SUNNY SIDE UP TERT

SUNNY SIDE UP TERT
Kors
1 Pakkie Tennis beskuitjies
4 eetlepels botter (of na smaak)

Vulsel:
250 ml Ultra Mel room
1 blikkie kondensmelk
1 bakkie fyn maaskaas
5 ml vanilje geursel
1/4 koppie suurlenoensap
15 ml gelatien
1/4 koppie lou water

Bolaag:
1 blikkie halwe appelkose
2 teelepels suiker
2 teelepels Maizena

Kors:
Rol die koekies fyn, smelt die botter en meng in die koekies in. Druk vas en sit bak in yskas.

Vulsel:
Klits die room tot styf. Voeg die kondensmelk en maaskaas by en meng.
Voeg vanilje en suurlemoensap by.
Los 15 ml gelatien in lou water op, voeg by en meng deur.
Los in yskas vir 2 ure.

Bolaag:
Dreineer appelkose se sap in ‘n pot. Voeg daarby die suiker en maizena (meng die suiker en maizena voor jy dit by roer) en kook tot helder. Roer heeltyd. Moet nie te lank kook anders is dit te styf.
Pak die appelkoos halwes bo op die vulsel en skep die stroop lepels vol bo-oor die appelkose om dit soos eiers te laat lyk.

Plaas in die yskas tot die volgende dag maar as jy dit nie kan uithou nie sal dit nog steeds lekker proe maar net nie gestol wees nie.
Resep en foto: Riana Henrico Botha




DEKADENTE SJOKOLADE TERT

DEKADENTE SJOKOLADE TERT
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
½ teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
½ koppie kakao
½ koppie kookwater
½ koppie olie
4 eiers, geskei

Voorverhit oond tot 180°C.
Klits al die bestanddele behalwe eierwitte saam.
Klits eierwitte styf en vou by beslag in.
Gooi in gesmeerde oondbak (26 x 26 cm x 4 cm).
Bak vir 35 minute – indien nodig, nog 10 minute.
Sous
½ koppie suiker
1 blik Ideal melk
1 groot blok sjokolade met neute
Kook die suiker en Ideal melk saam.
Verwyder van hitte.
Kap sjokolade grof en voeg by melkmengsel.
Roer tot gesmelt.
Gooi oor koek sodra dit uit oond kom.
Foto en resep: Marietha Herselman




DUITSE APPELTERT ALA ELIZABETH

DUITSE APPELTERT ALA ELIZABETH
Deeg
1 en halwe koppie koekmeel
1 teelepel bakoeier
1 koppie strooisuiker
3 eiergeel.

Meng met hand tot stywe deeg. As dit nie bymekaar kom nie gooi net ‘n bietjie melk by.
Deel in twee en laat rus in yskas. Een gedeelte sit ek sommer ‘n ruk in vrieskas.

Vulsel
Appels in stukkies gesny
Knippie kaneel
1/2 koppie pitlose rosyntjies
as jy wil 1 naeltjie
1/2 koppie suiker
bietjie water.

Kook saam tot appels net sag is. Meng bietjie vlapoeier by mengsel.
Druk deeg in tertpan, skep appels in deeg en rasper orige deeg wat in vrieskas is bo-oor. Bak teen 180°C tot goud bruin.
Resep: Elizabeth Haupt




BALTIMORE MELKTERT

BALTIMORE MELKTERT
Resep en foto: Maranda van Dam
FOOD LOVERS RECIPES
Soet Bros Kors:
Voorverhit die oond na 200 ºC
Smeer twee melktert panne met botter
125 g botter
125 ml suiker
1 eier, lig geklits
500 ml koekmeel gesif
5 ml bakpoeier
1 ml sout

Room botter en suiker tot lig. Voeg eier by en room tot lig. Voeg res van bestanddele by.
Vat die degie en laat rus in koelkas vir 20 minute
Verdeel die deeg in twee, rol uit in sirkels en druk uit in panne.
Blindbak die doppe vir so 15 minute ( ek gebruik sommer boontjies- en ek lê eers die bodem met waspaier uit en sit dan bone bo-op )
Laat afkoel

Vulsel:
1 liter melk
45 ml botter
3 eiers
100 ml suiker
70 ml maizina ( mielieblom )
45 ml koekmeel
7 ml vanilla geursel

Verhit die melk en botter tot by kookpunt en haal van stoof af.
Klits res van bestanddele saam met klein bietjie koue melk ( ek gebruik so 150ml ).
Voeg die mengsel by die verhitte melk en sit terug op die stoof.
Laat goed warm word op matige hitte en roer tot mengsel lekker prut.
Verdeel mengsel tussen melktertpanne.
Sprinkel met kanneel en laat koud word.

