

LEKKER LAMSBOUD IDEES
Marieke Venter
Kan iemand help met ‘n maklike lamsboud resep asb? Wat nie droog is nie?
Lindi Botha Davis
Ek maak myne net een manier. Vryf met olie en strooi ‘n pakkie bruinsop poeier oor, vryf in en sprinkel bietjie aromat oor. Klein bietjie water onder in jou bak, bedek met foelie en bak. Ek doen myne oornag van so 22:00 af op 100 grade. Heerlik sag. Of 180 vir 3-4 ure.
Jolandie Patterson
Ons het Karoo skaap boerdery in die familie al vir 100 jaar. Smeer ontdooide lamsboud (NIE MIKROGOLF NIE) met olyfolie, gooi sout en peper, stop hier en daar met garlic. Laaste strooi hele boud met koekmeel. Sit in bak met uie en bak op 160 vir tussen 4 en 6 ure. Moenie baie loer nie. Vergeet van hom. Ek gooi aartappels in so uur voor ons eet. En halfuur voor ons eet maak ek die bak oop of haal foelie af vir daai crispy bruin buitekant op 180 grade. Vleis is sag en sappig.
Casandra Van Tonder
Stop die boud lekker met knoffeltoontjies, geur met sout en peper. Plaas in oondvaste skottel met deksel. Gooi ‘n botteltjie Griekse slaaisous oor. Plaas deksel op en bak in oond op 100 grade C vir so 4 ure lank. Daarna kan jy die deksel afhaal en rooster vir so 5 min vir die “crispy”.
Esme Oertel
Die lekkerste en sappigste wat jy ‘n lamsboud kan gaarmaak is as jy dit ontbeen. Meng 1 – 2 fyngekapte knoffeltoontjies met ‘n houertjie karringmelk en gooi die helfte in ‘n plastiek bak. Sit dan ‘n paar roosmaryn takkies ook in en dan die boud so plat as moontlik in die karringmelk. Gooi die res oor en sit nog roosmaryn takkies bo-op ook. Marineer dit vir so 2 dae en braai dan op die kole tot gaar soos verkies. Sout en peper terwyl jy braai.
Irene De Meyer Venter
Pak gesnyde uie onder in slowcooker, sit boud bo-op, gooi bietjie sout/knoffelsout oor, sit op hoog vir 2 ure en daarna op auto vir so 4-6 ure.
Mariette le Roux
Stop boud met knoffel, gooi sout peper, vryf olyfolie, strooi koekmeel oor hele boud. BAK SAKKIIE!
Dit gesnyde uie takkie roosmaryn ook in.
Bak in oond 150 grade vir 3 of 4 ure afhangende die grootte.
Baie lekker en sappig!