CRUNCHIE FUDGE IN THE SLOW COOKER

CRUNCHIE FUDGE IN THE SLOW COOKER
400 grams milk chocolate
1 tbs of vanilla extract
4 x 50g crunchie bars
1 tin sweetened condensed milk
2 tbs honey
1 tbs butter
Put all ingredients except for the crunchie bars into the slow cooker cook on high for 45 mins stirring every 15 mins until ingredients are melted.
Cut up your crunchie bars into small pieces except for half of one crunchie bar which will be used to decorate the top of the fudge.
Mix crunchie through the chocolate mix line a tray with baking paper pour the mixture into your tray and smooth out then take your half of a crunchie bar that’s left and sprinkle over the top of the fudge
Set in the fridge for 4 hours or over night.
Photo:  Louise Venter




AMANDA SE AFVAL IN PRUTPOT

AMANDA SE AFVAL
Resep en foto: Amanda Stone
FOOD LOVERS RECIPES
Afval gekoop by checkers so 1.8 kg, pens en bonus 5 pootjies. Was mooi skoon, maar het dit afgewas in asyn water soos mammie altyd gedoen het.
2 kg bees kookvleis
groot ui, opgekap
6 groot aartappels, geskil en opgesny
1 teelepel gemaalde knoffel
speserye
2 teelepels sout ekstra, na smaak
peper, na smaak
2 teelepels borrie
Masala kerrie mengsel (by slaghuis gekoop)
Naeltjies (net ‘n knippie)
Aromat, sommer so na smaak
knippie gemmer
¼ koppie blatjang vir die soet

Ek het ‘n elektriese stoompot, so sit toe afval en beesvleis vir 40 min met uie sout en peper en so 3 koppies water.
Maak oop en kyk of water so 1/3 van kos se hoogte is, sit al die res van die speserye by behalwe blatjang en stoom nog 40 min.
Skep nou beesvleis uit in “slowcooker ” met bietjie van die sous en sit aartappel in stoompot saam afval. Stoom 25 min (sny aartappels groot sodat van die aartappel nie te pap stoom nie)
Maak oop as die stoompot se tyd klaar is, skep die afval en aartappels by beesvleis in slowcooker en sit blatjang by en laat dit lekker deurkook op hoog en laat dit lekker trek vir 2 ure.
Bedien saam gaar rys.
Ek proe maar soos ek gaan, ek is nie ‘n kok nie, maar hou van lekker eet.




PRUTPOT MAALVLEIS EN GROENTE LASAGNE


PRUTPOT MAALVLEIS EN GROENTE LASAGNE
1 groot butternut, in skywe gesny
6 med aartappels, goed gewas en met skil en in skywe gesny
1 kg maalvleis, gemeng met 2 eiers
1 ui, fyngekap
speserye waarvan jy hou

Ek het Aartappelsop gemaak vandag en dit as sous gebruik.
Gooi bietjie sous onder in pot dan begin jy met 1 laag butternut en dan aartappels. Strooi liggies met sout en peper. Dan bietjie sous. Dan sit jy maalvleis oor. Herhaal so elke laag. Heel laaste gooi jy jou sous bo op laaste laag groente en gerasperde kaas.
Sit Slow Cooker op high deur die nag.
GLO MY DIE REUKE GAAN JOU WAKKER MAAK

Bron en Foto: Ronel Muller Thoma




MARIE SE LEKKER SOP IN DIE PRUTPOT


MARIE SE LEKKER SOP IN DIE PRUTPOT
Sopbene en skaap vleis gebruik
1x pak soupmix (4 in 1)
4 gerasperde aartappels
1 groot uie gerasper
sout en peper
4 wortels gerasper
Maak prutpot vol water en laat deurnag op outomaties kook.

Bron en Foto Marie Rheeder Troskie




SKAAPBREDIE EN KLUITJIES IN DIE PRUTPOT

SKAAPBREDIE EN KLUITJIES IN DIE PRUTPOT
skaapvleis
1 blikkie uie en tamatie
knoffel, sout en peper na smaak
3 tot 4 geskilde, gesnyde aartappels
100 ml chutney
10 ml Worcestersous
1 tot 2 blokkies skaap oxo gemaak met 1 koppie water

As ek tyd het, braai ek vleis en uie en gooi dit dan in slowcooker.
Anders gooi ek alles in die slowcooker, sit dit op high vir so 6 ure of tot aartappels sag is.

Kluitjies:
Daar moet genoeg vloeistof in stew wees.
2 eiers
60 ml olie
60 ml asyn
2 teelepels bakpoeier
2 koppies koekmeel
sout en peper na smaak
± 150 ml water

Meng alles saam, gooi water bietjie bietjie by, dit moet slapperig wees.
Dan skep jy groot lepels vol bo op bredie.
Seël mooi toe met stuk foil en sit die deksel op.
Los dit toe vir so 25 minute.
Skep op en eet lekker.
Bron en Foto: Elza Charles




ADRI SE EENPOT HOENDERGEREG IN DIE PRUTPOT

ADRI SE EENPOT HOENDERGEREG IN DIE PRUTPOT
Meng 2 koppies rys met 1 pakkie bruin uie sop poeier, sommer in die bak dan maak jy nie ekstra skottelgoed nie
Meng nou 1 blikkie tamatie en uie smoor by.
Gooi nou so paar baba aartappel, wortels stukke en gekapte seldery bo-op.
Laat 1 blokkie hoender aftreksel oplos in 4 kop warm water en gooi oor die rys mengsel.
Pak nou hoender stukke bo-op…ek het dytjies gebruik.
Strooi hoender speserye oor en laat kook tot gaar.
Ek het dit so 5 ure op hoog aan gehad.
Bron en foto: Adri Redlinghuys




RONEL SE PRUTPOT AARTAPPELSOP

RONEL SE PRUTPOT AARTAPPELSOP

More more☺
Ek hou daarvan om na die Pioneer Woman op Dstv se kos kanaal te kyk. Mensig sy kan darem vir jou sop maak. Ek het hierdie idee van Aartappelsop by haar gesien. 🍲 Maar ek het myne bietjie anders as hare gedoen. Sy gebruik bacon en low sodium chicken stock. En sy maak dit in n pot op die stoof. Ek het dit oor nag in my slow cooker gesit. En glo my die hele huis het heerlik geruik deur die nag.

