GRANARY TART WITH SEASONAL FRUIT


GRANARY TART WITH SEASONAL FRUIT
Today I would like to show you the tart which you may prepare with almost all season fruit. In Poland I use to make it with raspberries, blackberries, blueberries, currants or goosberries. The advantage of this cake is the whole wheat flour. Thanks to it the texture is very interesting. It is one of my favourite summer cakes
Dough:
250 g of whole wheat flour
75 g of castor sugar
a pinch of salt
150 g of butter
1 egg

Filling:
400 g of blueberries
100 g of red currants
100 g of gooseberries
3 tablespoons of flour
1 tablespoon of starch
5 tablespoons of sugar
Heat the oven to 180ºC.
Mix together the dry ingredients of the dough in a bowl. Put them onto a moulding board, add the butter and egg. Mince the mixture with a knife and quickly knead into a smooth dough. Cover with some plastic wrap and leave in the fridge for half an hour. Divide the dough into two parts (2/3 and 1/3).
Cover a baking pan (24cm) with the bigger part of the dough, leaving the edges slightly raised around the sides. Leave in the freezer for 15 minutes. Take it out of the freezer quickly and put it into the oven. Bake for 15 minutes. Leave to cool down. Don’t turn off the oven.
Clean the fruits, and remove the shanks from the currants. Mix the fruits with the rest of the ingredients in a bowl. Put it onto the cake. Form a grid from the rest of the dough. You can put the dough into the freezer and then grate it directly onto the fruits.
Bake for 20 minutes. Sprinkle the cool cake with the caster sugar.

Source and photo: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




SUURLEMOEN KONDENSMELK VLA TERT


SUURLEMOEN KONDENSMELK VLA TERT
HOEVEELHEID: 8 – 10 mense
½ koppie vlapoeier
100 ml suiker
4 koppies melk
2 blikkies kondensmelk
200 ml suurlemoensap
1½ pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
½ koppie room
100 g strooisuiker
1 teelepel vanielje geursel

Maak ‘n gladde pasta aan met 1 koppie melk en die vla poeier.
Kook die melk en voeg die gladde pasta mengsel by die kokende melk en 100 g suiker.
Hou aan roer met draad klitser om klonte te voorkom totdat dit verdik het en jy geen melerigheid proe.
Mikrogolf oond kan ook ingespan word, maar roer gereeld elke minuut tot verdik.
Terwyl die vla afkoel meng die kondensmelk met die suurlemoensap en roer goed deur om dik te word.
Plaas ‘n laag krummels in die tertbak en skep ‘n laag vla oor en smeer gelyk.
Plaas in vrieskas sodat ‘n velletjie vorm, doen dit tussen elke laag.
As die vla te warm is, gaan die kondensmelk mengsel smelt op die warm vla en dan gaan die lagies in een smelt.
Smeer weer ‘n laag kondensmelk.
Jy kan besluit of jy dit in baie lagies wil maak waar die koekies die lae definieer of jy kan net een tert met 2 lae maak.
So ‘n lagie koekies, vla en kondensmelk mengsel is die volgorde van werk, lekker speel!
Klits die room met die strooisuiker tot styf en geur met vanielje geursel.
Smeer bo op die tert en sprinkel neute, krummels of net wat jy lus het voor oor.

FOTO: Lelane vd Walt




MELKPAP


MELKPAP
Foto: Ronel Muller Thoma
Bron: Ronel Muller Thoma se ouma se resepie
FOOD LOVERS RECIPES
Ek is nou al van wanneer af lus vir melktert 🍰🍮. Maar kom nie sover om te bak nie. 😀. Nou ja vannaand het ek besluit om melktert pap te maak en te eet soos melkpap.
1.25 liter melk
¾ koppie koekmeel
¾ koppie maizena
Knippie sout
9 eiers geskei
5 ml vanilla geursel
1½ koppies suiker

Kook 1 liter melk.
Meng suiker, sout, maizena en koekmeel met die 250 ml melk.
Wanneer melk kook voeg meelmengsel by en kook tot pap verdik.
Haal van plaat af en voeg eiergele by en klits goed.
Kook tot pap gaar is. Haal af en voeg nou styf geklitste eierwitte en vanilla geursel by.
Bedien soos melkkos met kaneelsuiker.
Indien jy melktert wil maak – Skep in voorbereide kors en bak op 180ºC totdat melktert geset het. So 45 -55 min.

 

 




MA SARAH SE MELKTERT MET FILODEEG


MA SARAH SE MELKTERT MET FILODEEG
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter
FOOD  LOVERS RECIPES
Vulsel:
6 koppies melk
5 ml sout
5 eetlepels botter
6 groot eiers
250 ml koekmeel
4 eetlepels maizena
350 ml suiker
10 ml vanilla geursel
5 ml karame lgeursel
1 stokkaneel

Klits eiers met sout en suiker tot liggeel en donsig. Neem 250 ml melk en voeg meel en maizena by, roer goed, voeg by eiermengsel en klits weer.
Bring res van die melk tot kookpunt met stokkaneel in. Voeg gedeelte kookmelk by meelmengsel, voeg by res, roer goed met balklitser. Bring alles weer tot kookpunt, roer kort-kort, pap moet lekker dik en deurgekook wees. Roer geursel en botter in tot gesmelt. Laat afkoel tot kamertemperatuur.

