NO BAKE CHERRY CHEESECAKE

NO BAKE CHERRY CHEESECAKE
Recipe and photo: Tracy Vohra
FOOD LOVERS RECIPES
1 x packet of biscuits crushed
½ cup of melted butter
2 cream cheese (230 g each)
250 ml thicken cream
1  tin of condensed milk
1  bottles of cherries
1  packet of raspberry jelly
1 cup sugar
Crush biscuits and add melted butter. In a saucepan pour cherries and juice and add sugar. Bring to a slow boil until liquid has reduced half and add the packet of jelly and take it off the heat and still well but not to rough. Let it sit aside to cool down. Press biscuit into a pie dish and bake till golden brown and let it cool down.
In a mixer mix cream cheese, cream and condensed milk, once the cherry mixture has cooked I added a couple spoonfuls into the cream cheese and a bit of the syrup. Mix through but not evenly as you would like some white bits to, pour onto biscuit base and scoop out the rest of the cherries on the top of the cheesecake and a little of the syrup.. put in fridge to set overnight

 


Tracy Vohra
I have posted a recipe of a cherry cheesecake before but forgot to get cherries, and only had dairy milk chocolate block. So I made the same base for cheesecake but instead of cherries I melted chocolate and added it to the cheesecake filling and cos it’s a grown ups cake I used two tablespoons of scotch.. I could of added a bit more chocolate and scotch but it tastes yummy regardless




KONDENSMELKTERT IN DIE MIKROGOLF

KONDENSMELKTERT IN DIE MIKROGOLF
Eerste foto: Meisie van der Colff
2de en 3de foto:  Annelore von Solms Joubert
FOOD LOVERS RECIPES
Lewer 1 groot melktert.
Moenie die eierwitte te styf klits nie, want dan kry jy dit nie glad ingevou nie.
en sit jy met ‘n vulsel vol eierwitklontjes wat jy nie fyn kry nie, selfs al klits jy die vulsel.
1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
1 blik (397 g) kondensmelk
500 ml kookwater (2 kondensmelk blikkies)
500 ml melk
20 g (25 ml) margarien of botter
100 ml mielieblom (Maizina)
50 ml vlapoeier
knypie sout
4 eiers
5 ml vanilla geursel
kaneel

Bedek die boom en wand van ‘n vlak, reghoekige tertbak van 30 x 23 cm met die Tennisbeskuitjies.
Mikrogolf die kondensmelk, water en 250 ml van die melk en die margarien of botter 10 min tot 12 min in ‘n diep 3.5 liter bak by 100% krag tot kookpunt en roer dit af en toe.

Maak die mielieblom, vlapoeier en sout aan met die oorblywende 250 ml melk. Skei die 4 eiers en klits die geel by die mielieblommengsel en die vanilla geursel. Klits hierdie mengsel nou vinnig by die kokende kondensmelkmengsel. Mikrogolf dit ongeveer 5 min oop by 100% krag tot gaar en roer elke minuut (gebruik sommer ‘n whisk).

Klits die eierwit tot styf, maar nie droog nie. Vou dit by die warm vulsel in. Giet die vulsel oor die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Sif kaneel oor en laat afkoel.

Nota: Annelore von Solms Joubert
Dit het mooi stewig uitgekom. Ek is tevrede. Het my Ouma se koekiedrukker kleintjies uitgedruk.




WILLEM SE MELKTERT

WILLEM SE MELKTERT
Lekker korslose melktert vir sondagoggend tee gebak. Niks hoef vooraf gekook te word in die resep nie.
Dis voorwaar maklik en HEERLIK!!!
Vir ‘n oondpan soos op die foto kan die resep net verdubbel word. Ek het d baktyd na n uur vermeerder en temp op 170 gesit om te verseker dat hy eweredig faar word. Hou maar net dop oonde verskil almal.
4 eiers
1 koppie suiker
Klits saam vir 3 min tot lig en donsig.
Voeg by eiermengsel:
1 liter melk
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 ml sout
5 ml vanilla
1 ml amandel essence

Klits alles baie goed saam. Die mengsel is baie loperig moenie skrik nie.
Bak 45 min by 180 ºC
Die tert is gereed as hy bruin is en nog n effense dril het as hy geskud word.
Sprinkel met kaneel en bedien.
FOTOP EN RESEP:  Willem Bierman

Ek het nie amandel essense gebruik nie.
Ek het 3 eetlepels margarien gesmelt en saam met die eiers en suiker geklits.
Dubbeld aangemaak en in ‘n groot diep pan ‘n uur en 1/2 gebak.
Foto: Ronell Muller Boshoff




CARLIEN SE GEMMERTERT


CARLIEN SE GEMMERTERT
2 pakkies (200g elk) gemmerkoekies in kwarte gebreek, pak jy onderin die bak.
Los 75 ml vlapoeier op in ‘n bietjie kouewater.
Kook 2 koppies water, 1 koppie gouestroop en 1/2 teelepel fyn gemmer saam, roer die vla en 1 eletlepel botter in en roer tot dik.
Giet dit oor die koekies en maak seker al die stukkies is bedek.
Verkoel en keer uit op ‘n bord.
Versier met room en gebreekte Flake-sjokolade.
NOTA: As jy die vla meer maak, hoef jy nie stroop ook te verdubbel nie, want die vla-sous is mos al klaar soet.
Bron: Carlien Coetzee




DUITSE ROOMTERT

DUITSE ROOMTERT
Maak Krummelkors en sprinkel lemoensap oor
(Ek gooi die sap deur ‘n oliefiltersakkie in ‘n sproeikannetjie om die krummelkors egalig aan te klam).
Plaas die volgende saam in ‘n bak en roer vinnig deur (resep sê roer 4 x of so 4 sekondes) :
500 ml room
1 pakkie Zahnesteiff
1 pakkie Duitse vanielje-kitspoeding
1 blikkie ingelegte “tangarine”-skyfies
Ongelooflik lig en lekker!
(Ek lê my eie nartjies in oor ek dit nie in SA kry nie).
Die mengsel is feitlik dadelik dik soos jy die vurk deurtrek. Skep in die kors en los oornag in yskas (om ryp te word).

