BBQ VARKBOUD IN DIE PRUTPOT


BBQ VARKBOUD IN DIE PRUTPOT
Die is seker een van my maklikste aandetes na n lang week…net twee bestanddele.
Dit is gaar as jy by die huis kom, en daar is oorskiet vir minstens nog twee tot drie etes.
Wenner in elke opsig. En baie lekker.
1.5 kg varkboud
1 bottel bbq sous van jou keuse
Sit vark en sous in slow cooker en spoel bottel sous uit met 100 ml water. Kook vir 8 ure. Trek ontbeende en ontvelde vark met 2 vurke uitmekaar, en skep in oondbak. Kook die sous nog 20 min totdat dit met die helfte verminder het. Giet oor varkvleis en roer deur. Gebruik soos wat jy wil.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs




SKAAPNEK EN SKENKELS MET STAMPMIELIES


SKAAPNEK EN SKENKELS MET STAMPMIELIES
Gekook in ‘n prutpot
1 kg skaapvleis
3 aartappels
3 wortels
Knorr se bobotie sous aangemaak met 600 ml water
1 koppie stampmielies

Ek gooi die stampmielies eerste in die pot, net die bodem bedek want ons is net 3, dan die vleis, met aartappels en wortels.
Geur met sout, peper en enige lekker speserye.
Ek het Knorr se bobotie “cook in sauce” gebruik met 600 ml water.
Sit ook in die pot, kook op high vir 6 ure.
Ek moes 1 keer nog bietjie water byvoeg omdat die stampmielies die water opneem. Te heerlik vir woorde.
Nota: Ek meet niks af nie. Ek gooi die stampmielies in sodat die bodem net bedek is, want hulle swel baie uit. En ek week dit ook nie vooraf nie.
Ek roer glad nie die pot nie. Ons skep lekker diep in om die mielies saam die vleis, heerlike sous en groente te skep.
Resep en fotos: Susan van Dyk

Ansie Weber
Ek doen dit ook. Plaas so 2 koppies stampmielies onder in. My vleis – lekker vetvleis soos skenkels en ribbetjie, stukkie opgekapte varkspek.
2 aartappels, in blokkies
En ek sit ‘n koppie sugarbeans in.
Maak my pot driekwart vol water – die samp absorbeer water.
Op auto deur nag.
Volgende oggend maak ek ‘n vinnige kerrie aan en voeg by.
Sit op “cook” vir so uur.
Dis heerlik😊




IDEES VIR DIE PRUTPOT


IDEES VIR DIE PRUTPOT
Danniel Kruger
Naand almal, watse lekker slow cooker resepte het julle? Ek besit ‘n slow cooker maar dink ek het hom nog net 1 of 2 keer gebruik. Enige raad sal verwelkom word.
Rina Watkins:
Sop, stews, kerrie, beesstert, heel hoender of hoenderstukke, ek gebruik myne gereeld. Veral wintertyd en gebruik glad nie baie elektrisiteit nie. Selfs kondensmelk na karamel. O ja, ribbetjies ook! Baie Lekker en val van die been af.
Ronel Bladen:
Sop, sop, sop en beestong.
Wenty Fletcher:
Kerrie en Stew.
Emmerentia MC Pretorius:
Sop, koek , brood, stews, poedings, roasts, skaapboud/varkboud en dis maar net die goed wat ek al gemaak het. Ek is mal oor my slow cooker.
Leone Barnard du Toit:
Oe ek kook enige ding in myne. Sit ‘n hele ete in in die oggend in lae en vanaand maak ek sous dik en kook gou rys.
Louwtjie Beck:
Juis vanaand lekker ou bredietjie gemaak. Was heerlik. Begin net vroeg oggend, jy word lekker verras.
Wendy Moss:
My best advice. Fry your onions before you put it to the slow cooker otherwise they have an insipid boiled taste. I love taking oxtail or lamb shanks and brown them with onions. Put into the slow cooker. Add a few chopped potatoes and carrots, 2 stock cubes and about two cups white samp. Lots of water and salt to taste. Let cook on auto all day. Must be saucy and not dry, make sure to add water if it gets too dry. Serve with a blob of butter in your bowl and yummy yummy tummy full.
Ora Bester Jordaan
Ek kook oornag stampmielies in myne.