Notas:
Mens bak nie die tert weer nie jy laat hom net afkoel.
Moet nie jou melk te warm laat word nie.
Maak seker dat jou vulsel ‘n lekker slap batter is en geen klonte in het nie.
Hierdie mengsel maak genoeg vir twee pyrex tert bakke van 22cm.




JOAN’S APPLE TART

JOAN’S APPLE TART
250 ml sugar
250 ml flour
5 ml baking powder
45 ml margarine
3 eggs
2 ml salt
80 ml milk
1 tin pie apples

Cream sugar and eggs very well.  Sift flour, baking powder and salt together.
Then add melted margarine and milk to mixture, then the flour mixture.
Place the mixture into pre-greased baking ovenproof rectangular bowl.
Spread the apples evenly onto the mixture and bake for 35 mins in a 180°C oven.

Syrup:
200 ml sugar
100 g margarine
190 ml milk

Boil the syrup 10 mins before the tart is ready.
Pour over the tart, separating the sides with a knife so that the syrup can flow all around.
Source and photo: Joan Bal
2nd Photo:  Rina Kleinhans




WARM LEMOENTERT

WARM LEMOENTERT
1 ½ koppie koekmeel
¾ koppie suiker
¾ koppie melk
3 eiers
4 eetlepels botter
1 ½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
Klits eiers goed. Voeg suiker geleidelik by en klits tot romerig. Bring melk tot kookpunt en smelt botter daarin. Sif meel, bakpoeier en sout by eiermengsel. Meng goed. Voeg kokende melk en botter by. Skep in voorbereide tertbak.
Bak in matige oond vir ongeveer 25-30 minute.
STROOP
2 koppies suiker
2 eetlepels botter
1 koppie water
1 koppie lemoensap
2 teelepels gerasperde lemoenskil
Kook suiker, botter en water saam vir 5 minute. Laat effens afkoel en voeg die lemoensap en gerasperde lemoenskil by. Prik tert met vurk en skep die warm stroop oor die warm koek.

Bron: Resepte van Heinde en Ver. Saamgestel deur wyle Elize Botha.
Resepte wat sy by vroue van Parlementslede gekry het.
Resep geplaas deur:  Hettie Theunissen
Foto: Heather-Jannie Strumpher




ZORANA SE MAKLIKE PIESANGTERT


ZORANA SE MAKLIKE PIESANGTERT
Pakkie tennisbeskuitjies
4 piesangs in skyfies gesny
1 bakkie room styf geklits
1 pakkie piesang instant poeding maak aan soos op pakkie
Maak kors van beskuitjies fyn gedruk en gesmelte botter druk vas in tertbak. Sny skyfies piesang oor kors. Meng die helfte van die styf geklitste room en vou dit in die piesangpoeding in skep die poeding oor die piesangs en kors gooi nou die ander helfte room bo oor. Plaas in yskas.
Pa kon nie wag nie soos jul kan sien hyt nog nie mooi gestol nie maar hy wil proe,,,wel hy se dis vrek lekker en glad nie te soet nie
FOTO EN RESEP:  Zorana Zee Vd Berg




