ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE

ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE

1 blikkie ideal melk, oornag in yskas gelos
1 blik pynappel crush, gedreineer en stroop gehou
1 pakkie pynappel jellie
1 pak tennis beskuitjies

Verhit die pynappelstroop tot kookpunt. Voeg die pynappel jellie poeier daarby. Roer tot opgelos. Laat afkoel tot baie dik, maar nie gestol nie.

Klop die ideal melk tot baie dik. Dit sal 3 of 4 keer verdubbel in hoeveelheid. Voeg die ‘jelliestroop’ by en meng baie goed. Voed die pynappel krush by en roer goed deur.

In ‘n bak pak jy ‘n lagie beskuitjies, lagie mensel. Herhaal en eindig met mengsel. Krummel beskuitjies bo oor.

Plaas oornag in yskas.

Wenk: Jy kan die pynappel krush met 2 blikkies granadilla pulp vervang. Vervang pynaplel jellie met granadilla jellie en maak met 1 koppie kookwater aan. Gebruik nog ‘n blikkie granadilla pulp vir bo oor in plaas van beskuitjies krummel.

Wenk: Raspberry jelly en gesnipperde guavas werk net so lekke

Resep verskaf en foto: Wayne Dugmore (sy ma  Anna se resep)




DIABETIESE PYNAPPEL EN LEMMETJIE YSKASTERT


DIABETIESE PYNAPPEL EN LEMMETJIE YSKASTERT
Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie pynappelstukke in vrugtesap
1 blikkie onversoete Ideal Melk, baie koud
1 pakkie Simply Delish lemmetjie geur jelliepoeier
2 sakkies (10 g elk) gelatien
10 volgraan Provita beskuitjies
50 g gesmelte botter
4 sakkies Selati versoetter

Kap die beskuitjies fyn, meng met die botter en druk onder in ‘n tertbak vas. Plaas in die yskas tot benodig.
Dreineer die pynappelstukke. Behou die stroop.
Kap die pynappelstukke tot growwerig stukke.
Meng die jelliepoeier, selativersoetter en gelatien goed saam.
Verhit die pynappelstroop, voeg nog 100 ml louwarmwater by en roer die jelliepoeier, Selati en gelatien daarin tot opgelos. Klits die Idealmelk tot sponserig. Voeg die stroopmengsel in ‘n dun straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Skep die mengsel op die kors, strooi fyngekapte neute oor en plaas in die yskas tot gestol.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




SHELEEN SE VLA YSKASTERT

sheleenvlayskasterttested
SHELEEN SE VLA YSKASTERT
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 blikkie kondensmelk
1 klein botteltjie suurlemoensap
250 g botter
10 gelyk vol eetlepels vla poeier
8 gelyk vol eetlepels suiker
900 ml  Melk

Vla:
Meet 900 ml melk af, gooi dan 850 ml in ‘n pot om te kook. Terwyl jy wag vir die melk om te kook, vat die ander 50 ml melk en meng 10 gelyk vol eetlepels vla poeier (die vla moet lekker dik wees, maar nie te dik nie) en 8 gelyk vol eetlepels suiker (hang af hoe soet jy dit wil he).

Meng alles goed deur dat daar nie klonte is nie. Voeg dan jou vla mengesl by die melk wanneer dit begin kook, roer aanhoudend sodat dit nie vasbrand of klonte maak nie (‘n pap klitser werk vir my lekker) jy kan bietjie van die melk oorskep in die houer waarin jy jou vla mengsel gemaak het, om dit wat agter gebly het ook in jou pot te kry. Hou aan om alles te roer totdat dit weer begin kook. Haal dan die pot van die plaat af en laat dit afkoel.

Tennisbesuitjie laag:
Metode 1:
As jy ‘n vierkantige bak het kan jy die koekies net so heel mooi in jou bak pak om die onderste korsie te maak.

Metode 2:
As jy ‘n ovaal of ronde bak het en bietjie sukkel om die koekies gepak te kry, kan jy dit krummels maak en meng met die 250 g botter en dit dan mooi plat druk onder in die bak.

