1

DRAGON VRUGTE SMOOTHIES


DRAGON VRUGTE SMOOTHIES
½ dragon vrug, geskil en in blokkies gesny
100 ml water
½ koppie ys
80- 100 ml enige geur yoghurt

Gooi alles in die versapper en versap. Bedien dadelik.
Resep en foto: Jackie Kotze




MAKLIKE VRUGTE SMOOTHIE MET FLAX SAAD


MAKLIKE VRUGTE SMOOTHIE MET FLAX SAAD
1 piesang
6 aarbeie
1 appel
2 eetlepels verfynde flax saad meel
1 koppie amandel melk – of melk van jou keuse
½ koppie water

Meng alles tot glad in menger.
(Die flax saad is die een bestanddeel wat die mees belangrik is, want dit werk die maag 🙂
Resep geplaas deur Benita Rodrigues
Foto: Benita Rodrigues




A-LA-LISKA SMOOTHIE CONCOCTION

A-LA-LISKA SMOOTHIE CONCOCTION
2 over ripe big paw paws, ice cold out of the fridge, peeled and chopped
250 ml fresh full cream (ice cold)
250 ml full cream milk (ice cold)
4 tablespoons honey, overflowing, don’t be shy

Blend the paw paws very well till puree like, add the cream and blend again, add the milk and blend again, lastly add the honey and blend again, then taste a sip to make sure it is perfect.
Now blend some more till your blender or smoothie maker nearly burns out…
Now put in the fridge for at least an hour.
Keep the glasses in fridge until needed.
Stir before pouring into ice cold glasses.
Batch makes about 2 to 3 litres.
Recipe and Photo: Liska Mariska Hulme




DRUIWE SMOOTHIE

DRUIWE SMOOTHIE
2 k vanilla roomys
500 g druiwe korrels (rooi) sonder pitte en takkies
1 t vanilla essens
Sit alles in die versapper en skommel tot fyn, geniet terwyl koud is.
Foto: Gideon Louw




BEET EN WORTEL SMOOTHIE


BEET EN WORTEL SMOOTHIE
Ons ontbyt vele oggende.
1 redelike groot beet
1 groot wortel
1 perske
2 vars pruime
Papaja na smaak, ongeveer 1 kp opgesny
1 lekker dik sny suurlemoen
stukkie vars gemmer
1 klein bakkie jogurt – bulgaars of gegeur
ongeveer 30 ml Low Cal Koeldrank

Hierdie smoothie het beet, wortel, papaja, perske, pruime, stukkie suurlemoen en stukkie vars gemmer in. Dan sit ek ‘n klein bakkie jogurt en klein bietjie “Low Cal” koeldrank by en bietjie water  laat die “blender” loop en as dit te dik is sit nog water by tot die dikte reg is. Gooi sommer so paar blokkies ys ook in dan is hy heerlik koud.
Laat “blender”   loop tot alles lekker fyn en glad is.
Met so glas vol raak mens nie gou honger nie. Dit is vir ons baie lekker en ek gebruik maar vrugte wat ek het, maar die beet en wortel sit ek altyd in.
Ek sit ook murgpampoentjie en spinasie by as ek het.
Geniet hom
Resep en foto:  Rina Kleinhans




PAPAJA WAATLEMOEN EN AARBEI SORBET SMOOTHIE

PAPAJA WAATLEMOEN EN AARBEI SORBET SMOOTHIE
Ek het hierdie smoothie vir ons vanaand gemaak.
1 papaja, in blokkies gesny
8 kwart stukke waatlemoen, in blokkies gesny
4 groot scoops aarbei sorbet
Meng alles saam in die voedselverwerker en bedien.
Resep en foto deur Elna Erasmus




PIESANG EN SJOKOLADE GLADDEJANTJIES


PIESANG EN SJOKOLADE GLADDEJANTJIES
140g piesang gesny
175 vetvrye vanilla jogurt
5ml caco
5ml vanilla essence
2ml kaneel
Baie ys
Blits in versapper en geniet as ontbyt
RESEP EN FOTO:  Leandri Potgieter




AARBEI EN PIESANG GLADDEJANTJIES


AARBEI EN PIESANG GLADDEJANTJIES
Heerlike gesonde gladdejantjie vir n vinnige ontbyt of sommer net n peuselhappie..
150 g aarbeie
70 g piesang
175 g vetvrye aarbei joghurt
Heuning na smaak
Ys
Haal die blaartjies van die aarbeie af en was die aarbeie af.
Skil en sny die piesang.
Gooi die piesang, aarbei en jogurt in ‘n versapper en pols tot glad.
Voeg ys by en pols tot glad.
Voeg heuning by en pols n laaste keer..
Indien jy nie haastig is nie, kan jy die vrugte vries en die ys elimineer.( Ek verkies dit so…heerlik dik)

FOTO EN RESEP:  Leandri Potgieter




VARS PYNAPPEL SMOOTHIE


VARS PYNAPPEL SMOOTHIE
Gooi bietjie Rhodes sap (ek het so 3/4 k mangosap gebruik) onder in die blender, gevolg deur 1,5 k ysblokkies (afhangend van hoe dik jy dit soek) en laastens stukke van ‘n medium vars geel pynappel (die kleinerige soetes). Crush als saam en geniet.
Foto’s en resep: Christelle van Rooyen




VEGETABLE SMOOTHIE

ABUNDANT VEGETABLE SMOOTHIE
2 Roma Tomatoes
1 Small Carrot
1 Small Zucchini
1 Glove Garlic
1 Tablespoon onion
2 Stalks of Celery
1 Red Bell pepper
1 Tablespoon fresh parsley
2 Cups of Water
Blend all ingredients together until creamy

VITAMIN k RICH SAVORY BASIL SOUP
1 Bunch fresh Basil
2 Large ripe Tomatoes
1 Bell pepper, seed and stem removed
2 Gloves Garlic
1 Cup Water
Blend and pour into large bowl.

CAULIFLOWER CARROT SMOOTHIE
2 Cups Cauliflower
1 Cup Carrots
1 Teaspoon dried Dill
1 Teaspoon dried Cilantro
2 Stalks Celery
1 Tablespoon Lemon juice
1 Cup Water
Blend all ingredients until creamy, adding the water gradually intil the desired consistency is reached

SPINASH COLD BUSTER
2 Cups Spinash
12 gloves garlic
Juice of 1 Lemon
1/2 Cucumber
1/4 teaspoon cayenne pepper
1/2 teaspoon minced jalapeno
Pepper
1 Cup Water
Place all the ingredients in a blender
Blend on hight speed for 30 seconds

Posted by Meisie van der Colff