tert.
Resep en foto: Rina Kleinhans




MARIETJIE SE APPELTERT

Appelterttested
MARIETJIE SE APPELTERT
Ek het sommer oorryp appels in stukkies gesny en gaargemaak met heel naeltjies, kaneel en suiker, als na smaak.
Dik gemaak met bietjie vlapoeier en laat afkoel.
‘n soet tertdeeg gemaak met
500 ml koekmeel
250 g margarien
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
Meng meel en alles tot deeg.
Plaas in yskas om af te koel.
Druk 2 derdes in tertbak vas.
Vul met appelmengsel en krummel ander derde bo-oor.
Bak by 180°C tot gaar en goudbruin.
Bedien warm of koud met styfgeklitste room.

Resep en foto: Marietjie van der Merwe




FLAKE TERT

2015-02-01-falketerttested
FLAKE TERT
500 ml room styf geklits
1 blikkie karamel kondensmelk in gemeng
Krummel 2 flakes
Ek het eat sum more gebruik vir bodem (fyn gedruk met margarine)
Bo op een hele flake gekrummel

Resep en foto – Dorea Fischer

Ena Bester Posthumus –  Ipv 500ml room, kan mens ook 250 ml gewone GLADDE ongegeurde maaskaas meng met 250 ml styfgeklopte room en dan die karamel byklits – DIS nou vreeslik lekker!

2de foto: Charlene Kloppers

Meng 2 pakkies fyngemaakte eat-sum-more koekies met botter/margarien en druk teen bak uit as kors.
500 ml geklopte room
1 blikkie karamel kondensmelk
4 flakes

Meng geklopte room, karamel kondensmelk en 3 flakes saam.
Gooi mengsel oor kors. Strooi 1 flake bo-oor vir versiering.
Plaas in yskas laat dit stol en bedien.
Vinger-lek-lekker




GRANADILLA YSKASTERT

2015-01-28-grenedellatested
GRANADILLA YSKASTERT
2 blikkies kondensmelk
1 koppie room
1 koppie granadilla pulp
1 kop suurlemoensap
1 pk granadilla jellie
1 pk tennis beskuitjies
Lê pyrex bak uit met beskuitjies.
Maak jellie aan en laat afkoel. Sodra amper koud is meng al die bestanddele saam en gooi jellie stadig by.
Roer goed deur en gooi oor beskuitjies.
Laat afkoel in yskas.
Gooi bietjie granadilla pulp bo oor. Yummie
Post: Aileen Hattingh

Granadilla and lemon fridge tart
200g tennis biscuits
300g can condensed milk
1 cup boiled water
2 small cans of granadilla pulp
8 granadilla
Lemon flavoured jelly
How to prepare:
1. Grease a 20cm dish that can be placed in your fridge.
2. Line it with a layer of biscuits.
3. Dissolve the jelly in the boiling water;
add the condensed milk and granadilla pulp.
4. Smooth the mixture on top of the biscuits and refrigerate overnight.
jammer dis so bietjie tweetalig !
Bron: Alida Boshoff




APPLE SLICES

tested
APPLE SLICES
This Apple Slice uses only five ingredients, it’s really easy to make (and even easier to eat)!
2 cups self raising flour
1 cup sugar
3 apples, peeled, cored and diced (1cm)
125 g butter or margarine
1 egg
Toss apples with self raising flour and sugar in a medium mixing bowl.
Melt butter in a small saucepan on the stovetop or in a small bowl in the microwave. Stir in egg.
Pour butter and egg into the apple mixture and mix until combined.
Spoon into a greased and lined slice tin.
Bake at 180 ºC for 35 to 40 minutes or until the top is golden brown and a skewer inserted into the middle comes out clean. Keeps for about 3 days.

APPEL SKYWE
2 koppie bruismeel
1 koppie suiker
3 appels
Meng die boonste 3 bestanddele saam,
Smelt 125 g botter of margarien op stoof, klits 1 eier in, skep oor bogenoemde en meng deeglik. Druk vas in pan en bak teen 180ºC vir 30 – 40 min
Jy kan rosyne bysit en kaneel nes jy wil.
Bedien met room




DIABETE MELKTERT

2014-12-26-an-melkterttested
DIABETE MELKTERT
Kors:
1 pakkie digestive koekies, fyngerol
3 eetlepels botter of margarien, gesmelt
Meng die 2 bestanddele en druk in tert bord vas. Boom en kante.

Vulsel:
625 ml afgeroomde melk
30 ml koekmeel
30 ml mielieblom
3 eiers
5 ml vanilla geursel
5 ml amandel geursel
versoeter na smaak
fyn kaneel
kaneelstokkie

Bring melk tot kookpunt met kaneelstokkie daarin.
As jy versoeterpille gebruik, sit in melk sodat dit kan oplos.
Klits meel, mielieblom, eiers saam.
Gooi kokende melk by meelmengsel en meng goed.
Sit terug op stoof en kook deur, maar roer aanhoudend tot styf en glad.
Voeg nou geursels en bietjie botter by en meng deur.
Gooi in kors.
Strooi fyn kaneel oor en sit in yskas om af te koel.
Baie lekker. Ek het van dit geëet, en my suiker was nog steeds onder beheer
Resep en foto: Mariaan Visser

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.