“MIN BESTANDDELE” APPELTERT


“MIN BESTANDDELE” APPELTERT
Ek was nou lus vir appeltert vannaand. En ook nie die gewone appeltert nie. Sommer n idee wat ek op n kos kanaal gesien het.
Het n rol puff pastry gevat en hom uitgerol. Nie te dun nie.
Binne in n tertbak gesit wat gespuit was met Cook and Spray.
Het so 10 klein Golden Delicious Appeltjies geskil en in dun skyfies gesny.
Het 1 kop strooisuiker gemeng met so 1 1/2 teelepel kaneel en dit oor die appels gegooi en toe deur gemeng en appels in tertkors gesit en die deeg wat oorgehang het bo oor gevou en net 2 snytjies op deeg gemaak. Melk oor gesmeer en weer so bietjie strooi suiker bo op deeg gestrooi saam met bietjie kaneel. Op 180 grade C gebak totdat deeg bruin en opgepof was. Kan saam met room of vla ge eet word. Geniet. 🍏🍛🍏

FOTO EN RESEP:  Ronel Muller Thoma




PYNAPPEL EN SUURLEMOENKAASKOEK

PYNAPPEL EN SUURLEMOENKAASKOEK
1 (440 g) blik pynappelstukke
1 (80 g) pynappel jellie
200 ml kookwater
250 ml room
230 g roomkaas
1 (200 g) pakkie Lemon Creams

Dreineer die inhoud van pynappelstukke en behou 150 ml van die stroop.
Los jellie in die kookwater op en voeg die 150 ml stroop by.
Laat dit afkoel en verkoel todat dit effens gestol is.
Klop die room totdat sagte punte vorm. Vou die gekoopte room en roomkaas by die jellie in.
Druk die koekies fyn en voer ‘n groot bak of klein ramekins met die helfte van die krummels uit.
Smeer die helfte van die roommengsel bo-op en pak die helfte van die pynappelstukke bo-op.
Skep die orige koekie krummels op die pynappelstukke en dan die orige roommengsel en laastens die orige pynappelstukke. Plaas in die yskas totdat dit geset het.
Bron en Foto: Petro Van Genderen




BLOUBESSIE BLOKKIES

BLOUBESSIE BLOKKIES (jam squares)
Deeg:
3 koppies meel
1 koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
1/4 teelepel sout
225 gram koue botter (in klein blokkies gesny)
1 eier
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Vulsel:
Sap van 1 suurlemoen
1/2 – 3/4 koppie suiker
4 teelepels Maizena
6 – 8 koppies vars bloubessies
Verhit die oond tot 190 grade C. Sproei ‘n reghoekige koekpan (22 x 32 cm) met Spray en Cook.
(Kano ook 2 20 x 20 cm panne gebruik).
Meng die meel, suiker, bakpoeier, sout en suurlemoenskil saam in ‘n mengbak.
Sny die botter en die eier in met 2 messe, totdat dit krummelrig is.
Gooi 2/3 van die deeg in die koekpan en druk dit met jou hande vas. Sit die ander 1/3 deeg eenkant.
Plaas die koekpan in die oond, en maak die vulsel.
Roer die suurlemoensap, suiker en Maizena saam. Vou die bessies versigtig in. Jy wil hulle nie te veel breek nie.
Haal die koekpan uit die oond uit en giet die bessies oor die kors.
Verkrummel die res van die deeg oor die bessies.
Sit terug in die oond en bak vir so 60 minute totdat die bokant mooi goudbruin is, en die bessies borrel langs die kante.
Verkoel op ‘n draadrak.
Sif klein bietjie versiersuiker bo-oor wanneer jy dit opdien. Sny in blokkies en sit voor. (Ek sny gewoonlik in 24 blokkies).
Ek bere myne in die yskas want ek hou van hom koud, maar jy kan hom sommer op die kombuistafel laat staan.
Alternatief vir die bloubessie vulsel is die volgende:
6 koppies gekapte perskes (so 8 perskes, geskil)
Sap van 1 suurlemoen
1/2 koppie meel
3/4 koppie suiker
1/4 teelepel sout
1/2 teelepel kaneel
1/2 teelepel neutmuskaat
Sit die perskes in ‘n bak en besprinkel met die suurlemoensap.
Meng die meel, suiker, sout, kaneel en neutmuskaat saam. Strooi oor die perskes en meng versigtig.
Gebruik op presies dieselfde manier as die bloubessie vulsel.
Aangepas deur: Debbie Edwards
Foto: Debbie Edwards