Resep
3 wortels gewas en in blokkies gesny
1 groot ui gekerf
1 groot soetrissie in blokkies gesny
3 kaas russians ook op gesny
10 middelslag aartappels. Geskil en en blokkies gesny. ( as jy klein aartappels het gebruik bietjie meer)

Braai wortels, ui, soetrissie, en worsies in bietjie olie vir so paar minute saam totdat die ui deurskynend is.
Plaas dan alles in prutpot. Gooi sout bo oor groente in pot.
Krummel 2 blokkies hoenderekstrak en strooi oor groente en sit aartappels bo-op.
Voeg water by.
Stel prutpot “hoog” en laat kook (van so 7u af as jy dit in die aand doen).
Volg oggend (so teen 7:30 se kant) voeg by: 1 kop melk gemeng 4 eetlepels meel. Kook verder vir nog ‘n uur op “hoog”
Gebruik blitsklitser om aartappels en groente fyn te klits.
Voeg 1 pakkie sampioensop en grof gemaalde swart peper by.
Kook dit vir nog n rukkie totdat sop deurgekook het. Baie lekker.

Resep aangepas deur: Ronel Muller Thoma
Foto: Ronel Muller Thoma




LORAINE SE MAKLIKE PRUTPOT BEESSTERT

LORAINE SE MAKLIKE PRUTPOT BEESSTERT
2 beessterte
1 pak klein aartappeltjies
8 wortels
1 stingel seldery
2 groot uie
4 lourierblare
8 heel naeltjies
1 pakkie rich oxtail soppoeier
1 pakkie tamatiepuree
Was sterte mooi skoon en voeg alles behalwe die soppoeier en tamatiepuree in die prutpot.
Ek voeg ‘n koppie water by. Laat kook vir so 5 tot 6 ure of tot stert sag is. Ek sit alles dan oor in my swart pot of enige ander pot.
Maak soppoeier aan met water, nie te veel nie, want dit moet ‘n dik sous vorm, sit die puree by en giet oor die vleis. Sprinkel sout en peper na smaak by en bedien met rys of stampmielies.
Bron en foto: Loraine Peyper Viljoen




VARK EN LAMSKERRIE IN PRUTPOT

VARK EN LAMSKERRIE IN PRUTPOT
2 groot uie gekap
6 meduim aartappels
1 kg varkboud vleis in medium blokke gesny.
1 kg lams kookvleis
sout en peper
gekapte knoffel
2 eetlepels kerrie matig
1 teelepel borrie
½ koppie blatjang
2 eetlepels asyn
suiker soos verlang.

Braai uie en knoffel tot ligbruin.
Voeg kerrie en borrie by en roer deur.
Voeg vleise by en braai ‘n bietjie met sout en peper.
Voeg al die pot se bestanddele binne in die slow cooker en sit op hoog.
Voeg aartappels wat in die helfte gesny is by met net ‘n halwe koppie water bo oor.
Laat prut kos vir 3 ure op hoog.
As jou kos na 3 ure gaar is. Myne was pap sag, voeg suiker en asyn by blatjang en meng.
Skep bo oor kerrie en laat prut nog ‘n rukkie op hoog.
As jou sous te dun is verdik met enige poeier soos sop of bisto. Gebruik van sous in pot en meng. Giet bo oor kos en meng liggies deur.
Laat prut so paar min op low.
Bedien met rys en soetpampoen.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff




FRANCES SE BEESSTERT IN DIE PRUTPOT

FRANCES SE BEESSTERT IN DIE PRUTPOT
3.5 kg Beesstert
Ongeveer 100 ml Koekmeel wat met speserye van keuse gemeng is
Olie
2 blikke Tamatie & uie sous
100 ml Tamatie paste
60 ml Bruin suiker
50 ml Knoffel
6 lourierblare
10 ml Tiemie
10 ml Oreganum
6 ml neutpoeier
80 ml Rooiwyn
3 Oxtail aftreksel blokkies
1 Liter water
100 ml Jalepeno blatjang
5 selderystokke stukkies gesny
4 Wortels groot stukke gesny
Paar klein aartappels
3 Groot aartappels stukke gesny
Sout en peper na smaak
(Het alles opgedeel in 2 prutpotte, sodat pot nie te vol is nie.)
Rol beesstert stukke in meel / spesery mengsel en braai in olie tot bruin.
Plaas in prutpotte met bostaande bestandele, behalwe seldery en wortels.
Stel op hoog vir 3 ure.
Daarna voeg seldery en wortels by en indien nodig nog bietjie water.
Hou op hoog vir ‘n verdere 2.5 ure.
Verdik sous indien nodig met met Corn starch.
Het dit bedien saam met gebraaide rys waarin gemengde groente stukkies en uie was.
Bron en foto: Frances Smith