Martie Janse van Rensburg:
Ja ek ook, dis heerlik. Ek gooi water in met stampmielies en bietjie sout, stel dit op low, sit deksel op. Môre oggend gooi ek weer water by. In die aand gooi ek water af, sit terug met bietjie skoon water en sout, roer deur en dan op high – laat ek dit so 10-15 minute deurkook. Heerlik sag.
Linda van Vuuren:
Mense oorgehad vir ete vanaand. My slow cooker het al die werk gedoen. Lekker lam skenkels.
Elize Van Niekerk Koertzen:
Onthou net om jou groente onder die vleis te sit anders bly die aartappels hard.
Renay Kriel-Koen Kotze:
Maak afval in myne oornag.
Carien van Greune:
Bak koek in myne saam met alles wat lekker is, sop, bredies eenpot geregte.
Hanneke Smit:
Maak heerlik sop en bredies, sit net alles gekyk in en kook tot sag. Wees net versigtig met tamaties. Die surigheid van dit veroorsaak dat veral aartappels stadig gaar raak.
Sharon Doubell:
Bees stert, lams kerrie.
Somonja Joubert:
Ek gebruik myne om brood in te bak – enige brood resep .
Nadat jy jou deeg laat rys het, spuit jou ‘cooker’ met Spray & Cook. Plaas waspapier in bak. Sit jou deeg daarin en laat dit vir nog ‘n ruk rys tot dubbele grote. Maak die broodjie liggies toe met waspapier (smeer bietjie olie aan bokant van brood/ eiergeel) Sit deksel op. Dan bak jy dit op hoë temp vir so 2 ure (afhangend van die grote), ek los dit vir ekstra halfuur. Toets met toetspen. Dis bleker as die normale brode, maar heerlik. Dit werk lekker vir mense wat nie oonde het nie. Dit doen die werk van ‘n gewone oond. Ek gebruik nie ‘n broodpan nie slegs waspapier in die cooker.
Betsie Coetzee:
‘n Slowcooker is enige taai vleis se Moses. Groot geheim, moenie vleis in water gaarmaak nie. Net dun lagie olie onder in bak, dan vleis (moet ontdooi wees), dan na so 2 ure jou spices. Kyk net dat vleis nie aanbrand nie. Indien dit neig om te brand, kan klein bietjie water bykom, sodat dit kan stowe.
Mari Oosthuizen:
Sit paar blikkies kondensmelk in pot bedek met water, sit op high vir agt ure en jyt karamel kondensmelk. As jy hele paar insit, spaar jy baie.
Sunita Pretorius:
Ek het nou die dag toe ek lunch tyd huis is, spareribs op low net so ingesit en bietjie bbq sous oor gegooi. Die vleis het sommer so van die been afgeval toe ons eet. Baie lekker. 4 ure is genoeg.
Zelda Ellis:
I also have one that I hardly use, however on Sunday morning I made beef strogonoff, browned my meat with onions, green pepper and mushrooms and added the sauce (I did it quick method and used Royco Beef Strogonoff sauce) – I then placed everything into the slow cooker and left it on low until lunch time. It was one of the nicest beef strogonoffs that I have ever eaten. The meat was so soft. Lots of compliments from my guests.
Genevievè Amos:
Ek het al potjiekos in myne gemaak dit proe nes potjiekos kan nie die verskil proe. Maak my kerrie in hom.
Nicoline Crafford:
Maak die lekkerste vark en skaapboud in myne en natuurlik sop.
Belinda Havenga Wildsvleis in rooiwyn met bietjie skaapvet is heerlik na ñ nag in die slowcooker… En ja, braai eers die uie indien gebruik, die smaak is net nóg beter.




