HOENDER IN DIE PRUTPOT OP FOIL BALLE

hoender in slow cooker op foilhoender in die slow cookertested

HOENDER IN DIE PRUTPOT OP FOIL BALLE
Vir die wat dit nog nie probeer het nie dit werk baie baie goed, en ek kan dit regtig aanbeveel.

Geur die heel hoender lekker met sout/peper en speserye van jou keuse.
Maak 4 – 5 foil balle so groot soos ‘n eier, sit dit onder in jou slow cooker, pak ‘n paar aartappels onder tussen die balle.
Sny ‘n ui en plaas tussen die aartappels, sit nou jou hoender, borskant onder toe op die foil balle, ek het sommer bietjie ui bo-op ook gesit.
Maak toe, sit die slow cooker op high vir ongeveer 3 – 4 ure hang af hoe groot is die hoender.
Wanneer alles lekker gaar en sag is, maak ‘n pakkie hoender sous aan met so ½ koppie water en giet oor die hoender om die sousie onder in die pot lekker dik te maak.
Maklik en mens hoef nie eers die pot op te pas of die hoender om te draai nie. Onthou om nie die pot oop te maak voor die einde nie. Geniet.

Resep en foto: Rina Kleinhans
Foto: Jeanette Lubbe




OOM EN TANTE BREDIE IN DIE PRUTPOT

 
150390_10203030328389059_1820773909_n
OOM EN TANTE BREDIE IN DIE PRUTPOT
1 koppie suiker boontjies
1 koppie stampmielies
1 groot ui gekap
2 huisies knoffel
1 groot rooi soetrissie in stukkies
1 blik gekapte tamaties
handvol gekapte vars marjolien
sout en peper
2 eetlepel suiker
1 blokkie skaapaftreksel opgelos in 250 ml water
1 kg vet skaaprib in stukkies
Week boontjies en stampmielies oornag. Spoel af en kook boontjies 20 min. Spoel af. Sit die boontjies en die res van bestanddele in prut pot saam so 3 koppies water. Sit op outo en kook vir sowat 7 uur of oornag.Resep en foto:Martie Fourie Moolman




PRUTPOT T-BEEN EN PATATS

2014-02-02-1623598_10203192443834383_650846461_ntested

PRUTPOT T-BEEN EN PATATS
Kap 2 groot uie en plaas op die bodem van die prutpot.
Sit Soet patat in dik skywe bo op die uie.
Rol elke T been in koekmeel en braaivleis speserye mengsel en pak in lae.
Maak Ina Paarman’s Beefstock met 400 ml water aan. Sit genoeg knoffel bo die vleis.
Gooi die vloeistof oor,  sit deksel op en los vir 8 – 10 ure op lae hitte.
Vleis is sag en smaaklik, patats nog stewig.
Heerlik saam met bottel Badsberg Belladona 2012

Bron: Christina En LP Louw




MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST

12688_3906767483152_675032056_n

MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST

Ek het gister die geheim geleer. Braai so twee of drie uie.

Haal uit en plaas eenkant (Verskoon my Eng. en Afr so deurmekaar.) Rol jou vleis in meel en speserye van jou keuse en braai in dieselfde pot in klein bietjie olie. Sny wortels en plaas onder in jou slow cooker.

Plaas nou die gebraaide stuk Bees vleis bo op die rou wortels.
Gooi water in die pot wat jy gebruik het, So n koppie vol, nie meer nie ander is die liquid te veel.
Kook vir so 1 minute, en gooi bo oor die vleisie.
Strooi nou die gebraaide uie bo op en sit die deksels op.

Ek het dit op hoog gehad vir twee ure en toe af gedraai na slow vir 10 ure. Ek sal beef nooit weer anders gaar maak nie………

RESEP EN POT FOTO: Maryke Nel McCaig
2de Foto: Kotie Van Heerden – Dit was “uit die boonste gestoeltes”!!!!!




LAMSNEK IN DIE PRUTPOT

2014-01-22-lamsnekindieprutpottested
LAMSNEK IN DIE PRUTPOT
1 heel skaapnek
sout en peper
knoffel
Uie
1 blik gekapte tamaties
1 koppie wit wyn
2 lourierblare
suurlemoensap en skil van 1 suurlemoen
Vars gekapte kruisementment, roosmaryn en tiemie
1 blokkie lams ekstrak
1 koppie water
2 teelepel suiker
Pak alles in die prutpot, Sit op Auto vir vyf ure
Resep en foto:  Martie Fourie Moolman- My seun Regart se resep.




SOET-SUURFRIKKADELLE IN DIE PRUTPOT

frikkies in slow cookertested
SOET-SUURFRIKKADELLE IN DIE PRUTPOT
500 g gemaalde beesvleis
250 ml vars witbroodkrummels
1 eier
sout en peper
2 eetlepel kookolie
1 klein ui gekap
2 wortels geskil en in repe gesny
1 prei gewas en in fyn skywe gesny
100 g sampioene gesnipper
SOET-SUUR SOUS
1 ½ teelepel mielieblom
2 teelepels bruinsuiker
150 ml water
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels asyn
2 teelepels sojasous
sout en peper
Plaas die vleis, broodkrummels, eier en smaakmiddels in ‘n bak en meng goed. Plaas op ‘n meelbestrooide oppervlakte en maak twintig frikkadelle. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die frikkadelle aan albei kante bruin. Lig met ‘n gleuflepel uit en plaas in die prutpot. Plaas die groente in die pan en laat vir 5min prut en plaas dit ook in die prutpot. Plaas die mielieblom, suiker en water in ‘n bak en meng totdat dit ‘n gladde pasta vorm. Voeg die oorblywende sousbestandele in die bak en giet dit in die pan. Bring tot kookpunt. Roer totdat dit dik word. Giet dit in die prutpot, sit die deksel op en kook vir 30 min op HOOG, en dan vir 4 ure op LAAG. Bedien op rys met ‘n vars slaai.

