CREMORA TERT MET PYNAPPEL

CREMORA TERT MET PYNAPPEL
Resep: Magda Van Der Merwe.
Foto: Marné Jacobs
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies Cremora poeier
1 pakkie pynappel jellie
1 koppie kookwater
Meng bogenoemde baie goed saam vir so 3 min, laat goed afkoel.
Voeg  die volgende by en meng goed:
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie gedreineerde fyn pynappel
¾ koppie suurlemoensap
(drink sommer die pynappelsap)
Ekstra:
1 blikkie Ideal melk verkoel oornag
Tennisbeskuitjies


Klop verkoelde Ideal melk styf en vou dit by die Cremora mengsel in.
Skep die mengsels in ‘n gespuite tertbak wat met tennisbeskuitjies gepak is , stooi fyn beskuitjie krummels oor en laat te minste vir 5 uur in yskas voor bedien.
Nota:
Ek vervang ook die jellie met suurlemoenjellie en die pynappel met 2 blikkies granadilla mousse.
Hierdie is regtig ‘n staatmaker en lewer ‘n lekker groot tert.




LIESEL SE GRANADILLA JOGURT TERT

LIESEL SE GRANADILLA JOGURT TERT
500 ml jogurt
1 pakkie jellie
250 ml kookwater
1 blik kondensmelk
vars of ingemaakte vrugte
Granadillamoes of vars Granadilla
1 pak tennisbeskuitjies
Meng die jellie en kookwater en laat dit afkoel. Klits jogurt, kondensmelk, en vrugte saam tot goed gemeng en voeg die afgekoelde jellie daarby en meng.
Pak die beskuitjies in ‘n tertbak en giet die jogurtmengsel bo-op die beskuitjies. Plaas die tert in die yskas om te stol.
Giet die Granadilla oor die tert wanneer dit gestol is en bedien.
Nota:
Gebruik enige geur jogurt van eie keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met enige jogurt te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Resep getoets en foto: Liesel Burger




PEPPERMINT CRISP TERT MET TEA LOVER’S KOEKIES

PEPPERMINT CRISP TERT MET TEA LOVER’S KOEKIES
250 ml (1 k) vars room
397 g (1 blik) karamel-kondensmelk
3 x 49 g Peppermint Crisp-sjokolade
200 g (1 pakkie) Tea Lover’s-koekies
Klits die room styf.
Voeg die kondensmelk en die helfte van die fyngemaakte sjokolade by en roer liggies.
Moet dit nie weer klits nie, want dan sal die room loperig raak en nie behoorlik set nie.
Sit die koekies in ’n verwerker en blits tot dit soos broodkrummels is.
Maak ’n laag van koekiekrummels in jou gekose bak.
Versprei die helfte van die roommengsel oor die koekies en bestrooi met ’n bietjie sjokolade.
Skep nog ’n laag koekiekrummels en room en bedek met die oorblywende sjokolade.
Verkoel minstens 6 uur sodat die nagereg kan afkoel en set.
Resep en Foto: Lisel Burger




PYNAPPEL YSKASTERT

PYNAPPEL YSKASTERT
1 pakkie pynappel jellie
1 koppie kookwater
1 blik (380 g) Ideal Melk
1 blik (110 g) granadillamoes
1 blik pynappelmoes
1 pak tennisbeskuitjies
± 50 ml botter
Smelt botter en maak tennisbeskuitjies fyn en meng om kors te maak. Druk vas in ‘n tertbak en hou eenkant. Meng jellie en kookwater, roer tot jellie opgelos is en laat effens afkoel. Klits Ideal Melk tot skuimerig en gooi jellie by, klits vir nog so ‘n min. Gooi dan al die ander bestanddele by en klits goed deur. Gooi in bak met kors en sit in yskas tot gestol.
Foto en resep deur Charmaine van Dyk




BRENDA SE PEPPERMINT CRISP TERT

BRENDA SE PEPPERMINT CRISP TERT
250 ml Orley whip
2 blikkies caramel treat
15 ml suurlemoensap
4 peppermint crisp slaps gerasper
Tennis of Marie beskuitjies
Klits Orley whip styf.
Voeg suurlemoensap by.
Voeg Caramel treat by.
Voeg 3 van die gerasperde peppermint crisp slaps by.
Klits alles goed saam.
Pak laag koekies onder in bak.
Gooi helfde van vulsel bo-op.
Pak weer laag koekies, gooi res van vulsel op en versier met orige sjokolode en gekrummelde koekies.
Plaas in yskas om te stol.
Heerlike peppermint crisp tert vir naweek.
Foto en resep deur Brenda Joubert




BERNICE SE MELKTERT

BERNICE SE MELKTERT
Foto en resep geplaas deur Bernice Walters
FOOD LOVERS RECIPES
Ou mikrogolf wenresep maar ek maak hom al die jare op die stoof. Ek skei my eiers van die melkmengsel. Klop die eierwitte dan styf en vou laaste in die melkmengsel.
Kors:
1 koppie koekmeel
60 g margarine
1 eiergeel
1 teelepel bakpoeier
4 eetlepels suiker

Room botter en suiker.
Voeg eiergeel by. Voeg droë bestanddele by. Druk vas in ‘n tertbord en bak by 160°C vir 20 minute. Haal uit en laat afkoel.