Kondensmelk en suurlemoen sap:
Gooi jou kondensmelk in ‘n bak uit en meng dan bietjie suurlemoen sap op ‘n slag in, tot dit suur genoeg proe vir jou.

Tert laag:
As jy klaar jou koekies gepak het, kan jy nou jou eerste laag vla opsit. Ek het nie die velletjie afgeskep nie, ek het dit net weer in die vla ingeroer. Dan drip jy die kondensmelk mengsel oor die vla, ek het sommer met ‘n eetlepe klomp geskep en dit net so oor die vla gesmeer, nie te dik nie.
Jy kan self kies hoeveel lae jy wil he, ek het net twee gemaak en bo op my laaste laag van die koekie krummels gegooi.
Laat staan in die yskas tot dit lekker af gekoel het en dan is jou tert reg om te geniet.
Foto en aangepaste resep:  Sheleen Byrne Vorster

 




ERIKA SE CREMORA TERT MET ‘N TWIST

tested

ERIKA SE CREMORA TERT MET ‘N TWIST
500 g Cremora
1 blik kondensmelk
150 ml suurlemoensap
125 ml kookwater
1 pakkie tennis beskuitjies
100 ml margerine
1 pak instant chocolate mousse
800 ml melk

Druk koekies fyn en meng margarine by, druk vas onder in tert bak. Los melkpoeier op in kook water en laat afkoel. Klits suurlemoensap by kondensmelk tot amper styf. Maak mousse aan met melk en klits tot amper styf. Skep die twee vulsels in lae oor die kors en sit in yskas tot gestol.

Bron: Erika van der Westhuizen
Foto:  Lea Drieselmann
Ek het die sjokolade mousse vervang met vanilla mousse want ek het ‘n paar ouens wat nie baie van sjokolade hou nie.




WORTELTERT

wortelterttested
WORTELTERT

3/4 k suiker
2 eiers
+- 2 k gekookte wortels, fyn gemaak
1 t kaneel
1 t vanilla
3/4 k melk

Voorverhit oond tot 200 grade.
Verroom suiker en eiers. Voeg wortels, kaneel en vanilla by en meng goed. Voeg melk geleidelik by. Gooi in bak (of in tertkors) en bak vir 10 min teen 200 grade. Verlaag dan hitte na 170 grade en bak vir ‘n verdere 40 – 45 min.
Ek het dit in die mikrogolf gebak vir 15 min.
Foto: Alta Lubbe




PYNAPPEL YSKASTERT MET GELATIEN

FB_IMG_1479563259258tested

PYNAPPEL YSKASTERT MET GELATIEN
met so bietjie Kersfees!

1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
250 ml room, geklop
I blikkie fyngemaakte pynappel, gedreineer
20 ml gelatien
45 ml water
versiersuiker om oor te sif

Bedek die basis van ‘n vierkantige bak met ‘n laag Tennisbeskuitjies.
Meng kondensmelk, geklopte room en pynappel.
Sprinkel die gelatien oor die water en laat dit uitswel.
Sit vir 15 tot 30 sekondes in die mikrogolfoond tot gesmelt.
Voeg ‘n bietjie van die pynappel mengsel by die gelatien en roer by die res van die mengsel.
Gooi die helfte op die beskuitjies en bedek met nog ‘n laag van die beskuitjies.
Skep laastens die res van die pynappelmengsel oor.
Verkoel drie tot vier uur in die yskas tot gestol.
Sif versiersuiker oor en sny in blokkies om voor te sit.

