KAASKOEK TIPE TERT MET MALVALEKKERS

rinatested

KAASKOEK TIPE TERT MET MALVALEKKERS
Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in
plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng
in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
Vulsel:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/
koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows) gesnipper
1 houertjie (koppie) vars room
Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat – haal
dan af, voeg ‘n bietjie van die vrugtestroop in die blik by,
gooi die res weg of drink dit (baie lekker)
Sny die vrugte (as dit groot is – los appeliefies net so) in klein
stukkies, en voeg by.
Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in
die yskas vir net 15 minute – nou kan jy maar op dien.
Ideaal vir onverwagte gaste!!! Dit kan sommer ‘n nagereg
ook word in nood… dien op met roomys
Resep van Lorette Grové
Foto: Ronel Muller Thoma




JASMINE SE ELLIS BROWN CREMORA TERT

2015-08-23-jasmineseellisbrowncremoraterttested
JASMINE SE ELLIS BROWN CREMORA TERT

550 g Ellis Brown/Cremora
1 ½ koppie yswater
1 blik kondensmelk
¾ koppie suurlemoen sap
1 pakkie Tennisbeskuit

Meng Ellis Brown /Cremora en yswater goed saam.
Meng dan in n ander bak kondensmelk en suurlemoensap saam.
Meng dan die 2 mengsels saam en gooi oor beskuit en hou bietjie beskuit oor om bo-op te strooi.

FLE BRON/FOTO: Jasmine Alberts




VINNIGE LEMON MERINGUE TERTJIES

2015-08-19-vinnigelemonmeringuetert
VINNIGE LEMON MERINGUE TERTJIES
Soetdeeg kors:
4 k meelblom
250 g margarien
1 k suiker
3 t bakpoeier
1 e vlapoeier
2 eiers
1 t sout

Room suiker, botter en eiers. Meng droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel en rol uit.  Ek het net die helfde gebruik en ander helfte gecling wrap en in vrieskas gesit vir volgende gebruik.  Het my tertpan gespuit met cook ‘n spray en deeg mooi daarin gesit.
Vulsel:
Het die sap van 2 suurlemoene uitgedruk, by ‘n blikkie kondensmelk gegooi, 2 eier gele en so 60ml strooisuiker. (dit’s nie nodig vir die strooisuiker, maar ons wou iets anders probeer) Meng als saam, voeg net die suurlemoensap by na smaak, vars suurlemoen is sterker as die uit botteltjies. Gooi in kors. (prik kors liggies met vurk) Ek het die 2 eierwitte wat oor gebly het geklits tot skuimerig, bietjie kremetart by gegooi terwyl ek klits asook strooisuiker so 40ml. Geklits tot mooi glad en tot ek die bak onderste bo kon draai dat die eierwit nie uitval. haha! Skep dit dan oor die vulsel en bak tot kors mooi bruin is. Heerlik! Die was ‘n aangepaste resep met bestanddele wat ek in die huis gehad het.
Foto: Elzanne De Wet




KOFFIE KARAMEL TERT

koffie karamel terttested
KOFFIE KARAMEL TERT
2 eiers,
125 ml suiker,
30 ml kookwater,
2 tl koffie gemeng met die kookwater,
30 ml melk,
2 ml vanielje,
185 ml koekmeel,
sout,
15 ml gesmelte botter,
5 ml bakpoeier.
Meng als en bak teen 180°C tot gaar.
Vir die stroop.
Kook 375ml water, 175 ml suiker, 25 ml koffie, 5 ml vanielje saam. Gooi oor warm tert. Dit lyk na baie sous maar gooi als oor.
Vir bo laag. Smeer Karamel oor, gemaak van Caramel instant pudding (aangemaak met 250 ml melk) dan geklitse room  bo-op die karamel en peppermint crisp gerasper bo-oor

Resep en foto:  Elizabeth Haupt




BEST APPLE CRUMBLE

2015-08-01-amandaapplecrumble

BEST APPLE CRUMBLE
For the filling:
575 g  Bramley apples (3 medium apples), peeled, cored and sliced to 1 cm thick (see tip)
2 tbsp golden caster sugar
For the crumble:
175 g plain flour
110 g golden caster sugar
110 g cold butter
For the topping, optional
1 tbsp rolled oats
1 tbsp demerara sugar
double cream, clotted cream or custard, to serve