Vulsel:
2 koppies melk
1 eetlepel margarien
2 eiers
6 teelepels suiker
1 eetlepel koekmeel
1 eetlepel maizena

Kook melk en margarien in mikrogolf. Klits eiers en suiker tot skuimerig. Meng meel en maizena met eiermengsel en voeg by kokende melkmengsel. Giet eers ‘n bietjie van die kokende melkmengsel by die eiermengsel en meng. Dit is om te verhoed dat die eiermengsel skif. Plaas mengsel terug in mikrogolf en kook totdat dit dik is. Roer af en toe anders kook dit oor. Giet dit in die gaar kors en sprinkel kaneel oor. Laat afkoel. Dit word nie weer gebak nie.




PEPPERMINT AND COOKIE CREMORA TART

PEPPERMINT AND COOKIE CREMORA TART
I wanted to do something different than the usual cremora tart so I called it ‘ peppermint and cremora antidepresant’
1 pack tennis biscuits
1 pack marie biscuits
100 g stork bake melted ( I just used stork butter )
1 tin condensed milk
1 small bottle peppermint extract (use only half I accidentally used more than half hehe oops I thought it wouldn’t be so strong …I was wrong )
2 cups Cremora powder
1 melted peppermint chocolate
Crush tennis biscuits and mix with melted stork bake/butter.
Line dish with the biscuit mix.
In a separate bowl mix condensed milk with half of the small peppermint extract bottle or according to how strong you want it.
Another separate bowl (sorry for all the dishes you will have after this ).
Mix cremora with water (should be thick ).
Combine condensed milk mix with cremora mix and add broken pieces of biscuits I used Marie biscuits.
Add to dish.
Decorate with Marie biscuits and melted peppermint choc.
Chill in fridge for 1-2 hours leave overnight if you want it very very set if that makes sense.
Photo: Jewel Jonghvisscher




AMANDA’S BANOFFEE PIE


AMANDA’S BANOFFEE PIE
‘n Maklike en gou-gou poeding of tea-time treat.
Base:
100 g butter, melted
250 g Tennis Biscuits, crushed
Also:
20 cm loose-bottomed cake tin, greased
Caramel Filling:
1 can Caramel Treat (I used Banoffee Caramel Treat (limited edition).
1 (155 ml) tin Desert Cream
1 teaspoon lemon juice
1 teaspoon castor sugar
4 – 5 small bananas
Topping:
300 ml Fresh Cream
1 tablespoon lemon juice
1 tablespoon castor sugar
1 Flake chocolate or any grated chocolate of choice

Put the biscuit crumbs in your bowl, then tip in the melted butter and mix it all together.
Spoon this into your cake tin and press against the bottom and sides – this is the base of the banoffee pie.
Chill it for ten minutes.
Heat the Caramel Treat in a non-stick saucepan over low heat, stirring all the time until slightly more liquidly.
Whip the tin of desert cream together with 1 tsp lemon juice and 1tsp castor sugar until it thickens slightly. ******NB-Will not thicken to stiff consistency.
Mix together the desert cream and caramel treat.
Peel and slice bananas into thin slices- fold into caramel filling.
Spread the caramel filling over the base.
Chill while you make your topping.
Whip fresh cream, lemon juice and castor sugar together until stiff.
Spread top of pie with the cream and decorate with grated chocolate.
Chill for about 1 hour or until firm and ready to serve.
Recipe and photo: Amanda Conradie




TANYA SE FERRERO TERT


TANYA SE FERRERO TERT
Hi foodies 🙂 ek het nou net die tert gemaak ek deel met julle die resep. Ek het die bestanddele as volg aan gemaak , maar as jy ‘n groter of kleiner een wil maak is dit jou keuse hoeveel julle wil gebruik.
20 Ferrero chocolates
1 blikkie caramel treat
1 liter room
1 pakkie tennis beskuit koekies
Klop jou room tot dat dit styf is.
Maak jou caramel treat sag in ‘n bakkie en voeg dit by jou room en vou dit in.
Breek al 20 Ferrero’s los bietjie oor vir die bo-oor strooi.
Pak jou koekies uit in die bak en gooi dan die beslag oor, sprinkel dit met die oorblywende gebreekte Ferrero’s en nog bietjie fyn gedrukte tennisbeskuit koekies

Resep en foto:  Tanya Roos




MARIE SE CREMORATERT

MARIE SE CREMORATERT
Genoeg vir 8 mense
250 ml Cremora
125 ml suurlemoensap
125 ml kookwater
1 blik kondensmelk
1 pakkie Marie- of Tennis biscuits
Maak Cremora met kookwater aan en laat afkoel.
Klits kondensmelk en Cremora saam vir vyf minute, voeg suurlemoensap saam en klits vir een minuut.
Ek het koekies fyngemaak met my masher en 2 eetlepels botter, gesmelt en en koekies styf vas gedruk.
Skep die vulsel op die koekiekors en sit in die yskas om te stol.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Marie Rheeder Troskie

Tweede foto en verandering: Kristie Townsend
Marie se cremora tert wat op die blog is, gemaak. Het net coffee whitener gebruik wat dieselfde is as Cremora, nie so soet nie dis wat ek kon kry hier in NZ en het dan Anzac koekies fyngemaak en as die “base” gebruik! Het heerlik uitgekom baie dankie vir die resep!


FOTO: Susan Burger
Ek het marie se cremora tert, op die blad gemaak. Is hemels☆