Foto:  Petro van Genderen




MARIETA SE MELKTERT

marieta se melkterttested

MARIETA SE MELKTERT
Kors:
4 eetlepels meelblom
1 hoogvol eetlepel suiker
2 eetlepel botter
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1/4 teelepel sout

Sif al die droë bestanddele saam. Vryf die smeer in die meelmengsel. Meng eier in. Voeg klein bietjie melk by om te bind. Rol dun uit en plaas in gespuite tertborde

Vulsel:
3 x 250ml melk
3 eetlepel maizena
1 eetlepel meelblom
1 eetlepel botter
1 teelepel vanilla
4 eetlepel suiker
3 groot eiers
1/4 teelepel sout

Verhit oond tot 200°C
Meng maizena, meelblom en suiker met een 250ml melk
Voeg res van die melk in ‘n kastrol en bring tot kookpunt
Voeg meelmengsel by kookmelk en roer aanhoudend. Laat afkoel
Skei eiers en klits gele saam.
Voeg by melkmengsel
Plaas terug op stoof oor lae hitte en laat net opkook
Voeg botter by en meng deur. Laat afkoel
Klits eierwitte styf en meng met melkmengsel. Ek het sommer my whisk gebruik
Voeg vanilla by en meng liggies deur
Gooi in voorbereide tertkorse
Bak 20 min
Laat afkoel en strooi kaneel bo-oor
Bron en foto: Marieta James




DALENE SE KORSLOSE MELKTERT

KORSLOSEtested
DALENE SE KORSLOSE MELKTERT
45 ml (3 eetlepels) gesmelte botter
3 eiers, geskei
250 ml (1 koppie) suiker
250 ml (1 koppie) koekmeel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
1 ml (¼ teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
1 liter (4 koppies) melk
kaneelsuiker vir oorstrooi

Voorverhit die oond tot 190ºC (375ºF)
Klits botter, eiergele en suiker goed saam.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by.
Roer geursel en melk by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel.
Skep in ‘n diep, gesmeerde tertbord en strooi kaneelsuiker oor.
Steek dadelik in die oond en bak 40 minute of tot gestol.
Verminder hitte na eerste 25 minute tot 160ºC (325ºF). Sit warm voor.

Bron: Dalene
Foto: May Saal Carolissen




SJOKOLADE MOUSSE CARAMEL TERT

sjokolademoussecaramelterttested

SJOKOLADE MOUSSE CARAMEL TERT

Bestandele:
500ml Vars Room
4 x 80g Donker sjokolade van Albany in blokkies
1 Blikkie Caramel
1 Pakkie Tennis Koekies

Metode:
1. Gooi al die sjokolade in ‘n bak en smelt in die mikrogolf vir 2min en 45sec tot sag.
2. Klop die room styf en vou in die sjokolade.
3. Voeg nou die karamel by en vou goed in.
4. In ‘n reghoekige bak, spray met spray en cook en pak tennis koekies.
5. Smeer nou die helfde van die sjokolade caramel mengsel oor die laag tennis koekies.
6. Pak nou weer ‘n laag tennis koekies bo-oor en voeg die res van die sjokolade caramel mengsel bo-oor.
7. Met die laaste tennis koekies maak dit fyn en strooi dit bo-oor.
8. Plaas in die yskas oornag.
9. Bedien dadelik!

Resep en foto: Kristie Townsend




CECILIA SE PATATTERT

cecilia se patat terttested

CECILIA SE PATATTERT
Bron en foto: Cecilia Richards
125 g botter
200 ml bruin suiker
3 eiers
5 ml vanilje geursel
750 ml (3 koppies) geskilde, gaar gestoomde oranje patats (geen waterigheid)
250 ml (1 koppie) koekmeel
15 ml (1 eetlepel) bakpoeier
5 – 10 ml gemengde speserye (hoeveelheid hang van jou smaak af)
2 ml sout
kaneel suiker vir wanneer tert uit die oond kom

Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer 25 cm tertbak met botter.
Verroom botter en suiker saam.
Klits eiers een vir een by en meng goed.
Voeg vanilje geursel en patats by en meng goed.
Sif al die droë bestandele saam en vou in die patat mengsel in.
Giet in tertbord in en bak 40min of tot gaar.
Sprinkel kaneel suiker oor as die tert warm uit die oond kom.
Bedien warm of koud. Saam met braaivleis of lekker genoeg om as koek te bedien.