Preheat the oven to 190°C/170 fan/gas 5. Toss the apples with the 2 tbsp sugar and put in a 23 cm round baking dish at least 5 cm deep, or a 20 cm square dish. Flatten down with your hand to prevent too much crumble falling through.
Put the flour and 110g sugar in a bowl with a good pinch of salt, slice in the butter and rub it in with your fingertips until the mixture looks like moist breadcrumbs. Shake the bowl and any big bits will come to the surface – rub them in. Alternatively, pulse in a processor until sandy (don’t over-process).
Pour the crumb mix over the apples to form a pile in the centre, then use a fork to even out. Gently press the surface with the back of the fork so the crumble holds together and goes crisp, then lightly drag the fork over the top for a decorative finish. Sprinkle the oats and demerara over evenly, if you wish.
Set on a baking tray and put in the preheated oven for 35-40 minutes, until the top is golden and the apples feel very soft when you insert a small, sharp knife. Leave to cool for 10 minutes before serving.
Apple varieties
You can use other apples, rather than Bramley, for this recipe, but if you do, slice them thinly so they soften during baking, and test carefully with a knife before removing from oven.
Tip:
Peeling apples
If you do this with a knife rather than a peeler, it is easier to cut them into quarters first. Alternatively, for a more rustic effect, leave the apples unpeeled.
Make it your own:
If you make apple crumble all the time, you may feel like varying it.- Mix ½ tsp mixed spice, cinnamon or allspice, or the scraped seeds of half a vanilla pod, into the sugar when tossing apples- Add a handful of blackberries to the apples
Apple varieties:
You can use other apples, rather than Bramley, for this recipe, but if you do, slice them thinly so they soften during baking, and test carefully with a knife before removing from oven.
Tip:
Peeling apples
If you do this with a knife rather than a peeler, it is easier to cut them into quarters first. Alternatively, for a more rustic effect, leave the apples unpeeled.

Posted and photo: Amanda Conradie
Lelane Van Der Walt: Net n caramel toffee sousie bo myne.
Foto 2:Lelane Van Der Walt




ELSABE SE MELKTERT MET KORS

elsabe se melktertELSABE SE KORStested
ELSABE SE MELKTERT MET KORS
Kors
125 g botter
2 eetlepels suiker
knippie sout
1 teelepel vanilla
1 eier
2 teelepel bakpoeier
2 koppie koekmeel
1 eetlepel olie
Klits eier, botter, suiker, olie goed –  sif koekmeel by en meng goed. Druk in panne vas en bak tot bruin.

Vulsel
2 eetlepels botter
6 koppies melk in pot
Meng bietjie melk met 4 eiers
1 teelepel vanilla
knippie sout
3 eetlepels maizena
2 eetlepels kaneel
8 eetlepels suiker
Wanneer melk kook voeg by,  kook tot gaar en skep in die korse.
Laat afkoel.
Resep en foto:  Elsabe Britz Vander Watt




INEZ SE GEBAKTE SUURLEMOENTERT

suurlemoenterttested
INEZ SE GEBAKTE SUURLEMOENTERT

Kors : 100ml gesmelte botter, nie margarien nie!. 200g tennisbeskuitjies, fyngedruk.

Vulsel :
1.5 X 385g blik kondensmelk.
4 eiers, geskei.
125ml vars suurlemoensap.
2 ekstra eierwitte.
250ml suiker

Meng die botter en beskuitjies. Druk vas op die bodem en teen die kante van die bord. Plaas 30min in die yskas.
Meng die kondensmelk en 4 eiergele in n bak. Voeg die sap by en meng goed.
Skep die vulsel in die kors en bak 8min. Haal uit die oond en laat afkoel.
Klits die 6 eierwitte styf. Voeg die suiker stadig by en klits goed tot n sysagte, gladde meringue vorm.
Skep die meringue bo-op die vulsel en maak stywe punte.
Bak 10min by 180°C, verlaag die temperatuur tot 100°C en bak nog 10min.
Skakel die oond af en laat staan die tert daarin om heeltemal af te koel sonder dat jy die deur oopmaak.