Diane Roode Hancox – foto en nota
Ek het Frikkadelle in die Slow Cooker gemaak. Was heerlik gewees!
Maak Frikkadelle soos gewoonlik aanmaak, toe meng ek pakkie
” Cream of Tomatoe” soppoeier met water, giet oor en kook op high vir 2 tot 3 ure.




GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT

pap in die slow cookertested
GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT
2 – 3 koppies mieliemeel
500 ml kookwater
500 ml warm melk
kaas na smaak
heelpit mielies na smaak
5 – 10ml sout na smaak
Meng die mieliemeel, water, melk en die sout in die prutpot (slowcooker)
Ek sit al vroeg middag die pot aan op High, maar as jy wil kan jy al in die oggend dit begin op “High”, en later afdraai na “Low” of “Auto” toe.
Die prut dan heel dag, so roer maar net af en toe, en voeg nog vloeistof by indien nodig.
As pap reg is, voeg die kaas en mielies ook by en roer deeglik.
Laat staan op “Low” om warm te bly tot benodig.

Resep en foto:  Gillian Logan Bredenhann




AMAZING SLOW COOKER CHOCOLATE CAKE

tested
AMAZING SLOW COOKER CHOCOLATE CAKE
Gillian Logan Bredenhann het hierdie vir ons getoets baie lank terug, lees gerus haar kommentaar onder aan, en as jy hom bak neem vir ons ‘n foto asb?
“This incredibly moist chocolate cake is simply delicious. and simple to make too. Serve warm, topped with vanilla ice cream.”
Prep Time:  20 Min
Cook Time:  3 Hrs
Ready In: 3 Hrs 50 Min
Ingredients
2 cups white sugar
1 ¾ cups all-purpose flour
¾ cup unsweetened cocoa powder
1 ½ teaspoons baking soda
1 ½ teaspoons baking powder
1 teaspoon salt
2 eggs
1 cup milk
½ cup vegetable oil
2 teaspoons vanilla extract
1 cup boiling water
Spray crock of a large slow cooker with cooking spray.
In a medium bowl, whisk the sugar, flour, cocoa, baking soda, baking powder and salt. In a separate small bowl, whisk together the eggs, milk, oil and vanilla until well combined. Whisk in the boiling water. Pour the wet ingredients into the dry and mix well.
Pour the cake batter into the prepared slow cooker.
Set slow cooker to “Low”. Cook until cake has no wet spots on top and has pulled away from the sides of the crock, about 3 hours. Turn off slow cooker and allow cake to rest for 30 minutes before serving.

Gillian Logan Bredenhann – kommentaar
Die “koek” het lekker uitgedraai….maar ek het 2 dinge hier geleer. Dit het 4 ure gevat en nie 3 nie. Gewoonlik as ek met my slowcooker werk, en ek tel die deksel op om die kos te roer, is daar mos stoom (waterigheid) aan die binnekant van die deksel. Mens hou dan net die deksel oor die pot en die water beland in die pot. Wel….ek het toe (uit gewoonte uit) ook die deksel oor die koek gehou…en daai kant van die koek was toe heel wat klammer as aan die ander kant. So ek moet volg keer onthou om die deksel vinnig te verwyder en op die toonbank neer te sit, en dit nie dreineer oor die koek nie. Die 2de les, is dat ek die resep gevolg het, en die koek beslag direk in die slowcooker bak, wat met spray en cook gespuit is, ingegiet. Hier sal ek ook eerder dit in ‘n glas bak/pannetjie ingiet, en dan in die slowcooker plaas. Alhoewel die koek heeltemal los was, was dit ‘n storie om dit daar uit te haal. Eers met 2 eierspane probeer, en toe maar ‘n platter bo-oor die bak gesit, en die hele slowcooker bak onderstebo gedraai. Die koek het ‘n hengse hou geval ween die hoogte van die bak. Sou mens die koek heel en lewendig in ‘n bak kan uitkry, maak die ‘n pragtige ovaal en klam koek, wat heel indrukwekkend sal lyk as dit mooi versier word




KERRIE SKAAPRIB IN N BAKSAKKIE IN DIE SLOW-COOKER

 

2014-01-07-kerrieskaapribinnbaksakkie,indieslowcoocker1tested

KERRIE SKAAPRIB IN N BAKSAKKIE IN DIE SLOW-COOKER

Dit werk elke keer…resep

+/- 2 Kg skaaprib in blokkies gesny
3 teelepels sout
1 teelepel borrie
2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel peper
1 groot ui
2 eetlepels asyn
1 eetlepel appelkoos konfyt

Gooi alles mymekaar in n meng bak, en meng goed deur, plaas alles in n baksakkie, en gooi 2 koppies water daarin, knoop toe en steek so paar gaatjies aan die bokant in die sakkie…
Kook nou oornag, of deur die dag op hoog vir so 8 ure, gooi alles nou uit die baksakkie uit in die pot, en sit die aartappels by met nog 1 teelepel sout, gooi 2 koppies water by en een koppie bruin rys, en kook op hoog vir nog so 1 en n half uur. As die rys gaar is, skep maar op en laat loop.

BRON- Stefaans Blaauw




CROCKPOT PORK CHOPS

CROCKPOT PORK CHOPS
1 package of boneless pork chops
1 can of Cream of Chicken soup
1 packet dry Ranch dressing mix

In crockpot layer pork chops, add the cream of chicken soup, then sprinkle dry Ranch dressing all over.
Cover and cook on high for 4 hours OR Low for 6 hours.

The porkchops come out very tender and the flavor is amazing! You also get a good gravy for mashed potatoes