Bron: Carlien Coetzee




CRUNCHY RHUBARB TART WITH ALMOND CRUMBLE TOPPING


CRUNCHY RHUBARB TART WITH ALMOND CRUMBLE TOPPING
Today once again something with fruit. I used rhubarb to make a tart with a crunchy almond crumble topping. It was yummy, moist, refreshing and excellent for a summer tea party.
Ingredients:
dough:
250g of flour
4 tablespoons of caster sugar
1 tablespoon of vanilla sugar
1 egg
1 egg yolk
120g of butter
crumble topping:
50g of butter
3-4 tablespoons of flour
3 tablespoons of brown sugar
8g of vanilla sugar
1 egg yolk
filling:
500g of pie plant
4 tablespoons of brown sugar

Mix together the dry ingredients for the dough: flour, sugar and vanilla sugar. Chop the butter. Add the butter, egg and egg yolk to the dry ingredients. Quickly knead into a smooth dough. Cover with a plastic wrap and leave in the fridge for half an hour.
Heat the oven up to 180C. Cover a baking pan with the dough, leaving the edges slightly raised around the sides.
Clean the rhubarb, peel it and cut into 1 cm pieces. Sprinkle with sugar and leave for half an hour.
Make the crumble topping. Melt the butter, cool it a bit, then add the flour, sugar, vanilla sugar and egg yolk. Mix it with a fork until it is lumpy.
Drain the rhubarb and arrange it on the dough; sprinkle with the crumble topping and bake for 45 minutes.

Source and photo: Katarzyna Posłuszny




APPELTERT MET HEUNING LIKEUR SOUS


APPELTERT MET HEUNING LIKEUR SOUS
(6 porsies)
45 ml botter
200 g (250 ml) suiker
3 eiers
60 ml melk
140 g (250 ml) bruismeel
10 ml bakpoeier
6 appels
SOUS
10 ml karamelgeursel
250 ml ingedampte melk
200 g (250 ml) suiker
80 ml heuning likeur

Verhit oond tot 180°C. (As jy dit op die kampvuur wil maak, sien wenk onder)
Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers by en meng goed.
Voeg melk, bruismeel en bakpoeier by en meng goed tot gladde beslag.
Verwyder die appels se stronke en sny appels in dun skywe.
Gooi beslag in ’n oondvaste pan van 30 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Versprei appelskywe eweredig oor deeg.
Sit in oond en bak vir sowat 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Sous: Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt.
Gooi warm sous oor tert sodra dit uit die oond kom. Sit voor met crème fraîche.

WENK
Jy kan die tert in ’n Weber maak. Versprei die kole eweredig en sit tert bo-op die draadrooster.
Maak die Weber toe. Bak vir 30 minute en toets of dit gaar is. Maak toe en bak langer indien nodig.

Resep: Hester Harding




DESIRE SE CREMORA TERT MET MILO

DESIRE SE CREMORA TERT MET MILO

250 g cremora
1 blikkie kondensmelk
250 ml KOUE water
125 ml suurlemoensap
3 eetlepels Milo
Klits water en cremora goed saam voeg kondensmelk by klits goed (ek doen dit in my elektries klitser laat ek hom aan hou klits terwyl ek alles by sit)
Voeg die suurlemoensap by en klits baie goed, sal sien dit word lekker dik, voeg Milo by, en klits tot glad.
Pak marie beskuitjies in ‘n tertbak, skep cremoramengsel oor in sit in yskas oor nag.
Bron en Foto: Desiré Watkins




VENITA SE “LEMON MERINGUE PIE”

VENITA SE “LEMON MERINGUE PIE”
Resep en foto:  Venita Van Wyk
FOOD LOVERS RECIPES
Kyk, ek het darem die naweek LEKKER gekuier op FLR se webtuiste! My man geniet die eindresultate vreeslik!
Hierdie was die lemon meringue (EERSTE een in my HELE LEWE wat ek bak wat nie uit sopbeker gedrink hoef te word nie!)
1 blikkies kondensmelk
3 eiers
½ koppie suurlemoensap
½ koppie strooi suiker
koekies en botter vir kors

Verhit oond tot 160°C
Skei die eiers.
Klits eierwitte tot styf.
Voeg strooisuiker geleidelik by eierwitte en klits.
Meng eiergele en voeg kondensmelk by.
Meng die suurlemoensap by die eiergeel mengsel.
Klits tot die mengsel begin stol.
Skep in die voorbereide kors.
Sit meringue op en versprei eweredig.
Bake vir 25 minute by 160°C.
Laat afkoel en EET EET EET!

(Ek het ekstra eiergele bygegooi, want ons hoenders in Windhoek se LARGE eiers is maar KLEIN……. 😉

 




ZEE SE MAASKAAS YSKASTERT

ZEE SE MAASKAAS YSKASTERT
1 blik kondensmelk
250 g gewone maaskaas
½ koppie suurlemoensap

Meng alles saam en sit in yskas om te stol.
Neem ‘n bak en pak ‘n laag tennisbeskuitjies en smeer ‘n laag van die vulsel.
Herhaal en eindig met gekrummelde beskuitjies.
Bere in yskas tot benodig.

Bron en Foto: Zee Grobbelaar