PRUTPOT LAMSBREDIE


PRUTPOT LAMSBREDIE
2 kg lamsvleis
1 kg klein aartappeltjies met skil
1 kg vars gemengde grof gekapte groente
2 groot uie, gesny
4 knoffeltoontjies, fyngekap
2 vars roosmaryn takkies
sout en peper, vleis speserye
2 knorr beef blokkies opgelos in ¼ koppie kookwater.
1 pakkie knorr oxtail sop
½ potjie vars room
1 teelepel gemende kruie droog

Braai uie tot ligbruin en voeg knoffel by.
Voeg mixed herbs by asook aartappeltjies en roosmaryn takkies sout en peper.
Braak tot uie lekker bruin is.
Skep in prutpot in en sit op “hoog”.
Braai jou vleis in dieselfde pot of pan tot bruin met vleis speserye.
Skep oor in prutpot (slowcooker) met vars groente en opgeloste knorr blokkies bo-oor.
Kook op high vir 4 ure.
Maak pakkie sop aan met ½ potjie room of meer en gooi bo oor kos. Werk liggies deur.
Wag nog so half uur dan is bredie dik en souserig.
NS. Die prutpot maak baie vog, so ek het van vleissous afgeskep en dit gevries vir volgende keer. Dis nou voordat roomsous bygevoeg is.
Resep en foto: Ronel Boshoff




SESAME CHICKEN


SESAME CHICKEN
700 g skinless chicken breasts
½ cup honey
¼ cup Soya sauce
2 tablespoons dried onion flakes
2 tablespoons tomato sauce
1 tablespoon oil
½ teaspoon garlic powder
2 teaspoons corn-starch dissolved in 3 tablespoons water
Sesame seed (ek het sommer handvol gebruik)

Place chicken breasts in cooker. In a small bowl combine honey, soya sauce, onion, tomato sauce, oil and garlic powder. Pour over chicken. Cook on LOW for 3-4 hours or HIGH for 1.5-2.5 hours, just until chicken is cooked through. Remove chicken from cooker and leave sauce. Dissolve corn-starch in water and add to sauce in cooker. Stir to combine with the sauce. Replace lid and cook for 10 min on HIGH or until slightly thickened. While sauce is cooking, cut chicken into bite size pieces. Return to sauce. Sprinkle with sesame seed before serving. Serve over rice.
Nota:  Al wat ek anders gedoen het, was, ek het die hoender voor die tyd in stukkies gesny. Ek is seker dit kan op die stoof ook gemaak word. Ek was verstom oor hoe lekker dit was.
Recipe posted by Beatie Bester-Swanepoel
Photo: Beatie Bester-Swanepoel




SLOW COOKER BEAN SOUP


SLOW COOKER BEAN SOUP
Photo: Tracy Vohra
FOOD LOVERS RECIPES
2 cups of beans, soaked overnight
soup meat, to taste
1 carrot, grated
1 potato, grated
1 onion, grated
1 pottle beef stock

Added all the ingredients in the slow cooker.
Cover with water.
Cook on high for 8 hours.




SLAKKEPOT ERTJIESOP


SLAKKEPOT ERTJIESOP
Resep en foto: Chantélle En Ben Saayman
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gesplete ertjies (split peas)
2,5 liter water
sopvleis (shin), 2 stukkies
3 teelepels sout
2 ml swart peper
1 teelepel gedroogte pietersielie
3 wortels
2 aartappels
2 uie
4-in-1 sopmengsel

Kook tot gaar. Gooi water by tot verlangde dikte, dit is baie dik, sout en peper na smaak.
Nota: As ek dit in die stoompot sit is dit binne 1 uur reg sonder dat ertjies geweek was. Ek het dit in die slakkepot gesit gisteraand, ertjies ook nie geweek nie, seker so 2 ure op hoog en toe op laag tot net na 5 vanoggend. Toe was alles sag.