RESEP EN FOTO: Inez Ferreira




GRONDBOONTJIEBOTTER ROOMTERT

PEANUT BUTTER GRONBOONTJIEBOTTER ROOMTERTtested
GRONDBOONTJIEBOTTER ROOMTERT

Pakkie tennis beskuitjies, gekrummel, gemeng met 100g gesmelte botter, vir die kors.
Meng 250g roomkaas goed met 125ml suiker.
Voeg dan 250ml peanut butter en 5ml vanilja geursel by.
Vou dan 250ml styfgeklitste room in.
Giet in tertkors. Breek kit kat(of enige choc) oor.
Verhit 225g dark choc met 200ml room en 15ml botter..
Laat effens afkoel, en drissel oor tert….verkoel n paar uur.

BRON – Jaco Van Der Sandt




TIPSY TERT MET N ROOM KARAMEL TOPPING

TIPSY TERT HETTIEtested

TIPSY TERT MET N ROOM KARAMEL TOPPING
Ek het dit verdubbel, omdat ek dit in ‘n groot pan vir die kerk se oggend tee gebak het. So ek sit die grootmaat resep op.
500 g dadels, gesnipper
2 koppies kookwater (1 koppie per 250 g dadels)
10 ml koeksoda
250 g botter
4 groot eiers
1 ½ koppies suiker
3 koppies bruismeel
5 ml sout
100 g pekanneute, fyn gekap

Stroop
1 ½ koppies wit suiker
1 ½ koppies water
30 ml botter
1 teelepel kaneel
1 koppie brandewyn
2 teelepels vanilla essense

Topping:
600 ml dik room
¼ koppie gekoopte karamel sous (die wat jy oor die roomys gooi)
1 eetlepel versiersuiker
2 teelepels gelatien opgelos in kookwater.
verglansde kersies en ekstra karamel sous vir versiering

Meng die dadels met die kookwater en sprinkel die koeksoda bo oor. Laat staan om koud te word en maak dan fyn met ‘n aartappel masher.
Room die botter en suiker saam en klits dan die eiers een een by. Klits goed na elke toevoeging.
Sif die droë bestanddele saam en meng met die droë bestanddele. Voeg die dadels en neute by en meng goed. Gooi die beslag in ‘n groot reghoekige koekpan en bak vir 1 uur by 180°C of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

Maak intussen die sous:
Kook die water, suiker en botter vir 5 minute saam. Voeg die brandewyn en geursel by en bring weer tot kookpunt.
Gooi die warm stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat goed afkoel. Op die stadium kan die koek tot ‘n week in die yskas gebere word.

Maak die topping:
Klits die room tot styf .Vou die karamelsous by. Sif die versiersuiker bo-oor en meng goed deur. Vou nou die afgekoelde gelatien by en meng goed. Skep oor die koek en maag gelyk met ‘n palet of ‘n mes. Drizzle die karamel sous oor in patroontjies en versier met die kersies. Laat ‘n paar uur in yskas om te set.
Bron en foto:  Hettie Bezuidenhout




KARAMEL PEPPERMINT MOUSSE KOEKTERT

2015-06-25-karamelpeppermintmoussekoekterttested
KARAMEL PEPPERMINT MOUSSE KOEKTERT
2 koppies styf geklitste room
½ blikkie karamel of meer na smaak
2 eetlepels gelatien, opgelos in bietjie water indien jy wil hê dit moet styf wees
1 slab peppermint
Tennisbeskuitjies

Klits room styf saam met die karamel, rasper sjokolade in beslag
Pak laag koekies, dan laag room mengsel, weer koekies, weer room.
Sprinkel gerasperde peppermint bo.
Sny skywe en skep sjokolade sous oor, ek het sommer die van die roomys gebruik.
Bedien.

BRON/FOTO: Ria Jacobs

Meyer Combrinck: Wanneer kom jou gelatien by?
Ria Jacobs: Aan die einde voor jy dit uitkrap dan meng jy dit gou in.