Kors:
Gekoopte phillo-velle. Ek gebruik so 5/6 velle op tertbord, elke vel gesmeer met gesmelte botter, vou na smaak. Bak korse by 180 ºC tot ligbruin en krakerig.
Haal kaneelstok uit pap en skep lepelsvol in korse. Sprinkel geil met kaneelpoeier en plaas in yskas tot gestol.
Variasie:
Roer 300 ml geroosterde klapper by papmengsel voor dit in korse geskep word. Enjoy




LIESCHEN SE MELKTERT


LIESCHEN SE MELKTERT
Kook 1 blikkie kondensmelk saam 900 ml melk
Meng 3 hoogvol eetlepels maizena met 150 ml melk
Klits 1 eier met 5 ml vanilla
Meng maizena- en eiermengsels saam.
Wanneer melk kook, roer die eiermengsel stadig by en kook tot dit dik is.
Haal van plaat af en gooi in kors van jou keuse of sonder kors.
Ek maak sommer tennis beskuitjie kors.
Strooi kaneel oor.
Baie lekker en vinnig om te maak.
Bron Lieschen Grobbelaar.
Foto: Zee Grobbelaar




JENI SE 7 MINUTE MELKTERT

JENI SE 7 MINUTE MELKTERT
2 pakkies Moirs Heritage Range Milk Tart Instant Pudding
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 koppie koue vars room
600 ml koue melk
kaneel
So 5 ml vanilla essence

Klits die room tot styf.
Gooi melk in aparte bak en gooi die poeding pakkies by.
Klits goed vir ‘n paar minute.
Gooi die geklopte room en vanilla by die poeding mengsel.
Klits weer goed deur tot lekker styf.
Pak nou biskuit in ‘n tert bak en skep die melktert mengsel bo-op en smeer mooi glad.
Sprinkel kaneel bo oor en voìla.
Sit in die yskas vir ‘n uur of 2 om verder te stol en geniet!
Bron en foto: Jeni Tait




OUMA HAVENGA SE OUTYDSE MELKTERT

OUMA HAVENGA SE OUTYDSE MELKTERT
Kors
1 ¼ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
3 eetlepel suiker
2 eiers
3 eetlepels botter
5 ml geursel

Smeer panne met botter en plaas in yskas. Voeg alle droë bestanddele in mengbak. Vryf botter in en maak aan met eiers. Druk deeg dun in panne en bak die kors in die oond tot mooi bruin.

Vulsel
5 koppie melk
1 en ¼ koppie suiker
¼ koppie koekmeel
3 eetlepel maizena hoogvol
1 teelepel bakpoeier
Sout
2 eiers
2 eetlepels botter
5 ml vanilla geursel

Bring 4 koppies melk en 1 koppie suiker tot kookpunt. Skei eiers en klits eiergele met orige melk. Meng droë bestanddele met kwart koppie suiker. Voeg eier mengsel by. Roer in kook melk. Voeg botter by as begin dik word. Haal af en laat af koel voor bakpoeier en styfgeklopte wit van eiers by gevoeg word. Gooi geursel by en gooi dan in tertkors. Sprinkel kaneel oor.

Lekker eet
Resep en Foto: Karin Rall Britz

2de foto:  Heidi Van Der Merwe
Ek was te lui om kors te maak, toe pak tennisbeskuitjies onder in die bak en skep melkpap bo oor. Heerlik.




SALWAA’S CRUSTLESS MILK TART


SALWAA’S CRUSTLESS MILK TART ( fuss free )
Ingredients:
¾ cup self-raising flour
2 cups milk
3 eggs
½ cup sugar
1 teaspoon vanilla essence
25g melted butter
Pinch salt
½ teaspoon fine cinnamon
Method:
Put all the ingredients together into a bowl or food processor and beat to a smooth batter. Pour into a buttered pie dish, approximately 23cm in diameter. Sprinkle the cinnamon over the top. Bake for 40 minutes at 180C. Serve warm or cold.
Recipe and photo:  Edwina C Jacobs




“GEEN BAK” JODETERT

“GEEN BAK” JODETERT
FOTO:  Petro van Genderen
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap (ek het minder gebruik)
1 pak Marie beskuitjies
500 ml dik, louwarm vlasous
125 ml room, styf geklits

Mend die kondensmelk en suurlemoensap.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak en smeer ‘n laag vlasous oor.
Dan ‘n laag kondensmelk en weer ‘n laag beskuitjies.
Herhaal die lae en eindig met kondensmelk.
Versier dit met room en verkoel.




ADRI SE BYBELSTUDIE MELKTERT

ADRI SE BYBELSTUDIE MELKTERT:
2 koppies melk
1 koppie klapper
4 eiers, geskei
1 teelepel vanielje
½ koppie meel
8 eetlepels sagte botter (120 ml)
¾ koppie suiker
knippie sout
kaneel

Klop die eierwit tot styf.
Meng die res van die bestanddele.
Vou die eierwit liggies in.
Sit in pan en strooi kaneel oor.
Bak vir 45 minute teen 180 grade C.
Skud dit en as dit drillerig voorkom, bak vir ‘n verdere 5 minute.
FOTOS: Petra Nel