PRUTPOT VARK STOWEGEREG


PRUTPOT VARK STOWEGEREG
4 groot vet vark tjops
1 groot uie
1 eetleppel suurlemoensap
1 teeleppel asyn
1 eetleppel mild and spicy kerrie poeier
1 eetleppel Worcestersouspoeier
sout volgens smaak
6 wortels, in blokke gesny
2 tamaties
7 klein aartappels, of meer as jul verkies
3 klein bolle kool, ook gesny
1 blikkie Miami boerie relish (tomato with garlic)
1 blikkie heelpit mielies
1 pakkie Royco Rich and Beefy Stew Mix
1 pakkie Royco BBQ Oxtail Stew Mix

Was die vleis goed in sout water af.
Sny vark tjops in blokkies en pak in prutpot.
Gooi suurlemoen, asyn, sout, kerrie poeier en uie bo op vleis.
Gooi nou kookwater oor vleis tot net toe, plaas prutpot op “hoog”
Wag dat die vleis begin kook, neem tyd vir so uur en ‘n half of net tot dit bietjie sagter is.
Sit al die groente bo op die vleis en kook tot dit gaar is.
Meng nou die stew mix in 2 eetlepels koue water en roer deur.
Sprinkel die BBQ oxtail mix bo-oor.
Sit die deksel terug en laat dit deur kook tot sous verdik het.
Sodra die sous reg is meng dit deur.
Bedien saam met rys.
Foto: Toekie Bosch




ITALIAN-STYLE PORK BELLY


ITALIAN-STYLE PORK BELLY
Italian-style pork belly and cheek (just one 😬) roasted with Verjuice, onions and pears. Absolutely soft, juicy and flavoursome. Served with fluffy sexy mash, steamed tenderstem broccoli and butternut cubes.
1,5 kg pork belly, deboned
500 ml hot chicken stock
375 ml Verjuice (juice of pressed unripe green grapes) OR apple beer (cider)
4 to 6 ripe pears, halved lengthways
4 onions, halved
4 bay leaves
salt and pepper
*I added one pork cheek

You can do this in the oven or in slow cooker like I did as I was out for the morning.

Oven:
Preheat to 180°C. Place the pork belly in a large roasting pin, skin side up. Score the skin and place the pears, onion and bay leaves around the pork. Combine the verjuice and chicken stock and pour into the roasting pan until it comes halfway up the side of the pork, but does not cover the skin. Season to taste.

Roast for 1 to 1 and a half hours until the meat is tender and the skin is crisp. The pears and onions should be golden and caramelized. Serve immediately with mashed potato.

Slow cooker:
Prepare as for the oven. Set the cooker on High for 4 hours. Very carefully remove the pork, onions and pears to a baking dish. Sprinkle a bit of demerara sugar and mustard powder over the pork skin and a sprinkling of salt. Grill in the oven until the pork skin is crispy and golden brown.

I made a delicious gravy from the juices in the slow cooker by mixing a bit of water and cornstarch into a paste to thicken the juices.
Recipe posted and photo:  Elsabie Templeton




EEN BAK HOENDERGEREG


EEN BAK HOENDERGEREG
ongeveer 12 stukke dye en boudjies (Groot pan)
Gooi ‘n laag  rou Basmati rys onder in die bak.
Pak die hoender porsies op die rys en sit die volgende tussen die hoender:
1 botterskorsie, in skywe
aartappels, in blokkies
gekapte uie
rooi en groen soetrissie, gesny
sampioene, gekerf
geelwortels, geskil en in blokkies gesny

Maak ‘n sous van die volgende:
2 liter water
8 groot lepels mayonaisse
4 groot lepels blatjang
2 pakkies hoendersoppoeier
hoenderspeserye
bietjie fyn naeltjies
Meng alles saam en gooi oor hoender en groente.
Maak bak toe met foelie en bak by 180°C vir om en by 1 ½ uur.
Haal foelie af en bak ‘n verdere 10 minute tot bruin.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Tweede foto en prutpot idee: Frans van Rensburg – Ek het vandag Petre se “Een bak hoendergereg” waarvan resep op die blad is, en wat eintlik in oondpan moet kom net so in my slow cooker gemaak. (Op high vir 5 ure. Maak net seker aartappel is sag.) Heerlik! Resep net so gebruik. Genoeg vloeistof. Alles perfek vir slow cooker. Ek het gewone Tastic rys gebruik. Dankie Petré!