PEPPERMINT CRISP TERT


PEPPERMINT CRISP TERT
Resep: Erna Van der Merwe se Ma
Foto: Erna Van der Merwe
FOOD  LOVERS RECIPES
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 blik caramel kondensmelk
1½ houers Orley Whip  (375 ml)
2 peppermint crisps
Lemoensap

Smeer koekies dik met kondensmelk.
Doop dan een vir een in die lemoensap soos jy dit in die bak pak.
As een laag klaar is smeer helfte van die orley whip oor.
Kap peppermint crisps fyn en strooi oor.
Herhaal nog ‘n laag.
*Ek sit die peppermint crisp in die vrieskas. Dan kap dit makliker fyn.
*soms vervang ek die lemoensap met sterk koffie, maar die lemoensap gee ‘n heerlike vars smaak




BEPROEFTE LEMON MERINGUE TERT

BEPROEFTE LEMON MERINGUE TERT
Kors:
1 pak tennis beskuitjies fyngemaak in voedsel verwerker. Gooi dan 90gr gesmelte margarine by en meng weer deur die verwerker.
Pak vas in die bak en sit in yskas.
Vulsel:
Meng 3 eiergele – 1 blik kondensmelk – halwe koppie suurlemoensap saam.
Klits net tot deurgemeng. Nie te lank klits nie want dan sal die vulsel split.
Bak teen 180°C vir 15min
Haal uit oond en sif met ‘n fyn sif ‘n bietjie maizena oor.
Skep jou meringue bo op en bak dan teen 150°C tot regte kleur van jou keuse.
Meringue:
Vir die bak op die foto is net reg vir die vulsel – so ek gebruik dan
6 eierwitte
60 ml suiker
1/4 t kremetart
5 ml suurlemoensap
-klits eierwitte tot sagte punt
-klits suiker bietjie vir bietjie by. 10ml op ‘n slag tot deurgemeng en opgelos
-klits kremetart by
-klits suurlemoensap by
Skep op meringue. Die maizena wat jy opgesit het sal help dat die meringue vasklou .
Laat afkoel in oond met die deur ‘n entjie oop.
As jy di vulsel dubbel aanmaak vir ‘n groter bak en jy moet meer eierwitte gebruik onthou sit 10ml suiker by die meringue vir elke eierwit wat jy extra gebruik
Foto en resep Elschen Bornman




THEA SE KOFFIEKOEK OF -TERT


THEA SE KOFFIEKOEK OF -TERT
3 eiers
250 ml moer koffie of 2 eetlepels koffie opgelos in kookwater
300 ml suiker
180 ml olie
500 ml koekmeel
10 ml Bakpoeier
Knippie sout
Klits eiers en suiker tot romerig. Voeg olie en koffie by en klits saam.
Voeg droë bestanddele by en klits goed.
Plaas in gesmeerde bak 20×40 of oondpan en bak vir 30 min op 180 grade C tot gaar.

Sous
Kook 250 ml suiker saam met 500 ml koffie. Verwyder van stoof, voeg 5 ml karamel geursel by en gooi oor koek sodra uit oond kom.
Laat heeltemal afkoel.

Room Versiersel
500 ml room styf geklits
Halwe blikkie karamel kondensmelk, voeg by room en klits.
Gooi halwe pk karamel kits poeding saam room en klits.
Smeer oor afgekoelde koek en strooi ‘n flake of choc-chips oor as versiering. Verkoel in yskas en geniet.

Ek bak my koffie koek op selfde manier.

Foto en resep geplaas deur Thea Loots




PEPPERMINT ROOMYS TERT


PEPPERMINT ROOMYS TERT
Hierdie is n MOET probeer:
Wat jy benodig is:
1 pakkie tennis beskuitjies
1 Blikkie karamel kondensmelk
2 L vanilla roomys
Peppermint crisp sjokolade
Pak die bodem van ‘n glasbak toe met koekies
Meng die blikkie karamel met die 2 L vanilla roomys
Rasper die helfte van die peppermint sjokolade in en meng goed.
Sit nou die mengsel bo-op die koekies en rasper res van die peppermint crisp bo-oor
Sit in vrieskas om te stol.
Resep en foto:  Louwna Fourie




HEERLIKE KAASKOEK TERT


HEERLIKE KAASKOEK TERT
Weet nie waar ek die resep gekry het nie, maar dit is die heerlikste kaaskoek wat ek nog geeet het.Ek het hom dubbel aangemaak.
250 ml mascapone “tripple cream cheese”
250 ml room
300 ml plain jogurt
1 blik kondensmelk
60 ml suurlemoensap
100 gr milky bar
1 pakkie suurlemoen jellie
125 ml kook water
1 bakkie granadilla pulp
Los jellie in kookwater op en laat afkoel.
Meng suurlemoen sap en kondensmelk tot styf.
Klits roomkaas, jogurt en room saam,  smelt milky bar en meng al die mengsels saam en gooi in tert bak op kors van jou keuse.
Gooi granadilla pulp bo-op.
Ek het tennis beskuitjies gebruik vir die kors.

Foto:  Elize Gouws
Resep: Johan Coetzee

 




SJOKOLADE LAGIE TERT


SJOKOLADE LAGIE TERT
Kook saam op stoof
500 ml kookwater
375 ml suiker
30 ml margarien
Meng saam
125 ml maizena
62,5 ml kakao
1 ml sout
200 ml koue water tot glad en roer by boonste mengsel kook oor lae hitte tot dik haal af van stoof en roer 20 ml vanielje by.
Pak nou in lae met tennis beskuitjies tot kakao mengsel klaar is. Rasper pepermint crisp oor elke laag. Klits room styf sit bo op en rasper nog sjokolade oor. Plaas in yskas tot lekker ferm.
Foto: Marie Grobler‎




NAOMI SE GEBAKTE MELKTERT

NAOMI SE GEBAKTE MELKTERT
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
2 eetlepels margarien
4 eiers
4 koppies melk
10 ml bakpoeier

Klop margarien en suiker tot romerig.
Voeg eiergeel een vir een by en klop goed. Sif droeë bestanddele saam. Voeg melk by margarien mengsel. Voeg nat bestanddele saam droë bestanddele. Klop eierwitte tot styf en meng saam res van mengsel.
Bak in oond vir 45 min teen 180°C. Strooi bietjie kaneel oor wanneer afgekoel.
Tert sak heelwat soos hy afkoel.
Foto en resep: Naomi Thompson




DIE ONMOONTLIKE TERT

DIE ONMOONTLIKE TERT
½ koppie meel
½ eetlepel bakpoeier
1 koppie klapper
Knippie sout
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla essence
5 eetlepels margerine
2 koppies melk
4 eiers
Meng alles saam. Voeg in ‘n gesmeerde bak.
Bak vir 1 uur teen 180°C
Onder sal ‘n basis form, middel vla en bo klapper LAAG
Foto: Cecil Dunhin en Liz Marillier




CHERRY CLAFOUTI


CHERRY CLAFOUTI
30 ml Butter
500 g stoned fresh black cherries (or drained tinned)
30 ml sugar
30 ml Kirsch or similar (optional)
75 ml flour
75 ml sugar
pinch salt
3 eggs
15 ml vanilla
250 ml milk
Preheat oven to 180 C and butter ceramic pie dish.
Melt butter, add sugar and cherries, saute a few minutes until cherries plump up. (Add Kirsch if using, allow to heat and light to flambe).
Mix flou, sugar and salt together, add eggs, mix till smooth. Add milk and vanilla and stir until there are no lumps.
(Original recipe :- pour 1 cm batter in bottom of pie dish, place in oven for about 10 minutes until it sets, remove from oven) – I would not do this step again.
Scatter drained cherries into dish. Pour batter over and place in center of oven. Bake for about 1 hour, it will puff up. When center is set, remove from oven and sprinkle confectioners sugar. Serve warm or cold with cream or ice cream
My Photos –  Petro Borchard
Ek dink ek sal die beslag dubbel maak volgende keer. daar was net nie vir my genoeg “deeg” nie.




JOLANDI SE APPELTERT VAN VARS APPELS


JOLANDI SE APPELTERT VAN VARS APPELS
Die resep is van 3 wat ek een gemaak het hoop jul geniet dit.Vir die wat daarvan hou gooi bietjie kaneel suiker oor die tert. Eet met vla of roomys.
Appeltert
10 pienk lady apples geskil en pitte uitgehaal.
Kook met halwe koppie bruinsuiker en 6 heel naeltjies. Kook tot appels sag is. Water af.
Deeg.
1 koppie suiker
3 eetlepel margarien
Room saam.
3 eiers
Klop 1 eier op ‘n slag by suiker mengsel .
1 koppie koekmeel
Knypie sout
1 teelepel bakpoeier
Gooi by eier mengsel
Voeg 1/4 koppie melk by.
Skep deeg in groot oond pan skep lepels appels op die deeg.
Bak 30 min in (180ºC) of tot bruin.
Foto en resep:  Jolandi Greyling